| Ystervarkvel. [boodskap #48210] |
Di., 14 Augustus 2001 19:46  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
en skraap.
As dit goed skoon is, word die vel in stukke gesny en 'n dag in pekelwater
gelaat.
Kook die vel die volgende dag in vars water tot dit sag is.
Haal uit en laat droog word.
Braai op 'n rooster.
Bedien met bottersous of skuifies (sic) suurlemoen.
Annette
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. [boodskap #48236 is 'n antwoord op boodskap #48210] |
Wo., 15 Augustus 2001 05:29   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Moet waar wees - dit is 'n Namakwalandse lekkerny.
Annette
--
Danielle skryf in boodskap news:um0knt45245k98lphdv5s37094c0aqde3o@4ax.com...
> On Tue, 14 Aug 2001 21:46:09 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
>> en skraap.
>
> Annette, sê asseblief vir my dis nie waar nie! Dit kannie waar wees
> dat mense rerig ystervark velle eet nie. Ek moes nou gaan slaap, maar
> ek dink nie dis nou meer moontlik nie! :-(
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. [boodskap #48306 is 'n antwoord op boodskap #48285] |
Wo., 15 Augustus 2001 17:25   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Of rot, of selfs hampster:)))
Annette
--
GroetnisMax skryf in boodskap news:9ldu7c$25$3@azure.nl.gxn.net...
> Amper soos om muis te eet...
> ______________________________________________________
> "Thys de Wet"
>
>> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het
> net
>
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. [boodskap #48315 is 'n antwoord op boodskap #48255] |
Wo., 15 Augustus 2001 20:45   |
Pijotter
Boodskappe: 107 Geregistreer: Mei 1999
|
Senior Lid |
|
|
Ons het ook altyd op die plaas gaan ystervark jag saam met een van die
werkers en sy honde. Dit was daar in die geweste van Calvinia, tussen
Calvinia en Middelpos. Hulle sien dit byna as 'n delikatessen
Het self die een aand 'n stuk van die rugvel geeet en nogal heel interesant
gesmaak.
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9ld9ca$111r$1@news.adamastor.ac.za...
> Die plaasmense by my broer op die plaas eet ook nog ystervark. Onthou dat
> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het net
> hard geword om as beskerming en kamoeflering te dien. Die dier is ook 'n
> plantvreter, verkieslik bolle.
> Ek moes verlede week 120 ystervarkpenne skoonmaak (was in warm water en
> seep) want dit moes op die tafels by die onthaal in die servette opgerol
> wees.
> Wil iemand dalk 'n boek by my koop: "Die vader van die bruid se handleiding:
> Wat om te doen en wat om nie te doen nie om jou dogter se troue 'n sukses te
> maak en jou sinne te behou."
>
> Sal moet vooruit betaal, want ek skryf nie onnodig nie. Het dit nie meer
> nodig nie, net een dogter afgegee...
>
> Thys oppie Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:9ld1l8$8pm63$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Moet waar wees - dit is 'n Namakwalandse lekkerny.
>> Annette
>>
>>
>> --
>>
>> Danielle wrote in message
>> news:um0knt45245k98lphdv5s37094c0aqde3o@4ax.com...
>>> On Tue, 14 Aug 2001 21:46:09 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
>>>> en skraap.
>>>
>>> Annette, sê asseblief vir my dis nie waar nie! Dit kannie waar wees
>>> dat mense rerig ystervark velle eet nie. Ek moes nou gaan slaap, maar
>>> ek dink nie dis nou meer moontlik nie! :-(
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. [boodskap #48338 is 'n antwoord op boodskap #48323] |
Do., 16 Augustus 2001 06:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink ek gaan vir my 'n ystervarkie of twee aanskaf:)
Die penne klink na 'n winsgewende besigheid:))
Annette
--
.atl.mindspring.net...
> Ek het nou met my trippie R70 betaal vir twee ystervarkpenne (Bic) wat ek
> as souveniers
> gekoop het vir my twee assistente. Boereverneuk sou ek sê, maar met
> mooi silver entstukkies, en mens kan nie die refills insit nie, as die pen
> opgeskryf is, dan is dit neusie verbij.
>
> Pop
>
>
>
> Liezl wrote in message
> news:1b25448e.0108151246.1fa740d5@posting.google.com...
>> "Max" skryf in boodskap news:...
>>> Amper soos om muis te eet...
>>> ______________________________________________________
>>> "Thys de Wet"
>>>
>>>> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het net
>>
>> Het elke gas net een pen gekry? Met 2 tot 4 van hulle (penne nie gaste
>> nie) kan 'n mens darem lang hare baie mooi in 'n franse rol (is dit
>> wat 'n mens dit noem in Afrikaans) op jou kop maak staan. Ek en my
>> sussie doen dit nou al amper 'n jaar van tyd tot tyd.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48363 is 'n antwoord op boodskap #48350] |
Do., 16 Augustus 2001 11:31   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> Mense ook... Een vrou is al vir my te veel!!!
>
Maar, my liewe Max, veelwywery sal eintlik
jou probleem oplos. Dan is die een vrou se
impak effens verwater.
Die moeilikheid kom wanneer hulle 'n
vakbond stig.
Tant Hessie, wat net soos Christina Landman
vra, wat is verkeerd met veelwywery en
veelmannery.
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48387 is 'n antwoord op boodskap #48346] |
Do., 16 Augustus 2001 14:46   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
En hoeveel dames het met die penne in die hare uitgeloop?
Dit is wonderlik om nog 'n pa te sien wat so baie moeite doen net vir die
mooi. Het vroulief 'n streep Martha Stewart weg Thys?:))
Annette
--
ac.za> skryf in boodskap news:9lfst3$1nq8$1@news.adamastor.ac.za...
> Die penne was net so "af die plaas af": Vuil en vol ystervark stink.
> Ek moes elkeen in warm water en seep was, en dan met 'n skuurspons
> skoonmaak.
> Ek vra toe vir my huisdiere of ons nou die penne gaan gebruik as
> tandestokkies.
> "Nee man" seg vrou. "Dis vir mooi"
> Elke servet is opgerol en met 'n raffia (wit en groen) strikke vasgebind en
> dan is die ystervarkpen deur die knoopm van die strik gesteek. Net vir die
> mooi. Ek moes eers al die skrep punte afknip sodat daar tog nou nie iemand
> homself verwond met 'n ystervarkpen nie.
>
> Thys oppie Bos vas ge-ystervarkpen
> "Max" skryf in boodskap news:9ldu7d$25$4@azure.nl.gxn.net...
>
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48389 is 'n antwoord op boodskap #48339] |
Do., 16 Augustus 2001 14:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Baie interessant Roelof - nou weet ek my ystervarkboerdery kan vinnig
groei:))
Annette
--
Roelof skryf in boodskap news:3b7b6f5a.0@news1.mweb.co.za...
> Het julle geweet dat ystervarke is een van die eenigste soogdiere buiten
> dolfyne wat amper op 'n daaglikse basis sex het. Hulle lewe in groepe van 'n
> mannetjie en twee tot vyf wyfies. Slegs die domineerende wyfie sal dragtig
> raak met twee tot vier kleintjies na 'n draagtyd perk van 3 maande. Meestal
> in die lente na die eerste reëns. Ek het al gesien waar hulle 'n tonnel
> netwerk in 'n termietorium deel met hayenas.
>
> Roelof
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. [boodskap #48410 is 'n antwoord op boodskap #48398] |
Do., 16 Augustus 2001 17:17   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is 'n vredeliewende mens - een mannetjie per wyfie:)))
Annette
Max skryf in boodskap news:9lgobl$ng2$7@azure.nl.gxn.net...
> 'n Mannetjie en vier of vyf wyfies... :-)
> ____________________________________________________________ ___
> "Annette"
>> Ek dink ek gaan vir my 'n ystervarkie of twee aanskaf:)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48484 is 'n antwoord op boodskap #48446] |
Vr., 17 Augustus 2001 15:20   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Martha Stewart is daardie Amerikaanse dame wat gedurig besig is om mooi
versierseltjies te maak vir in en om die huis, op die tafels, in die borde,
op die kaste, pleinweg oral
Allerhande strikkies, en krulletjies, en valletjies, en stokkies, en
blommetjies.
Bllllleeeeerrrrrrccchhhhh!!!!( ek het die woord uit my Mad komieks
geleer:)) )
Sy was so 'n dinamiese tuisteskepper dat haar arme man moed opgegee het en
maar die pad gevat het.
Sy voel dit is haar plig om die wêreld se vrouens weer met geteasde hare,met
'n voorskoot en haai polvaais aan, terug in die huis te kry waar hulle
hoort:(((((
Annette
--
Thys de Wet skryf in boodskap news:9lilao$2hnp$1@news.adamastor.ac.za...
> Die penne het almal nuwe "tuistes" gekry. Daar was niks om op te ruim
> agterna nie.
>
> My grootse stoeigeveg is nou met tegnologie om die digitale fotos op 'n
> webwerf te kry.
>
> As my rekenaar se netwerkkaart nie werk nie, dan is die ander ou se CDROM
> "oppi koffi"... ens...
>
> Hopelik na die naweek sal die fotos gereed wees..
>
> Ek is seker maar stupid of iets. Wie/wat is Martha Stewart? Ons vorige
> buurvrou was Ta' Martha Cilliers. Maar sy's maar 'n gifgeitjie 1000!
>
> Thys (sonder ystervarkpenne in sy hare(wat hy nie baie van het nie)) oppie
> Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:9lgoc4$9c4cf$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> En hoeveel dames het met die penne in die hare uitgeloop?
>
|
|
|
|
| Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48510 is 'n antwoord op boodskap #48484] |
Vr., 17 Augustus 2001 19:23  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> Sy voel dit is haar plig om die wêreld se vrouens weer met geteasde hare,met
> 'n voorskoot en haai polvaais aan, terug in die huis te kry waar hulle
> hoort:(((((
>
Ek twyfel. Sy is 'n biljoenêr besigheidsvrou en
haar stocks trade op die NY Stock Exchange.
Tant Hessie wat sê: fieterjasietjies het ook 'n plek.
|
|
|
|