Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hessie se kon vir masie
Hessie se kon vir masie [boodskap #54116] Do, 29 November 2001 08:41 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Konfirmasie" is sommer vrotsige Afrikaans, Hessie. Lyk my daai agt maande
se winters begin nou sy tol eis!!

O, die konfirmasie
oor die vrotsige
konsternasie
oor ou dd dier
so min sidder en tier
oor ego's en eggos

Die influd van die kanadees
raak heel opmerklik
glad nie bedees
anglisisties oorgesit
nie eens vertaal
of goed 'geleen'
sommer net soos hy kom
oor Hessie se stekeltong:
"konfirmasie"
as ons so spreek al hier
sal ons eendag gou
kan sê
ons taal was hier
maar ook nie meer
hy's heel weg
gekonfirmeer
wil jy nou meer
ek kry sommer skoon die ritteltits
en aliterasie en informasie op die stasie
oor gesegdes wat nie meer gewas word
in die bysin voorwerp onderwerp en doel
watdehel het sy bedoel

Maar Hessie meen
's tyd om vakansie te neem
en haar die plesier ontneem
om mense te vervreem
wat hier hul deel wil neem
en hul deel wil deel
dit kan haar maar min skeel
en ons raak soms van haar
vol tot by die keel
(en laer-af)

maar dis Hessie se domein
soms gee sy ons 'n helse pyn

maar soms is sy orraait
as sy net tog goeie
afrikaans
wil gebruik
soms

Maar sonder Hess
die Antie van Gloudiniaan
sal dit stil wees hier
waar's Emmy heen?
stil-stil in Hollands
heen gegaan?

Met so lang relaas
oor konfirmasie en konsternasie
en watter ander -asie
kan ek amptelik hier en nou
gegewe onder my hand aldus en nou
convirmeer
en kon vir minder
dit is die einde
van my relaas
oor kon vir maas!

Thys oppie Bos (waar anners my bra')
skryf in boodskap news:3C057DD3.AB17AF4C@home.com...
> konfirmasie te probeer soek, ego-streling te
> probeer soek. As dit is wat jy op hierdie nuusgroep
> soek, is dit tyd dat jy bietjie vakansie neem. Tant
> Hessie is hier met 'n paar baie spesifieke doele voor
> die oog. Sy gebruik die nuusgroep, en kry konfirmasie
> dat sy haar doel bereik byna daagliks. Sy is nie hier
> vir enigiemand se goedkeuring nie.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
> As jy nie die hitte kan verduur nie, gee pad uit
> die kombuis.

Van Hotazel seker swaer! Of is dit nou van Agtertang s'n?
Re: Hessie se kon vir masie [boodskap #54119 is 'n antwoord op boodskap #54116] Do, 29 November 2001 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O Thysie, jou wonderlike rymelaar,
ek dink jy het 'n nuwe mode begin.
Ons gaan in die volgende geslag
heelparty kindertjies sien met die naam
Maas:))))
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:9u4sco$s6t$1@news.adamastor.ac.za...
> "Konfirmasie" is sommer vrotsige Afrikaans, Hessie. Lyk my daai agt maande
> se winters begin nou sy tol eis!!
>
> O, die konfirmasie
> oor die vrotsige
> konsternasie
> oor ou dd dier
> so min sidder en tier
> oor ego's en eggos
>
> Die influd van die kanadees
> raak heel opmerklik
> glad nie bedees
> anglisisties oorgesit
> nie eens vertaal
> of goed 'geleen'
> sommer net soos hy kom
> oor Hessie se stekeltong:
> "konfirmasie"
> as ons so spreek al hier
> sal ons eendag gou
> kan sê
> ons taal was hier
> maar ook nie meer
> hy's heel weg
> gekonfirmeer
> wil jy nou meer
> ek kry sommer skoon die ritteltits
> en aliterasie en informasie op die stasie
> oor gesegdes wat nie meer gewas word
> in die bysin voorwerp onderwerp en doel
> watdehel het sy bedoel
>
> Maar Hessie meen
> 's tyd om vakansie te neem
> en haar die plesier ontneem
> om mense te vervreem
> wat hier hul deel wil neem
> en hul deel wil deel
> dit kan haar maar min skeel
> en ons raak soms van haar
> vol tot by die keel
> (en laer-af)
>
> maar dis Hessie se domein
> soms gee sy ons 'n helse pyn
>
> maar soms is sy orraait
> as sy net tog goeie
> afrikaans
> wil gebruik
> soms
>
> Maar sonder Hess
> die Antie van Gloudiniaan
> sal dit stil wees hier
> waar's Emmy heen?
> stil-stil in Hollands
> heen gegaan?
>
> Met so lang relaas
> oor konfirmasie en konsternasie
> en watter ander -asie
> kan ek amptelik hier en nou
> gegewe onder my hand aldus en nou
> convirmeer
> en kon vir minder
> dit is die einde
> van my relaas
> oor kon vir maas!
>
> Thys oppie Bos (waar anners my bra')
> skryf in boodskap news:3C057DD3.AB17AF4C@home.com...
>> konfirmasie te probeer soek, ego-streling te
>> probeer soek. As dit is wat jy op hierdie nuusgroep
>> soek, is dit tyd dat jy bietjie vakansie neem. Tant
>> Hessie is hier met 'n paar baie spesifieke doele voor
>> die oog. Sy gebruik die nuusgroep, en kry konfirmasie
>> dat sy haar doel bereik byna daagliks. Sy is nie hier
>> vir enigiemand se goedkeuring nie.
>>
>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>> As jy nie die hitte kan verduur nie, gee pad uit
>> die kombuis.
>
> Van Hotazel seker swaer! Of is dit nou van Agtertang s'n?
>
Re: Hessie se kon vir masie [boodskap #54134 is 'n antwoord op boodskap #54116] Do, 29 November 2001 12:34 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> "Konfirmasie" is sommer vrotsige Afrikaans, Hessie. Lyk my daai agt maande
> se winters begin nou sy tol eis!!
>
> O, die konfirmasie
> oor die vrotsige
> konsternasie

Ja-nee, Thys, ek begin nou slegte Afrikaans praat met die beste van julle.

Tant Hessie van die anti-taalbande.
Vorige onderwerp: Kaapstad via Duitsland
Volgende onderwerp: Eienaardige pamflet.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 02:54:07 MGT 2024