| Nog Humorversinsels? [boodskap #51473] |
Do., 11 Oktober 2001 18:32  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Sien, Wouter Plaasvark, jy is jou eie vyand. Jy gaan haal presies die
skietgoed uit waarmee ander jou kan afskiet. Ek het al vergeet wat jy hierbo
aanhaal van wat jy gesê het. Gie, gie, gie.
Wouter
Wat???? Gie, gie, gie????
Is dit die begin van jou humor, Gloudina?
Die verskil tussen ons twee is dat jy met 'n "geveg" besig is, Gloudinatjie.
Ek is nie bekommerd of mense my gaan afskiet nie; jy is. Want ek val nie aan
nie, ek probeer nie beheer nie. Ek is hier om te gesels en te debatteer,
niks meer nie. In die proses wys ek graag nonsens uit en ek skiet dit lustig
en ongenadiglik af as dit aggressief aangebied word.
As ek nonsens praat, skiet gerus. Maar kry eers iets om mee te skiet, tot
nou is dit net wind. Dit maak so "whoooosj" as dit sonder enige effek by my
verbygaan. Ek sien ook nie dat dit ander mense beïndruk nie.
Gloudina:
Regte humor is snaaks, maak nie seer nie. Maak nie vyande nie.
Wouter
Ek wil jou so graag glo. Demonstreer dit tog net.
Asseblief Gloudina? Ag toeeeeee.
|
|
|
|
| Re: Nog Humorversinsels? [boodskap #51483 is 'n antwoord op boodskap #51473] |
Do., 11 Oktober 2001 19:29   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> . Want ek val nie aan
> nie, ek probeer nie beheer nie. Ek is hier om te gesels en te debatteer,
> niks meer nie.
You could have fooled me in jou interaksie metFerdi.
En ek merk op dat enige tyd wanneer iemand
nie konsent om jou speletjie te speel nie, dan
kom die stekies en die pyltjies en die neerhalende
en neerbuigende opmerkings. Kan jy werklik
nie sien dat jy kontrole ten alle tyd wil uitoefen
nie?
Ek speel ook tot op 'n sekere punt die control
game. Ek toets ouens en sien wie lig bevind
word in my oë en wie ek in die proses begin
respekteer. Ek is bevrees jy weeg maar in aan
die ligte kant, veral nadat ek gesien het jy verkies
om liewer persoonlikhede aan te val as om
die waarheid te praat.
Tant Hessie van die ou skool.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nog Humorversinsels? [boodskap #51499 is 'n antwoord op boodskap #51473] |
Vr., 12 Oktober 2001 01:19  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek wil jou so graag glo. Demonstreer dit tog net.
> Asseblief Gloudina? Ag toeeeeee.
Neewat, ou Woutertjie. Ek speel nie saam met jouou speletjie nieeee. Jy wil my
kontrolleer. Ek is nie
kontroleerbaar deur snipperigheid en windstertgat-
geit nie. Alleen die real thing imponeer my.
Gloudina
|
|
|
|