Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Web blad ontwerp
Web blad ontwerp [boodskap #71289] |
Sat, 04 January 2003 14:36 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
html...
Boodskappe: 7 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
As jy `n web blad wil laat onwerp, of jou huidige web blad wil laat
oordoen... gaan kyk bietjie by www.crowded.co.za. Ons is studente wat
bietjie geld wil maak as ons nie studeer nie, en jy sal vind dat ons pryse
en tegnieke baie kompeterend is.
,-._,-.
\/)"(\/ :: GIDEON ::
(_o_)
Homepage: www.crowded.co.za
|
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71397 is 'n antwoord op boodskap #71396] |
Mon, 06 January 2003 12:08 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Eindelik is jy verkeerd Gideon. Die nuwe wet op elektroniese kommunikasie
(ECT Bill) stel dat as die persoon wat jy Spam vra waar jy sy Email adres
gekry het moet jy dit aan hom bekend maak, en dat jy jou details moet bekend
maak m.a.w jou naam en telefoon nommer sodat die persoon wat jy gespam het
jou kan kontak.
Jy kan wel na 'n nuusgroep toe Spam, dis algemeen bekend, baie mense raak
erg ongelukkig as daar na "hulle" nuusgroepe toe gespam word. Spamming is
ook nie net oor en oor dieselfde informasie nie, maar ook as jy 'n "aanbod"
(of advertensie dan), selfs net een keer stuur sonder die ontvanger se
toestemming. Moet nou nie kwaad word nie, maar wat jy hier gedoen het is
eindelik "mooi" Spamming - finish en klaar.
Miskien moes jy ou boereverneuker nie so ernstig opgeneem het nie.
En btw julle site lyk heel goed, baie netjies gedoen, en komende van my is
dit 'n groot kompliment, want ek kan nogal krities wees wanneer die by site
design kom, ek doen dit immers self vir 'n lewe :)))))
Groete
Elaine
":: Gideon ::" skryf in boodskap news:3e196d13$0$229@hades.is.co.za...
> Spamming is wanneer jy oor en oor dieselfde informasie weergee sonder die
> toestemming van die ontvanger. Soos as ek advertensies na jou e-pos toe
> stuur. Ek glo nie dat ek dit gedoen het nie...
>
> Lekker dag
>
> ,-._,-.
> \/)"(\/ :: GIDEON ::
> (_o_)
>
> Homepage: www.crowded.co.za
>
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71411 is 'n antwoord op boodskap #71397] |
Mon, 06 January 2003 14:17 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
want ek kan nogal krities wees wanneer die by site
> design kom, ek doen dit immers self vir 'n lewe :)))))
Daar, Elaine, het jy 'n gedrogtelike
anglisisme. Jy ontwerp sites "vir 'n
lewe"? Komaan. Die Engelse woord "living"
en die Afrikaanse woord "lewe" het niks
met mekaar te doen nie. Jy maak jou bestaan
uit die ontwerp van websites, sou ek sê.
Tant Hessie van die Derde
Republiek se taalkomitee.
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71433 is 'n antwoord op boodskap #71428] |
Mon, 06 January 2003 21:23 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> ...en iemand wat die Afrikaanse taal beter ken
> sou dit web ontwerp genoem het of van 'n webwerf
> gepraat het, Bouwer. Onthou jy die uitdrukking wat
> sê dat jy eers die klip uit jou eie oog moet haal?
Ek dink die woord "site" word taamlik
wyd in Afrikaans gebruik. En ek dink nogal
dat daar 'n subtiele verskil is tussen die
woord "site" en "webwerf."
Maar wat my werklik laat sidder, du Plessis,
is hoe jy die Bybel verkeerd aanhaal. Daar word
gepraat van 'n "balk" en van 'n "splinter" in
die Bybel, en nie van 'n "rots" nie. En dan
spog jy altyd so oor hoe 'n goeie en getroue
Christen jy is. Gaan lees weer jou bybel. En
haal die balk uit jou eie oog uit.
Tant Hessie van Houtkraal
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71445 is 'n antwoord op boodskap #71438] |
Tue, 07 January 2003 01:58 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Ek het myself nog nooit verbeel dat ek perfekte Afrikaans gebruik nie, maar
> so ver ek kan onthou is jy nogal lief daarvoor om mense op hulle foute te
> wys as hulle swak Afrikaans gebruik :)) Jy't jou punt gemaak
Wel, my dear Elaine, eenkeer het jy vir Tant
Hessie daarvan beskuldig dat sy die "vieslikste"
Anglismes gebruik. Dis toe net daar wat jy die
fout gemaak het. Jy sal nie die einde daarvan hoor
nie. Tant Hessie sal vir jou laat betaal vir daardie
opmerking. ( In die proses leer Tant Hessie sommer
vir jou wat Anglisismes is.)
Tant Hessie van die agterste Van Helsdingens.
As jy jou punt maak, dan breek Tant Hessie dit.
|
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71473 is 'n antwoord op boodskap #71397] |
Tue, 07 January 2003 12:25 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
html...
Boodskappe: 7 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Baie dankie vir jou kompliment oor my web tuiste. Ek verstaan wat jy probeer
sê, maar daar is wel nog `n paar dinge wat jy van vergeet. Dit maak egter
nie saak nie... as ek geweet het dit gaan so groot ongeluk veroorsaak sou ek
glad nie in die eerste plek die NUUSBROKKIE gepos het nie.
Ek bedank jou vir jou volwasse en beskaafte 'reply'. Ek het glad nie
aanstoot geneem deur enigiets wat jy gesê het nie, as ek verkeert was, dan
was ek verkeert. Mens leer deur foute wat jy maak en more is ek `n beter
mens.
Geniet die res van jou week
--
,-._,-.
\/)"(\/ :: GIDEON ::
(_o_)
Homepage: www.crowded.co.za
"Elaine" skryf in boodskap news:3e1971ce.0@news1.mweb.co.za...
> Eindelik is jy verkeerd Gideon. Die nuwe wet op elektroniese kommunikasie
> (ECT Bill) stel dat as die persoon wat jy Spam vra waar jy sy Email adres
> gekry het moet jy dit aan hom bekend maak, en dat jy jou details moet bekend
> maak m.a.w jou naam en telefoon nommer sodat die persoon wat jy gespam het
> jou kan kontak.
> Jy kan wel na 'n nuusgroep toe Spam, dis algemeen bekend, baie mense raak
> erg ongelukkig as daar na "hulle" nuusgroepe toe gespam word. Spamming is
> ook nie net oor en oor dieselfde informasie nie, maar ook as jy 'n "aanbod"
> (of advertensie dan), selfs net een keer stuur sonder die ontvanger se
> toestemming. Moet nou nie kwaad word nie, maar wat jy hier gedoen het is
> eindelik "mooi" Spamming - finish en klaar.
> Miskien moes jy ou boereverneuker nie so ernstig opgeneem het nie.
> En btw julle site lyk heel goed, baie netjies gedoen, en komende van my is
> dit 'n groot kompliment, want ek kan nogal krities wees wanneer die by site
> design kom, ek doen dit immers self vir 'n lewe :)))))
>
> Groete
> Elaine
>
>
> ":: Gideon ::" wrote in message
> news:3e196d13$0$229@hades.is.co.za...
>> Spamming is wanneer jy oor en oor dieselfde informasie weergee sonder die
>> toestemming van die ontvanger. Soos as ek advertensies na jou e-pos toe
>> stuur. Ek glo nie dat ek dit gedoen het nie...
>>
>> Lekker dag
>>
>> ,-._,-.
>> \/)"(\/ :: GIDEON ::
>> (_o_)
>>
>> Homepage: www.crowded.co.za
>>
>
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71495 is 'n antwoord op boodskap #71471] |
Tue, 07 January 2003 15:54 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag Gideon,
Verskoon die ou antie wat die land verlaat het en weg gehol het Kanada
toe.Sy en 'n ou ander outjie sit altyd die pot mis.Hulle wil graag
afkrakerig reageer teen ander mense maar wanneer hulle in eie munt terug
betaal word begin hulle skel of dreig!
Ek het aanvaar dat hulle regte ou suurknolle is en howel ek meeste van die
kere met die ander op die NG verskil, het ons tog altyd ordentlik teenoor
mekaar rageer.
Ek glo die tante is erg gefrustreerd en nou haal sy dit op andere uit.
Jy moet nie dat dit jou so erg ontstel nie.Ek het eers my moer gepluk vir
haar en die ander ou...maar nou ja,ons moet maar met hulle ook klaar kom.
Ek het jou webblad besoek en dink dis baie goed.Ek is maar 'n leek met
kompers,maar ek dink dat julle goeie werk doen.
Ek sal weldra met jou kontak.
Groete
Paul Van Straaten
":: Gideon ::" skryf in boodskap news:3e1abdcc$0$235@hades.is.co.za...
> Kan iemand net hierdie flippen BOODSKAP afhaal, anders gaan ek nou nou `n
> POLITIEKE onhuil veroorsaak. Dis seker hoekom hierdie land ook in sy MOER
> is, want niemand kan saamwerk nie en almal altyd moet beter wees as die
> ander.
>
> Ek skaam my vir julle almal!
>
> --
> ,-._,-.
> \/)"(\/ :: GIDEON ::
> (_o_)
>
> Homepage: www.crowded.co.za
>
>
>
> ":: Gideon ::" wrote in message
> news:3e16f181$0$237@hades.is.co.za...
>> As jy `n web blad wil laat onwerp, of jou huidige web blad wil laat
>> oordoen... gaan kyk bietjie by www.crowded.co.za. Ons is studente wat
>> bietjie geld wil maak as ons nie studeer nie, en jy sal vind dat ons pryse
>> en tegnieke baie kompeterend is.
>>
>> ,-._,-.
>> \/)"(\/ :: GIDEON ::
>> (_o_)
>>
>> Homepage: www.crowded.co.za
>>
>
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71500 is 'n antwoord op boodskap #71495] |
Tue, 07 January 2003 17:12 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Paul Van Straaten wrote:
> Ag Gideon,
>
> Verskoon die ou antie wat die land verlaat het en weg gehol het Kanada
> toe.
En wat het ek hier in Kanada met die prys
van eiers te doen? Ek het geen pos daaroor
geskryf nie. Vir jou inligting, Gideon is een
van my blue eyed boys.
Tant Hessie en die
mense van Swellendam.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Web blad ontwerp [boodskap #71604 is 'n antwoord op boodskap #71583] |
Wed, 08 January 2003 14:50 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Wie's "die ander ou"?
>
> "Paul Van Straaten"
>> Sy en 'n ou ander outjie sit altyd die pot mis.Hulle wil graag...
>> haar en die ander ou...maar nou ja,ons moet maar met hulle ook klaar kom.
Ja, Du Plessis, wie is "die ander
ou"?
Tant Hessie van Wonderboom
|
|
|
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71605 is 'n antwoord op boodskap #71588] |
Wed, 08 January 2003 16:02 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
:: Gideon :: wrote:
> Aan wie behoort hierdie nuusgroep?
Gideon, my dier, hierdie nuusgroep
se bestaan bestaan daarin dat daar
êrens 'n klomp elektriese konneksies
is, heelwaarskynlik êrens in Amerika,
en as hulle die ding diskonnekteer,
dan is ek en jy ook gediskonnekteer.
Maar tannie weet dis nie wat jy bedoel
nie. Jy vra die vraag te naief. Jy vra
die vraag omdat jy in 'n patriargale
sisteem glo, een waar iemand die mag
het of behoort te hê. Maar in die kuber-
ruimte werk dinge nie so nie. Ek sou sê
hierdie nuusgroep behoort aan die mense
wat verkies om op hierdie nuusgroep te pos.
Dus, mense wat soos Tant Hessie klou soos
'n neet deur dik en dun. Die nuusgroep
behoort dus aan die nederiges van hart, die
kleinste onder ons.
Tant Hessie van Lekkersing.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [1 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 00:13:35 UTC 2025
|