|
|
|
|
|
|
| Re: Ons kerke [boodskap #48538 is 'n antwoord op boodskap #48226] |
Sa., 18 Augustus 2001 11:33  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek sê nie God laat hom bind deur 'n Afrikaanse of Engelse bybel nie. Maar
glo jy bv. aan die uitverkiesingsleer - of soos baie NG predikante dat as jy
nie gedoop is nie, gaan jy hel toe of jy nou 6 dae of 60 jaar oud is? Glo
jy dat as jy 'n sondaar is jou kind ook noodwendig hel toe sal gaan, al wil
sy/hy hoe graag glo? Dis alles goed wat in ons kerke gepreek word, wat uit
die bybel gestaaf word.
Elaine
"Fielies" wrote
> Dis so maklik - jy glo eenvoudig dat die HG jou
> sal lei om net die regte waarhede en idees uit
> elke deel te haal wat jy lees - dat dit nie
> ingewikkeld sal wees nie.
>
> Ek dink nie God sal Hom laat vasketting deur ons
> Afrikaanse Bybel as Hy sy groot werk in die heelal
> doen nie. Selfs die ou wat alleen gelees het en
> dalk groot dele van sy Bybel verkeerd vestaan het,
> sal kan gered word!
|
|
|
|