| Grooot Verseboek [boodskap #55950] |
Di., 22 Januarie 2002 17:55  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
laat mens wonner ... (en die Junior Verseboek - bestaan die ook nog?)
Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?
Word manne soos Koos Kombuis, Koos du Plessis ens. ook daarin gehuisves? Ek
vra dit met 'n rede. Want, as jou dinge nie gesing kan word nie, is dit m.i.
'n tipe akademiese blokkiesraaisel.
Wie het 'n elektroniese weergawe van die boek - wat seker volksbesit behoort
te wees?
|
|
|
|
| Re: Grooot Verseboek [boodskap #55960 is 'n antwoord op boodskap #55950] |
Di., 22 Januarie 2002 21:04   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
> Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
> skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
>
> Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?
As ek reg onthou, is André Brink die nuwe
samesteller. Daar was glo ook meningsverskil
oor wat opgeneem is. Ek het eenkeer iets gelees
waar Andre Brink sy keuses verantwoord het.
Die oorsponklike een is saamgestel deur Dirk
Opperman, en volg tot 'n groot mate sy smaak
of litere politiek, waar dit by die keuses kom.
Daar is byvoorbeeld glad teveel gedigte van
Wilma Stockenstrom in, 'n protege van Opperman
wat stokkerige en intellektuele gedigte skryf.
Ek hoop dat daar in die nuwe bloemlesing minder
bladsye afgestaan word aan N P van Wyk Louw
(in die oue 50 bladsye) en volop aandag gegee
word aan mense soos Charl-Pierre Naude en
George Weideman, goeie sterk digters.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| re: Groot Verseboek [boodskap #56086 is 'n antwoord op boodskap #55961] |
Vr., 25 Januarie 2002 04:39  |
Red Ryder
Boodskappe: 2 Geregistreer: Januarie 2002
|
Junior Lid |
|
|
Die Groot Verseboek 2000 het 942 bladsye en het wel verse van Koos Kombuis
en Koos du Plessis.
Die samesteller is André P. Brink.
'n CD Rom van hierdie boek getiteld Verswêreld is deur Logos gepubliseer en
word deur Tafelberg Uitgewers versprei. Die CD het ook foto's van verskeie
van die digters wat in die bundel verskyn plus voorlesings deur van die
digters self
asook verskeie toonsettings van sommige verse wat hierin verskyn.
Philip de Vos
Jonas skryf in boodskap news:a2k92c$3i8$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
> laat mens wonner ... (en die Junior Verseboek - bestaan die ook nog?)
>
> Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
> skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
>
> Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?
>
> Word manne soos Koos Kombuis, Koos du Plessis ens. ook daarin gehuisves? Ek
> vra dit met 'n rede. Want, as jou dinge nie gesing kan word nie, is dit m.i.
> 'n tipe akademiese blokkiesraaisel.
>
> Wie het 'n elektroniese weergawe van die boek - wat seker volksbesit behoort
> te wees?
>
|
|
|
|