| " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65604] |
Do., 22 Augustus 2002 02:55  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
|
|
|
|
|
|
| Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65612 is 'n antwoord op boodskap #65606] |
Do., 22 Augustus 2002 18:58   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> Jy het al dié ene gepos, meisie. Het jy enige ander villanelle daar
> by jou (behalwe die ene wat ek geskryf het)?
Kom ons hou so 'n festivaltjiee van villanelles.
Stuur weer die een wat jy geskryf het. En
ek pos wat ek het (wat nie baie is nie.)
En vertel van die baba. Kruip hy al?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #65621 is 'n antwoord op boodskap #65618] |
Vr., 23 Augustus 2002 19:39  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
Hy groei al lekker. Hy eet vaste kossies
> en kan al regop sit en kan al op sy maag draai en oor 'n paar weke
> gaan hy kruip
Ja, as hy eers begin kruip dan is jou rus
verby. En wag, wanneer hulle eers met hulle
skerp ogies miniskule klein goedjies op die
vloer sien en dit dan in hulle mond wil sit.
So een uit elke vyf besluit darem om die
ding vir jou te gee.
Gloudina
|
|
|
|