Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Herrie
Herrie [boodskap #69425] |
Tue, 26 November 2002 08:32  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Potter 2 :
Dit begin hier te draai hierdie naweek.
Iemand daar ver wat dit al gesien het?
Van een klomp hoor ek dat dit beter is as die vorige prent, en van ander
weer dat dit swakker is.
Sal maar self moet gaan kyk.
Ek hoor dat mense wat bang is vir slange en spinnekoppe sal dink dis 'n
riller:)
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69596 is 'n antwoord op boodskap #69593] |
Wed, 27 November 2002 18:57   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
"Elaine" >
>
>> Soos my ou anner helfde sê. Harry Potter laat 'n mens aan "magic" glo.
>
> Helfde van jou brief het spelfoute in:-)))
Miskien het sy na haar wederhelf verwys,
so miskien is sy reg en jy het pampoen
op jou gesig, du Plessis. Laat tog maar
die reghelp met die spelling oor aan die
kundiges.
Tant Hessie van die Derde
Republiek se taalkomitee.
|
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69604 is 'n antwoord op boodskap #69599] |
Wed, 27 November 2002 21:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
Bouwer, maar jy's 'n fout so groot
> as wat jy is. (Ek dink jy's nog boonop 'n vet fout
> ook!)
Wel, du Plessis, ek dink nie mense dink
aan my as oorgewig nie, maar ek het ook
maar oor die jare die spreekwoordelike
10 lb vir elke kind swaarder geword, totdat
ek ook maar 40 swaarder was as die slanke
gewig wat ek gehad het toe ek in my twintig-
jare was. Maar nou onlangs het ek begin met
'n absoluut foolproof dieet, wat my alreeds
oor die tien pond in net twee maande laat
afval het.
Die dieet, wat my man ingevoer het en die
"monks' diet" noem, bestaan daarin dat jy net
twee maaltye eet, en teen een-uur ophou met
soliede kos. Daarna drink jy net vloeistowwe.
Jou ontbyt, wat ons dink nodig is om te
eet, moet bestaan uit 500 kalorieë. En die
middagete uit 800 kalorieë. Dus eintlik twee
stywe maaltye. ( Vir 1300 altesaam.) Daarna
mag jy tee en koffie met melk drink, bouillon,
marmite, V8 juice. Dit sal vir 'n verdere
omtrent 400 kalorieë sorg.
My man het in die loop van omtrent ses
maande meer as vyftig pond verloor, en tot sy
verbasing moes hy uiteindelik ook van die
insulien afgaan wat hy as diabeet al vir baie
jare gebruik het. Hy hou nou nog by die
dissipline van nie na een-uur in die middag
eet nie, maar ons probeer hom nou hou sodat
hy nie meer gewig verloor nie, want hy het van
'n gesette man na 'n maer man verander.
Enigiemand wat 'n probleem het met gewig
behoort hierdie ding te probeer. Ek sou nooit
kon dink dat ek binne twee maande 'n gewig kan
bereik wat ek laas in die sewentigerjare gehad
het nie. En moenie dink dis moeilik nie. Ek het
ook gedink, terwyl my man dit doen, dat ek dit
nooit sou regkry nie, want ek het teveel gehou
van in die aande eet. Maar dis eintlik vreeslik
maklik, want jy het genoeg kos in jou maag teen
een-uur dat jy nooit werklik honger is nie, en
die vloeistowwe wat jy drink hou ook hongerpyne
weg. Ek dink nie ek sal ooit weer in die laatmiddag
en aand kan eet nie. Mens voel net soveel beter
as jy nie swaar goed in jou maag het as jy bed toe
gaan nie. Dit voel so reg soos aan die regterhand
van die pad ry.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69619 is 'n antwoord op boodskap #69604] |
Wed, 27 November 2002 22:24   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 27 Nov 2002 21:35:41 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Wel, du Plessis, ek dink nie mense dink
> aan my as oorgewig nie, maar ek het ook
> maar oor die jare die spreekwoordelike
> 10 lb vir elke kind swaarder geword, totdat
> ek ook maar 40 swaarder was as die slanke
> gewig wat ek gehad het toe ek in my twintig-
> jare was.
Interessant wat jy hier sê Bouwer. Dan behoort ek
geweldig respek vir my vrou te hê wat dit aanbetref.
Op ons troudag het sy 45 kls geweeg. Sy is nou die
moeder van twee volwasse dogters en weeg nou
44 en 'n kwart kilo. Een oggend 'n week wag sy en die
skaal vir my in die badkamer en wanneer ek uit die bad
klim hoor ek ook sommer wat ek vir die res van die week
gaan eet.
> Maar nou onlangs het ek begin met
> 'n absoluut foolproof dieet, wat my alreeds
> oor die tien pond in net twee maande laat
> afval het.
Hannetjie, dis my 44 k's girl, het suiker kompleet uit
ons dieet gesny. Ons gebruik geen suiker nie en ek
is 'n koffiedrinker. Swart en bitter koffie. Nie plastic
nie, geen kitskoffie nie maar lekker swart bitter
ordentlike koffie. Saam met die bier kom die preek en die
les oor die hoeveelheid kalorieë daarin.
> Jou ontbyt, wat ons dink nodig is om te
> eet, moet bestaan uit 500 kalorieë. En die
> middagete uit 800 kalorieë.
Ons tel nie kalorieë nie maar ek het die probleem dat ek
versot is op brood. Saam met my bord gekookte kos moet 'n
sny brood en botter wees. Jy kan brood saam met enigiets
eet anders as pampoen en dit gaan ook nie lekker saam met
mieliepap nie.
Wanneer ek Maandagoggend op die skaal klim en haar sien
frons, dan weet ek, 'ag, daar gaan my brood!'
Daai vet ousie met wie Piet Koornhof huis opgesit het, het
klomp gewig verloor toe sy brood gelos het. Dit is waar my
aandag daarop gevestig geraak het dat daar klomp vetmaak
inhoud in brood is.
Drink julle 'n halwe aspirine elke dag? En hoe op aarde kan jy
een uur jou laaste vaste kos eet? Dit moet mos nie 'n straf wees
nie? In die aand wil ons mos iets om te kou hê hier by die
rekenaar ook. En ek is 'n soettand. Rosyntjies is die oplossing.
Davie Davis.
Die een wie se belt nou weer lekker pas
|
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69626 is 'n antwoord op boodskap #69619] |
Wed, 27 November 2002 23:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
Ons gebruik geen suiker nie en ek
> is 'n koffiedrinker. Swart en bitter koffie.
Op die Monks' Diet hoef jy niks uit te sny nie.
Jy bly net binne jou kalorie-mure. Ons drink meer
tee as koffie, met baie melk in, en in my geval met
suiker. Maar mens neem net in ag dat jy in jou
vloeistowwe na een-uur nie oor die 400 kalorieë
gaan nie. Ek reken elke keer as ek melk in my tee
of koffie gooi, neem ek 25 kalorieë.
Ek dink jy moet probeer om oor te slaan na tee
liewer as koffie. Hulle sê nou dat selfs dekaffineerde
koffie jou bloeddruk opstoot. En tee het glo iets wat
goed is vir die hart.
Gloudina
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69629 is 'n antwoord op boodskap #69619] |
Wed, 27 November 2002 23:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
ek het die probleem dat ek
> versot is op brood.
> Wanneer ek Maandagoggend op die skaal klim en haar sien
> frons, dan weet ek, 'ag, daar gaan my brood!'
Ek dink nie jy hoef brood op te gee nie.
My man hou van sy twee stukke roosterbrood
in die oggend, of daar nou 'n eier by is
of nie. Dis 200 kal. vir twee snye brood.
Ek verkies weer om baie keer iets anders vir
200 van my 500 kal. vir ontbyt te eet.
Met die brood moet mens net oppas dat jy nie
leë kal. eet deur witbrood te eet nie. Daar
is so baie soorte voedende brood, wat jou
baie goeie minerale en proteine gee.
Dis 'n mite dat brood jou vetmaak. Een
van ons seuns het in Frankryk vir 'n ruk
studeer en gewerk, en sê hy het gedink dat
hy vreeslik vet gaan word in die koshuis, want
hulle het so baie brood en pasta ge-eet en nie
soveel vleis as waaraan hy gewoond is nie.
Maar na die jaar was hy maerder as toe hy uit
Kanada weg is.
Gloudina
Gloudina
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69631 is 'n antwoord op boodskap #69619] |
Wed, 27 November 2002 23:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
En hoe op aarde kan jy
> een uur jou laaste vaste kos eet? Dit moet mos nie 'n straf wees
> nie? In die aand wil ons mos iets om te kou hê hier by die
> rekenaar ook. En ek is 'n soettand. Rosyntjies is die oplossing.
Wel, dis hoekom mense die gedurige battle of
the bulge moet veg. Hierdie dissipline maak
dit iets van die verlede. Almal sal vir jou
sê snacking is die moeilikheid. Tien druiwe-
korrels is 100 kal. Ek neem aan tien rosyntjies
ook. Ek eet ook rosyntjies. Maar ek maak dit
deel van 'n interessante bakkie vol klein
snippertjies van snoeperye: 'n klein stukkie
sjokolade, 'n versuikerde stukkie pynappel, 'n
paar geroosterde pampoenpitte, wat vreeslik
goed vir jou is, ens. ens. Maar net voor een-
uur in die middag.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69702 is 'n antwoord op boodskap #69693] |
Thu, 28 November 2002 21:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
>
> Vertel meer van die pampoenpitte?
Ek hoop ek onthou reg, dat pampoen-
pitte magnesium bevat en dat dit iets
is wat mens maklik te min van inkry.
Hulle is ook effentjies hard as jy
dit op die mark koop, dus moet jy dit
saam met iets anders wat lekker is,
soos 'n stukkie sjokolade, of versuiker-
de pynappel, in jou mond sit. Ek neem
aan dat as mens die pampoenpit reg uit
die pampoen kan eet (nadat jy die
skilletjie afgehaal het) dan sal dit
nog die heel beste wees. 'n Ou Jood
wat in Europa grootgeword het, het
eendag vir ons 'n paar pampoenpitte in
die hand gestop en gesê: eet, dis goed
vir jou. Ek dink as mens pampoenpitte
uitgooi, gooi jy goeie kos uit.
Ek het nooit van pampoen-eet gehou
nie, en gedurig met my ma geveg wat my
wou dwing om dit te eet. Ek hou nie van
soet kos in my bord nie, en ek dink dis
wat my afgesit het. Vandag is ek jammer,
want pampoen is glo baie goed vir jou -
die geel pampoen.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Herrie [boodskap #69778 is 'n antwoord op boodskap #69775] |
Fri, 29 November 2002 18:29  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, my man is ook besig om vir ons 'n vleisie te tan. My suster-hulle is
hier. Ek is nou nie besig om te drink nie - uit simpatie vir my suster wat
6 maande swanger is en nie mag drink nie :o)
Maar my man en swaer is lekker voor. Kom ons hoop ons vleisie verbrand nie.
"Davie Davis" wrote:
> selfs 'n (paar!) medisynemaat lepels 'Wit Perd' bloedverdunningsmiddel
> na 'n Vrydagaand vleisbraai werk perfek. Ek voel heel dunbloedig
> vanaand:-)
>
> Die WitPerd
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 16 07:04:35 UTC 2025
|