| Aanddiens [boodskap #62381] |
So., 19 Mei 2002 19:08  |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
|
Senior Lid |
|
|
Goeie naand my liewe broeders en susters.
We are gawwerd here tonaait om yttie Groot Boek te lees... Moses 10 vers 10.
Maar ook net oorlat 'n donner die vorige bladsy gesteel het om 'n zol van te
draai.
En ons lees dour dat die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele het.
Nademaal die kraai haantjie die kraai hennetjie daar agter die hooimied op
'n bybelse vlak geleer ken het, het die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele.
Dit was 'n WITBORS kraai, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n
GROENVOET kraai nie. Dit wassie 'n PERSGAT kraai nie. Dit was 'n WITBORS
kraai. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
En dit was 'n KRAAI, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n BULLDOG
nie. Dit wassie 'n RENOSTER of 'n KROKODIL nie. Dit was 'n Witbors KRAAI.
Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
Sy het 'n WIT eiertjie gele, my liewe broeders en susters. Nie 'n ORANJE
eier nie, o nee. Dit was okkie 'n INDIGO of 'n GENTLE PEACH of 'n BINNEBOUD
BRUIN eiertjie wat onse kraai gele het nie. Maar 'n WITTE... spierwit. Die
Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
En dit was 'n EIERTJIE wat sy gele het. Sy't nie te probeer with-it wees
deur 'n KLAVIER te probeer le nie. Dit was okkie 'n AALWYN of 'n JOHN DEERE
TREKKER of 'n AAMBEELD nie, my liewe broeders en susters. NEE!!! Dit was 'n
ou klein wit EIERTJIE gewees. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
En sy't die eiertjie GELE, my liewe broeders en susters. Sy't hom nie
GESTAAN nie. Sy't hom nie GESIT of GEHURK of GEKNIEL nie. Ek se vir julle
nou, sy't hom GELE. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
So my liewe broeders en susters, kom ons sluit af deur hartlik saam te sing
aan Gesang 25: "Aai, aai die Witbors kraai, hiervandaan na Mosselbaai..."
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Aanddiens [boodskap #62398 is 'n antwoord op boodskap #62394] |
So., 19 Mei 2002 20:27   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Laat my dink aan die sendingkerk hier iewers in die Kaap -
Kleurlingpredikant ( hulle skree-praat mos so - gaan luister net na hulle
elke Saterdag op die Parade).
Dja!! Dit staan hier innie Bybel. Daar sal 'n geween wees en 'n gekners van
tande!!.
En djulle wat daar agter so haasbek sit en smaail, vir djulle sal daar
valstande ge-issue word.!!
Annette
"Q" skryf in boodskap news:JrTF8.70773$7R.77505@NewsReader...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:v7ufeugg97c03hcrjmv9qibk0h9oebaeg0@4ax.com...
>> "Q" wrote:
>>
>> So my broeder - gaan in vrede en syp lekker.
>> :-)
>>
>
> Moes net gou die volgende gaan soek:
>
>
>
> Aankondiger: Ek saai vanmore uit hier uit die ateljees van Radio Jakaranda.
> Ons loods vanmore 'n veldtog teen drankmisbruik. Drankmisbruik het ongekende
> afmetings in Suid Afrika aangeneem. Huwelikke is opgebreek, plase is
> uitgesuip, families het ten gronde gegaan...
>
> Ons het vanmore hier in die ateljee om te getuig wat drank in sy lewe gedoen
> het, vir Sopie van der Merwe van Brannewynvlei
>
> Sopie: More luisteraars. Drank het my oupa-grootjie twee ossewaens laat
> omgooi en twee plase gelaat uitdrink. En binne in sy graf.
>
> Luisteraars, drank het my oupa deur drie huwelikke en sewe kindertjies -
> enetjie is nou nog op universiteit. Hy's daar in 'n bottel. Hy't twee koppe.
> En in die graf, as gevolg van drank.
>
> My eie vader het my ontval op sewe jarige ouderdom as gevolg van drank.
>
> Maar vir my sal hy nie wen nie, sy moer...
>
>
>
>
> Oorspronklik vertel deur Koos Meyer en oorvertel deur Tolla van der Merwe
>
|
|
|
|
| Drank [boodskap #62409 is 'n antwoord op boodskap #62394] |
Ma., 20 Mei 2002 00:23  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Q"
Luisteraars, drank het my oupa deur drie huwelike en sewe kindertjies -
Wouter
Smaak my drank en poef het sy lewe verwoef?
|
|
|
|