Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eienaardige pamflet.
Eienaardige pamflet. [boodskap #54146] Do, 29 November 2001 14:49
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry vandag in die posbus 'n eienaardige pamflet.
Ek bly mos nou hier in Vredehoek, waar vrede heers.
Die Pamflet is om mense uit te nooi na die Geloftefees en Boere-oorlog
herdenking - 14 - 16 Desember by die Wemmershoek Voortrekkerkampterrein.
Nou, ek kan onthou toe ons klein was - hoe ons gesit en sweet het en
lusteloos in die grond rondgekrap het terwyl manne met swart hoede ure lank
gepraat het oor goed wat ek nie in belangstel nie.
Ons het almal met piekniekmandjies gegaan, en behalwe vir dit en die paar
sente vir pertrol om daar te kom, het dit ons niks meer gekos nie.
Ek sal nou nie uitwei oor wat aangebied gaan word nie - die wat wil weet kan
vra - maar hierdie hele storie gaan oor geld.
Janee, wie sou kon raai?
Eerstens is daar 963 kaartjies gedruk - glo die aantal dae wat die
Boere-oorlog geduur het - met die datum en wat watter prominente gebeurtenis
op daardie dag plaasgevind het.
As ek gaan, sal ek die kaartjie wil kry waar daarin staan,
Byv. 16/10/1899:
Niks.
Die kaartjieinkomste is nie genoeg nie.
Nee, daar is nog goed wat gekoop moet word ter stawing van fondse:
1) 'n Chronologie van die 2de Vryheids-oorlog.
Die boek word nie verkoop nie - nee - dit word gegee aan diegene wat 'n
R2500 donasie gee.
Seremoniƫle vlae ( van R200 - R25),
Gedenkfakkels - R200
Afdrukke van Gelofte - R40
Verblyf in die kamers - R35 pp pd.
Dagbesoekers - R15 pp pd
Ek dink ek gaan maar net hier in Die Tuine die gebeurtenis herdenk soos al
die vorige jare - ek het rus vir my siel, en dit kos my niks.
Waarvoor sal mense nog stormvlae wil koop?
Ek vra maar - ek het aangeneem ons is al laaaaankal verby daardie tipe van
herdenking.
Annette
Vorige onderwerp: Hessie se kon vir masie
Volgende onderwerp: Nasionale Sport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 20:26:01 MGT 2024