| Tronkstraf [boodskap #65552] |
Di., 20 Augustus 2002 10:42  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink dit het tyd geword om die gebruik in oënskou te neem en te bepaal of
dit wel die genoegsame straf is wat dit behoort te wees.
Ons weet almal dat families moordenaars en verkragters beskerm en nie oorgee
nie, omdat die verkragters /moordenaars heel waarskynlik die enigste
broodwinner is, en van hierdie magsposisie seker is dat sy familie hom nie
sal verkla nie.
Om dus so 'n persoon in die tronk te stop waar hy/sy heel rustig hulle dae
in die son sit en verslyt, sonder 'n kommer oor 'n dak oor sy kop of kos in
die maag, op die onkoste van die belastingbetaler, het absoluut geen doel
nie.
Die oortreder het dus in teenstelling met die inkomstelose agtergeblewe
familie, of die familie van die slagoffer wat 'n broodwinner deur sy daad
verloor het, 'n koninklike en sorgelose tyd.
Daar moet ander maniere gevind word om so 'n persoon van die familie te
verwyder, maar waar hy/sy genoeg moet verdien om die familie by die huis te
kan versorg.
Wat van dwangarbeid op plase en fabrieke, waar die loon verdien direk betaal
word aan die familie oortreder en die familie van die slagoffer.
Heel waarskynlik kan sekere families in sulke gevalle beter af wees.
Enige voorstelle of sinvolle idees?
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|