| tyd [boodskap #65970] |
Di., 03 September 2002 20:48  |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
ek sien op clari.world.africa.south_africa gebruik AFP,
PDT tyd. Watter tyd is dit?
|
|
|
|
|
|
| Re: lente tyd [boodskap #66018 is 'n antwoord op boodskap #65974] |
Do., 05 September 2002 13:02   |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark"
As dit 'n Amerikaanse
> tydsone is, sal dit Pacific Daylight Saving Time wees.
> Hoe lyk die lente daar op Riversdal, Tobie?
> Is alles mooi groen
---
Hello Wouter
Jy is seker reg wat die tyd aan betref. Hoekom dit my
'tickel' is dat die nuus op die ng geplaas word
dieselfde dag as wat dinge in JHB gebeur, en tog lyk die
tyd anders ..... anyways, gaan nie my kop daaroor breek
nie. Ek vind dit net interessant om môre se nuus die
vorige aand te lees :-)
Wat die lente tyd hier aan betref, ja, pragtig, ek dink
ek het dit in '96 laas so gesien. Toe was die goudgeel
Canola lande nog nie so baie nie. Ek het so 3 weke
gelede na Vermont gery (ouerhuis) en dit was omtrent
mooi die geel lande wat so tussen in die donkergroen
graan lande geleë is. Ek sou dit baie graag vanuit 'n
vliegtuig wou sien.
Dit het my so laat dink van die Britse boere wat sulke
kunswerke doen met hulle lande waar verskillende
groentes of grane geplant word.
Dit reën reeds nou weer (Woensdag) lekker hier, sag en
deurdringend. Ek weet daar sal WEER gespuit moet word
teen siektes, maar nouja, ons kan nie sonder die
stikstof belaaide reën klaar kom nie. My grasperk moet
net droog word om gesny te word, ek is bevrees dat die
leeus al hul intrek neem. (Arthur, dis net 'n
spreekwoord) Al die swart uitlaatgas roet en remdromme
se gietyster vlokkies is nou van my dak en mure afgewas.
Nou ja, ek is seker julle is ook gesêend met die reën en
is julle tuine nat en die paaie skoon gewas van die
diesel, olie en ghries.
Wanneer dit weer warm is kan jy maar weer laat weet as
jy by die fonteine is. My 'mousterbaaik' loop nog.
Buitendien ek's weer lus vir daai suurlemoen koeldrank.
groete vir eers
---
|
|
|
|
|
|
| Re: lente tyd [boodskap #66037 is 'n antwoord op boodskap #66034] |
Vr., 06 September 2002 07:04   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tobie, die canolageel lande het nou al tot by Darling uitgebrei.
Dis regtig mooi om die goudgeel lande, groen bome en blou lug so saam te
sien - net soos ons vlag:))
Annette
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d784b6a.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter: As dit 'n Amerikaanse
>> tydsone is, sal dit Pacific Daylight Saving Time wees.
>> Hoe lyk die lente daar op Riversdal, Tobie?
>> Is alles mooi groen
> ---
> Tobie : Hello Wouter
> Jy is seker reg wat die tyd aan betref. Hoekom dit my
> 'tickel' is dat die nuus op die ng geplaas word
> dieselfde dag as wat dinge in JHB gebeur, en tog lyk die
> tyd anders ..... anyways, gaan nie my kop daaroor breek
> nie. Ek vind dit net interessant om môre se nuus die
> vorige aand te lees :-)
>
> Wouter
> Wat my weer tiekel is dat ek clari.world se nuus met SA tyd kry.
> Ek wonder of jou ng-leser dalk die tydsone op 'n manier van 'n
> stelling op jou Windows lees?
>
> Tobie
> Wat die lente tyd hier aan betref, ja, pragtig, ek dink
> ek het dit in '96 laas so gesien. Toe was die goudgeel
> Canola lande nog nie so baie nie. Ek het so 3 weke
> gelede na Vermont gery (ouerhuis) en dit was omtrent
> mooi die geel lande wat so tussen in die donkergroen
> graan lande geleë is. Ek sou dit baie graag vanuit 'n
> vliegtuig wou sien.
> Wanneer dit weer warm is kan jy maar weer laat weet as
> jy by die fonteine is. My 'mousterbaaik' loop nog.
> Buitendien ek's weer lus vir daai suurlemoen koeldrank.
>
> Wouter
> Ons was so 'n maand of twee fontein toe vir 'n naweek
> en toe kon 'n mens al sien dit lyk na 'n goeie reenseisoen.
>
> Ons is Desember weer op dieselfde plek, sal sommer hier
> laat weet sodra ons daar is :-)
>
|
|
|
|
| Re: lente tyd [boodskap #66067 is 'n antwoord op boodskap #66018] |
Vr., 06 September 2002 13:36   |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" > Jy is seker reg wat die tyd aan betref. Hoekom dit my
> 'tickel' is dat die nuus op die ng geplaas word
> dieselfde dag as wat dinge in JHB gebeur, en tog lyk die
> tyd anders ..... anyways, gaan nie my kop daaroor breek
> nie. Ek vind dit net interessant om môre se nuus die
> vorige aand te lees :-)
Ja inderdaad Tobie. Gesien in die lig dat Agence France-Presse 'n
nuusagentskap is wat nuus "verkoop." Om dit nou voortydig aan die publiek
beskikbaar te stel (kosteloos) is nogal ongewoon.
Jy praat so van Canola - Ons het so drie weke terug afgery Denmark toe vanaf
Perth. Nee, nie die dorpie daar bo aan die aardbol nie, die dorpie hier aan
die suidpunt van Wes Australië. Sover ons gery het die geel Canola
blommetjies ons trakteer op die pragtigste skouspel wat jy kan kry. Tussen
die lappe groen koring lande met weivelde tussen in waar Dorpers en bees vet
en volrond wei. Denmark was koud en nat. Dit het gereen en gereen en gereen.
En mens wonder wat de hel soek jy daar. Maar die rustigheid en die
natuurskoon het geen prys nie - tussen die reen deur.
Die chalets is teen 'n berghang gebou en kyk uit oor die see. Na 'n
borrelbad en 'n prima ete in die restaurant krul jy net op en haal asem
terwyl jy in die knus arms van die chalet uitkyk na die reenvlae wat
neerstort. Dit is so asof dit jou siel skoon was. Balsem vir die gemoed,
mirre vir die voete, goud vir die hart.
Hantam
> Wat die lente tyd hier aan betref, ja, pragtig, ek dink
> ek het dit in '96 laas so gesien. Toe was die goudgeel
> Canola lande nog nie so baie nie. Ek het so 3 weke
> gelede na Vermont gery (ouerhuis) en dit was omtrent
> mooi die geel lande wat so tussen in die donkergroen
> graan lande geleë is. Ek sou dit baie graag vanuit 'n
> vliegtuig wou sien.
> Dit het my so laat dink van die Britse boere wat sulke
> kunswerke doen met hulle lande waar verskillende
> groentes of grane geplant word.
> Dit reën reeds nou weer (Woensdag) lekker hier, sag en
> deurdringend. Ek weet daar sal WEER gespuit moet word
> teen siektes, maar nouja, ons kan nie sonder die
> stikstof belaaide reën klaar kom nie. My grasperk moet
> net droog word om gesny te word, ek is bevrees dat die
> leeus al hul intrek neem. (Arthur, dis net 'n
> spreekwoord) Al die swart uitlaatgas roet en remdromme
> se gietyster vlokkies is nou van my dak en mure afgewas.
> Nou ja, ek is seker julle is ook gesêend met die reën en
> is julle tuine nat en die paaie skoon gewas van die
> diesel, olie en ghries.
> Wanneer dit weer warm is kan jy maar weer laat weet as
> jy by die fonteine is. My 'mousterbaaik' loop nog.
> Buitendien ek's weer lus vir daai suurlemoen koeldrank.
> groete vir eers
> ---
>
|
|
|
|
| Re: lente tyd [boodskap #66071 is 'n antwoord op boodskap #66067] |
Vr., 06 September 2002 14:20   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Globalrider wrote:
> Jy praat so van Canola - Ons het so drie weke terug afgery Denmark toe
Dierbaarheid, my kop draai. Eers ry Tobie
Vermont toe. Ek dink: o hy bly nou in New
England, nie te ver van ons af nie.(Ek dink
die blare in die New Englandse berge behoort
nou al te begin verkleur.) Nou ry jy Denmark
toe. Darem 'n oorspronklike lot,julle
setlaars uit Europa. Moet by ons kom leer.
Toronto, Ottawa, Gananoque... Maar daar is
ook 'n Stratford hier (kompleet met die
wereld se oudste en beste Shakespeare festival
buite England), en ek dink die rivier wat deur
Stratford, Ontario loop, word die Avon genoem.
Canola kom natuurlik van die naam Canada.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: lente tyd [boodskap #66267 is 'n antwoord op boodskap #66067] |
Vr., 13 September 2002 19:21  |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
wens ek was daar met julle vir daardie kuier .........
:-)
groete
~~~~~~~~~~~~~~
"Globalrider"
----knip----
> Die chalets is teen 'n berghang gebou en kyk uit oor die see. Na 'n
> borrelbad en 'n prima ete in die restaurant krul jy net op en haal asem
> terwyl jy in die knus arms van die chalet uitkyk na die reenvlae wat
> neerstort. Dit is so asof dit jou siel skoon was. Balsem vir die gemoed,
> mirre vir die voete, goud vir die hart.
>
> Hantam
|
|
|
|