Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is daar gebeur in Port Elizabeth?
Wat is daar gebeur in Port Elizabeth? [boodskap #55091] |
Thu, 03 January 2002 06:30  |
*Sterrenkijker*
Boodskappe: 67 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
inrig.
Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
daar gebeur?
Norbert (uit Vlaanderen)
|
|
|
|
|
Port Elizabeth [boodskap #55116 is 'n antwoord op boodskap #55107] |
Fri, 04 January 2002 06:01  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Grahame
Ek gaan elke jaar na die Baai vir vakansie en hou vol dat dit die
beste strandoord in die land is: Skoonste strande, veiligste swem
oorde, derde minste wind naas kaapstad en Durban volgens
statistiek, vriendelikste mense.
Wouter
Derde minste wind? Ek reken dis 'n bietjie van 'n selektiewe
stelling, Grahame. Soos ek die statistiek onthou, het PE die
derde minste wind van die 4 kusstede. Hulle loop soos volg
van die mees tot die mins winderige:
Kaapstad
Durban
Port Elizabeth
Oos-Londen
Maar die hele Suid-Kaap, van Witsand/Infanta af tot by Knysna,
het minder wind as enige van daardie 4 stede. Veral die
winterklimaat is daar heerlik en windstil.
En PE word nie verniet die "Windy City" genoem nie. In Desember,
wanneer die meeste toeriste daar is, is Durban die stilste en PE die
winderigste van die kusstede. Volgens die statistiek, as ek dit reg onthou.
Wouter Plaasvark
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 04:24:23 UTC 2025
|