Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » UNISA en die Xhosa Nostra
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56138 is 'n antwoord op boodskap #56134] |
Vr., 25 Januarie 2002 14:54   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy moenie met Johnnie speel en hom ligtelik opvat nie.
Hy is 'n ernstige mens wat hê dinge moet reg gespel word.
Annette
Hantamkind skryf in boodskap news:SJc48.79756$HW3.98562@newsfeeds.bigpond.com...
> Holy smackeroly... Johnnie, jy is seker nie ernstig nie. Ek bekyk hierdie
> storie van 'n kant af en ek sê: "dat hoef ik helemaal niet". DOEF! Tant
> Martha sou jou 'n klobbering wou geeft. Op deze aarde...
>
> He he he...
>
> HK
>
> "Johnnie" wrote in message
>
>> Twee name verkeerd gespel!
>>
>
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56142 is 'n antwoord op boodskap #56116] |
Vr., 25 Januarie 2002 15:41   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
> Gloudina, jy is verkeerd. Die saak is nie een van die mense wat nie
> wil nie en die ander wat dit wil doen nie. Die huidige geveg daaroor
> is 'n gevolg, nie 'n oorsaak nie.
>
> Die oorsaak is "wanbestuur". Dat dit nou toevallig "swart wanbestuur"
> is, is jammer, maar dit is wanbestuur. Die wanbestuurder is die
> Raadsvoorsitter, adv Motimele.
Baie baie dankie dat jy hierdie verduideliking
gegee het. ( En ek sê regtig ernstig dankie.)
En ek vra om verskoning as ek dinge teveel in
wit en swart gesien het ( excuse the pun.)
Verstaan ek dus reg. Niemand op die personeel
is teen die amalgamasie nie. Amalgamasie is
dus 'n voldonge feit? En is die aksies van
Kader Asmal nou net 'n poging om vir Motimele
so gou as moontlik uit die saal te lig?
Mag ek jou vra: wat sou jý graag in die
nabye toekoms wil sien gebeur, en wat wil jy
hê moet in die langtermyn gebeur met UNISA?
gloudina
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56148 is 'n antwoord op boodskap #56128] |
Vr., 25 Januarie 2002 18:34   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
> Twee name verkeerd gespel!
>
> Dit is (a) Antony Melck [sonder die 'h'] en Callie Pistorius [met twee 'lle'].
Jammer as dit my fout was,
Johnnie/Johnny
Tant Hessie van die Derde
Republiek se droogmaak-
komitee.
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56150 is 'n antwoord op boodskap #56138] |
Vr., 25 Januarie 2002 18:42   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Jy moenie met Johnnie speel en hom ligtelik opvat nie.
> Hy is 'n ernstige mens wat hê dinge moet reg gespel word.
Ek het 'n spesmaas hy kritiseer nie vir
my nie, maar vir die artikel in Beeld
waar dit heelwaarskynlik verkeerd
gespel was ( ek is te lui om te gaan
kyk.)
Die fietse tant Hessie van Helsdingen.
As Annette baie-sukkel, help ek haar.
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56163 is 'n antwoord op boodskap #56127] |
Sa., 26 Januarie 2002 03:03   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
S^e nou maar hy het dit gedoen: dink bietjie hieroor na, en sê dan
> vir my wat op Gods aarde is hiermee verkeerd??
>
> Jy beklee 'n vaste goed betalende pos, en jy word nou 'n nuwe baie
> prestige pos aangebied. Al wat seker is van die nuwe pos, is dat jou
> werkgewer definitief binnekort gaan verdwyn. Al wat hulle nie vir jou
> kan sê nie, is wanneer.
>
> Jy sal mos absoluut stupid wees om nie navraag vooraf te doen wat jou
> skeidingsvoordele gaan wees voordat jy enigiets aanvaar nie!
>
> Shees, hierdie ruik nou vir my na 'n beskuldiging van "swart
> inkompetensie".
Dis jammer dat Jonas sy onkunde van die
dinamiek van universiteits-politiek keer
op keer moet sit en uitblaker. Jonas wou
maar net weer "swart inkompetensie"
illustreer, maar hierdie soort ding gebeur
gereeld op kampusse oral oor die wêreld.
En veral waar daar ou turf bedreig word,
is die gevegte soms bloedig.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56164 is 'n antwoord op boodskap #56118] |
Sa., 26 Januarie 2002 03:10   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
> Lou wrote
as jy dink dat die
>> samesmelting van Tech SA en Unisa geld gaan spaar moet jy weer dink. Ek het nog geen syfers gesien wat wys hoeveel die kamtige
>> besparings gaan wees nie - dit is bloot 'n kwessie van beheer.
Also sprach Lou, die outoriteit op
alles en nog wat. Maak nie saak wat
kundiges op die gebied sê nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56269 is 'n antwoord op boodskap #56142] |
Ma., 28 Januarie 2002 08:26   |
Johnnie
Boodskappe: 36 Geregistreer: Januarie 2002
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Baie baie dankie dat jy hierdie verduideliking gegee het.
> ( En ek sê regtig ernstig dankie.)
> En ek vra om verskoning as ek dinge teveel in wit en swart
> gesien het ( excuse the pun.) Verstaan ek dus reg. Niemand
> op die personeel is teen die amalgamasie nie.
Om te sê "niemand" is natuurlik baie kategories. Maar wat wel waar
is, is dat al die groeperings soos die vakbonde, die
personeelspreekbuise, die Senaat, die Komitee van Departmentshoofde,
en so en so en so, nie een van hulle het hulle teen die
amalgamasieplanne uitgespreek nie. Net die SRC.
> Amalgamasie is dus 'n voldonge feit?
Amalgamasie is 'n voldonge feit. Soos in baie lande is amalgamasies
aan die orde van die dag. Die UNISA-TSA amalgamasie is die eerste
een, maar daar kom beslis nog. Die aankondiging daarvan kom in Maart.
> En is die aksies van Kader Asmal nou net 'n poging om vir
> Motimele so gou as moontlik uit die saal te lig?
Basies, ja. Asmal sou in die dae van John Vorster bestempel gewees
het as "kragdadig". Hy het 'n ernstige probleem met Motimele en sy
hele Raad eintlik. Kyk, M. is 'n charismatiese persoonlikheid, en 'n
groot Afrikanis. Sy boeg waaroor hy al sy aksies gooi is een van
vinnige transformasie. Hy reken dat daar eiers gebreek moet word om
omelette te maak, en dat hy die enigste man is wat die eiers kan
breek. Omtrent 50% van die Raad is aan sy kant [lees in sy hand], en
die res is dit nie.
Nog 'n voorbeeld van sy mikrobestuur was ook in die koerante: iemand
het aansoek gedoen vir 'n visedekaanpos [iemand met 'n onewe getal
chromosome, en ook 'n melanientekort], en sy aansoek het deur al die
prosesse en komitees en meganismes gegaan, en hy was eenparig
aanbeveel. Toe kom M. en hy stel dit tersyde, en stel die tweede
beste kandidaat aan, wat 'n baie slegte tweede beste was volgens die
keurkomitees. Die kandidaat se melanieninhoud van sy epidermis is
egter die gewenste hoeveelheid. Nou geen Raadsvoorsitter het die reg
om op so 'n wyse direk in te meng met die normale prossesse in 'n
universiteit nie. Geen. Die saak is ook op die hofrolle op die
oomblik.
Maar M. en sy Raad het vandat M. oorgeneem het, 'n soort van "f*k jou"
houding gehad teenoor Asmal. Daar is besluite wat die Raad op Ho"er
Onderwys geneem het wat van toepassing is op die hele stelsel, en wat
Asmal dan moet implementeer, en dan sê UNISA se Raad net pleinweg vir
hom "maar f*k jou", en hulle gaan hulle eie gang. Asmal het ook met
die wetlike opset rondom die ho"er onderwys baie min beweegruimte as
hy van hulle wil ontslae raak. Ons universiteitstelsel geniet van die
hoogste outonomie in die hele wêreld. As die amalgamasie nie klaar
op die boeke was nie, het Asmal eintlik geen mag gehad om iets teen
hulle te doen nie, so outonoom is hulle.
Die datum van die amalgamasie het maw nou die "issue" geword tussen
die twee partye, en die "showdown" wat klaarblyklik aan die kom is,
gaan nou daaroor.
> Mag ek jou vra: wat sou jý graag in die nabye toekoms wil
> sien gebeur, en wat wil jy hê moet in die langtermyn gebeur
> met UNISA?
Amalgamasie is nie 'n "big deal" hier nie. Dinge sal daarna baie soos
voorheen aangaan. Die ervaring oorsee is dat dit maklik 20 jaar duur
voordat 'n amalgamasie heeltemal voltooi is; so ek voorsien dat die
gewone mens die veranderinge baie geleidelik sal ervaar; eers hier, en
dan daar.
Die mense wat eerste geraak sal word is die in departemente waar daar
oorvleueling is; daar is sulke gevalle van kursusse wat byna identies
is. Dan die volgende dink ek gaan wees by steundienste. Party van
hulle in albei instellings loop teen maksimum kapasiteit. Ek reken
dat amalgamasie gaan bietjie spaarkapasiteit skep en daarna gaan enige
uitbreidings en aanpassings gesamentlik moet plaasvind.
Wat ek wil h^e? Rus en vrede. Hierdie negatiewe publisiteit doen ons
ongelooflik skade aan. Verder: almal sit en wag dat dinge
uitkristalliseer, en dit is totaal onmoontlik om enige mediumtermyn
beplanning te probeer doen. Dinge loop op hulle eie momentum, en
daardie momentum is so groot dat dinge nog lank so sal aangaan, maar
mens merk klaar op hier en daar dat daar krake begin ontstaan in die
pleister.
In die langtermyn: 'n groter UNISA kan nie sleg wees vir die land nie.
Kyk, mens kan maar praat van amalgamasie, maar UNISA is die grootste
een van die twee. Verder bevat die voorgestelde naam van Asmal die
woord "university", en dit is polities uiters inkorrek om dit te noem,
maar de facto gaan UNISA eintlik maar vir TSA insluk.
Sela.
Johnnie
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56300 is 'n antwoord op boodskap #56269] |
Ma., 28 Januarie 2002 14:38   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
> Amalgamasie is 'n voldonge feit. Soos in baie lande is amalgamasies
> aan die orde van die dag. Die UNISA-TSA amalgamasie is die eerste
> een, maar daar kom beslis nog. Die aankondiging daarvan kom in Maart.
Baie dankie vir die verduideliking.
Ja, almalgamasie is duidelik die
hedendaagse mode. Eintlik is dit 'n
goeie ding as daar so nou en dan na
strukture en sisteme gekyk word.
Dis soos na 'n brand, wat dinge
vernietig sodat nuwe dinge kan
groei. Ek was in 'n provinsie
hier in Kanada waar hulle op een
stadium die hele hospitaalsisteem
gerestruktueer het. Hulle het drie
of vier hospitale as een inrigting
begin sien ( met net een CEO, een
Director of Staff Relations, een
Head of Nursing, ens.) Die CEO wat
nou hoof van die groter sisteem was,
moes bietjie harder werk as in
die goeie ou dae. Bowendien het hulle
drasties aan die middle management
gesny. Daar was nou nie meer so baie
mense wat eers hulle name moes teken
voor iets kon gebeur nie. En siedaar,
die hospitale begin toe baie vlotter
werk as vantevore. Die dokters was so
bly daaroor.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56697 is 'n antwoord op boodskap #56262] |
Ma., 04 Februarie 2002 09:46   |
Johnnie
Boodskappe: 36 Geregistreer: Januarie 2002
|
Volle Lid |
|
|
Lou skryf in boodskap news:...
>
>
> Die 'feite' soos dit vir ons oningeligtes lyk is
Ek is bly jy erken jy is oningelig. Die feite soos vir ons ingeligtes
is:
> - Asmal wil Olusa so gou as moonlik deurdwing maar is geforseer om te
> backtrack
Korrek. Hy wil OLUSA so gou as moontlik deurdwing. Dit is nie die
kwessie nie, die kwessie is of sy redes daarvoor geldig is of nie.
> - Unisa se raad het gronde waarop hulle die saak kan beveg anders sou
> Asmal hulle plat geklap het
Nie heelremal korrek nie. UNISA se Raad DINK hulle het gronde -
gegrond op hulle regsadvies. Asmal DINK weer hy het gronde om te doen
wat hy wil doen, ook gegrond op regadvies. Dan is daar net twee
uitwe"e uit die dilemma: (a) die partye onderhandel [wat op die
oomblik plaasvind] of hulle laat die hof oor die meriete besluit [die
saak is op die hofrol ook op die oomblik].
> - die studenteraad beheer Unisa en ondersteun Adv. Motsimale - ek weet -
> ek was student daar ... :)
Dit mag wees dat julle die plek daardie tyd "beheer" het, ek sal nie
weet nie. Ek is in weeklikse kontak met die SRC hier ook, en die
stelling dat hulle die plek sou "beheer" is so belaglik dat hulle self
daarvoor sal lag.
Jy moet miskien maar met bewyse vorendag kom van hierdie bewering van
jou, dan praat ons verder.
Die studente het 'n baie legitieme rede waarom hulle die amalgamasie
teenstaan: hulle sê dat hulle vir 'n graad ingeskryf het by UNISA, en
dat hulle 'n UNISA-graad wil h^e. Nie 'n graad van een of ander nuwe
totaal onbekende instelling nie. Hulle het dalk 'n wetlike punt
waarop hulle kan staan hier.
> - Unisa se personeel is bang vir hulle jobs en sit op die draad - maak
> nie saak waarheen die saak gaan nie - dat koppe gaan waai is so seker
> soos nog iets en jy wil nie diie verkeerde perd back nie.
As die "koppe gaan waai" waarom steun hulle dan die amalgamasie? Om
die waarheid te sê is die enigste verskilpunte tussen die
Universiteit en die Minister oor twee sekond^ere punte: (a) die datum
van amalgamasie, en (b) die naam van die nuwe instelling. Dit is al.
Ons het hier 'n horde werkgroepe en komitees wat werk op aspekte van
die amalgamasie. Dit lyk nie vir my of al die mense wat daaraan werk
veel worrie oor hulle kop gaan waai al dan nie, hoor?
> - die gaan nie net om geld nie - dit is deel van Asmal se plan om die
> tersiere inrigtings te beheer
Fout. Asmal wil slegs hê dat tersi^ere instellings doeltreffend
funksioneer. Nie met korrupte en onbekwame "gevernance structures"
nie. As die O-G sê dat die UNISA-Raadslede R800 000 in hulle eie
sakke gesteek het, en Asmal sê dat hulle dit moet terugbetaal, dan is
dit 'n soort "beheer" wat ons meer van kan kry, hoor?
Johnnie.
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56746 is 'n antwoord op boodskap #56697] |
Ma., 04 Februarie 2002 19:08   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
As die O-G sê dat die UNISA-Raadslede R800 000 in hulle eie
> sakke gesteek het, en Asmal sê dat hulle dit moet terugbetaal, dan is
> dit 'n soort "beheer" wat ons meer van kan kry, hoor?
Kan jy ons meer vertel van hierdie beskuldigings
van die Ouditeur-Generaal. Op watter manier het
die Unisa-raadslede amper 'n miljoen rand (nie
eintlik 'n vreeslike klomp geld nie, nou dat ek
daaraan dink) in hulle sakke gesteek? Waarop is
dit uitgegee - reis-onkostes, fooie en dies meer,
of meer blatante stelery?
En as dit nie teveel gevra is nie, kan jy vir ons
die name gee van die UNISA-raadslede?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56798 is 'n antwoord op boodskap #56746] |
Di., 05 Februarie 2002 07:17   |
Johnnie
Boodskappe: 36 Geregistreer: Januarie 2002
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Johnnie wrote:
>
>
> Kan jy ons meer vertel van hierdie beskuldigings van die
> Ouditeur-Generaal. Op watter manier het die Unisa-raadslede
> amper 'n miljoen rand (nie eintlik 'n vreeslike klomp geld nie,
> nou dat ek daaraan dink) in hulle sakke gesteek? Waarop is
> dit uitgegee - reis-onkostes, fooie en dies meer, of meer
> blatante stelery? En as dit nie teveel gevra is nie, kan jy
> vir ons die name gee van die UNISA-raadslede?
OK, laat ek punt vir punt antwoord:]
(a) Dit is nie 'n "vreeslike klomp geld nie", maar ek hoop nie jy
reken dit is 'n versagtende omstandigheid nie. Die "issue" was tog
nie of hulle die universiteit finansieel seergemaak het nie, maar dit
gaan tog oor integriteit en eerlikheid en sulke dinge, of hoe?
(b) Die geld is onregmatiglik ge-eis vir byvoorbeeld die bywoon van
vergaderings waar die persone nie by was nie, en so aan. Geen
blatante gestelery nie, maar sulke tipes eise is ook na my mening
steel. Die Minister het ook laat blyk dat dir vir hom gaan oor die
instelling van die raadslede tot hulle werk as hulle sulke goed doen.
(c) Ek kan die name van die Raadslede oortik uit die Jaarboek, maar ek
wonder of dit die moeite werd is. Jy gaan 'n lys name kry van mense
wat jy glad nie ken nie?
Johnnie
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56857 is 'n antwoord op boodskap #56798] |
Di., 05 Februarie 2002 14:53   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
> (a) Dit is nie 'n "vreeslike klomp geld nie", maar ek hoop nie jy
> reken dit is 'n versagtende omstandigheid nie. Die "issue" was tog
> nie of hulle die universiteit finansieel seergemaak het nie, maar dit
> gaan tog oor integriteit en eerlikheid en sulke dinge, of hoe?
>
> (b) Die geld is onregmatiglik ge-eis vir byvoorbeeld die bywoon van
> vergaderings waar die persone nie by was nie, en so aan. Geen
> blatante gestelery nie, maar sulke tipes eise is ook na my mening
> steel. Die Minister het ook laat blyk dat dir vir hom gaan oor die
> instelling van die raadslede tot hulle werk as hulle sulke goed doen.
> (c) Ek kan die name van die Raadslede oortik uit die Jaarboek, maar ek
> wonder of dit die moeite werd is. Jy gaan 'n lys name kry van mense
> wat jy glad nie ken nie?
Dankie vir die antwoord. As iemand wat
baie lank tussen academici rondgelewe
het, weet mens natuurlik dat hierdie
verskynsel nie net in SA voorkom nie.
Wêreld, ek weet van professore wat geld
kry van 'n universiteit om een konferensie
by te woon, en dan iets anders gaan doen
as anderkant aankom. Dis naturlik verkeerd,
maar dit gebeur op baie kampusse. En lede
van Rade is nog meer blatant oor nie-opdaag
nie. Ons het hier die geval gehad in Ottawa
van 'n senator wat in Mexico woon (vir sy
gesondheid sê hy) en wat glo in 'n hele paar
jaar nie meer as 'n halfdosyn kere by die
Senaat opgedaag het nie. En hy het geweier
om sy Senatorskap en sy salaris op te gee.
Dit het 'n lang hofsaak gekos voordat hulle
van hom ontslae kon raak.
Wel,ek sal eintlik geinteresseerd wees
in die profiel van die Raad van UNISA. Om
te sien watter mense op so 'n raad nou dien.
Maar ek sal kyk of ek dit op die Net kan sien.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #56971 is 'n antwoord op boodskap #56935] |
Wo., 06 Februarie 2002 14:06   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johnnie wrote:
> Praat jy nou van Kanada of van Suid-Afrika?
>
> Vandag sal 'n akademikus in Suid-Afrika nie meer daarmee wegkom nie,
> hoor? Die finansi"ele beheermaatre"els daarvoor is te goed.
> Ek weet nou nog nie of jy die optrede van UNISA se raadslede goedpraat
> nie?
Ek praat van Kanada en wyer. En ek is nie
so seker dat mens 'n sekere "oneerlikheid"
kan uitroei nie, nie net onder academici
nie, maar ook wyer. Veral as dit kom by
gelde vir reis.
Nee, ek praat nie die optrede van UNISA se
raadslede goed nie. Maar ek wil net vir jou
sê: hier in Noord-Amerika sou hulle geldelike
oortredings en hulle afwesigheid van Raads-
vergaderings maar al te bekend geklink het.
Ek is verheug dat jy soveel vertroue het
in die finansiële beheermaatreëls van die
Departement van Onderwys (?). Hoekom is hulle
nou so goed? Veral as mens luister na mense
op hierdie nuusgroep, dink mens dat bedrog en
verdoeseling aan die orde van die dag is in die
"Nuwe Suid-Afrika" ?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57073 is 'n antwoord op boodskap #56697] |
Do., 07 Februarie 2002 13:35   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: Oktober 2001
|
Senior Lid |
|
|
Johnnie wrote:
>
> Lou skryf in boodskap news:...
>>
>>
>> Die 'feite' soos dit vir ons oningeligtes lyk is
>
> Ek is bly jy erken jy is oningelig. Die feite soos vir ons ingeligtes
> is:
Dem - my sarkasme weereens gemors - tut tut. Sien dit "'" om die woord
feit? Hello!
>
>> - Asmal wil Olusa so gou as moonlik deurdwing maar is geforseer om te
>> backtrack
>
> Korrek. Hy wil OLUSA so gou as moontlik deurdwing. Dit is nie die
> kwessie nie, die kwessie is of sy redes daarvoor geldig is of nie.
>
>> - Unisa se raad het gronde waarop hulle die saak kan beveg anders sou
>> Asmal hulle plat geklap het
>
> Nie heelremal korrek nie. UNISA se Raad DINK hulle het gronde -
> gegrond op hulle regsadvies. Asmal DINK weer hy het gronde om te doen
> wat hy wil doen, ook gegrond op regadvies. Dan is daar net twee
> uitwe"e uit die dilemma: (a) die partye onderhandel [wat op die
> oomblik plaasvind] of hulle laat die hof oor die meriete besluit [die
> saak is op die hofrol ook op die oomblik].
Regstelling - JY DINK dat Unisa dink hulle het gronde. UNISA se raad
glo hulle het gronde. Asmal het redelik vinnig gebackpeddel toe die
hofsaak aanhanging gemaak is. En sy dreigemente aangaande die hofsaak
vs. die uitstel van die datum het nou nioe juis 'n duik in Unisa se
vasberadenheid gemaak nie ne?
>
>> - die studenteraad beheer Unisa en ondersteun Adv. Motsimale - ek weet -
>> ek was student daar ... :)
>
> Dit mag wees dat julle die plek daardie tyd "beheer" het, ek sal nie
> weet nie. Ek is in weeklikse kontak met die SRC hier ook, en die
> stelling dat hulle die plek sou "beheer" is so belaglik dat hulle self
> daarvoor sal lag.
>
> Jy moet miskien maar met bewyse vorendag kom van hierdie bewering van
> jou, dan praat ons verder.
Hmm - so die raad kan nou die reglement van die Universiteit verander
sonder dar die Studenteraad dit kan veto? Dink nie so nie. Hulle beheer
die raad net so net so effektief as wat die VSA die UN beheer. Ek
betwyfel al meer jou sogenaamde kennis van Unisa.
>
> Die studente het 'n baie legitieme rede waarom hulle die amalgamasie
> teenstaan: hulle sê dat hulle vir 'n graad ingeskryf het by UNISA, en
> dat hulle 'n UNISA-graad wil h^e. Nie 'n graad van een of ander nuwe
> totaal onbekende instelling nie. Hulle het dalk 'n wetlike punt
> waarop hulle kan staan hier.
So waar pas die sin in by jou vorige?
>
>> - Unisa se personeel is bang vir hulle jobs en sit op die draad - maak
>> nie saak waarheen die saak gaan nie - dat koppe gaan waai is so seker
>> soos nog iets en jy wil nie diie verkeerde perd back nie.
>
> As die "koppe gaan waai" waarom steun hulle dan die amalgamasie? Om
> die waarheid te sê is die enigste verskilpunte tussen die
> Universiteit en die Minister oor twee sekond^ere punte: (a) die datum
> van amalgamasie, en (b) die naam van die nuwe instelling. Dit is al.
Nope - dit gaan oor die ALMAGAMASIE al dan nie - dit is al. En as die
administrasie en doserende funksies van die drie inrigtings saamsmelt
sal daar koppe waai - tel een en een en een bymekaar en hoeveel kry jy?
Sonder amalgamasie is die poste duidelik nie oorbodig nie.
>
> Ons het hier 'n horde werkgroepe en komitees wat werk op aspekte van
> die amalgamasie. Dit lyk nie vir my of al die mense wat daaraan werk
> veel worrie oor hulle kop gaan waai al dan nie, hoor?
Wel - dan het hulel duidelik nog nie met die mense by die ander
installing gepraat nie. En ek het nuus vir hulle - hulle
beter begin worry.
>
>> - die gaan nie net om geld nie - dit is deel van Asmal se plan om die
>> tersiere inrigtings te beheer
>
> Fout. Asmal wil slegs hê dat tersi^ere instellings doeltreffend
> funksioneer. Nie met korrupte en onbekwame "gevernance structures"
> nie. As die O-G sê dat die UNISA-Raadslede R800 000 in hulle eie
> sakke gesteek het, en Asmal sê dat hulle dit moet terugbetaal, dan is
> dit 'n soort "beheer" wat ons meer van kan kry, hoor?
>
Die punt is Johnnie - Unisa moet hulle eie raadslede kan beheer - as
hulle van die regering verwag om dit te doen gaan daar net nog 'n vlak
van korrupsie en onbekwaanheid ingestel word - m.a.w. die struktuur gaan
so lomp wees dat enige besluitneming deur nog meer kommitees van
kommitees sal moet gaan.
Aangaande wat Asmal wil hê - hou vas aan daai droom.
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57078 is 'n antwoord op boodskap #57073] |
Do., 07 Februarie 2002 14:30   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Johnnie
> Ek is in weeklikse kontak met die SRC hier ook, en die
> stelling dat hulle die plek sou "beheer" is so belaglik dat hulle self
> daarvoor sal lag.
Lou
Hmm - so die raad kan nou die reglement van die Universiteit verander
sonder dar die Studenteraad dit kan veto? Dink nie so nie. Hulle beheer
die raad net so net so effektief as wat die VSA die UN beheer.
Wouter
Waar val jy uit, Lou? 'n Veto op 'n reglement was nog nooit beheer
nie. Dit gee jou bloot die geleentheid om dwarstrekkerig te wees.
'n Universiteit word deur sy Raad beheer en as die Studenteraad
nie die Raad beheer nie, het hulle nie beheer nie. Fienies en klaar.
En die VSA befonds grootliks die VN, by 'n universiteit betaal die
studente net 'n klein deel van die uitgawes. Daar is geen
raakpunte in die twee situasies wat jy noem nie.
> Johnnie
> Die studente het ... dalk 'n wetlike punt waarop hulle kan staan hier.
Lou
So waar pas die sin in by jou vorige?
Wouter
Dis tog duidelik, Johnnie het mos gesê daar is regsonsekerheid
en die "dalk" illustreer dit.
> Johnnie
> Asmal wil slegs hê dat tersi^ere instellings doeltreffend
> funksioneer. Nie met korrupte en onbekwame "gevernance structures"
> nie. As die O-G sê dat die UNISA-Raadslede R800 000 in hulle eie
> sakke gesteek het, en Asmal sê dat hulle dit moet terugbetaal, dan is
> dit 'n soort "beheer" wat ons meer van kan kry, hoor?
Lou
Die punt is Johnnie - Unisa moet hulle eie raadslede kan beheer
Wouter
Die Raad is 'n universiteit se hoogste gesag en Unisa het dus geen
wetlike manier om sy Raad te beheer nie. As 'n raad onder beheer
uit is, kan slegs die befondser iets daaraan doen (deur die
dreigement of aksie om die geldkrane toe te draai). Die befondser
is in die geval hoofsaaklik die Regering (daar is ook donateurs).
'n Mens verwag dus van die Regering om in te gryp as raadslede
oneties of onverskillig optree.
Ek hoop Asmal donner hulle behoorlik op. Hy het my seën om dit
al die pad te doen.
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57123 is 'n antwoord op boodskap #56971] |
Vr., 08 Februarie 2002 07:14   |
Johnnie
Boodskappe: 36 Geregistreer: Januarie 2002
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Johnnie wrote:
>
>
>
> Ek praat van Kanada en wyer. En ek is nie so seker dat mens 'n
> sekere "oneerlikheid" kan uitroei nie, nie net onder academici
> nie, maar ook wyer. Veral as dit kom by gelde vir reis.
Kyk, jy het spesifiek gepraat van mense wat voorgee dat hulle ^erens
heen gaan en dan ^erens anders heen gaan of n^erens heen gaan nie.
Maw nie bietjie bylieg by 'n kilometereis of so nie, maar groot lieg,
en baie geld is betrokke.
Nou ek het by meer as een akademiese instelling gewerk, en ek kan net
nie sien hoe op aarde iemand dit gaan regkry nie, behalwe as daar
grootskaalse korrupsie is waarby baie mense tot taamlik hoog op
betrokke is.
Kom ons neem nou 'n reis oorsee:
Die persoon doen aansoek dat hy/sy kan gaan, OK, en daar 'n in
Senaatskomitee wat die aansoek oorweeg, en aan die Senaat rapporteer.
Die aansoek bevat stawende dokumentasie soos die program van die
konferensie, en ook bewyse dat die aansoeker inderdaad daar 'n
referaat gaan lewer [as hy/sy nie een lewer nie kry h/sy in elk geval
nie geld nie].
Nou word die persoon se reis- en verblyfbesprekings alles vir hom
gedoen intern. Met ander woorde, hy/sy kry 'n vliegkaartjie aan
hom/haar uitgereik wat hy/sy n^erens kan gaan inruil nie. Maw hy/sy
moet na die plek toe gaan.
As hy/sy terugkom moet hy/sy 'n verslag lewer oor die reis. OK, dit
kan mens seker versin, maar dan lieg jy groot. Daardie verslag gaan
na die senaatskomitee toe wat aan die Senaat verslag lewer.
Ook by sy/haar terugkoms word die finansi"ele state gerekonsilieer.
Die persoon moet alle bewyse van verblyf, interne reise, en sulke
uitgawes inlewer. As jy nie 'n kwitansie het nie, word jy nie vergoed
vir die onkostes nie.
Die storie is so waterdig soos jy sit omtrent kan maak.
Johhnie
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57130 is 'n antwoord op boodskap #57128] |
Vr., 08 Februarie 2002 08:00   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Johnnie - is dit nou die man wat in die plek van McCaps aangestel is? Ek
weet McCaps het tydelik waargeneem as rektor.
Waar is McCaps nou heen?
Annette
Johnnie skryf in boodskap news:c97aae43.0202072338.42f01bb9@posting.google.com...
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
news:...
>>
>> Lou
>> Hmm - so die raad kan nou die reglement van die Universiteit verander
>> sonder dar die Studenteraad dit kan veto? Dink nie so nie. Hulle beheer
>> die raad net so net so effektief as wat die VSA die UN beheer.
>>
> Johhnie
>
> Lou dink nog steeds die SR is 'n magtige liggaam wat alles hier
> oorheers. Laat ek nou vir jou 'n binnestorietjie vertel:
>
> Dit is die eerste Senaatsvergadering van die jaar. Die eerste een
> waar die nuwe Rektor [en hy is mos nou die studente se man] voorsit.
>
> Die vergadering is net geopen, toe steek een van die 2
> studenteverteenwoordigers sy hand op. Hy wil praat oor die
> rassesamestelling van die Senaat.
>
> Die rektor sê vir hom: "Sit. Jy is buite orde".
>
> Die student bly staan. En hy begin weer sanik.
>
> Die rektor sê vir hom: "Ek het vir jou gesê jy sit. As jy nie nou
> stilbly nie dan verdaag ek die vergadering en ek kry sekuriteit om jou
> te verwyder".
>
> Einde van die storie.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57140 is 'n antwoord op boodskap #57139] |
Vr., 08 Februarie 2002 11:26   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ok Dankie - nou het ek ook naastenby die storie reg.
Annette
Johnnie skryf in boodskap news:c97aae43.0202080316.1531d9c4@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Johnnie - is dit nou die man wat in die plek van McCaps aangestel is? Ek
>> weet McCaps het tydelik waargeneem as rektor.
>
> 1. Jy kan seker sê McCaps het hom aangestel, ja. Barney Pityana.
> Nominaal is hy deur die Raad aangestel.
>
> 2. McCaps tydelik waargeneem as rektor? Nooit gesien nie! Hy was
> die hele tyd nog altyd die voorsitter van die raad gewees.
>
> Die man wat waargeneem het vir 'n tyd is Simon Maimela. Hy is geskors
> laat verlede jaar, en die saak neem nog sy verloop.
>
> Johnnie
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57141 is 'n antwoord op boodskap #57073] |
Vr., 08 Februarie 2002 11:30   |
Johnnie
Boodskappe: 36 Geregistreer: Januarie 2002
|
Volle Lid |
|
|
Lou skryf in boodskap news:...
>> Ek is bly jy erken jy is oningelig. Die feite soos vir ons ingeligtes
>> is:
>
> Dem - my sarkasme weereens gemors - tut tut. Sien dit "'" om die woord
> feit? Hello!
My sarkasme is obviously ook gemors ;-(
>>
>> Nie heelremal korrek nie. UNISA se Raad DINK hulle het gronde -
>> gegrond op hulle regsadvies. Asmal DINK weer hy het gronde om te doen
>> wat hy wil doen, ook gegrond op regadvies. Dan is daar net twee
>> uitwe"e uit die dilemma: (a) die partye onderhandel [wat op die
>> oomblik plaasvind] of hulle laat die hof oor die meriete besluit [die
>> saak is op die hofrol ook op die oomblik].
>
> Regstelling - JY DINK dat Unisa dink hulle het gronde. UNISA se raad
> glo hulle het gronde.
Weer 'n regstelling: die rektor het nou die dag in 'n e-pos vir ons
geskryf:
"we BELIEVE after obtaining legal advice that ..."
> Asmal het redelik vinnig gebackpeddel toe die hofsaak aanhanging
> gemaak is.
Laat ek as 'n ingeligte vir jou weer iets hier vertel: Asmal het nie
gebackpeddel nie. Hy het nie enige toegewings gemaak in die saak nie,
en die saak is nog op die rol.
Asmal en UNISA [weer 'n ingeligte itempie] is oor een saak dit roerend
eens: indien daar 'n saak gaan wees, kan die amalgamasie vertraag word
met soveel as 5 jaar. En dit wil UNISA ook nie hê nie, hoor? Uit
die mond {en die rekenaar) van die rektor. Daarom onderhandel hulle
op die oomblik.
> En sy dreigemente aangaande die hofsaak vs. die uitstel van die datum
> het nou nioe juis 'n duik in Unisa se vasberadenheid gemaak nie ne?
Nee, dit het nie. So what? Mens kan vasberade wees en nog steeds
verkeerd daarby!
>>
>> Die studente het 'n baie legitieme rede waarom hulle die amalgamasie
>> teenstaan: hulle sê dat hulle vir 'n graad ingeskryf het by UNISA, en
>> dat hulle 'n UNISA-graad wil h^e. Nie 'n graad van een of ander nuwe
>> totaal onbekende instelling nie. Hulle het dalk 'n wetlike punt
>> waarop hulle kan staan hier.
>
> So waar pas die sin in by jou vorige?
Hoe meer ek lees wat ek hier geskryf het, hoe minder verstaan ek wat
jou pla!
>>
>> As die "koppe gaan waai" waarom steun hulle dan die amalgamasie? Om
>> die waarheid te sê is die enigste verskilpunte tussen die
>> Universiteit en die Minister oor twee sekond^ere punte: (a) die datum
>> van amalgamasie, en (b) die naam van die nuwe instelling. Dit is al.
>
> Nope - dit gaan oor die ALMAGAMASIE al dan nie - dit is al. En as die
> administrasie en doserende funksies van die drie inrigtings saamsmelt
> sal daar koppe waai - tel een en een en een bymekaar en hoeveel kry jy?
> Sonder amalgamasie is die poste duidelik nie oorbodig nie.
Maar die personeel is nie teen die amalgamasie nie! En buitendien sou
kant kies aan die minister se kant hulle niks help nie. Ek verstaan
nie hoe jou kop werk nie.
>> Ons het hier 'n horde werkgroepe en komitees wat werk op aspekte van
>> die amalgamasie. Dit lyk nie vir my of al die mense wat daaraan werk
>> veel worrie oor hulle kop gaan waai al dan nie, hoor?
>
> Wel - dan het hulel duidelik nog nie met die mense by die ander
> installing gepraat nie. En ek het nuus vir hulle - hulle
> beter begin worry.
Jy het duidelik baie goeie binne-inligting. Soos in die dae toe jy
hier student was en jy gehelp het om die plek te "beheer"?
Johnnie
|
|
|
|
|
|
| Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57144 is 'n antwoord op boodskap #57143] |
Vr., 08 Februarie 2002 13:28   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Studenterade probeer hulle bes om 'n rol te speel
> Die Studenteraad se vermoë
> om meer te doen as om 'n geraas te maak is baie beperk.
> sal ook in die toekoms moeilik die spierkrag hê om 'n
> wesenlike verskil te kan maak, die opset is teen hulle gelaai.
Dit is wel waar dat studenterade uit die
aard van die saak nie deurslaggewende mag
het (of behoort te hê nie.) Maar in sekere
politieke klimate in die laaste vyftig jaar
kon hulle kritiese magsposisies beklee.
Mens dink nou maar aan die VSA gedurende
die sestig- en sewentigerjare, die studente
opstande in Parys iewers gedurende daardie
tyd, en die studentebewegings in SA gedurende
die "struggle."
'n Gesonde demokrasie gee aandag aan wat
studente sê. Hier in Kanada is daar 'n Federasie
van studente-liggame wat 'n Uitvoerende Direkteur
het wat gewoonlik so pas 'n student was. En as
hulle uitsprake doen en kante kies, dan luister
die outoriteite gewoonlik.
Gloudina
|
|
|
|
| Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:12:24 UTC 2026
|