| Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65283] |
Sa., 03 Augustus 2002 13:18  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Uit "Die dye trek die dye aan."
Antjie Krog
die hokkieproewe duur die glansen-
de dag lank
'n oopgekliefde oogbank
ontsmet ek
my hande skutblaar haar parmantige
kop
trip die gevlegde paadjies na
die skraal ingeteuelde leftwing
krul op die veld van pyn
ek sit my hand op die dyspier
wat ondervels bibber soos 'n ratel
of rot
o waar sal my gulp vandaan kom?
(Gedigte, 1989-1995)
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65321 is 'n antwoord op boodskap #65311] |
Ma., 05 Augustus 2002 12:58   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Antjie is redelik jonk getroud met 'm musikus wie se naam mens nog
> soms oor die radio hoor. Dit het nie lank gehou nie en toe is sy weer
> getroud.
Ek weet nou nie of ons Antjie Krog se
lewe hier op hierdie nuusgroep moet
sit en oopvlek nie. Maar iemand wat nie
vir haar ken nie, maar wat in Kaapstad
bly en van haar eerste man geweet het,
het 'n rukkie gelede vir my gesê dat die
eerste huwelik op die rotse geloop het
omdat dié man 'n kortstondige homoseksuele
alliansie gehad het. Ek voel nou altyd
dat Antjie hierdie sogenaamde lesbiese
verse skryf in 'n poging om haar vorige
veroordeling van homoseksualiteit te
probeer uitwis. Ek kry die indruk dat
sy 'n besonder innige verhouding met haar
teenwoordige man het. Sy verwys baie na
hom in "Country of my Skull" en as ek dit
nie mis het nie, is een van sy verse
ingesluit in "Die dye trek die dye aan."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65335 is 'n antwoord op boodskap #65331] |
Ma., 05 Augustus 2002 18:08  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Dit ten spyt is dit duidelik dat Gloudina minder verlief neem met
> lesbiese neigings as met die moffieskap onder mans.
Soos gewoonlik, ou Jonas, is jy weer
jou einste veroordelende en mistastende
self. Jy mis gewoonlik die punt, gewoonlik
omdat jy uit onkunde praat ( soos die keer
wat jy so gepraat het oor Unisa en oor die
vingers getik moes word deur mense in UNISA
self.) Daar is goeie lesbiese digters
in SA. Maar as mens goeie gedigte wil skryf,
lesbies of nie, moet daar lesbiese liefde
wees, nie net vermeende lesbiese lust nie.
Ek dink Jeannette Goosen, as ek reg onthou,
is 'n goeie voorbeeld van oortuigende lesbiese
verse. Ek hou oor die algemeen ook nie van
Joan Hambidge se lesbiese verse nie. Ek voel
altyd sy gebruik die digvorm vir ander motiewe.
En ek sal presies dieselfde sê van manlike
gay digters. Daar is digters wat op die koop
daarmee loop, en in die proses slegte gedigte
skryf. En dan is daar die wat diepe liefdesverse
skryf, en hulle ontroer selfs heteroseksueles.
Dis wat I. D. du Plessis doen, en ook Leipoldt.
Ek reken ook Ernst van Heerden was iemand wat
suksesvol was en tog algemeen aangeneem is as
'n redelike goeie SA digter.
Gloudina
|
|
|
|