| Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61416] |
Do., 02 Mei 2002 17:13  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
vliegtuig by JhbInt bestyg.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61462 is 'n antwoord op boodskap #61460] |
Vr., 03 Mei 2002 07:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Dis omdat julle Belge so vreeslik baklei dat hulle so baie plek moet
afstaan vir al die kerke daar:))
Ek kan my net indink aan 'n toneeltjie op JhbInt - Jood en Muslem albei daar
in die kapelletjie saam wat bid dat die ander een se vliegtuig moet val:))
Annette
Hilda skryf in boodskap news:ZMqA8.55962$Ze.8455@afrodite.telenet-ops.be...
> :-)))) Dit sal in Brussels International ook so wees, want dáár is 'n kapel
> vir Katolieke, een vir Protestante, 'n tempeltjie vir Jode en 'n Moskee'tjie
> vir Islamiete :-))).
> Hilda.
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:aartlc$dai88$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
>> kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
>> Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
>> passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
>> vliegtuig by JhbInt bestyg.
>>
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61478 is 'n antwoord op boodskap #61476] |
Vr., 03 Mei 2002 09:52   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek val ook in daardie kategorie Hilda - wat nie nodig het om lughawe toe
moet gaan om te gaan bid nie;)))
Wat ek nie kan verstaan nie - waar op aarde kry hulle nog die tyd om die
kapelletjie ook nog by te bring?
Ek moet gewoonlik van hoek tot kant by 'n lughawe rondhardloop om net betyds
te wees om die vliegtuig te haal!.
Annette
Hilda skryf in boodskap news:YQsA8.56341$Ze.8566@afrodite.telenet-ops.be...
> Is dit nie snaaks dat dit is mense wat glo hulle het nog 'n lewe na hierdie
> een, wat "gebedsplekke" benodig in 'n lughawe nie ? Ongelowiges (soos ek
> :-) ) het blykbaar nie 'n aanmoediging nodig om op 'n vliegtuig te klim nie
> :-). Ons bid dan natuurlik ook nie dat 'n ander een se vliegtuig sal val nie
> :-).
> Hilda.
> "Annette" schreef in bericht
> news:aatfnq$dqtog$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> :))) Dis omdat julle Belge so vreeslik baklei dat hulle so baie plek moet
>> afstaan vir al die kerke daar:))
>> Ek kan my net indink aan 'n toneeltjie op JhbInt - Jood en Muslem albei
> daar
>> in die kapelletjie saam wat bid dat die ander een se vliegtuig moet val:))
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61495 is 'n antwoord op boodskap #61476] |
Vr., 03 Mei 2002 14:37   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> Is dit nie snaaks dat dit is mense wat glo hulle het nog 'n lewe na hierdie
> een, wat "gebedsplekke" benodig in 'n lughawe nie ? Ongelowiges (soos ek
> :-) ) het blykbaar nie 'n aanmoediging nodig om op 'n vliegtuig te klim nie
Ek dink ek moet effentjies beswaar maak teen
die neiging op hierdie draad om neerbuigend
neer te kyk op die teenwoordigheid van kapelle
in lughawens. Ek dink dis 'n baie goeie idee.
Dis dieselfde prinsipe wat al meer en meer in
hospitale gevolg word, waar daar so 'n kamer
afgesonder word vir mense wat stil wil wees,
of wat hulle godsdienstige oefeninge ongestoord
wil doen.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61596 is 'n antwoord op boodskap #61594] |
Ma., 06 Mei 2002 13:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja hulle het vertel van die kapel wat nou daar ingerig is, maar soos ek
geskryf het, daar was nuwe planne vir 'n nuwe gebou opgetrek, en die kapel
was nie ingereken nie. Nou gaan dit wees.
Die navorsing wat gedoen was, was heel waarskynlik agv die huidige kapel se
besoeke.
Sal jy weet hoe druk die huidige een besoek word?
Is daar een spesifieke lugredery wie se passasiers dit meer besoek as die
ander?
Annette
"Johnnie" skryf in boodskap news:c97aae43.0205060522.58cd2ea@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
>> kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
>> Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
>> passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
>> vliegtuig by JhbInt bestyg.
>>
>> Annette
>
> Ek weet nie so mooi van "daar gaan nou 'n kapel wees" nie.
>
> Daar is al 'n hele ruk 'n kapel daar in die lughawe. In terminaal 5
> [dink ek] maw die binnelandse aankomstegebou vir die SAL vlugte. Op
> die tussenvlak, net langsaan die lughawe se konferensiesentrum. Die
> laaste 2 jaar wat ek die konferensiesentum besoek was die kapel al
> daar.
>
> Johnnie
|
|
|
|
| Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61598 is 'n antwoord op boodskap #61594] |
Ma., 06 Mei 2002 13:53  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
|
Senior Lid |
|
|
Ja Johnnie dis korrek. Bestaan al lankal. Presies waar dit is kan ek nie
voor pa staan nie - dit was tydelik gehuisves heel bo waar die ou uitkyk
area was - so paar jaar gelede.
HK
"Johnnie"