| Geselskap in Edinburgh, Skotland [boodskap #51929] |
Do., 18 Oktober 2001 15:37  |
Inniverte[1]
Boodskappe: 3 Geregistreer: Oktober 2001
|
Junior Lid |
|
|
Ek wil graag tog uitvind of daar ook ander Afrikaanse mense hulle hier
in Edinburgh, Skotland bevind. Mense met wie mens 'n bietjie kan sit
en klets as die vreemdheid vir mens so nou en dan vasdruk. Stuur tog
vir my 'n sein deur as daar sulke siele hier rond is!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Geselskap in Edinburgh, Skotland [boodskap #52191 is 'n antwoord op boodskap #52190] |
Ma., 22 Oktober 2001 13:16   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Inniverte wrote:
> Jammer "DD", dit spyt my, maar ek dink hierdie forum was eintlik
> bedoel vir intelligente mense.
Haai, In-die-Verte, hierdie nuusgroep was oorspronklik bedoelvir intelligente mense, maar ons het alle
soorte peste hier en dis
baie moeilik om hulle uit te roei. Soos die armes het ons die
Davie Davisse altyd met ons. (Sy naam is eintlik du Plessis.)
Tant Hessie Hamelin
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Geselskap in Edinburgh, Skotland [boodskap #52315 is 'n antwoord op boodskap #51929] |
Do., 25 Oktober 2001 18:20   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Inniverte wrote:
> Vertel my bietjie waar kom tante vandaan en waarvoor gebruik julle nou
> eitlik hierdie forum. Klink asof julle almal redelik bedrywig is hier.
>
David, my kind, tannie kom van 'n land
wat soos 'n hart se punt ver in die suide
van Afrika lê, net langs Antariktika. Maar
tannie bly nou in die tweede grootste land
in die wêreld, alhoewel tannie nou nie weet
of die Noordpool in tannie se aangenome
land is of nie (sal moet uitvind.)
Die mense op hierdie nuusgroep gebruik
die nuusgroep vir allerhande doeleindes.
Tannie is 'n terroris/vryheidsvegter wat
werk vir die instandkoming van die Derde
Republiek na die Derde Vryheidsoorlog
teen alle hanskakies (wat engels beter kan
skryf as hulle eie moedertaal) en die
hanslammers wat staan en blêr omdat hulle
nie meer soveel melk kry as wat hulle vantevore
gekry het nie.
Tannie Che
|
|
|
|
|
|
| Re: Geselskap in Edinburgh, Skotland [boodskap #52339 is 'n antwoord op boodskap #52335] |
Do., 25 Oktober 2001 23:30   |
Streepmuis
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 2001
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 25 Oct 2001 17:19:34 -0500, "pop" wrote:
> Ha ha, bleddie snaaks Antie Ché.
Net sommer om moeilik te wees - ek dink nie "Tannie Che" is Ché nie.
Ek vermoed eerder sy bedoel Che Guevara - die bekende vryheidsvegter
wat ook o.a gesê het:
"We all must keep our hatred alive...hate that can push a human being
beyond his natural limits & make him a cold, violent, selective, &
effective killing-machine."
'n Ander bekende gesegde wat aan Che toegskryf word, wat ek nie
heeltemal so mooi kan onthou nie, maar dit is amper iets soos: You
can shoot, coward, you will only be killing a man.
|
|
|
|
| erratum - was Re: Geselskap in Edinburgh, Skotland [boodskap #52340 is 'n antwoord op boodskap #52339] |
Do., 25 Oktober 2001 23:51  |
Streepmuis
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 2001
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 25 Oct 2001 23:30:21 GMT, Streepmuis wrote:
> 'n Ander bekende gesegde wat aan Che toegskryf word, wat ek nie
> heeltemal so mooi kan onthou nie, maar dit is amper iets soos: You
> can shoot, coward, you will only be killing a man.
Dit was:
" I know you've come to kill me. Shoot, coward, you're only going to
kill a man."
|
|
|
|