Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Web blad ontwerp
|
|
|
|
|
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71898 is 'n antwoord op boodskap #71852] |
Mon, 13 January 2003 22:36 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja oukei, daarmee stem ek saam. Wanneer jy 'n storie skryf.
Maar in die gewone gesprekke hier op die ng het die ingooi van
vloekwoorde min effek. Soos Annette genoem het, is daar
gewoonlik meer effektiewe maniere om iets oor te dra.
Jou voorbeeld van vroeër: As iemand hier sê dit gaan kak met hom,
sal daar normaal by die lesers twyfel wees of die skrywer plat taal
gebruik en of hy regtig 'n uitsonderlike slegte dag het. Maar as
jy sê dit gaan beroerd, dan is daar nie twyfel nie. Dis wat ek bedoel
het met die lae trefkrag van vloekwoorde. Maar ek stem ook saam,
dis nie altyd waar nie.
Wouter
(wat fok weet omtrent nooit vloek nie!)
"Elaine" skryf in boodskap news:3e21b094.0@news1.mweb.co.za...
Hoe dra jy emosie oor op papier? As ek 'n storie skryf, en een van my
karakters is 'n regte hooligan, gaan hy mos vloek? Hy gaan mos nie die
keurigste Afrikaans moontlik gebruik nie? Daarom skryf jy hom so dat hy
vloek, skel en donner :))) Op die manier kan jou leser mos 'n gevoel kry
van wie die karakter is?
Elaine
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e1ecd55.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
> soos donner en bliksem praat. Vloekwoorde het op papier in
> elk geval min effek, dis heel anders wanneer dit met emosie
> persoonlik oorgedra word.
> Wouter
|
|
|
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71901 is 'n antwoord op boodskap #71898] |
Mon, 13 January 2003 22:52 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Okay, ek verstaan julle punt. Ek vloek in elk geval ook maar net as ek
regtig baie, baie kwaad is maw goed moerig :))
Elaine
"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Jou voorbeeld van vroeër: As iemand hier sê dit gaan kak met hom,
> sal daar normaal by die lesers twyfel wees of die skrywer plat taal
> gebruik en of hy regtig 'n uitsonderlike slegte dag het. Maar as
> jy sê dit gaan beroerd, dan is daar nie twyfel nie. Dis wat ek bedoel
> het met die lae trefkrag van vloekwoorde. Maar ek stem ook saam,
> dis nie altyd waar nie.
>
> Wouter
> (wat fok weet omtrent nooit vloek nie!)
|
|
|
Bladsye (4): [ 4] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 00:16:31 UTC 2025
|