| Gedig "Eerste Liefde"? [boodskap #67136] |
So., 06 Oktober 2002 18:47  |
LBB
Boodskappe: 5 Geregistreer: Oktober 2002
|
Junior Lid |
|
|
Iewers in die geheue van my ou skooldae onthou ek 'n gedig van "Eerste Liefde"
maar ek het nou die digter en woorde vergeet. Gloudina of iemand help
asseblief!
Colin
|
|
|
|
| Re: Gedig "Eerste Liefde"? [boodskap #67137 is 'n antwoord op boodskap #67136] |
So., 06 Oktober 2002 19:08   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
LBB wrote:
> Iewers in die geheue van my ou skooldae onthou ek 'n gedig van "Eerste Liefde"
> maar ek het nou die digter en woorde vergeet. Gloudina of iemand help
> asseblief!
Kan jy net bietjie meer inligting gee.
Selfs al kan jy nie die digter of die
woorde spesifiek onthou nie, kan jy tog
darem sekere frases onthou, en wat die
gedig probeer sê het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gedig "Eerste Liefde"? [boodskap #67179 is 'n antwoord op boodskap #67170] |
Ma., 07 Oktober 2002 15:41   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Jy dink aan Du Plessis se Rietfontein se leidam - waar die ryer staan en
> droom ...
> Dit dink ek nie was as liefdesgedig bedoel nie...
> Bloed in die water, bloed in die laan ............
Ja, Jonas. Jy moet reg wees. Die gedig
word net genoem "Rietfontein" en begin
"By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom,
En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom,"
As jy dit op jou rekenaar het, kan jy dit
plaas vir Colin? Ek het dit blykbaar nie in my
versameling nie en sal dit uit die Verseboek
moet intik. Wat ek wel sal doen as ek dit nie
in die volgende paar uur op die nuusgroep sien
nie. Dis 'n lieflike gedig, een van die bestes
in Afrikaans.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gedig "Eerste Liefde"? [boodskap #67230 is 'n antwoord op boodskap #67206] |
Di., 08 Oktober 2002 13:59   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
LBB wrote:
> Baie danke...Rietfontein is wel die gedig. Dankie Gloudina vir al die intik!
> Colin
Jy is welkom. Die plesier was myne. Dis
geen wonder dat jy dit na jare nog in jou
bewussyn ronddra nie.
Kan ek 'n raaiskoot waag. Bly jy in
Durban? Lewe Mr. Pitts nog? ( As hierdie
laaste vraag vir jou Grieks is, is my
raaiskoot verkeerd.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gedig "Eerste Liefde"? [boodskap #67292 is 'n antwoord op boodskap #67255] |
Wo., 09 Oktober 2002 12:46   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
> Gepraat van, Gloudina, ek verbeel my ek het êrens gesien jy was by Adam's
> Mission. Het jy dalk 'n meneer Bingle daar geken?
Nee, Koot. Maar onthou, ek was baie lánk
gelede daar ( twee keer). En ek dink dis
Adams Mission, sonder die afkappings -s-.
Dis vernoem na 'n Dr. Adams, 'n Amerikaanse
sendeling uit die tyd van die Voortrekkers
in Natal.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gedig "Eerste Liefde"? [boodskap #67392 is 'n antwoord op boodskap #67391] |
Vr., 11 Oktober 2002 09:45  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
Ek ook. Ek is 'n oud-Dokkie (1971 - model). My sus hou nog skool daar.
Wanneer was jy daar? As jy by Tuks is is jy saam met my neefs (Malherbes).
Ek het later 'n skrik gevang toe ek sien jy skryf van "Hy" met 'n
hoofletter - ek dag jy't dalk iets dieper bedoel!
Koot
wrote in message
news:3DA69CDE.F3986E40@ccnet.up.ac.za...
Hi Koot
Sorry ek het nie gespesifiseer nie - Ek wou weet van Meyerton.
Dankie vir die info.
Al hoekom ek wou weet is omdat die ou dorpie en skool baie van my memories
het.
Goed gaan
H
Koot wrote:
Waar, Hugo - Meyerton of Adams Mission? In Meyerton was hy so van 1961 tot
1965 en by Adams Mission omtrent van '65 tot in die sewentigs.
Koot
"Hugo" skryf in boodskap news:3DA57895.717DDB1A@ccnet.up.ac.za...
> Hi
> Watter jaar was Hy daar ?
> H
>
>
> Koot wrote:
>
>> Hy was daar van omtrent 1965 af. Hy was 'n baie geliefde onnie by die
>> Hoërskool Dr Malan in Meyerton.
>>
>> Koot
>>
>> skryf in boodskap news:3DA425F3.2000004@rogers.com...
>>>
>>> Koot wrote:
>>>
>>>> Gepraat van, Gloudina, ek verbeel my ek het êrens gesien jy was by Adam's
>>>> Mission. Het jy dalk 'n meneer Bingle daar geken?
>>>
>>> Nee, Koot. Maar onthou, ek was baie lênk
>>> gelede daar ( twee keer). En ek dink dis
>>> Adams Mission, sonder die afkappings -s-.
>>> Dis vernoem na 'n Dr. Adams, 'n Amerikaanse
>>> sendeling uit die tyd van die Voortrekkers
>>> in Natal.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>
|
|
|
|