| "Trek Dienste" [boodskap #72897] |
Vr., 31 Januarie 2003 09:31  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Kan iemand 'n goeie trek diens aanbeveel? Hulle moet darem in die Gauteng
area werk, en moet asb nie sê Stuttafords nie, want hulle is net eenvoudig
te duur. Ons trek so 100km ver.
Groete
Elaine
|
|
|
|
| Re: "Trek Dienste" [boodskap #72901 is 'n antwoord op boodskap #72897] |
Vr., 31 Januarie 2003 10:03   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Maar Elaine - 100 km - dan is jy nog nie naastenby in die Kaap nie:)))
Bel die geelbladsyeadverteerders en vra kwotasies.
Vra of hulle bokse verskaf en komberse gebruik - dan kan jy maar laat
waai:))
Minimovers hier werk goed.
Annette
in message news:3e3a4262.0@news1.mweb.co.za...
> Kan iemand 'n goeie trek diens aanbeveel? Hulle moet darem in die Gauteng
> area werk, en moet asb nie sê Stuttafords nie, want hulle is net eenvoudig
> te duur. Ons trek so 100km ver.
>
> Groete
> Elaine
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Trek Dienste" [boodskap #72918 is 'n antwoord op boodskap #72913] |
Vr., 31 Januarie 2003 11:14   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Laat jou vingers trippel deur die Geelbladsye:))
Of kyk in die gewone gids vir Spoornet - behouering.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e3a5643.0@news1.mweb.co.za...
> Klink nogal na 'n goeie idee, hoe gaan 'n mens te werk om die hele storie te
> reël?
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e3a4cfc.0@news1.mweb.co.za...
>> Is jy bereid om self te werk? Self pak? Dan huur jy vir jou 'n Spoorweg
>> 'container' of twee. Hulle kom trek hom by jou plek en jy pak hom self.
>> Dan lewer hulle dit af by jou nuwe plek en jy pak weer self uit. Dis veel
>> minder as die helfte van 'n kontrakteur se prys.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Trek Dienste" [boodskap #72961 is 'n antwoord op boodskap #72935] |
Vr., 31 Januarie 2003 22:38   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Man, ek het in die laaste 3 jaar twee keer getrek (dit sal nou my 3de keer
wees), en ek het nog nooit van kontrakteurs gebruik gemaak nie - ons het dit
nog elke keer alleen gedoen, so van trek en die harde werk wat daarmee
gepaard gaan kan jy my niks vertel nie. Elke keer as ons trek lyk dit asof
die meubels en bokse kleintjies gekry het.
E
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3a689d.0@news1.mweb.co.za...
> Jy vind uit waar jou naaste containerdepot is....Spoornet. Dan vra jy wat
> dit sal kos en dan bespreek jy die container. Hulle bring dit en haak dit
> op sy sleepwa af op jou erf. Hulle gee jou 48 uur [of 2 werksdae]om die
> ding te pak voor hulle dit weer kom haal [bevestig net die 48 uur]. Maar
> nou is ons mos slim ook, so jy bestel dit vir Vrydag, dan kom haal hulle dit
> op Maandag, so jy't 'n hele naweek om te pak. Die drywer wat dit kom haal
> seël die container voor jou en die seël word aan die anderkant net deur jou
> verbreek. Jy's self verantwoordelik vir alle skade, maar aangesien jy dit
> self pak, behoort dit nie 'n probleem te wees nie. Jy verseker net vir
> ingeval die ding omval in transito, en so aan. Dis harde werk, maar jy
> spaar 'n moerse lot geld.
|
|
|
|
| Re: "Trek Dienste" [boodskap #72962 is 'n antwoord op boodskap #72935] |
Vr., 31 Januarie 2003 22:41  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dankie.
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3a689d.0@news1.mweb.co.za...
> Jy vind uit waar jou naaste containerdepot is....Spoornet. Dan vra jy wat
> dit sal kos en dan bespreek jy die container.
|
|
|
|