Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Melktertresep #2:
Melktertresep #2: [boodskap #47730] Di, 07 Augustus 2001 07:21
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Besonderse Melktert - met 'n klapperlaaag.

Kors:
Sif 275g ( 500ml) bruismeel,
15ml vlapoeier en 'n knypie sout saam.
Vryf 125g botter/margarien liggies met die vingertoppe in die meelmengsel
in.
Klits 2 eiers,
100 g ( 125 ml) suiker en
5ml vanieljegeursel saam, en voeg dit by die meelmengsel en meng tot 'n
deeg.
Bedek die deeg en verkoel 'n uur in die koelkas.

Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
tertborde

Druk die deeg ewe dik teen die wand en op die boom van die tertborde. Sny
die rande netjies en maak riffies met die tande van 'n vurk.
Bedek die boom van elke kors met 'n sirkel waspapier en plaas 'n laag
droëbome daarop.
Bak die korse 10 minute lank op die middelste oondrak. Verwyder die
waspapier en droëbone en bak die korse 'n verdere 2 minute. Hou eenkant tot
benodig.

Klapperlaag:
Meng 100g ( 125ml) suiker,
80g ( 250ml) klapper,
50g ( 60ml) botter/margarien
50ml melk en
10ml vanieljegeursel in 'n kastrol.
Verhit die mengsel tot kookpunt en smeer dit dan op die bome van die gaar
korse.

Melkvulsel:
Kook 1l melk,
125g botter/margarien en
5ml vanieljegeursel saam.
Meng 4 eiers, geklits
100g ( 125ml) suiker en
40g ( 75ml) mielieblom ( Maizena) en
'n bietjie van die melkmengsel saam.
Roer dan hierdie eiermengsel vinnig by die res van die melkmengsel in die
kastrol.
Oppas vir klonte.
Kook die vulsel ongeveer 5 minute lank oor lae hitte tot 'n pap.
Gooi die vulsel in die tertkorse.
Laat die terte afkoel en strooi dan kaneelsuiker oor.
Annette
Vorige onderwerp: Verinbors??aling vie 'hy het geen inbors?'
Volgende onderwerp: Ope brief aan Du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 14:20:40 MGT 2024