| Springbokke se nuwe taktiek [boodskap #46768] |
Di., 17 Julie 2001 04:27  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lyk my die manne het planne:)) Hulle beseer hulself nou so met die oefeninge
dat hulle nie hoef te speel en dan uitgegooi word nie:)))
Ek meen - Harry kan nie iemand uit die span gooi wat nie speel nie, reg?:)
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Springbokke se nuwe taktiek [boodskap #46978 is 'n antwoord op boodskap #46873] |
Do., 19 Julie 2001 05:18  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Kan jy aan 'n ander rede dink waarom 2 Springbokkapteine al ten gunste van
Skinstad opgeoffer was? Glo my dit bly vir my die treffer raaisel. Eers
Teichmann, en toe verloor ons die wêreldbeker, en nou Vos. Voorwaar, my
dinges se deksel.
Dan is daar hierdie refrein - " ons berei voor vir die volgende
wêreldbeker..." Loutere snert.
Laat die "scoreboard" Saterdag praat. ; -))
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b54e592.0@news1.mweb.co.za...
> Dit klink na 'n stoeplegende. Dok is al 8 jaar oorlede, toe Bob Skinstad 16
> of 17 jaar oud was. En Dok het nie baie rondbeweeg in sy laaste jare nie.
> Dit kon dalk by die Cravenweek gebeur het, maar dit klink dik vir 'n
> daalder.
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3b54b44b$0$226@hades.is.co.za...
> Wie ken die besonderhede... Doc Craven het klaarblyklik vir Skinstad
> "gesalf" toe Craven baie oud en Skinstad baie jonk was. "Cravens' curse?"
> Craven was klaarblyklik 'n hondeliefhebber en die labrador het hom
> beindruk... Waarom wil Bobbie nou Bob word ?
> "Lou" wrote in message
> news:3B53DC04.AFD15F4D@lous.zzn.com...
>> ... en met Blopsie Skinstad as kaptein is almal baie versigtig om nie
>> met hulle rug na hom toe te staan nie want dan word jy ook summier
>> verban na die buitenste duisternis.
>>
>> Daar is ook 'n teorie hoekom Bob so baie in die agterlyn is deesdae -
>> daar is nie plek vir sy kop innie skrum nie.
>>
>> Annette wrote:
>>>
>>> Lyk my die manne het planne:)) Hulle beseer hulself nou so met die
> oefeninge
>>> dat hulle nie hoef te speel en dan uitgegooi word nie:)))
>>> Ek meen - Harry kan nie iemand uit die span gooi wat nie speel nie,
> reg?:)
>>> Annette
>
|
|
|
|