| " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62876] |
Di., 28 Mei 2002 23:37  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
George Weideman
dies my laaste sleepmiswinter
die voornagwindjie stoot snaardun
die ou blootsvoet se breivoetsole
verlang vanaand 'n toemaakding
dies my laaste sleepmiswinter
ou bokveldsberg lê dig toegedraai
selfs hantam se uitsoekwaboomkole
kon nog nie my vingers laat katspoor maak
dies my laaste sleepmiswinter
ek voel dit aan my opstaanseer:
as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
is dit rus myn siel jou god is koning
en ek lê my hoof vir oulaas neer.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62887 is 'n antwoord op boodskap #62886] |
Wo., 29 Mei 2002 12:03   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))))) Ek is hopeloos te prakties vir sulke goed:))
Sien in my geestesoog iemand wat met sy laaste krag hierdie gedig neerpen,
en met die laaste punt die laaste asem uitblaas;))
Terloops - Die Apostel Profeet Watookal is nog steeds nie dood nie - sy
graffie raak nou vol water:))
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:ad2e2u$ddh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> B. mooi - op 1 reel na 'n sonnet ..
> skryf in boodskap news:3CF41518.4090208@rogers.com...
>>
>> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
>> George Weideman
>>
>> dies my laaste sleepmiswinter
>> die voornagwindjie stoot snaardun
>> die ou blootsvoet se breivoetsole
>> verlang vanaand 'n toemaakding
>>
>> dies my laaste sleepmiswinter
>> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
>> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
>> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>>
>> dies my laaste sleepmiswinter
>> ek voel dit aan my opstaanseer:
>> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
>> is dit rus myn siel jou god is koning
>> en ek lê my hoof vir oulaas neer.
>>
>
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62888 is 'n antwoord op boodskap #62886] |
Wo., 29 Mei 2002 12:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> B. mooi - op 1 reel na 'n sonnet ..
Jy vergeet natuurlik dat 'n sonnet 'n bepaalde
rymskema móét hê om 'n sonnet genoem te word.
En dat dit altyd net veertien reëls het.
Maar dit is die talent van George Weideman dat
hy gedigte kan skryf wat vir mens laat voel dat
daar vorm in is, al maak hy nie gebruik van
roetine rymskemas nie. En in 'n stilistiese
analise van so 'n gedig kan mens argumenteer dat
die afwesigheid van rym in die res van die gedig
eintlik die effek van die twee ryme aan die einde
( opstaanseer/ neer ) vergroot.
Ek hou baie van George Weideman, te meer omdat
hy digter is van dié deel van Suid-Afrika waar ek
my die meeste tuis vind. Sy lang gedig "Pella is
'n Kruistog Ver" is vir my een van die beste moderne
Afrikaanse gedigte wat ek nog te siene gekry het.
Gloudina
>
>> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
>> George Weideman
>> dies my laaste sleepmiswinter
>> die voornagwindjie stoot snaardun
>> die ou blootsvoet se breivoetsole
>> verlang vanaand 'n toemaakding
>> dies my laaste sleepmiswinter
>> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
>> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
>> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>> dies my laaste sleepmiswinter
>> ek voel dit aan my opstaanseer:
>> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
>> is dit rus myn siel jou god is koning
>> en ek lê my hoof vir oulaas neer.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62901 is 'n antwoord op boodskap #62899] |
Do., 30 Mei 2002 06:07   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Miskien het hy net in sy doodsnikke bietjie vergeet om nog 'n reel iewers in
te sit voor daardie laaste reel:)
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:ad4bc2$pco$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Korrek - maar sê my dan hoekom die 14 reëls-reël?
>
> skryf in boodskap news:3CF4CE96.4030006@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> B. mooi - op 1 reel na 'n sonnet ..
>>
>>
>> Jy vergeet natuurlik dat 'n sonnet 'n bepaalde
>> rymskema móét hê om 'n sonnet genoem te word.
>> En dat dit altyd net veertien reëls het.
>> Maar dit is die talent van George Weideman dat
>> hy gedigte kan skryf wat vir mens laat voel dat
>> daar vorm in is, al maak hy nie gebruik van
>> roetine rymskemas nie. En in 'n stilistiese
>> analise van so 'n gedig kan mens argumenteer dat
>> die afwesigheid van rym in die res van die gedig
>> eintlik die effek van die twee ryme aan die einde
>> ( opstaanseer/ neer ) vergroot.
>> Ek hou baie van George Weideman, te meer omdat
>> hy digter is van dié deel van Suid-Afrika waar ek
>> my die meeste tuis vind. Sy lang gedig "Pella is
>> 'n Kruistog Ver" is vir my een van die beste moderne
>> Afrikaanse gedigte wat ek nog te siene gekry het.
>>
>> Gloudina
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>>
>>>> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
>>>> George Weideman
>>
>>>> dies my laaste sleepmiswinter
>>>> die voornagwindjie stoot snaardun
>>>> die ou blootsvoet se breivoetsole
>>>> verlang vanaand 'n toemaakding
>>
>>>> dies my laaste sleepmiswinter
>>>> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
>>>> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
>>>> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>>
>>>> dies my laaste sleepmiswinter
>>>> ek voel dit aan my opstaanseer:
>>>> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
>>>> is dit rus myn siel jou god is koning
>>>> en ek lê my hoof vir oulaas neer.
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62905 is 'n antwoord op boodskap #62904] |
Do., 30 Mei 2002 07:10   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is veel erger ondigterlik as dit:))
Annette
"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:ad4ib6$snl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jou woorde laat my dink aan die ou wat sê sy vrou is so ondigterlik - as sy
> trane in haar oë het, lê sy seker op 'n spyker.
>
> Koot
>
> "Annette" wrote in message
> news:ad2g9l$ttejg$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> :))))) Ek is hopeloos te prakties vir sulke goed:))
>> Sien in my geestesoog iemand wat met sy laaste krag hierdie gedig neerpen,
>> en met die laaste punt die laaste asem uitblaas;))
>>
>> Terloops - Die Apostel Profeet Watookal is nog steeds nie dood nie - sy
>> graffie raak nou vol water:))
>> Annette
>>
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:ad2e2u$ddh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> B. mooi - op 1 reel na 'n sonnet ..
>>> skryf in boodskap news:3CF41518.4090208@rogers.com...
>>>>
>>>> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
>>>> George Weideman
>>>>
>>>> dies my laaste sleepmiswinter
>>>> die voornagwindjie stoot snaardun
>>>> die ou blootsvoet se breivoetsole
>>>> verlang vanaand 'n toemaakding
>>>>
>>>> dies my laaste sleepmiswinter
>>>> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
>>>> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
>>>> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>>>>
>>>> dies my laaste sleepmiswinter
>>>> ek voel dit aan my opstaanseer:
>>>> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
>>>> is dit rus myn siel jou god is koning
>>>> en ek lê my hoof vir oulaas neer.
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62910 is 'n antwoord op boodskap #62907] |
Do., 30 Mei 2002 09:30   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))))) Ek is 'n dogtertjie - ek is nie die een wat spyker nie - wel die een
wat gespyker word :))
Annette
"Duiwels Advokaat" skryf in boodskap news:3cf5dbcf$0$18847@hades.is.co.za...
> Hoe so, spyker jy dat jou oë traan?
> Duiwel
>
> "Annette" wrote in message
> news:ad4jeu$ti1go$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek is veel erger ondigterlik as dit:))
> Annette
>
>
> "Koot Pieterse" wrote in message
> news:ad4ib6$snl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jou woorde laat my dink aan die ou wat sê sy vrou is so ondigterlik - as
> sy trane in haar oë het, lê sy seker op 'n spyker.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62914 is 'n antwoord op boodskap #62912] |
Do., 30 Mei 2002 13:00   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
So bly om te weet dogterlike dinge bring die emosie uit:))
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:ad55au$7b$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Annette - dis dogterlik genoeg vir my ...
> "Annette" wrote in message
> news:ad4rtk$ug2j1$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> :)))))) Ek is 'n dogtertjie - ek is nie die een wat spyker nie - wel die
> een
>> wat gespyker word :))
>> Annette
>>
>> "Duiwels Advokaat" wrote in message
>> news:3cf5dbcf$0$18847@hades.is.co.za...
>>> Hoe so, spyker jy dat jou oë traan?
>>> Duiwel
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:ad4jeu$ti1go$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ek is veel erger ondigterlik as dit:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Koot Pieterse" wrote in message
>>> news:ad4ib6$snl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Jou woorde laat my dink aan die ou wat sê sy vrou is so
ondigterlik -
> as
>>> sy trane in haar oë het, lê sy seker op 'n spyker.
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #62915 is 'n antwoord op boodskap #62899] |
Do., 30 Mei 2002 13:06   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Korrek - maar sê my dan hoekom die 14 reëls-reël?
Die sonnet-vorm se oorsprong kan gevind word
in dertien-eeuse Italië, waar dit beoefen was
deur Dante, Boccaccio en Petrarch. Dit het baie
spesifieke reëls wat rymskema betref, alhoewel
Shakespeare in sy tyd 'n ander rymskema begin
toepas het. Die lengte van die reëls wissel
in Engels, Frans en Italiaans, maar die algemene
idee is dat daar 'n oktet aan die begin is wat
'n algemene situasie beskryf, en dan 'n sestet
wat 'n soort van 'n toepassing is op die spesifieke
situasie. Aanvanklik het hierdie sonnette amper
uitsluitlik gegaan oor die liefde en die geliefde,
maar later het dit wyer omvang begin kry. Maar dit
het altyd 'n soort van 'n passie in.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|