Tuis » Ernstig » Troeteldiere » honde maniere
honde maniere [boodskap #73097] |
Tue, 04 February 2003 10:46  |
|
Oorspronklik gepos deur:
Ek het so effe van `n probleem. Ek het 2 Bullterriers wat sommer vir die
pret oor die 6ft mure spring en nagtelike wandelinge gaan doen. Die een het
een keer uit gekom en `n swart man aangeval. Die ou het my hond noodgedwonge
met `n mes bygekom. Die hond was darm okay en het herstel na sy nagenoeg 10
steekwonde aan die kop en nek op gedoen het.
Is daar `n manier waarop mens hierdie honde kan leer om nie oor die muur te
spring nie? Ek wil nie regtig die mure hoër maak of lemmetjies draad of iets
op sit nie....
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: honde maniere [boodskap #73126 is 'n antwoord op boodskap #73102] |
Wed, 05 February 2003 07:06   |
|
Oorspronklik gepos deur:
> Juan - gaan meet daai muur. As dit wel 6voet is en die honde spring loshande
> bo-oor - dan kontak ons die sirkus want dan is jy in besigheid in.
Guinness Book of Records sal dan meer van pas wees.... :-)
Ek het al telkemale dop gehou hoe hulle teen `n redelike snelheid teen die
muur op spring en dan so met momentum so tree of wat teen die muur hardloop
totdat sy voorpote aan die bokant van die muur kan vas haak. Dan spartel hy
so effens om met sy agterpote vastrap plek te kry en spring op so `n manier
oor die muur. ;-)) Ek sien die as 'loshande' nie, anders het ek seker die
hond moes herdoop na 'Superman' toe of iets... ;-))
ps. ek dink darem ek weet hoe kyk `n 6voet muur
|
|
|
Re: honde maniere [boodskap #73127 is 'n antwoord op boodskap #73120] |
Wed, 05 February 2003 07:13  |
|
Oorspronklik gepos deur:
> Wanneer jy hulle so toemaak, maak seker dis naby die grens met jou bure
> waarvan jy die minste hou ...
ons het immers swart bure wat agter ons woon... :-) (Nie dat ek nie van
hulle hou of iets nie)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 04:51:28 UTC 2025
|