| JAAP of JAAPIE [boodskap #65454] |
Do., 15 Augustus 2002 20:26  |
Dingus
Boodskappe: 187 Geregistreer: Oktober 2000
|
Senior Lid |
|
|
Hi,
Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
beteekening was van die word.
Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
Cheers,
Dingus.
|
|
|
|
|
|
| Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65457 is 'n antwoord op boodskap #65455] |
Vr., 16 Augustus 2002 00:09   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Dingus.
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
> Waar woon jy, Dingus?
Ek neem altyd aan "Dingus" trek ons been
en is eintlik 'n Afrikaans-sprekende en
bly in SA. Hoekom is die naam in sy epos
Frik en dit eindig op za?
Maar miskien bly hy tog in Australië.
Ons Dictionary of South African English
sê die volgende oor JAPIE.
n. colloquial. See plaas-, jaap en gawie.
Also Australian term for a S. African
(acc. to some also Brit.)
Ek neem aan "japie" is ook 'n woord in
Nederlands wat dieselfde beteken ('n agteraf
persoon.) Ek wonder egter hoe dit in
Australië beland het. Daar was baie Australiese
soldate in die Tweede Boere-oorlog in SA, so
hulle kon dit daar opgetel het. Maar hoekom het
hulle die woord "japie" opgetel? Is dit 'n woord
wat die Engelse soldate met wie hulle saamgeveg
het, sou gebruik het? Ek kan nie sê dat ek dié
benaming vir Afrikaners teveel onder die Engelse
in SA gehoor het nie.
Ek neem aan die woord Japie kom van die naam
Jakobus. Maar hoekom dit in Nederlands gebruik
word vir 'n agteraf persoon, is vir my duister.
Ek het die Engelse "jape" nageslaan in die woorde-
boek, maar dit het 'n oorsprong uit ou-Frans en
Latyn.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65463 is 'n antwoord op boodskap #65455] |
Vr., 16 Augustus 2002 03:10   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat van Japie my Skapie?
Ek dink Japie is die naam wat alle Suid-Afrikaners genoem word - soos wat
ons van die Engelse praat as Rooinekke, Australiërs as Mathildas en die van
NZ as skaap******.
Annette
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d5c2448.0@news1.mweb.co.za...
> Dingus.
> Kan iemand vertel my wat die beteken is vir die word Jaap of Jaapie is?
> Waar ek woon noem hulle al ons Suid Afrikaaners Jaapies.
> Ek is nou al hier oor die fyf jaar. Ek is 'n Englespreekende Suid Afrikaaner
> dis hoekom my taal en spel hier nie soo goed is nie - jammer.
> Al die jaare wat ek in Suid Afrika gewoon het het ek nooit gewonder wat to
> beteekening was van die word.
> Ek het getdink miskien dit is 'n boer wat soos 'n bobbejaan lyk of soo iets?
>
> Wouter
> 'n Japie is 'n agterlike, eenvoudige persoon. 'n Simpleton.
> Waar woon jy, Dingus?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65491 is 'n antwoord op boodskap #65490] |
Vr., 16 Augustus 2002 14:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Op bustoere in Europa word al die SA-ners Japies genoem, en ons aanvaar dit
so - geen sin in om elke dag te begin met 'n bakleiery nie;))
Annette
"Globalrider" skryf in boodskap news:u0879.10119$xL5.33964@news-server.bigpond.net.au...
> Hantam:
> Heeltemal korrek Wouter. Indien iemand my 'n Japie sou noem "in my gesig"
> sou ek hom verseker bliksem. Daar is natuurlik ook die gebruik om na iemand
> te verwys as 'n "Frikkie." No pun intended. Dit het dieselfde betekenis.
>
>> Wouter
>> Die woord is beslis neerhalend, Dingus. Maar darem nou ook
>> nie 'n vieslike skelwoord nie, dit impliseer bloot dat jy 'n
>> bietjie "backward" is.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65514 is 'n antwoord op boodskap #65491] |
Sa., 17 Augustus 2002 19:06   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Op bustoere in Europa word al die SA-ners Japies genoem
Ek vind hierdie verskynsel baie interessant.
Ek kan nie sê dat ek nog ooit dié ondervinding
gehad het nie, maar dan het ek ook nie in die
afgelope dekade of twee op bustoere gegaan waar
ek ander toeriste ontmoet het nie. Want ek neem
aan dat dit nie die Europeërs self is wat die
woord "japie" gebruik nie, maar dat dit heelwaar-
skynlik van Australiërs en New Zealanders af kom.
Ek sal graag wil weet hoe dit in hulle Engels
beland het. Want ek dink nie dat in al my dae
in SA, toe ek meestal met Engelssprekendes saamge-
werk het, enigiemand vir my 'n japie probeer
noem nie.
My beste raaiskoot is dat dit in die Boere-oorlog
was waar die Australiese magte die woord opgetel het.
Die Dictionary of South African English dui aan dat
-japie- in die konteks van "plaasjapie" in SA Engels
gebruik word, maar dat dit ook in Australiese Engels
is vir 'n Suid-Afrikaner.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65515 is 'n antwoord op boodskap #65494] |
Sa., 17 Augustus 2002 19:13   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur wrote:
> Amper soos al die Jan Keese in New York?
Ja. Ek wonder hoeveel Amerikaners weet
wanneer hulle uitgeskel word vir "Yankees"
dat hulle uitgeskel word vir Nederlanders.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: JAAP of JAAPIE [boodskap #65524 is 'n antwoord op boodskap #65491] |
So., 18 Augustus 2002 18:30  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Hantam:
> Heeltemal korrek Wouter. Indien iemand my 'n Japie sou
noem "in my gesig" sou ek hom verseker bliksem.
Annette
Op bustoere in Europa word al die SA-ners Japies genoem,
en ons aanvaar dit so - geen sin in om elke dag te begin met
'n bakleiery nie;))
Wouter
Dis ook nie nodig om elke dag te baklei nie, as jy hulle die
eerste dag goed genoeg opdonner is dit nooit weer nodig nie :-)
Meer ernstig, as 'n uitlander my 'n japie noem, sal ek hom laat
verstaan dat dit 'n belediging is. As hy daarmee aangaan, gaan
ek hom iets baie erger noem.
|
|
|
|