Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » 4x4'e en jul strande?
4x4'e en jul strande? [boodskap #69677] Do, 28 November 2002 14:34 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien op KykNet kom daar 'n program oor die verbod van 4x4'e op julle
strande.....dis mos van die begin van hierdie jaar af? Wat ek graag wil
weet, is of die verbod werk? Word dit wel oral toegepas? Het dit nie een
moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69678 is 'n antwoord op boodskap #69677] Do, 28 November 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hier was nou die middag op Sê Wie? 'n bespreking daaroor - maar dit pla my
nie na watter kant dit toe gaan nie, want ek het nie 'n 4x4 nie;))
Ek weet by Pearly Beach is daar al lankal 'n permitstelsel, en seker by baie
ander strande ook.
Ek het nie 'n probleem as die wat te lui is om te loop betaal om na die
water te ry nie - solank hulle net nie bo-oor my ry of ek moet hardloop om
uit hul pad te kom nie.

Annette

"Suidwester" wrote in message
news:3de62969.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sien op KykNet kom daar 'n program oor die verbod van 4x4'e op julle
> strande.....dis mos van die begin van hierdie jaar af? Wat ek graag wil
> weet, is of die verbod werk? Word dit wel oral toegepas? Het dit nie een
> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69692 is 'n antwoord op boodskap #69677] Do, 28 November 2002 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Nov 2002 16:34:06 +0200, "Suidwester" wrote:

> Het dit nie een
> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?

Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
Mense wat hier sou positief antwoord is soos vliegduif eienaars.
Het jy al opgemerk dat die deersnee wedvlugboer oftewel renduifboer
geen diereliefhebber is nie? Dat hy 'n onderpresterende duif
onmiddelik na hy op die grond geland het, nek omdraai? Dat hy
vir die mannetjies wat gaan vlieg lieg deur hulle te vertel dat sy
wyfie broei, om hom vinniger huis toe te lok? Dat hy net soos
Annette is wat sê dat hulle net nie oor haar moet ry nie maar die
skilpaaie en voëleiers maar kan plat trap?

DD
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69718 is 'n antwoord op boodskap #69692] Vr, 29 November 2002 03:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie, hoe kan jy nou dink dat voël en skilpadeiers meer belangrik is as die
verkope van 4x4's?
Annette

"Davie Davis" wrote in message
news:pducuu41c2997dih6va76lreleaipo5s2m@4ax.com...
> On Thu, 28 Nov 2002 16:34:06 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Het dit nie een
>> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
>> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
>> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
>
> Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
> Mense wat hier sou positief antwoord is soos vliegduif eienaars.
> Het jy al opgemerk dat die deersnee wedvlugboer oftewel renduifboer
> geen diereliefhebber is nie? Dat hy 'n onderpresterende duif
> onmiddelik na hy op die grond geland het, nek omdraai? Dat hy
> vir die mannetjies wat gaan vlieg lieg deur hulle te vertel dat sy
> wyfie broei, om hom vinniger huis toe te lok? Dat hy net soos
> Annette is wat sê dat hulle net nie oor haar moet ry nie maar die
> skilpaaie en voëleiers maar kan plat trap?
>
> DD
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69726 is 'n antwoord op boodskap #69692] Vr, 29 November 2002 05:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie 'n stelling gemaak nie....net 'n vraag gevra. Vir 'n ou wat aan
die kus bly en daagliks met die soort van ding te doene kry, het ons dalk 'n
wyer siening? Ek self is eintlik 'n 'greenie', maar daar is ander faktore
ook betrokke, naamlik die burgers van die land wat die reg het om die kus te
kan benut. Dis die hengelaars en as jy vir die grootste sport in jou land
soek, dis hengel! Jy KAN die strand gebruik met 'n voertuig sonder om die
dierelewe seer te maak.....dit vat net opvoeding van die 4x4 eienaar.
Maar jy openbaar dieselfde half-histeriese reaksie as die mense wat so
baklei teen die benutting van wild.....soos die robbe wat geoes word. Dis
mos by julle gestop en nou is hulle so volop dat daar 'n totale wanbalans
tov van robgetalle is. Op sekere plekke kom die pikkewyne tweede omdat die
robbe hulle verdring. Hier by ons gebruik mense wat teen die oes van
robbe is enige truuk om te probeer verhoed dat die slagtery plaasvind [soos
waninligting], maar dis mos reg as jy aan die 'regte' kant is? Dis soos
jou duifeienaar......of renperdeienaar. Die doel heilig die middele.
Ek wonder of jy al ooit enige van die voëls en skilpaaie van naby
aanskou het.....of lees jy ook maar die stories?

"Davie Davis" skryf in boodskap news:pducuu41c2997dih6va76lreleaipo5s2m@4ax.com...
> On Thu, 28 Nov 2002 16:34:06 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Het dit nie een
>> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
>> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
>> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
>
> Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
> Mense wat hier sou positief antwoord is soos vliegduif eienaars.
> Het jy al opgemerk dat die deersnee wedvlugboer oftewel renduifboer
> geen diereliefhebber is nie? Dat hy 'n onderpresterende duif
> onmiddelik na hy op die grond geland het, nek omdraai? Dat hy
> vir die mannetjies wat gaan vlieg lieg deur hulle te vertel dat sy
> wyfie broei, om hom vinniger huis toe te lok? Dat hy net soos
> Annette is wat sê dat hulle net nie oor haar moet ry nie maar die
> skilpaaie en voëleiers maar kan plat trap?
>
> DD
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69727 is 'n antwoord op boodskap #69726] Vr, 29 November 2002 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die saak is nog onder bespreking dink ek. Soos gewoonlik is daar eers die
aankondiging gemaak dat dit heeltemal verbied gaan word, en nou word van die
mense verwag om beswaar te maak teen dit. Dit word interaksie en bespreking
genoem.
Noodwendig sal die 4x4 eienaars, hengelaars en ander wat bote en jetski's in
die water wil kry daarteen beswaar maak.
Ek is vir die permitstelsel.

Annette

"Suidwester" wrote in message
news:3de700b0.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het nie 'n stelling gemaak nie....net 'n vraag gevra. Vir 'n ou wat aan
> die kus bly en daagliks met die soort van ding te doene kry, het ons dalk 'n
> wyer siening? Ek self is eintlik 'n 'greenie', maar daar is ander faktore
> ook betrokke, naamlik die burgers van die land wat die reg het om die kus te
> kan benut. Dis die hengelaars en as jy vir die grootste sport in jou land
> soek, dis hengel! Jy KAN die strand gebruik met 'n voertuig sonder om die
> dierelewe seer te maak.....dit vat net opvoeding van die 4x4 eienaar.
> Maar jy openbaar dieselfde half-histeriese reaksie as die mense wat so
> baklei teen die benutting van wild.....soos die robbe wat geoes word. Dis
> mos by julle gestop en nou is hulle so volop dat daar 'n totale wanbalans
> tov van robgetalle is. Op sekere plekke kom die pikkewyne tweede omdat die
> robbe hulle verdring. Hier by ons gebruik mense wat teen die oes van
> robbe is enige truuk om te probeer verhoed dat die slagtery plaasvind [soos
> waninligting], maar dis mos reg as jy aan die 'regte' kant is? Dis soos
> jou duifeienaar......of renperdeienaar. Die doel heilig die middele.
> Ek wonder of jy al ooit enige van die voëls en skilpaaie van naby
> aanskou het.....of lees jy ook maar die stories?
> "Davie Davis" wrote in message
> news:pducuu41c2997dih6va76lreleaipo5s2m@4ax.com...
>> On Thu, 28 Nov 2002 16:34:06 +0200, "Suidwester"
>> wrote:
>>
>>> Het dit nie een
>>> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
>>> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
>>> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
>>
>> Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
>> Mense wat hier sou positief antwoord is soos vliegduif eienaars.
>> Het jy al opgemerk dat die deersnee wedvlugboer oftewel renduifboer
>> geen diereliefhebber is nie? Dat hy 'n onderpresterende duif
>> onmiddelik na hy op die grond geland het, nek omdraai? Dat hy
>> vir die mannetjies wat gaan vlieg lieg deur hulle te vertel dat sy
>> wyfie broei, om hom vinniger huis toe te lok? Dat hy net soos
>> Annette is wat sê dat hulle net nie oor haar moet ry nie maar die
>> skilpaaie en voëleiers maar kan plat trap?
>>
>> DD
>>
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69729 is 'n antwoord op boodskap #69727] Vr, 29 November 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sover ek weet is die strandryery onmiddellik verbied ingang laas Januarie en
nou is die mense besig om te baklei oor die saak. Ek dink ook beheerde
toegang is beter as 'n algehele verbod.

"Annette" skryf in boodskap news:as6vuf$olng6$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die saak is nog onder bespreking dink ek. Soos gewoonlik is daar eers die
> aankondiging gemaak dat dit heeltemal verbied gaan word, en nou word van die
> mense verwag om beswaar te maak teen dit. Dit word interaksie en bespreking
> genoem.
> Noodwendig sal die 4x4 eienaars, hengelaars en ander wat bote en jetski's in
> die water wil kry daarteen beswaar maak.
> Ek is vir die permitstelsel.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3de700b0.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek het nie 'n stelling gemaak nie....net 'n vraag gevra. Vir 'n ou wat aan
>> die kus bly en daagliks met die soort van ding te doene kry, het ons dalk 'n
>> wyer siening? Ek self is eintlik 'n 'greenie', maar daar is ander faktore
>> ook betrokke, naamlik die burgers van die land wat die reg het om die kus te
>> kan benut. Dis die hengelaars en as jy vir die grootste sport in jou land
>> soek, dis hengel! Jy KAN die strand gebruik met 'n voertuig sonder om die
>> dierelewe seer te maak.....dit vat net opvoeding van die 4x4 eienaar.
>> Maar jy openbaar dieselfde half-histeriese reaksie as die mense wat so
>> baklei teen die benutting van wild.....soos die robbe wat geoes word. Dis
>> mos by julle gestop en nou is hulle so volop dat daar 'n totale wanbalans
>> tov van robgetalle is. Op sekere plekke kom die pikkewyne tweede omdat die
>> robbe hulle verdring. Hier by ons gebruik mense wat teen die oes van
>> robbe is enige truuk om te probeer verhoed dat die slagtery plaasvind [soos
>> waninligting], maar dis mos reg as jy aan die 'regte' kant is? Dis soos
>> jou duifeienaar......of renperdeienaar. Die doel heilig die middele.
>> Ek wonder of jy al ooit enige van die voëls en skilpaaie van naby
>> aanskou het.....of lees jy ook maar die stories?
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:pducuu41c2997dih6va76lreleaipo5s2m@4ax.com...
>>> On Thu, 28 Nov 2002 16:34:06 +0200, "Suidwester"
>>> wrote:
>>>
>>>> Het dit nie een
>>>> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
>>>> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
>>>> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
>>>
>>> Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
>>> Mense wat hier sou positief antwoord is soos vliegduif eienaars.
>>> Het jy al opgemerk dat die deersnee wedvlugboer oftewel renduifboer
>>> geen diereliefhebber is nie? Dat hy 'n onderpresterende duif
>>> onmiddelik na hy op die grond geland het, nek omdraai? Dat hy
>>> vir die mannetjies wat gaan vlieg lieg deur hulle te vertel dat sy
>>> wyfie broei, om hom vinniger huis toe te lok? Dat hy net soos
>>> Annette is wat sê dat hulle net nie oor haar moet ry nie maar die
>>> skilpaaie en voëleiers maar kan plat trap?
>>>
>>> DD
>>>
>>
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69781 is 'n antwoord op boodskap #69726] Vr, 29 November 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Nov 2002 07:49:55 +0200, "Suidwester" wrote:

> Ek het nie 'n stelling gemaak nie....net 'n vraag gevra.
Heeltemal bewus daarvan Suidwester - of het jy die werklike vraag
>> Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
dan mis gekyk?

Vir 'n ou wat aan
> die kus bly en daagliks met die soort van ding te doene kry, het ons dalk 'n
> wyer siening? Ek self is eintlik 'n 'greenie', maar daar is ander faktore
> ook betrokke, naamlik die burgers van die land wat die reg het om die kus te
> kan benut.

Geen groenigheid in jou nie want jy is 'n 'greenie' met 'n wyer
siening (as die egte greenies) wat die reg van die burgers om
die land en strand te benut hoër ag as die (leer)skilpaadjie wat sy
eerste wandeling na die oseaan aandurf.

> Dis die hengelaars en as jy vir die grootste sport in jou land
> soek, dis hengel! Jy KAN die strand gebruik met 'n voertuig sonder om die
> dierelewe seer te maak.....dit vat net opvoeding van die 4x4 eienaar.
Jy lieg dat jy blou word

> Ek wonder of jy al ooit enige van die voëls en skilpaaie van naby
> aanskou het.....of lees jy ook maar die stories?

Interessante vraag wat 'n defnitiewe antwoord verdien!
Cape Vidal, vriend... beskermde broeiplek van die skilpaaie
en 'n plek wat my heelwat kere gesien het wanneer ek
op St Lucia kuier. 'n Plek wat finansiële bydraes van my benut.

DD
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69812 is 'n antwoord op boodskap #69781] Sa, 30 November 2002 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee vriend, jy wil my in 'n kategorie indruk, want die waarheid van die
praktyk maak duidelik die sinnelose 'greenie' seer. Om 'n lang storie kort
te maak, ek gun elke skilpad en voëltjie sy lewe en ons bedryf toerisme in
die Namib sonder om die dierelewe te versteur. So kan die strand ook deur
'n 4x4 benut word as die ou agter die stuurwiel verantwoordelik is en nie
vol dop raak en sy kop uithaak nie. Niemand sê 'n 4x4 hoef orals langs die
see op die strand te kan ry nie. Sekere hengelgebiede kan afgebaken word
waar die hengelaar met sy voertuig toelaat om met spesefieke spore by die
hengelplekke te kom. Sekerlik is dit nie 'n 100% waarborg vir jou
skilpaaie nie, maar tot 'n groot mate sal hulle veilig wees. Sover as wat
dit prakties moontlik is....
Dit is ook vir my verstommend dat mense nou kan huil en baklei oor
skilpaaie en robbe, maar hulle deel nou heel rustig aan die resultate van
jare en jare se sistematiese uitroei van diere om plek te maak vir die mens?
Die mens roei bv die rob se vyande uit [haaie] en dan vertel die greenies
dat jy mag nie die robbe oes en benut nie en daardeur doen hulle presies dit
wat hulle voor baklei.....hulle skep 'n wanbalans in die natuur! Ek self,
skiet g'n dier dood nie, maar kan insien dat die jag van diere, bo en
behalwe dat dit moerse inkomste vir die land beteken, ook die diere se gene
sterker maak. Weereens het die mens sy vyande grootliks uitgeroei om 'n
veilige hawe te gee vir die skaaptjop wat ons so almal graag eet, nou moet
die mens die rol van die vyand oorneem. Weet jy dat sedert die boer begin
besef het dat wild werklik kommersiële waarde het, het wildgetalle met oor
die 14 keer vermeerder? By ons kus kan jy maar die robbe kom kyk wat so
geslag word....hulle's moddervet en gesond......en anders as wat die
'greenies' so graag propageer, word elke ons en haar van die rob ten volle
benut.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:oscfuusm2ijp0sqi9drjtlp3nccd2ev0k8@4ax.com...
> On Fri, 29 Nov 2002 07:49:55 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Ek het nie 'n stelling gemaak nie....net 'n vraag gevra.
> Heeltemal bewus daarvan Suidwester - of het jy die werklike vraag
>>> Is die vakansiebedryf dan belangriker as seelewe, Suidwester?
> dan mis gekyk?
>
> Vir 'n ou wat aan
>> die kus bly en daagliks met die soort van ding te doene kry, het ons dalk 'n
>> wyer siening? Ek self is eintlik 'n 'greenie', maar daar is ander faktore
>> ook betrokke, naamlik die burgers van die land wat die reg het om die kus te
>> kan benut.
>
> Geen groenigheid in jou nie want jy is 'n 'greenie' met 'n wyer
> siening (as die egte greenies) wat die reg van die burgers om
> die land en strand te benut hoër ag as die (leer)skilpaadjie wat sy
> eerste wandeling na die oseaan aandurf.
>
>> Dis die hengelaars en as jy vir die grootste sport in jou land
>> soek, dis hengel! Jy KAN die strand gebruik met 'n voertuig sonder om die
>> dierelewe seer te maak.....dit vat net opvoeding van die 4x4 eienaar.
> Jy lieg dat jy blou word
>
>
>> Ek wonder of jy al ooit enige van die voëls en skilpaaie van naby
>> aanskou het.....of lees jy ook maar die stories?
>
> Interessante vraag wat 'n defnitiewe antwoord verdien!
> Cape Vidal, vriend... beskermde broeiplek van die skilpaaie
> en 'n plek wat my heelwat kere gesien het wanneer ek
> op St Lucia kuier. 'n Plek wat finansiële bydraes van my benut.
>
> DD
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69825 is 'n antwoord op boodskap #69812] Sa, 30 November 2002 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Nov 2002 07:55:53 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> Dit is ook vir my verstommend dat mense nou kan huil en baklei oor
> skilpaaie en robbe, maar hulle deel nou heel rustig aan die resultate van
> jare en jare se sistematiese uitroei van diere om plek te maak vir die mens?

Sê jy hier dat ek nie in Johannesburg moe bly nie
omdat diere eerste hier was? Dat ek nie in die SPUR
moet eet nie want die leeus het lankal terug hier 'n rooibok
op die tafel aangebied?

> ....en anders as wat die
> 'greenies' so graag propageer, word elke ons en haar van die rob ten volle
> benut.
> "Davie Davis" wrote in message
>

Dt is juis waarteen die greenies baklei, vrend:-)

Greenie
maar alles behalwe 'n groenetjie!
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69829 is 'n antwoord op boodskap #69677] Sa, 30 November 2002 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Vir `n plek soos St. Lucia het dit `n hengse knou gegee wat die ekonomiese
aspek betref. Baie besighede moes toemaak en jy kan selfs nou oor Kerstyd
by enige plek akkommodasie verkry - voorheen was dit ongehoord.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3de62969.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sien op KykNet kom daar 'n program oor die verbod van 4x4'e op julle
> strande.....dis mos van die begin van hierdie jaar af? Wat ek graag wil
> weet, is of die verbod werk? Word dit wel oral toegepas? Het dit nie een
> moerse negatiewe effek op die kus se vakansiebedryf nie? Meer belangrik,
> kon daar nie 'n stelsel ingestel gewees het wat 4x4 eienaars [veral
> hengelaars] beheerde toegang tot sekere strandgebiede gee nie?
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69838 is 'n antwoord op boodskap #69825] So, 01 Desember 2002 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ek dink jy moet minder van 'n huigelaar wees! As jy vandag rooivleis
eet, dan het jy geen reg om teen die benutting van diere vir hulle vleis te
praat nie. Jy het wel die reg om te baklei oor die manier waarop die diere
doodgemaak word, ja. Dieselfde argument geld vir 'n mens wat vandag lewe
in 'n area wat die mens skoongemaak het van diere om vir homself plek te
maak, maar nou wil keer as dit by die strande kom waar hy self sekerlik net
eintlik van in boeke en op die 'Net lees? Ek dink steeds dat die gebruik
van die strande met 'n kompromis tussen 4x4-eienaar en natuurbewaring kan
geskied. Dis nie nodig om 'n hele kusbedryf in sy moer te stuur nie!
Wat die robbe aanbetref, het jy sekerlik nie gelees wat ek geskryf het
nie? Die rob se natuurlike vyand, die haai, se getaalle is drasties
verminder en daarom neem robgetalle ontstellend toe. Verder neem die mens
se getalle by die dag toe en die 'greenies' dink mos hulle doen goed as
hulle vis eet? Maar daardie vis wat hulle so rustig vreet vat juis kos uit
die mond van sy rob weg 'n word op die wreedste moontlike manier
doodgemaak.....deur versmoring!
Ek weet nie of jy rêrig 'n 'greenie' is nie, maar ons ondervind dat
die meeste van hierdie mense ryk middelklas mense is wat in sy kantoor sit
en dit hoogsmode vind om die een of ander natuurbewaringprojek te
ondersteun. Jy sê dan ook juis dat jy geld daarvoor gee? Dis nou wanneer
die oe! en die aa!-faktor intree as dit by die robbe en diere soos die
olifant inkom. Haai foeitog, hoe kón jy 'n klein robbetjie doodslaan?
Doen mens 'n beroep op hierdie groep se intelligensie om te besef dat
hierdie die mees doeltreffende manier is om 'n robbetjie uit te sit, dan
slaan hulle toe. Omdat dit nie so mooi lyk nie, daarom moet dit sleg wees.
Dis dan hierdie ou wat geld gooi na die organisasies soos die WWF toe en wat
doen hulle mense? Gaan kyk maar na die leefstyle en salarisse wat hierdie
mense verdien!
Wat sê jy van die olifante? Nou dat die Krugerwildtuin olifante nie
meer mag uitdun nie, nou hol die getalle weg met hulle?

"Davie Davis" skryf in boodskap news:p1nhuus37he6ogtara3c0tno1qkq05ktt3@4ax.com...
> On Sat, 30 Nov 2002 07:55:53 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>>
>> Dit is ook vir my verstommend dat mense nou kan huil en baklei oor
>> skilpaaie en robbe, maar hulle deel nou heel rustig aan die resultate van
>> jare en jare se sistematiese uitroei van diere om plek te maak vir die mens?
>
> Sê jy hier dat ek nie in Johannesburg moe bly nie
> omdat diere eerste hier was? Dat ek nie in die SPUR
> moet eet nie want die leeus het lankal terug hier 'n rooibok
> op die tafel aangebied?
>
>
>> ....en anders as wat die
>> 'greenies' so graag propageer, word elke ons en haar van die rob ten volle
>> benut.
>> "Davie Davis" wrote in message
>>
>
> Dt is juis waarteen die greenies baklei, vrend:-)
>
>
>
> Greenie
> maar alles behalwe 'n groenetjie!
>
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69841 is 'n antwoord op boodskap #69838] So, 01 Desember 2002 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 1 Dec 2002 08:24:48 +0200, "Suidwester" wrote:

> O ek dink jy moet minder van 'n huigelaar wees!

Ja'a ou, ek het jou brief gelees en gewonder of ek
jou moet antwoord. Jy wil my in dieselfde lokval
lei as waar jy Wouter gehad het met 'n sinnelose
geklets en gestry wat later net deur julle twee
gelees is. Waar Wouter sy bes probeer het om uit te kom
omdat hy die sinneloosheid daarvan besef het. Net soos die
huidige G63 stryery. Vind jy dit interessant? Ferdi wel.

> Wat die robbe aanbetref, het jy sekerlik nie gelees wat ek geskryf het
> nie? Die rob se natuurlike vyand, die haai, se getaalle is drasties
> verminder en daarom neem robgetalle ontstellend toe.

Jy lieg. Daar is geen spesifieke veldtog geloods teen haaie nie
en selfs wanneer 'n haai in die haainette verstrengel raak (en betyds
gered kan word) word hy vrygelaat omdat sy belangrikheid in die skakel
bekend is.

> Ek weet nie of jy rêrig 'n 'greenie' is nie, ...

Jy was die een wat die woord 'greenie' in die gesprek ingebring het.

> Jy sê dan ook juis dat jy geld daarvoor gee?

Ek gee graag aan die DBV ook. Wanneer iemand 'n hond wil hê
moedig ek so een aan om by die DBV een te koop en nie met
diereliefde te spog deur dan 'n Staffie by die arkmark te koop nie.
Somtyds skenk ek hondekos aan hulle.

> Wat sê jy van die olifante? Nou dat die Krugerwildtuin olifante nie
> meer mag uitdun nie, nou hol die getalle weg met hulle?

Wat sê jy van die verbod op ivoorhandel en die verslapping daarvan?

DD
Re: 4x4'e en jul strande? [boodskap #69887 is 'n antwoord op boodskap #69841] Ma, 02 Desember 2002 06:07 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK. Kom ons stop deit met 'n 'dat jy my begin stry het' en met alle soorte
van stellings gekom het! Dalk is die ou geheue nie meer so lekker nie?
Môre....uh, die 3de Desember vir ou voete soos jy, is daar 'n program op
KykNet juis oor 4x4'e op strande! Aanleidend daartoe wou ek weet hoe voel
julle SA'ers daaroor want hoe jy ook al daaroor wil dink, die tipe van
besluit was 'n drastiese ene wat baie mense se heenkome kan raak en
difinitief nie een wat jy net kan afmaak met 'die arme skilpaaie en
voëltjies' nie. Maar, as jy dit nie kan insien nie, is JY REG!!! Jy het
nie die nodige insig nie. Ghoebaai!

"Davie Davis" skryf in boodskap news:pucjuu8me40t06m34hch404ffibgq5u0mo@4ax.com...
> On Sun, 1 Dec 2002 08:24:48 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> O ek dink jy moet minder van 'n huigelaar wees!
>
> Ja'a ou, ek het jou brief gelees en gewonder of ek
> jou moet antwoord. Jy wil my in dieselfde lokval
> lei as waar jy Wouter gehad het met 'n sinnelose
> geklets en gestry wat later net deur julle twee
> gelees is. Waar Wouter sy bes probeer het om uit te kom
> omdat hy die sinneloosheid daarvan besef het. Net soos die
> huidige G63 stryery. Vind jy dit interessant? Ferdi wel.
>
>
>> Wat die robbe aanbetref, het jy sekerlik nie gelees wat ek geskryf het
>> nie? Die rob se natuurlike vyand, die haai, se getaalle is drasties
>> verminder en daarom neem robgetalle ontstellend toe.
>
> Jy lieg. Daar is geen spesifieke veldtog geloods teen haaie nie
> en selfs wanneer 'n haai in die haainette verstrengel raak (en betyds
> gered kan word) word hy vrygelaat omdat sy belangrikheid in die skakel
> bekend is.
>
>
>> Ek weet nie of jy rêrig 'n 'greenie' is nie, ...
>
> Jy was die een wat die woord 'greenie' in die gesprek ingebring het.
>
>> Jy sê dan ook juis dat jy geld daarvoor gee?
>
> Ek gee graag aan die DBV ook. Wanneer iemand 'n hond wil hê
> moedig ek so een aan om by die DBV een te koop en nie met
> diereliefde te spog deur dan 'n Staffie by die arkmark te koop nie.
> Somtyds skenk ek hondekos aan hulle.
>
>
>> Wat sê jy van die olifante? Nou dat die Krugerwildtuin olifante nie
>> meer mag uitdun nie, nou hol die getalle weg met hulle?
>
> Wat sê jy van die verbod op ivoorhandel en die verslapping daarvan?
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Stoomtreine
Volgende onderwerp: 4x4 debat....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:45:50 MGT 2024