| Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56189] |
Sa., 26 Januarie 2002 16:39  |
Ernest Bessinger
Boodskappe: 17 Geregistreer: Januarie 2002
|
Junior Lid |
|
|
Ek het die volgende antwoord ontvang en toe val ek uit die boom uit. Meeste
maak nie sin nie "Net n' kort verduideliking. Sinergisme beteken dat almal
saamstem. Demokrasie beteken dat 50% plus 1 moet saamstem."
Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.
My eerste indruk is dat (a) 'n form van diktatorskap is maar na betragting
kan ek dink aan die Engelse 'concur' (of in Afrikaans 'akkoord'). Daarby is
'demokrasie' 'n bestuur deur die mense en dus moet hulle op een of ander
manier hulle stemme kan voortbring. Dus die nodigheid vir stemmery. '
Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
produktiweteit (of samewerking) te kry.
So, nou sit ek met die volgende probleme: verstaan ek die antwoord? Nee! So
kan iemand (Tant Hessie?) miskien vertaal? En, wat sou dan 'n term wees vir
die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
Miskien verduidelik dit beter.
Ernest
--
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56201 is 'n antwoord op boodskap #56189] |
So., 27 Januarie 2002 04:29   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Ernest Bessinger wrote:
Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
> word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
> almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.
> '
> Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
> produktiweteit (of samewerking) te kry.
> En, wat sou dan 'n term wees vir
> die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
> Miskien verduidelik dit beter.
Ek vind dit ook moeilik om te verstaan wat
die eintlike vraag hier is. Sinergisme word
gewoonlik gesien as die proses waar die eind-
produk groter is as wat daar deur die indivi-
duele komponente bereik kan word. Dit kan nie
as 'n bestuurstegniek beskou word nie, maar
daar is sekere bestuurstegnieke wat sinergisme
in die hand werk. Ek en iemand anders praat juis
vandag van hoekom sekere skole net baie meer
suksesvol is en "siel" het as ander skole. Dis
seker dieselfde ding. Die eindproduk is groter
as die som van die individuele bydraes.
Ek weet nie wat mens 'n bestuurstyl sal noem
"waar almal altyd saamstem nie." Maar daar is
seker die outokratiese model, waar dit wat die
bestuurder wil hê, gewoonlik deurgaan en die meer
"demokratiese" model, waar daar konsultasie is
voordat besluite geneem word. Dit is interessant
om te weet dat die "styl" van die Eerste Nasies
in Kanada se besluitstruktuur sodanig is, dat
hulle nie 'n belangrike besluit neem voordat
almal instem nie. Dit beteken 'n uitgerekte proses
van konsultasies en negosiasies en kompromiste wat
aangegaan moet word voordat hulle die eindbesluit
kan neem.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56213 is 'n antwoord op boodskap #56200] |
So., 27 Januarie 2002 13:39   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Janneman wrote:
> Demokrasie het onstaan in die destydse Griekse stad-state waar dit prakties
> ge-implementeer kon word (min genoeg kiesers)
Hierdie "demokrasie" wat in Athene ontwikkel het,
was nie werklike demokrasie nie. Vroue was uitge-
sluit, en al die mense wat die Atheners gevang
het en slawe van gemaak het, kon ook nie stem nie.
Dus was dit maar die demokrasie-van-die-ou-omies.
Die woord "demokrasie" kan baie misbruik word.
Hoeveel keer moes ek gedurende die apartheids-era
hoor dat SA 'n "demokrasie" is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56237 is 'n antwoord op boodskap #56220] |
Ma., 28 Januarie 2002 03:18   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Janneman wrote:
In die konteks van hierdie thread word verwys na
> besluitneming by 'n firma. Die stemgeregtiges sal tipies die aandeelhouers
> wees. Jy wat geen aandele
> het nie, het nie 'n sê nie
so bye-bye.
O. Toe jy nou hier van die
Griekse stadstate begin
praat, toe dink ek jy begin
nou praat van regerings-
stelsels. Nou sien ek jy
praat van maatskappye en
aandeelhouers.
Tant Hessie van Athene, wat ongelukkig
nie in Perikles se tyd 'n aandeelhouer
in die maatskappy was nie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56292 is 'n antwoord op boodskap #56215] |
Ma., 28 Januarie 2002 13:05   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Antie Tottie - jammer, korreksie...
> Jy moes gesê het "wit-ou omies" - nie?
Nee, ou-omies hoef nie net wit te
wees nie. Ou-omies is lede van die
manlike geslag wat dink hulle is
God's gift to the universe. Die
manne van die Taliban is the mother
of all ou-omies. (Ek is nie seker
die ou Grieke sou in jou boek as
"wit" beskou word nie, Jonas.
Anti Taalbande.
|
|
|
|
| Re: Kan iemand tog verduidelik? [boodskap #56341 is 'n antwoord op boodskap #56236] |
Di., 29 Januarie 2002 09:23  |
Ernest Bessinger
Boodskappe: 17 Geregistreer: Januarie 2002
|
Junior Lid |
|
|
Wouter,
Met so bekvol moet ek nou die voorsitter en hom laat weet hy praat k@k. As
ek tyd kry verduidelik ek hierdie punt in meer detail.
Ernest, van 'n bloedige vere Noord Provinsie (of die Limpopo streek).
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c548239.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Ernest" . Dit is eintlik drie of meer vrae in een. Vrae:
>
> 1) Wat is demokrasie gesien in die lig van bestuurstegniek?
>
> Wouter
> Soos ek elders sê is daar geen demokrasie in bestuur nie. 'n Goeie
> bestuurder betrek sy span by besluite en kry hulle insette deurlopend, maar
> daar is geen sprake van demokrasie nie. Slegs op die vlak van die direksie
> sal daar soms en ook net by sommige maatskappye 'n stemming wees. En die
> aandeelhouers kies natuurlik direkteure op die grondslag van een aandeel,
> een stem, maar in my oë is dit nie demokrasie nie. (demos=volk, demokrasie =
> die wil van die volk?)
>
> 2) Wat noem mens 'n stelsel waar almal saamstem (behalwe vir fairy tales)?
>
> Wouter
> Dit bestaan slegs in feëverhale. Deelnemende bestuur is die naaste wat jy
> daaraan kom. Konsensusbestuur sou dit beskryf, maar dit oorleef nie in die
> praktyk nie.
>
> 3) Het sinergisme enige ander betekenis as om te sê dat 'die totaal
> groter is as die individuele saamgestelde totaal (of dan 1+1=meer as twee).
>
> Wouter
> Nee, dis wat dit beteken.
>
> 4) Is sinergisme 'n bestuurstegniek (dit gaan eintlik saam met 3).
>
> Wouter
> Sinergisme is nie 'n tegniek nie. Eerder een van die doele of strewes van
> bestuur.
>
|
|
|
|