Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 100 Grootste Suid-Afrikaners.
Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69595 is 'n antwoord op boodskap #69581] |
Wed, 27 November 2002 18:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Steven Bantu Biko was eintlik 'n "nobody" - totdat Kol Goosen & kie
> hom bygekom het. Hy was 'n besondere nie-suksesvolle mediese student aan
> Natal Univ. - iets soos 3 jaar aan die eerstejaar getorring. 'n Haan onner
> die henne - vra vir Mamphela Remphela (hoop my spelling is korrek).
Ja, ek is seker jy spel dit verkeerd.
Eers was sy hoof van die Universiteit
van Kaapstad, nou werk sy by die
World Bank. Nie te sleg vir 'n hen
nie, nè Jonas? Nog 'n teken van jou
jaloersgeit?
En wat ook al die akademiese rekord
van Biko, die hele wêreld het van hom
geweet, gesing. En na sy storie op film
gekyk. As Kol Goosen en Kie tog maar
geweet het daardie nag wat hulle aan die
aanvang is: dat hulle dade een van die
oorsake was dat hulle etniese groep
uiteindelik verag was deur die wêreld,
en die ANC in so 'n sterk posisie by die
negosiasies geplaas het dat die ANC maar
net voorwaardes kon maak, en de Klerk maar
net moes sê "Ja, baas."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69625 is 'n antwoord op boodskap #69621] |
Wed, 27 November 2002 23:05   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> Nie die eerste nie. Ek kan nie nou haar naam onthou nie maar
> heelwaarskynlik sal Annette, Gloudina of Katryn kan onthou wat die
> naam is van die vrou uit Vereeniging se wêreld wat 'n paar dekades
> gelede die Charkize Theron in Hollywood was.
Ek dink jy dink aan Juliette Prowse.
Sy was mos op een stadium aan Frank
Sinatra verloof, en hy het met haar
Suid-Afrika besoek. Juliette Prowse
was 'n baie goeie danser, maar ek dink
nie sy was so 'n vreeslike goeie aktrise
nie. Ek dink Charlize Theron het eintlik
baie meer potensiaal as sy. Ek het eers
gedink Charlize is ook maar net 'n mooi
gesiggie en 'n flash in the pan, maar sy
speel darem baie goed as sy net in die
regte soort classy fliek 'n kans gegee
word. (Byvoorbeeld "The legend of Bagger
Vance" en "The Ciderhouse Rules.")
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69652 is 'n antwoord op boodskap #69592] |
Thu, 28 November 2002 08:33   |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kawa my vriend,
Kom ek gee jou redes waarom ek sekere mense benoem het:
1)Winnie...omdat sy die een was wat die ANC se sogenaamde "Liberation-stryd"
vir hulle gevoer het.Sy was die een wat miljoene rande bymekaar gemaak het
wat Nelson op sy buurstaat se gewese "first lady" blaas.Sy is per slot van
sake die Moeder van die ANC's.
2)Patricia De Lille:Omdat sy die enigste Parlements lid is
wat haar werk doen.Ongeag die beleid wat haar party volg is sy die voorbeeld
vir parlements lede om na te volg.
3)Ernie Els:Hy speel nie tennis nie jou "FOOL",maar golf.
4)Francois Pienaar:Die man wat aan Suid-Afrika die
wereld beker in rugby besorg het saam met sy ander makkers.Jy wys eintlik
uit dat jy uiters min kennis dra van wat in jou land aangaan en plein-stupid
is.
5)Dan wil ek ook vir Dr.Louis Luyt byvoeg omdat hy die man is wat van die
destydse Transvaal-rugby,die rykste
provinsiale unie ter wereld gemaak het...hulle van bankrotskap gered
het...en die wereld-beker toernooi na SA gebring het,asook die feit dat hy
nie geskroom het om vir die ANC te vertel waar hulle moet gaan afklim nie.
"Kawa" skryf in boodskap news:a31auu0gdi1nsmf2n4ltf67dtr5emodf80@4ax.com...
> On Wed, 27 Nov 2002 08:54:42 +0200, "Paul Van Straaten"
> wrote:
>
>> Dr.H.F.VERWOERD
>> P.W.Botha
>> Kevin Curren eerder as Wayne Ferreira
>> Ilana Kloss
>> Zola Budd-Pieterse
> Sy dra nou skoene, het julle gesien:-)
>> Gary Player
>> Penny Heyns
>> Francois Pienaar
> Wie's hy? Van Bafana Bafana faam?
>> Charmaine Fick(oor twee dekades heen SA_Rekords in verskeie items
>> gehou:400m/80mH/400m H,asook die springbok atletiek kapteine gewees)
>> Ina Van Rensburg
>> Johan Fourie
>> Evette De Klerk
> Ek stim.
>> Naas Das Botha
> Annette het nie gesê noem name nie. Sy soek name wat merke gemaak het
>> A.P.Treurnicht
>> Mandela
>> Clive Derby Lewis
>> Piet Skiet Rudolph
> Lid van hoeveel verskillende politieke partye was hy?
>> Robert Van Tonder(oud-taal stryder)
> Eendag die voorreg gehad dat Oom Robert my hier by die huis geskakel
> het. Net na die stigting van die Boerestaat Party.
>> Eugene Terre Blanche
> Het julle gesien hoe maer het hy geword?
>> Yvonne Vermaak
>> Beverly Mould
>> Anna Neetling-Pohl
>> Wena Naude
> Natuurlik
>> Siegfriedt Mynhardt
>> Ge Korsten
>> Gerrie Coetzee
>> Ernie Els
> Hy kan nie tennis speel om sy lewe te red nie
>> Ester Brand
>> Karen Muir
> Absoluut
>> Charmaine Gail-Weavers
>> Hesterie Storbeck-Cloete
> Die Koster Girltjie
>> John Van Reenen
>> Chris Barnard
> Hier het tannie Hester haar tune gechange toe sy agterkom hoe
> rasssisties hy was
>> John Vorster(eerste premier wat met 'n Afrika leier in
>> gesprek getree het)
> Ja, positief óf negatief het sy gesê
>> Genl JBM Hertzog
>> Genl.Beyers
>> Dr.Hans La Grange
>> Dr.Buthelezi
>> Dr.Lucas Mangope
>> Bantu Holomisa
>> Winnie Madikizela-Mandela
> Hoekom?
>> Patricia De Lille
> Die vrou wat haar dogter weggegooi het?
>> Mathews Phosa
>> Tokyo Sexwale
>>
>
> Kawa
|
|
|
Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69653 is 'n antwoord op boodskap #69618] |
Thu, 28 November 2002 08:42   |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine,
Graag help ek net reg:
Charlize is nie die eerste een wat sukses behaal het op Hollywood nie,maar
sy is die suksesvolste van almal.
Anneline Kriel het ook nie werklik daardie titel gewen nie.
'n Britse meisie met die naam Helen Morgan het gewen,maar as ek reg kan
onthou het sy 'n buite-egtelike kind gehad en daarom is ons meisie wat dan
die eerste prinses was, aangewys as mej.wereld.
Dan sou ek eerder vir Penny Coolen benoem wat wel in 1958 as mej.wereld
aangewys is.Sy is nou reeds in die 60's en nog net so mooi!
Ek stem vir Sol Kerzner.
"Elaine" skryf in boodskap news:3de543f6.0@news1.mweb.co.za...
> Charlize Theron is 'n aktrise in Hollywood, en haar bekendste fliek is seker
> The Devil's Advocate sy speel Keanu Reeves se vrou. Al Pacino (of is dit
> Robert de Niro) speel ook in die fliek. Sy het in Benoni groot geword en ek
> dink sy's die eerste Suid-Afrikaaner wat die "hollywood mark" kon breek. Sy
> het heel onlangs in Sweet November en The Reindeer Games gespeel.
>
> Zol Kerzner het vir ons Sun City gegee
> Anneline Kriel is 'n model wat in 1974 Mej. Wêreld gewen het.
>
> Sorry nee, ek sê nie kunstenaars sommer sleg nie. Ek hou net nie van
> Patricia nie. My redes hou ek vir myself. Ek sal dit sê, sy is erg
> verwaand, en het eenkeer 'n 5-jarige seuntjie uitgetrap omdat hy dit durf
> waag het om aan haar "lieflike lang" hare te raak, dit was al klaar genoeg
> om my naar te maak.
>
> E
>
> "Rico" wrote:
>>
>> Elaine wie is hulle???????
>>
>> En wat is mis met Patricia??? :-))
>>
>> Gr.Rico
>>> E
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 100 Grootste Suid-Afrikaners. [boodskap #69667 is 'n antwoord op boodskap #69657] |
Thu, 28 November 2002 12:23   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ok, ok, - hier wen elkeen 'n prys ....
"Elaine" skryf in boodskap news:3de5e9db.0@news1.mweb.co.za...
> Ek aanvaar dat jy my reg help. Ek het gesê Charlize was die eerste een wat
> regtig 'n merk kon laat. Dus die suksesvolste. Daar is beslis ook Arnold
> Vosloo, maar ek vermoed hy sal maar vir altyd die "mummy" wees, net soos wat
> Frank Opperman vir ver ewig "Ouboet" sal wees.
> Ek stem vir Penny Coolen, al was die baie lank voor my tyd.
>
> E
>
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:as4oq7$t58$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine,
>> Graag help ek net reg:
>> Charlize is nie die eerste een wat sukses behaal het op Hollywood nie,maar
>> sy is die suksesvolste van almal.
>> Anneline Kriel het ook nie werklik daardie titel gewen nie.
>> 'n Britse meisie met die naam Helen Morgan het gewen,maar as ek reg kan
>> onthou het sy 'n buite-egtelike kind gehad en daarom is ons meisie wat dan
>> die eerste prinses was, aangewys as mej.wereld.
>> Dan sou ek eerder vir Penny Coolen benoem wat wel in 1958 as mej.wereld
>> aangewys is.Sy is nou reeds in die 60's en nog net so mooi!
>> Ek stem vir Sol Kerzner.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Juliet Prowse [boodskap #69714 is 'n antwoord op boodskap #69708] |
Thu, 28 November 2002 23:06   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Ek dink sy is eers 'n paar jaar gelede
> dood. Sy was nie te oud nie.
> Gloudina
Davie
het nie eens geweet dat sy dood is nie.
Sy kon bes moontlik middel sewentig
of selfs vroeë sewentig gewees het.
Het sy terug gekeer na SA?
Wouter
Juliet Prowse is in 1996 aan pankreaskanker dood, sy
was 59 jaar oud. (Ek het dit nageslaan) Sy is blykbaar
in Bombaai, Indië gebore en is in die VSA oorlede.
Hier is 'n berig van 13 September 1996, 'n dag voor haar dood:
Juliet Prowse losing battle to cancer
LOS ANGELES (AP) -- Actress-dancer Juliet Prowse is losing her
battle with pancreatic cancer. "She's undergone chemotherapy and
that destroyed her kidneys.
She's now at home resting," Mark Mordoh, her manager of 30
years, said Thursday. Prowse turns 60 on Sept. 25. "I keep
telling her to hang on for her birthday," Mordoh said.
Prowse was diagnosed with pancreatic cancer two years ago,
but last year it was in remission and she was well enough to
perform in Las Vegas, her manager said. The disease has
spread in the past few months.
Born in Bombay, India, and raised in South Africa, she was a
leading lady of stage, television and films, including "Gentlemen
Marry Brunettes" in 1955, "Can-Can" and "G.I. Blues" in 1960,
and "Run For Your Wife" in 1966.
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 16 21:28:17 UTC 2025
|