Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaanse canon
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58546 is 'n antwoord op boodskap #58536] |
Di., 12 Maart 2002 21:54   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3c8e6170.0@news1.mweb.co.za...
> "Arthur Hagen" wrote in message
> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>> "Sakkie" schreef...
>>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
>>
>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>
>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>
>
> Ek stem saam.
>
> Wat die mite betref, is dit 'n redelike onlangse verskynsel en het, glo ek,
> sy oorsprong in 'n kombinasie van (1) die algehele verstoting, veral sedert
> die 1980's, deur Nederlanders van alles wat selfs net na Afrikaans ruik, en
> (2) die ontstaan om en by daardie tyd in België van die Vlaams Blok en sy
> ver-regse politiek.
>
> Wat die 'Suid-Nederlands' betref, het ons almal op skool geleer dat Jan van
> Riebeeck van Culemborg gekom het. En waar is Culemborg - in Vlaandere?
> Naby Vlaandere? In 'Suid-Nederland' dan?
>
> Swart Simon
Nee, Culemborg lê in midden Nederland, Seker so 150 km, van Vlaandere.
Gr.Rico
>
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58550 is 'n antwoord op boodskap #58525] |
Wo., 13 Maart 2002 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Peter van der Weerd (x in email must be m) wrote:
> Ik krijg de indruk dat het hier toch om klanken gaat of dat het misschien
> fonetisch geschreven staat.
Ja, jy kan amper seker wees dat iemand
dit foneties vir julle neergeskryf het,
en dan ook nog die lettergrepe opgebreek
het, sodat wat één woord in die oorspronklike
taal is, lyk soos twee of drie lettergrepe.
Ek stel voor jy bel 'n wes-afrikaanse
ambassade en lees die stuk aan hulle, en
sien wat hulle sê. Dit klink nie vir my na
een van die sewe Afrika-tale wat in SA gebruik
word nie.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58554 is 'n antwoord op boodskap #58525] |
Wo., 13 Maart 2002 04:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Peter, ja, ons ken ook 'n kanon as 'n herhalingslied wat met beurtsang
gedoen word.
Vader Jakob is die bekendste een.
The Click Song is nie 'n kanon nie.
Die liedere in die ander Afrika tale hier is wel herhalend van aard, maar
word selde in die kanon-formaat gesing.
Annette
m) skryf in boodskap news:a6lcem$5re$1@news1.xs4all.nl...
> Graag wil ik jullie allemaal hartelijk danken voor de reacties op mijn
> vraag.
> Een aantal dingen zijn blijkbaar niet helemaal duidelijk.
> Een canon is bij ons een lied van een aantal regels, die herhaaldelijk
> gezongen worden door een aantal personen door elkaar.
> Verder wilde ik niemand beledigen met mijn uitspraken. Voor mij is het
> gewoon een zoektocht naar iets waarvan ik niet veel weet. Met afrikaanse
> taal bedoel ik inderdaad één van de talen in Afrika. Ik had niet verwacht
> dat dit zo veel reacties op zou leveren.
> Het Xhosa wat geopperd werd als mogelijkheid lijkt het niet te zijn. De
> vertaalprogramma's op internet komen er niet ver mee.
> Ik krijg de indruk dat het hier toch om klanken gaat of dat het misschien
> fonetisch geschreven staat.
>
>
> "Peter van der Weerd (x in email must be m)" schreef in
> bericht news:a65gva$7h3$1@news1.xs4all.nl...
>> Met ons koor zingen wij een afrikaanse canon met de volgende tekst:
>> E-lah pakwama
>>
>> walache wagwanahe
>> a kinana gwanahe
>>
>> mba mawa elah
>> de danaledeh
>>
>> mba mawa ungaeh
>> gwanahe pakwamaeh
>>
>> We vragen ons af of dit alleen maar klanken zijn of dat het ook nog iets
>> betekent.
>> Wie kan ons helpen aan een eventuele vertaling
>>
>> mete vriendelijke groet, Karin
>>
>
|
|
|
|
| Re: afrikaanse kanon skietekat [boodskap #58555 is 'n antwoord op boodskap #58531] |
Wo., 13 Maart 2002 04:34   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Arthur, jy slaan die spyker nou net daar op die kop - die feit dat sekere
woorde ooreenstem maak nie van een taal die worteltaal van 'n ander nie.
Dit is regtig vir ons hier baie makliker om die Vlaamse taal te verstaan as
die die Hollanders.
Ek is glad nie taalkundig aangelê nie, en het nog nooit 'n behoefte gehad om
op 'n Nederlandse groep deel te neem nie - nie omdat ek hulle vyandiggesind
is nie, bloot omdat ek nie wil nie.
Ek hoef ook hier nie my naam gat te maak deur te probeer om 'n powere poging
aan te wend om "Hollands" te probeer praat nie.
Dus, jy mag dit miskien dink, maar die meeste van ons voel nie vyandig
teenoor Nederlanders nie - behalwe as hulle domastrant optree;)))
Dit is ook nie 'n politieke ding, of 'n anti- Europese gevoel, of wat jy ook
al aan die kwessie wil hang nie.
Ons weet , of jy dit nou kan begryp of nie , dat Afrikaans ons taal is wat
ons hier in Suid Afrika praat - dat die verskillende tale van Afrika
Afrika-tale is - Dit is nie ons skuld dat die Nederlanders so verkeerd
aat - en dan 'n politieke vinger te wys na ons nie;)))
Annette
.com> skryf in boodskap news:a6lgci$vln$1@news.kabelfoon.nl...
> "Swart Simon" schreef...
>> "Arthur Hagen" wrote...
>>> "Tobie" schreef...
>>>> die woord 'pondok' kom ook uit Maleisië
>>
>>>> huis, paleis, pondok, varkhok !
>>>
>>> Ek het dit geweet, maar ek moet toegee ek vermoed baie mense in die lae
>>> lande sal dit nie (meer) weet nie. Die woord 'pondok' staan oorigens ook
>>> gewoon in my Nederlandse woordeboek.
>>
>> En ditto: 'kampong'.
>>
>> Maar ek wed jou julle het nie 'piering' in julle woordeboeke nie.
>
> Nee, geen piering nie.
>
> Oorigens dink ek nie die gebruik van vreemde woorde beteken jou taal het
> 'vreemde wortels' nie. Dit wys net dat daar kontakte gewees is tusse groepe
> mense of tusse lande. Waar my oupa 50 jaar geleë sy vakansiehuisie 'Pondok'
> genoem sou het, sou ek mynes nou 'Datsja' kan noem en miskien noem ek dit
> oor 50 jaar my 'retraite'. Dit beteken nie my taal het Russiese of Franse
> wortels nie...
>
> Arthur
>
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58563 is 'n antwoord op boodskap #58524] |
Wo., 13 Maart 2002 05:43   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Sakkie" schreef...
> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor
dit sal gebeur.
Arthur
Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
Wouter
My beperkte ondervinding is beslis dat die gemiddelde Vlaming meer
verstaanbaar is as die gemiddelde Nederlander. Ek het al verskeie
Nederlanders (veral ouer mense) ontmoet met wie ek nie kon
kommunikeer nie, dit het nog nie met Vlaminge gebeur nie.
Jy moet ook verstaan dat ons in SA grootgeword het met Holland en
nie Nederland nie. Vir baie mense is Holland en Nederland vandag
nog sinonieme, al is dit nie reg nie. En die mense uit Suid-Nederland
waarna ek verwys het, was van die Brabant. Ek weet dis in die
suide van Nederland, maar wat Suid-Holland alles insluit, dit weet ek nie.
Wat jy 'n simptoom noem, is bloot 'n historiese onakkuraatheid.
En jou opmerking is simptomaties van wat ons as Nederlandse
wysneusige beterweterigheid ervaar, 'n belangrike rede hoekom
Suid-Afrikaners nie graag met Nederland assosieer nie. Ons
het oor baie jare net te veel daarvaan beleef. Ja, dis 'n
veralgemening, maar daardie persepsie is baie sterk. Ons het
baie minder probleme met julle historiese siening oor
apartheid as die manier waarop dit aan ons oorgedra is.
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58566 is 'n antwoord op boodskap #58564] |
Wo., 13 Maart 2002 06:04   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mens kan sien jy het die sangklasse gebank en was nie in Die Voortrekkers
nie Wouter;)))
Annette
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c8eea24.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> ....een van die menige betekenisse van "canon" in
> Engels: "A Composition in which the same
> melody is repeated by one or more voices,
> overlapping in time in the same or related
> key." Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
> 'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
> weet daar is 'n ander woord daarvoor in
> Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
> nie. Kan jy dit onthou?
>
> Wouter
> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
> sangterme is nie my forté nie.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58576 is 'n antwoord op boodskap #58524] |
Wo., 13 Maart 2002 09:51   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
> "Sakkie" schreef...
>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
> gebeur.
>
> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>
> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>
> Arthur
Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
"in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
stel.
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58580 is 'n antwoord op boodskap #58564] |
Wo., 13 Maart 2002 12:45   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
> 'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
> weet daar is 'n ander woord daarvoor in
> Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
> nie. Kan jy dit onthou?
>
> Wouter
> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
> sangterme is nie my fortè nie.
Ek sien Annette noem dit 'n
"beurtsang." Ek voel dat ons
dit iets anders genoem het.
Wonder wat 'n "rondel" is.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58582 is 'n antwoord op boodskap #58568] |
Wo., 13 Maart 2002 12:52   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ons het elf amptelike tale in Suid Afrika, Gloudina
> Tien van hulle is Afrika-tale, nege van hulle is inheemse tale.
Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
En van die nege, is almal Afrika-tale?
Ek het gedog twee is van die Indiese
subkontinent? Gee ons weer die elf
amptelike tale, Wouter.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58585 is 'n antwoord op boodskap #58577] |
Wo., 13 Maart 2002 13:29   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jammer dat so 'n duur skool so 'n swak sangonderwyser gehad het;))))
Annette
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c8f331c.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>> sangterme is nie my forté nie.
>
> Annette
> Mens kan sien jy het die sangklasse gebank en was nie
> in Die Voortrekkers nie Wouter;)))
>
> Wouter
> Verkeerd op albei gevolgtrekkings, Annette
> Maar die kanon waarmee die Voortrekkers geskiet
> het, het effens anders gebulder. En in die koor het
> jy op jou hel gekry as jy kanonskote los :-)
>
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58587 is 'n antwoord op boodskap #58580] |
Wo., 13 Maart 2002 13:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons het dit altyd op skool 'n kanon genoem.
Annette
skryf in boodskap news:3C8F4A29.8040403@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
>> 'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
>> weet daar is 'n ander woord daarvoor in
>> Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
>> nie. Kan jy dit onthou?
>>
>> Wouter
>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>> sangterme is nie my forté nie.
>
>
> Ek sien Annette noem dit 'n
> "beurtsang." Ek voel dat ons
> dit iets anders genoem het.
> Wonder wat 'n "rondel" is.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58595 is 'n antwoord op boodskap #58576] |
Wo., 13 Maart 2002 16:32   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
Ons is nie almal dieselfde en dink nie almal dieselfde nie, ek kan ook teen
jou nie sê jy en Gloudina en DD en Wouter en Annette en meer is almal
dieselfde mense, soos 'n kloon.
Ek het nou gister Johannes Kerkorrel sy cd gekry en hy sing 'n liedjie in
Nederlands, geskryf deur 'n Vlaming, maar as hy dit sing lyk dit baie op
Afrikaans, julle spreek bv die "i" heeltemal anders uit.
Maar dis Nederlands met 'n Afrikaanse aksent, nou en, dis goed ons werk
saam!! Boondien die cd is pragtig.
Annette het laas nog gesê sy verstaan Stef Bos goed, maar dis nie 'n Vlaming
nie, dis heeltemal 'n kaaskop.
As jy wil dink Afrikaans is 'n Asie-taal of 'n Afrika-taal is dit jou reg,
ek het in die begin van hierdie diskussie gewoon vertel in Nederland noem
ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans, dit het toen 'n hoop verduidlik.
Maar nou gaan jy my vertel, ons kan beter wegbly hier, omdat Afrikaners nie
van ons hou nie.
Ek vra my af wie stem saam met jou.
Dan nog 1 saak, jy sê julle kan nie vergewe, ek is jammer vir julle, veral
omdat ek op hierdie NG hoor, julle is so 'n volk met 's sterk glo. Wel bid
maar goed die Onse Vader, meskien kan jy dan leer :-))
Vergewe is nie dieselfde as vergeet nie!!!
Gr.Rico
"Sakkie" skryf in boodskap news:3c8f2249$0$227@hades.is.co.za...
>
> "Arthur Hagen" wrote in message
> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>> "Sakkie" schreef...
>>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
>> gebeur.
>>
>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>
>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>>
>> Arthur
>
> Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
> so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
> Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
> is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
> nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
> dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
> geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
> wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
> 'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
> ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
> toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
> vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
> haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
> it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
> "in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
> geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
> het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
> onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
> aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
>
> Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
> soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
> beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
> verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
> wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
> aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
> en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
> enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
> is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
> Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
> soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
> hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
> rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
> tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
>
> Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
> stel.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58621 is 'n antwoord op boodskap #58595] |
Do., 14 Maart 2002 06:52   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Rico, ek is seker Sakkie het nie bedoel om enige een van julle hier weg te
jaag nie.
Hy het net iets geskryf ter beskrywing.
As hy jou of enige Hollander wou wegjaag, sou hy dit in sy opskrif gesit het
om seker te maak julle sien dit:)))
Julle moet maar vra as daar Afrikaans is wat julle nie verstaan nie;))
Annette
Rico skryf in boodskap news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
> Ons is nie almal dieselfde en dink nie almal dieselfde nie, ek kan ook teen
> jou nie sê jy en Gloudina en DD en Wouter en Annette en meer is almal
> dieselfde mense, soos 'n kloon.
> Ek het nou gister Johannes Kerkorrel sy cd gekry en hy sing 'n liedjie in
> Nederlands, geskryf deur 'n Vlaming, maar as hy dit sing lyk dit baie op
> Afrikaans, julle spreek bv die "i" heeltemal anders uit.
> Maar dis Nederlands met 'n Afrikaanse aksent, nou en, dis goed ons werk
> saam!! Boondien die cd is pragtig.
> Annette het laas nog gesê sy verstaan Stef Bos goed, maar dis nie 'n Vlaming
> nie, dis heeltemal 'n kaaskop.
>
> As jy wil dink Afrikaans is 'n Asie-taal of 'n Afrika-taal is dit jou reg,
> ek het in die begin van hierdie diskussie gewoon vertel in Nederland noem
> ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans, dit het toen 'n hoop verduidlik.
>
> Maar nou gaan jy my vertel, ons kan beter wegbly hier, omdat Afrikaners nie
> van ons hou nie.
> Ek vra my af wie stem saam met jou.
>
> Dan nog 1 saak, jy sê julle kan nie vergewe, ek is jammer vir julle, veral
> omdat ek op hierdie NG hoor, julle is so 'n volk met 's sterk glo. Wel bid
> maar goed die Onse Vader, meskien kan jy dan leer :-))
> Vergewe is nie dieselfde as vergeet nie!!!
>
> Gr.Rico
>
> "Sakkie" schreef in bericht
> news:3c8f2249$0$227@hades.is.co.za...
>>
>> "Arthur Hagen" wrote in message
>> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>>> "Sakkie" schreef...
>>>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
>>>
>>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>>
>>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>>>
>>> Arthur
>>
>> Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
>> so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
>> Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
>> is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
>> nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
>> dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
>> geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
>> wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
>> 'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
>> ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
>> toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
>> vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
>> haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
>> it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
>> "in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
>> geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
>> het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
>> onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
>> aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
>>
>> Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
>> soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
>> beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
>> verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
>> wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
>> aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
>> en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
>> enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
>> is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
>> Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
>> soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
>> hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
>> rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
>> tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
>>
>> Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
>> stel.
>>
>
|
|
|
|
| Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58624 is 'n antwoord op boodskap #58582] |
Do., 14 Maart 2002 07:27   |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
>
> Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
> En van die nege, is almal Afrika-tale?
> Ek het gedog twee is van die Indiese
> subkontinent? Gee ons weer die elf
> amptelike tale, Wouter.
>
> Gloudina
Weereens berig ek oor iets waaroor ek nie honderd persent seker is
nie, maar ek het dit met 'n kollega bespreek en ons is redelik seker
die SA tale is die volgende:
Nguni tale; isiXhosa, isiZulu, Swazi, Tsonga, Ndebele (ek weet nie of
laasgenoemde drie ook die "isi" voorvoegsel het nie)
Sotho tale; Sesotho, Sepedi, Setswana (ook genoem Suid, Noord en Wes
Sotho)
Onverwante tale; Venda, Engels en Afrikaans
Ek stem saam met Wouter hieronder dat Afrikaans 'n Afrika-taal is. Dit
word tog nêrens elders gepraat nie.
Groete
Drom, die nie-taalkundige
|
|
|
|
| Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58625 is 'n antwoord op boodskap #58624] |
Do., 14 Maart 2002 07:45   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit lyk vir my reg Drom - ek het net gehoor dat Sotho en Suid-Sotho twee
verskillende tale is.
Noudat die Boesmans so tekere gegaan het oor hulle uitstalling in die
Museum, wonder ek nou hoekom die Boesmans se taal nie ook as een van ons
inheemse tale erken word nie - dit is dan op die landswapen.
Annette
Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203132327.36402b76@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>>
>>
>> Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
>> En van die nege, is almal Afrika-tale?
>> Ek het gedog twee is van die Indiese
>> subkontinent? Gee ons weer die elf
>> amptelike tale, Wouter.
>>
>> Gloudina
>
> Weereens berig ek oor iets waaroor ek nie honderd persent seker is
> nie, maar ek het dit met 'n kollega bespreek en ons is redelik seker
> die SA tale is die volgende:
>
> Nguni tale; isiXhosa, isiZulu, Swazi, Tsonga, Ndebele (ek weet nie of
> laasgenoemde drie ook die "isi" voorvoegsel het nie)
>
> Sotho tale; Sesotho, Sepedi, Setswana (ook genoem Suid, Noord en Wes
> Sotho)
>
> Onverwante tale; Venda, Engels en Afrikaans
>
> Ek stem saam met Wouter hieronder dat Afrikaans 'n Afrika-taal is. Dit
> word tog nêrens elders gepraat nie.
>
> Groete
> Drom, die nie-taalkundige
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58648 is 'n antwoord op boodskap #58643] |
Do., 14 Maart 2002 14:39   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kekkelbek wrote:
> en hulle nooit Vader Jakob geleer het nie.
>> Wouter Plaasvark
>>>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>>>> sangterme is nie my fortè nie.
Ek sien in die FAK Volksangbundel dat
hulle "Vader Jakob" ook 'n "Kanon"
noem. Ek, net soos Wouter, het nie geweet
hierdie woord word in Afrikaans gebruik
nie. Ek dink ons onderwysers moes dit
iets anders genoem het. Heelwaarskynlik
"beurtsang."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58669 is 'n antwoord op boodskap #58616] |
Do., 14 Maart 2002 19:25   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Sakkie" skryf in boodskap news:3c903be0$0$236@hades.is.co.za...
>
> "Rico" wrote in message
> news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
>> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
> [knip]
>
> Hallo Rico,
> Ek vra weer om verskoning as ek op 'n paar tone getrap het Rico. My
> stelling dat ons nie van Nederlanders hou nie was aspris kras en oordrewe,
> en ek het dit so gestel om die punt duidelik te maak. Ons nasie het
> geweldig baie Nederlandse bloed in ons, maar dit is net soos die Australiane
> en Amerikaners baie Engelse bloed in hulle het. Net soos dit hulle nie
> Engels maak nie, is ons ook nie Hollanders nie, en dit is die punt wat ek
> probeer maak. Magtag, my vader se bloedlyn kom uit Frankryk en my moeder
> uit Duitsland en dan vertel almal my ek is 'n Hollander?
ek sê niet jy is 'n Nederlander nie, maar net soos Arthur sê, julle taal is
ontstaan uit Hollands en daar is baie invloede ingekom, soos ons taal
invloede het van Engels en Frans.
Dankie jy hou nou net 'n bietjie van my :-)))
Gr.Rico
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: afrikaanse canon [boodskap #58706 is 'n antwoord op boodskap #58621] |
Vr., 15 Maart 2002 08:55   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
Haai Annettjie, jy hoef nie vir my op te kom nie, maar dankie in elk geval.
Ek voel sommer weer of ek hier hoort ;-))) Ek het net gevoel ek moes ons
Europese maatjies bietjie reghelp aangaande 'n paar
misverstande/miskonsepsies.
"Annette" skryf in boodskap news:a6pi1a$ftlfn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Rico, ek is seker Sakkie het nie bedoel om enige een van julle hier weg te
> jaag nie.
> Hy het net iets geskryf ter beskrywing.
> As hy jou of enige Hollander wou wegjaag, sou hy dit in sy opskrif gesit het
> om seker te maak julle sien dit:)))
>
> Julle moet maar vra as daar Afrikaans is wat julle nie verstaan nie;))
> Annette
>
>
> Rico wrote in message
> news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
>> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
>> Ons is nie almal dieselfde en dink nie almal dieselfde nie, ek kan ook teen
>> jou nie sê jy en Gloudina en DD en Wouter en Annette en meer is almal
>> dieselfde mense, soos 'n kloon.
>> Ek het nou gister Johannes Kerkorrel sy cd gekry en hy sing 'n liedjie in
>> Nederlands, geskryf deur 'n Vlaming, maar as hy dit sing lyk dit baie op
>> Afrikaans, julle spreek bv die "i" heeltemal anders uit.
>> Maar dis Nederlands met 'n Afrikaanse aksent, nou en, dis goed ons werk
>> saam!! Boondien die cd is pragtig.
>> Annette het laas nog gesê sy verstaan Stef Bos goed, maar dis nie 'n Vlaming
>> nie, dis heeltemal 'n kaaskop.
>>
>> As jy wil dink Afrikaans is 'n Asie-taal of 'n Afrika-taal is dit jou reg,
>> ek het in die begin van hierdie diskussie gewoon vertel in Nederland noem
>> ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans, dit het toen 'n hoop verduidlik.
>>
>> Maar nou gaan jy my vertel, ons kan beter wegbly hier, omdat Afrikaners nie
>> van ons hou nie.
>> Ek vra my af wie stem saam met jou.
>>
>> Dan nog 1 saak, jy sê julle kan nie vergewe, ek is jammer vir julle, veral
>> omdat ek op hierdie NG hoor, julle is so 'n volk met 's sterk glo. Wel bid
>> maar goed die Onse Vader, meskien kan jy dan leer :-))
>> Vergewe is nie dieselfde as vergeet nie!!!
>>
>> Gr.Rico
>>
>> "Sakkie" schreef in bericht
>> news:3c8f2249$0$227@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Arthur Hagen" wrote in message
>>> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>>>> "Sakkie" schreef...
>>>> > Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
>>>>
>>>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>>>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>>>
>>>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>>>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>>>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>>>>
>>>> Arthur
>>>
>>> Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
>>> so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
>>> Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
>>> is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
>>> nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
>>> dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
>>> geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
>>> wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
>>> 'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
>>> ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
>>> toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
>>> vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
>>> haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
>>> it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
>>> "in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
>>> geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
>>> het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
>>> onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
>>> aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
>>>
>>> Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
>>> soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
>>> beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
>>> verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
>>> wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
>>> aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
>>> en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
>>> enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
>>> is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
>>> Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
>>> soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
>>> hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
>>> rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
>>> tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
>>>
>>> Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
>>> stel.
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Bladsye (5): [ 4 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 21:25:31 UTC 2026
|