| Taxi avontuur [boodskap #57345] |
Wo., 13 Februarie 2002 03:37  |
Piet Pompie
Boodskappe: 13 Geregistreer: November 2000
|
Junior Lid |
|
|
Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
redelik
dig maar het vinnig beweeg.
Naby die Marlboro afrit het 'n taxi in die middelbaan vinnig probeer
oorskuif na die regterbaan sonder om rigtingwysers te gebruik. Daar was nie
plek vir nog 'n voertuig nie en toe ek nie stadiger ry nie, moes hy
noodgedwonge agter my inval. Die middel en die regterbaan het om die beurt
vinniger en stadiger gery en die taxi het bane gewissel om vinniger te
probeer vorder. Op 'n stadium het hy toe weer voor my probeer inskuif maar
daar was steeds nie vir hom plek nie en hy moes weer agter inval.
Ek het aan gery tot by die Grayston afrit toe ewe skielik drie taxis my
genader
het. Een het in die geelstreep aan my regterkant verby gekom, een was in die
middelbaan en een het in die heel linkerbaan verbygekom en voor my inbeweeg.
Die twee taxis aan die kante het ingeswaai maar ek het my spoed gehou en
hulle moes weer uitswaai. In die beweging het die taxi in die middelbaan my
linker spieëltjie afgery waarna dit los gehang het aan die kant. Die drie
taxis het toe spoed verminder totdat ons tot stilstand gekom het. Dit was
net na die Grayston afrit.
Die taxi bestuurder aan linkerkant het uitgeleun by die venster en die
spieëltjie wat los hang afgeruk en op die pad gegooi. Ek het 'n afstand
oopgehou tussen my en die voorste taxi sodat ek kan uitkom as dit gevaarlik
raak. Baie prominent op die voorste taxi se agterruit was 'n Johannesburg
taxivereniging plakker. Die passasiers op die agterse sitplek was net een ry
glimlagte. Na 'n paar sekondes het die verkeer begin ophoop en
het die voorste taxi weer begin ry. Ek het vir my vrou gesê om almal se
registrasie nommers af te neem. Sy het dit op die selfoon gestoor.
Die beige taxi (JZC861 GP) in die middelbaan het langs my gebly en die
bestuurder
het begin skree. Ek het na links gekyk en 'n enkel swart man met 'n
vertrekte gesig in 'n
beige minibussie gesien. Die bussie het 'n stamp regs agter met 'n stukkende
lig.
Eintlik was hy nie heeltemal swart nie, maar 'n bietjie gelerig.
Ek het nie een keer tydens die hele episode enige handgebare gebruik of
enige iets gesê behalwe my vrou of enigsins 'n agressiewe uitdrukking op my
gesig gehad nie.
Trouens, my vrou het my gekritiseer omdat ek deurgaans 'n eentonige deuntjie
gefluit het. Ek het ook geen tekens gesien van dodelike geweld nie en het
nooit
gevoel enige van ons lewens word bedreig nie.
Die voorste taxi (JRD 738 GP) en die taxi in die geelstreep (KXY 204 GP)
was vol passasiers en het weer normaal aangery (ek het tred van hulle
verloor)
maar die bestuurder van die beige taxi in die middelbaan het 'n swaar metaal
voorwerp gebruik en op hoë spoed uitgeleun en die passasierskant se ruit
probeer uitslaan.
My vrou het die ruit effens afgedraai en paniekbevange haar handsak teen die
ruit gedruk. 'n Rukkie daarna het hy die voorwerp teen die ruit gegooi
waarna
dit gebreek het en die metaal voorwerp op die pad geval het. My vrou het
ligte
snywonde opgedoen van die glas wat oral gespat het.
Hierna het die taxi herhaaldelik my probeer intimideer deur vinnig van die
kant af
in te swaai. Ek het hom geensins toegelaat om tussen my en die voertuig voor
my in te kom nie en het presies in die middel van die regterbaan gebly. Na
die eerste
slag by Grayston het het hy nie weer kontak gemaak nie.
Daar is beige verf afgesmeer aan die linker voorkant van die bakkie en daar
is 'n klop geluid
wanneer ek skerp regs draai. Behalwe die stukkende ruit en die spieëltjie is
die bakkie
nog heeltemal padwaardig. Daar is ook geen opsigtelike duike aan die
linkerkant nie.
Die beige taxi bestuurder het uiteindelik die Harrow afrit geneem, kort
voordat my vrou
telefonies kontak gemaak het met die polisie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi avontuur [boodskap #57453 is 'n antwoord op boodskap #57449] |
Do., 14 Februarie 2002 13:53   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Max - stuur asb vir my Piet se oorspronklike berig - ek het dit nie
gekry/.gesien nie.
Wie kuier in die regterbaan?
Dis mos die manne se jaagplek:)))
Annette
Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
> die kar het...
>
> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>
> _______________________________________________________
> "Piet Pompie"
>> Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
>> op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
>> redelik
>> dig maar het vinnig beweeg.
>
> ens...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi avontuur [boodskap #57569 is 'n antwoord op boodskap #57546] |
Sa., 16 Februarie 2002 04:52   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel Lou, noudat jy van verdwaald en rondvoeter praat:))
Ek maak my ritte gewoonlik so aangenaam as moontlik.
Ek het dus hierdie weddenskap speletjie met Ian - sodra ek 'n motor sien wat
ry asof hy dink die hoofweg 'n koeksister is - jy weet - linkerbaan - oor
middelbaan na regterbaan , oor middelbaan na linkerbaan en so aan - en dit
is nogal opsigtelik agv van die gereelde gebruik van die briekliggies - dan
wed ek dat 1)
vir R10 dis 'n motor met 'n GP registrasienommer en 2) vir R5 dat die
bestuurder 'n man is.
Dit gebeur nou natuurlik terwyl ek rustig in die middelbaan voorploeter:))
Selde gebeur dit dat ons nie uiteindelik bietjie verderaan die koeksisterkar
inhaal nie - en ek gaan eet nog elke week lekker uit op my weddenskapgeld
vir die week wat ek gewen het;)
Annette
Lou skryf in boodskap news:3C6D10A9.4844D6C2@lous.zzn.com...
> Ek ry gereeld deur die dag die N1 - sommige plekke het die N1 van Jhb na
> Pretoria 4 bane - nou raai hoe lyk dit meeste van die tyd - regter baan
> - bumper teen bumper 110 km/h, middel baan so 50 meter tussen voertuie -
> 80 km/h en regter baan - so 500 meter tussen voertuie 60 km/h. Waar daar
> 'n vierde baan is - is die heel linkerkanste een gewoonlik leeg. Die
> hoof probleem is myns insiens die idiote wat op 'n drie baan hoofweg
> klim en onmiddelik middel baan toe beweeg - maak nie saak hoe vinnig
> hulle ry nie.
>
> Dan kry jy natuurlik nog so nou en dan 'n verdwaalde kapenaar wat in die
> verkeer rondvoeter ...
>
> Annette wrote:
>>
>> Max - stuur asb vir my Piet se oorspronklike berig - ek het dit nie
>> gekry/.gesien nie.
>>
>> Wie kuier in die regterbaan?
>> Dis mos die manne se jaagplek:)))
>> Annette
>>
>> Max wrote in message
>> news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
>>> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
>>> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
>>> die kar het...
>>>
>>> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>>>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi avontuur [boodskap #57598 is 'n antwoord op boodskap #57588] |
Sa., 16 Februarie 2002 18:59   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> uh uh Davie, hier is twee moontlike sake. Krimineel, as die staat besluit
> om te vervolg en siviel om skade te verhaal. Jy is reg dat die klaer nie
> die eerste saak kan terugtrek nie. Maar die siviele saak kan wel laat
> vaar word en volgens Lou se beskrywing is dit heel waarskynlik dat
> daar slegs 'n siviele saak ter sprake kon wees.
Davie
Wat ek gesê het, het nie oor skadeverhaling gegaan nie Wouter,
maar oor die feit dat 'n kriminele saak nie teruggetrek of laat
vaar kan word nie.
Wouter
Moenie met woorde probeer speel nie. Lou het 'n storie vertel en
spesifiek genoem "Die meneer het toe nie versekering nie en sy
maak 'n saak teen hom". Hy verwys dus na 'n siviele saak om
skade te verhaal. Jy het verkeerdelik die gevolgtrekking gemaak
dat dit "bullshit" is omdat jy verkeerdelik aanvaar het dat hy van
'n kriminele saak praat. Moenie dit agterna probeer wegverduidelik
nie, dit kan jy in die kroeg doen, maar nie hier op die ng nie :-)
Davie
Ek gaan verder deur te sê dat as die ongelukskade van
'n versekeringsmaatskappy verhaal word en daar oop
kaarte gespeel word, kan selfs die eis om skadevergoeding
nie teruggetrek word nie.
Wouter
Dis basies reg ja. As jy verseker is, besluit die versekeraar of
jy hof toe moet gaan om skade te verhaal. Jy kan dan steeds
die saak terugtrek, maar dan sal die versekeraar nie hoef te betaal nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi avontuur [boodskap #57636 is 'n antwoord op boodskap #57635] |
Ma., 18 Februarie 2002 11:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons het nie 'n Camry probleem hier nie - net GP, rooi, en Duitse motors wat
die meeste probleempies het;)))
Annette.
( oooooooo!!!! Dis lekker, dis lekker, dis lekker hier innie Kaap - waar ons
so singende en rustig drie-drie langs mekaar ry, vir mekaar oogknip en
soentjies blaas:)))
Annette
news:3C70DF81.C7119D66@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Wel Lou, noudat jy van verdwaald en rondvoeter praat:))
>> Ek maak my ritte gewoonlik so aangenaam as moontlik.
>> Ek het dus hierdie weddenskap speletjie met Ian - sodra ek 'n motor sien wat
>> ry asof hy dink die hoofweg 'n koeksister is - jy weet - linkerbaan - oor
>> middelbaan na regterbaan , oor middelbaan na linkerbaan en so aan - en dit
>> is nogal opsigtelik agv van die gereelde gebruik van die briekliggies - dan
>> wed ek dat 1)
>> vir R10 dis 'n motor met 'n GP registrasienommer en 2) vir R5 dat die
>> bestuurder 'n man is.
>> Dit gebeur nou natuurlik terwyl ek rustig in die middelbaan voorploeter:))
>> Selde gebeur dit dat ons nie uiteindelik bietjie verderaan die koeksisterkar
>> inhaal nie - en ek gaan eet nog elke week lekker uit op my weddenskapgeld
>> vir die week wat ek gewen het;)
>> Annette
>
> Al ooit gehoor van 'n self-fullfilling prophesy? (as jy nie het nie -
> dit is wanneer jy iets voorspel en dit dan self laat gebeur :) ).
>
> Ek speel self 'n speletjie - as ek op die tjok en blok Gauteng N1 ry en
> die verkeer begin heen en weer konsertina (stop - 120 - 40 - 80 - stop -
> 140 ens at nauseum) dan beteken dit net een van twee dinge - daar is
> twee kapenaars - een in die linker baan - hy verstaan nie jou middel
> baan redenasie nie en 'n vrou in die middel baan en hulle los elk
> volgafstande van 200 meters voor hulle. Met tye is hulle langs mekaar en
> die ander motors moet dan in die een baan verby wurm. So nou en dan ry
> die man te vinnig en kan motors aan beide kante by die middel lane
> hugger verby skuur en so gaan dit aan tot die antie in die middel baan
> ewe skielik sien sy moet afdraai en dan is dit flikkers, rokende bande
> en is daar 'n bumper bashing 100 meter terug. :)
>
> As die hele N1 geblok is - voeg 'n kapenaar in 'n Camry in die regter
> baan by die boonste resep. Snaaks hoe mense met Camry's dink dat hulle
> so vinnig as wat hullewil in die regter baan kan ry?
|
|
|
|
|
|
| Re: Taxi avontuur [boodskap #57646 is 'n antwoord op boodskap #57640] |
Ma., 18 Februarie 2002 20:54  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:4ff27ugg56ttlatoknc70mp9fvu657kgpi@4ax.com...
> On Mon, 18 Feb 2002 09:42:29 +0200, Lou wrote:
>
> Buitendien was my gedagtes by iets heel anders want ek was besig om
> te ontsyfer wat die Nedrlanders bedoel by "Alles wat U over mij zegt,
> zegt veel over U zelf! ;-)
En het jy dit al uitgevind DD??
Al wat jy oor my sê, sêjy oor jouself :-))))
Gr.Rico
>
|
|
|
|