| Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51915 is 'n antwoord op boodskap #51668] |
Do., 18 Oktober 2001 13:55   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Van die meer geld en aandag wat jy dink na die afgeskeeptes gaan, het ek nog
> nie gesien nie. Ek
> vermoed daardie geld
> op die een of ander manier in 'n ander ou se sak geland het.
Is jy bekwaam om te besluit oor die gesondheidsdienste vandie afgeskeeptes?
Gaan jy in die gramadoelas van Kwazulu
Natal kyk? Weet jy selfs hoe lyk die klinieke in die meestal
swart dele van Johannesburg?
En jy "vermoed" die geld gaan in ander mense se sakke?
Pas tog op vir die "vermoed"-besigheid. Dit lyk my dis 'n
industrie onder sekere blankes in SA. En let jy op hoeveel
wit mense ook aangekla word van hulle sakke lyn in die
nuwe SA? Was daar nie nou kort gelede 'n skandaal oor
wit ouens wat allerhande bouwerk en ander soort dienste
aan lokale magistraatshowe verskaf het, of soiets nie.En
van die name wat ek in die koerant gelees het, was baie
van daardie vanne Afrikanervanne.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51960 is 'n antwoord op boodskap #51930] |
Vr., 19 Oktober 2001 06:34   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie, mits die ander persoon wel weet watter
tipe skuif watter stuk mag maak. Gloudina het nou sommer haar koningin
gevat en die ruiter se skuif uitgevoer. Ek speel volgens die reëls. Sodra
sy die korrekte skuiwe geleer het, sal ek weer graag 'n beskaafde spel met
haar speel. Ek het al gesê sy beskik oor die breinvermoë om 'n beskaafde en
interessante gesprek te voer. Ek sal maar rustig wag tot daardie Gloudina
weer navore tree. Ek het egter nie lus vir woordspeletjies nie. Dis 'n
vermorsing van tyd en energie.
Dit is verkeerd om iets te lees in iets wat iemand nie sê nie. Dit is
verkeerd om elke persoon op die ng dieselfde kam te skeer. Dit is verkeerd
om mense wat 'n gesprek wil voer, wat inligting en sienings wil uitruil, aan
te val en onmiddellik te etiketteer. Dit is verkeerd om elke keer te moet
noem wat die kleur van 'n persoon was, behalwe as dit 'n spesifieke punt
motiveer.
Dankie tog dat daar net een Gloudina op die ng is. ;)) (net 'n grap, vir die
wat dit nie kan vang nie)
Shannon
Max skryf in boodskap news:9qmt4k$pd4$1@azure.nl.gxn.net...
> Weet nie of dit by julle ook op die selfte tye aangekom het nie, maar my
> skaakstorie is 3 min voor onderstaande gepos...
>
> Ons skuif nog pionne rond...
> __________________________________________________________
> skryf in boodskap news:3BCEF734.78DAD826@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> .Ek het niks gesê van
>> watter kleur vel die mense het wat die geld in hul sakke druk nie.
>
> Aha, en weer: aha.
>
> Tant Hessie van die agterste psigiaters.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #52042 is 'n antwoord op boodskap #51999] |
Sa., 20 Oktober 2001 07:07  |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
'berugte' wat 'n lae hou van jou kant! ;)) Ek wat so "sweet and nice" is
met almal?
Davie Davis skryf in boodskap news:6441ttstkp88u0tdgmqnq25smcnfkuft4b@4ax.com...
> On Fri, 19 Oct 2001 08:34:02 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie...
>
> On Fri, 19 Oct 2001 08:34:02 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie,
>
> Shannon...? Een van die berugte skakers van SA?
>
> DD
> een van Hameln se skakervangers
|
|
|
|