| Opname [boodskap #50991] |
Di., 02 Oktober 2001 09:04  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Op 'n ander groep het iemand begin om die rympie
Sommer is nie rede nie te meld.
Dit kom toe uit dat omtrent elkeen op die groep die rympie anders ken - en
ek wonder of dit familie-, streeks- of ouderdomgebonde is.
Hier is die rympie soos ek dit ken:
Sommer is geen rede nie
Want pampoene dra nie vere nie
En likkewaanskoene is baie skaars.
( dit kan die Sandveldweergawe wees - ek weet nie)
Hoe ken jy die rympie as jy nog jonk genoeg is om dit te onthou?
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Opname [boodskap #51008 is 'n antwoord op boodskap #50999] |
Di., 02 Oktober 2001 13:08   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Okei - so die mense in die Kroo weet van skilpaaie en die mense van die
sandveld weet van pampoene?
Mens sou wou sê aartappels:)))
Enige ander insette, of kom almal van die Kroo af?
Annette
--
.za...
> ken hom ook met die vere, maar ek kom van die Noord Vrystaat, maar my ma
> was van die karoo. Ek het maar baie van haar dinge geërf, uitspraak van
> kerrie en ander woorde.
>
> Sakkie wrote in message
> news:3bb9915c$0$236@hades.is.co.za...
>> Ek ken hom ook as 'n skilpad het nie vere nie, en ja, ek kom oorspronklik
>> uit die karoo uit.
>>
>> "Spook®" wrote in message
>> news:9pc1is$g35$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Ons het weer geleer skilpad het nie vere nie dit was seker, maar die
> karoo
>>> weergawe.
>>>
>>> Groete
>>> Spook
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9pc0mm$h0v32$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>
>>>> Op 'n ander groep het iemand begin om die rympie
>>>> Sommer is nie rede nie te meld.
>>>>
>>>> Dit kom toe uit dat omtrent elkeen op die groep die rympie anders
> ken -
>> en
>>>> ek wonder of dit familie-, streeks- of ouderdomgebonde is.
>>>>
>>>> Hier is die rympie soos ek dit ken:
>>>> Sommer is geen rede nie
>>>> Want pampoene dra nie vere nie
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Opname [boodskap #51015 is 'n antwoord op boodskap #51014] |
Di., 02 Oktober 2001 15:25   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
> Sommer is geen rede nie
> Want pampoene dra nie vere nie
Ek kan vaagweg iets onthou, maar dit hetongeveer so gegaan:
pampoene het geen vere nie,
en skilpad dra geen klere nie.
In my "Afrikaanse Idiome en Ander Vaste
Uitdrukkings" praat hulle van die volgende
idioom: "Loop pluk skilpadvere." Gesê aan
'n lastige, neulerige en uitvraerige kind om
hom stil te maak.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Opname [boodskap #51079 is 'n antwoord op boodskap #51073] |
Do., 04 Oktober 2001 14:00  |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
My ma het altyd gesê 'wanneer die koeie huis toe kom'. Omdat ons wel 'n
plaas gehad het, was die antwoord nie vergesog nie. Toe ek so in graad twee
was en die koeie steeds nie opgedaag het nie, vra ek toe maar weer en sê dat
hulle nie kom nie, waarop my ma toe antwoord: wanneer die skip kom. Dit het
my aan die gang gehou tot die volgende jaar. Dis toe dat ek een en een
bymekaar getel het. ;))
Shannon
Kwarantyn wrote in message
news:C1Yu7.8581$Me3.2745615418@newssvr16.news.prodigy.com...
> Ons het altyd gesê
> "Sommer is nie rede nie
> Skilpad dra nie klere nie
> Visse het nie vere nie"
>
> En as die kinders iets vra wat jy nie graag dadelik wil doen nie, dan het
> ons altyd gesê
>
> "Eendag op 'n reëndag kan jy dit kry/sal ons dit of dat doen" en as hulle
> vra wanneer kom die reëndag dan, dan kon jy antwoord "Annerdag op 'n
> wannerdag" (Anderdag op 'n wanneer-dag). Hulle het goed verstaan dis maar 'n
> mooi manier van nee sê as 'n mens nie direk en kras "nee" wil antwoord nie.
>
|
|
|
|