| Wat is daar gebeur in Port Elizabeth? [boodskap #55091] |
Do., 03 Januarie 2002 06:30  |
*Sterrenkijker*
Boodskappe: 67 Geregistreer: Julie 2001
|
Volle Lid |
|
|
Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
inrig.
Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
daar gebeur?
Norbert (uit Vlaanderen)
|
|
|
|
| Re: Wat is daar gebeur in Port Elizabeth? [boodskap #55092 is 'n antwoord op boodskap #55091] |
Do., 03 Januarie 2002 07:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
HUlle almal was hier in Kaapstad Norbert, waar daar wel vuurkerke, toeters
en 'n gedans en 'n gefuif was - heel nag lank:))
Annette
*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c33f823.3043777@news.online.be...
> Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
> was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
> daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
> inrig.
> Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
> daar gebeur?
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
|
|
|
|
|
|
| Port Elizabeth [boodskap #55116 is 'n antwoord op boodskap #55107] |
Vr., 04 Januarie 2002 06:01  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Grahame
Ek gaan elke jaar na die Baai vir vakansie en hou vol dat dit die
beste strandoord in die land is: Skoonste strande, veiligste swem
oorde, derde minste wind naas kaapstad en Durban volgens
statistiek, vriendelikste mense.
Wouter
Derde minste wind? Ek reken dis 'n bietjie van 'n selektiewe
stelling, Grahame. Soos ek die statistiek onthou, het PE die
derde minste wind van die 4 kusstede. Hulle loop soos volg
van die mees tot die mins winderige:
Kaapstad
Durban
Port Elizabeth
Oos-Londen
Maar die hele Suid-Kaap, van Witsand/Infanta af tot by Knysna,
het minder wind as enige van daardie 4 stede. Veral die
winterklimaat is daar heerlik en windstil.
En PE word nie verniet die "Windy City" genoem nie. In Desember,
wanneer die meeste toeriste daar is, is Durban die stilste en PE die
winderigste van die kusstede. Volgens die statistiek, as ek dit reg onthou.
Wouter Plaasvark
|
|
|
|