Tuis » Lekker » Stokperdjies & kunsvlyt » Vandag se foto's
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vandag se foto's [boodskap #99943 is 'n antwoord op boodskap #99940] |
Sat, 30 October 2004 14:38   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 30 Oct 2004 07:33:18 -0700, "Jonas" wrote:
> DD - dankie vir fotos.
> In die ou dae sou jy nie 'n enkele raampie op dolfyne verkwis het nie - daar
> was te veel visse op die strand.
> Hou so aan - en stuur, of plaas foto's van die bekende plekke in en om
> Durban.
>
Hier was jy ook die enigste wat terugvoering gegee het, Jonas.
Jy weet natuurlik dat 'n dolfyn nie 'n vis is nie, né.
Die intelligensie waaroor hulle beskik, is net iets uit 'n ander
wêreld. Erens is 'n AVI wat ek geneem het en vir jou wil wys,
en ek het die afgelope twee weke se DVD's en my hardeskyf
deurgesoek, maar dit is bietjie weg. Ek het heelwat AVI's geneem,
maar dit is een wat ek sal gaan oorneem as ek dit nie kry nie.
By
http://davedup.bravehost.com/photos/dayview_front.jpg
is die regterkantste wit dak die dolfenarium met die robbevertonings
onder die kleiner linkerkanste wit dak. Tydens dolfynvertonings hoor
ons die dolfyne skree hier in die woonstel. Nou moet ek nog net
uitvind wat 'n dolfyn doen, as 'n perd runnik en 'n voël tjirp. 'n Kat
maau en 'n vroumens skree, terwyl 'n leeu brul en Dolly Parton sing.
Wat doen 'n dolfyn?
> Hou so aan - en stuur, of plaas foto's van die bekende plekke in en om
> Durban.
Ek sal jou nog laat verlang na Durban met foto's van hier. Vanmôre was
ek voor Thirsty's se deur toe 'n dametjie van die vlooimark af bel,
oor iets wat op bestelling was, en gehaal is. Toe dink ek daaraan dat
jy en ek nog 'n afspraak het met 'n Kasteel by Thirsty's.
DD
ns.
Die Akwarium is besonder leersaam. Langs die groot vistenks
is beskrywings met foto's, van die visse.
By
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4553s.jpg
word die slap tussenkleur vis met die geel uitstralings van bo
en geel uitstralings van onder, en die swart vooruitsig (oor
sy neus en selfs langs albei sye), wat jou bewegings so stip
dophou, die 'Canadian' genoem. Tussen hakies word ook gesê
dit dat dit in sommige streke die Sanadian genoem word, omdat
dit 'n Suid Afrikaanse vis is, wat ook in Kanadese waters
aas.
|
|
|
Re: Vandag se foto's en klanke [boodskap #99945 is 'n antwoord op boodskap #99943] |
Sat, 30 October 2004 15:14   |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Klik, fluit, tjirp, "squeal" (?) en sonar eggos - baie musikaal die klomp.
"clicks and whistles"
www.dolphins.org.za/
"chirp and squeal"
www.sound-effect.com/sounds/animal/WhalesDS/dolphinchirping. wav
www.sound-effect.com/sounds/animal/WhalesDS/dolphinsqueal.wa v
www.dolphin-encountours.co.za/ verwys ook na die klank vibrasies (sonar
eggos) wat 'n mens (helend) beinvloed.
:-)
TJ
"DD" skryf in boodskap news:m677o0tji4caosks27f71pn6mgbih4r0ls@4ax.com...
> On Sat, 30 Oct 2004 07:33:18 -0700, "Jonas"
> wrote:
>
>> DD - dankie vir fotos.
>> In die ou dae sou jy nie 'n enkele raampie op dolfyne verkwis het nie - daar
>> was te veel visse op die strand.
>> Hou so aan - en stuur, of plaas foto's van die bekende plekke in en om
>> Durban.
>>
>
>
> Hier was jy ook die enigste wat terugvoering gegee het, Jonas.
> Jy weet natuurlik dat 'n dolfyn nie 'n vis is nie, né.
> Die intelligensie waaroor hulle beskik, is net iets uit 'n ander
> wêreld. Erens is 'n AVI wat ek geneem het en vir jou wil wys,
> en ek het die afgelope twee weke se DVD's en my hardeskyf
> deurgesoek, maar dit is bietjie weg. Ek het heelwat AVI's geneem,
> maar dit is een wat ek sal gaan oorneem as ek dit nie kry nie.
>
> By
> http://davedup.bravehost.com/photos/dayview_front.jpg
> is die regterkantste wit dak die dolfenarium met die robbevertonings
> onder die kleiner linkerkanste wit dak. Tydens dolfynvertonings hoor
> ons die dolfyne skree hier in die woonstel. Nou moet ek nog net
> uitvind wat 'n dolfyn doen, as 'n perd runnik en 'n voël tjirp. 'n Kat
> maau en 'n vroumens skree, terwyl 'n leeu brul en Dolly Parton sing.
> Wat doen 'n dolfyn?
>> Hou so aan - en stuur, of plaas foto's van die bekende plekke in en om
>> Durban.
> Ek sal jou nog laat verlang na Durban met foto's van hier. Vanmôre was
> ek voor Thirsty's se deur toe 'n dametjie van die vlooimark af bel,
> oor iets wat op bestelling was, en gehaal is. Toe dink ek daaraan dat
> jy en ek nog 'n afspraak het met 'n Kasteel by Thirsty's.
>
> DD
>
> ns.
> Die Akwarium is besonder leersaam. Langs die groot vistenks
> is beskrywings met foto's, van die visse.
> By
> http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4553s.jpg
> word die slap tussenkleur vis met die geel uitstralings van bo
> en geel uitstralings van onder, en die swart vooruitsig (oor
> sy neus en selfs langs albei sye), wat jou bewegings so stip
> dophou, die 'Canadian' genoem. Tussen hakies word ook gesê
> dit dat dit in sommige streke die Sanadian genoem word, omdat
> dit 'n Suid Afrikaanse vis is, wat ook in Kanadese waters
> aas.
>
|
|
|
Re: Vandag se foto's en klanke [boodskap #99950 is 'n antwoord op boodskap #99945] |
Sat, 30 October 2004 16:27  |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 30 Oct 2004 17:14:28 +0200, "TJ" wrote:
> Klik, fluit, tjirp, "squeal" (?) en sonar eggos - baie musikaal die klomp.
>
> "clicks and whistles"
> www.dolphins.org.za/
>
> "chirp and squeal"
> www.sound-effect.com/sounds/animal/WhalesDS/dolphinchirping. wav
> www.sound-effect.com/sounds/animal/WhalesDS/dolphinsqueal.wa v
>
> www.dolphin-encountours.co.za/ verwys ook na die klank vibrasies (sonar
> eggos) wat 'n mens (helend) beinvloed.
>
> :-)
>
> TJ
>
Dankie TJ, ek het dit reeds oopgemaak, en kuier nou nou daar:-)
DD
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:03 UTC 2025
|