Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Help gou gou.
Help gou gou. [boodskap #99618] Di, 19 Oktober 2004 08:10 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
is van die SA kultuur nie?

Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?
Re: Help gou gou. [boodskap #99619 is 'n antwoord op boodskap #99618] Di, 19 Oktober 2004 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man, die ouvrou is nie lekker nie. Hierdie ng was gestig om bydrae te gee
van dinge wat in Afrikaanssprekendes se belang is, nie noodwendig in
Afrikaans nie....maar probeer dit nou in haar kop inkry!

"Max" skryf in boodskap news:4174cbfb$0$78749$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
> Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
> VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
> is van die SA kultuur nie?
>
> Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
> nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?
>
Re: Help gou gou. [boodskap #99624 is 'n antwoord op boodskap #99618] Di, 19 Oktober 2004 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Oct 2004 10:10:07 +0200, "Max" wrote:

> Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
> Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
> VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
> is van die SA kultuur nie?
>
> Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
> nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?

Indeedio. Talk the language you want en fokken praat waaroor jy wil.

Wie gaan wat aan jou doen?
Re: Help gou gou. [boodskap #99625 is 'n antwoord op boodskap #99618] Di, 19 Oktober 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
> Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
> VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
> is van die SA kultuur nie?
>
> Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
> nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?

Jou ou vuil onderrok hang uit, tannie Max hanskakie.

Penkop op kommando
Re: Help gou gou. [boodskap #99626 is 'n antwoord op boodskap #99619] Di, 19 Oktober 2004 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Hierdie ng was gestig om bydrae te gee
> van dinge wat in Afrikaanssprekendes se belang is, nie noodwendig in
> Afrikaans nie

Nou hoe het ek dit nou. Dinge wat in Afrikaans-
sprekendes se belang is? Maar dit kan maar in
Engels wees?

Tant Hessie vir 'n tweetalige Namibië.
Re: Help gou gou. [boodskap #99627 is 'n antwoord op boodskap #99625] Di, 19 Oktober 2004 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:atCdne4YKLCLjejcRVn-sQ@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
>> Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
>> VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
>> is van die SA kultuur nie?
>>
>> Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
>> nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?
>
> Jou ou vuil onderrok hang uit, tannie Max hanskakie.
>
> Penkop op kommando
>

Ek verstaan nie wat jy sê nie... Ek gaan ook nie probeer nie
Re: Help gou gou. [boodskap #99629 is 'n antwoord op boodskap #99627] Di, 19 Oktober 2004 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek verstaan nie wat jy sê nie... Ek gaan ook nie probeer nie

Wat verstaan tannie nie?

Penkop van die Derde Republiek
Re: Help gou gou. [boodskap #99633 is 'n antwoord op boodskap #99618] Di, 19 Oktober 2004 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Oct 2004 16:30:25 -0700, "Jonas" wrote:

> Max - ek glo jy moet jou ding doen - in ingels of Afrikaans...

Jonas, nou net om seker te maak... want ek het so bietjie gewonner toe
ek sien dat hy in Pretoria verhoor is - daai ou wat Saterdag op Loftus
gestreak het, dis nie jý nie, né?

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99641 is 'n antwoord op boodskap #99618] Di, 19 Oktober 2004 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max - ek glo jy moet jou ding doen - in ingels of Afrikaans...
Maar ek het bepaald 'n probleem met Afrikaanssprekendes, nogal volwassenes,
en nogal vermeende digters in sekere gevalle (Ferdietjiekie ek praat nie van
jou nie...) wat deurlopend vloekwoorde gebruik op die nuusgroep. Ek het 'n
indruk dat dit mense is met persoonlikheidsprobleme wat hier wil beindruk
met vloekwoorde.
Wanneer ek saam met my vrinne verkeer kan ek wat vloek betref kers vashou
met enige matroos - maar hier is 'n gemengde gehoor, en waarskynlik
minderjariges ook.
So - praat ingels of Afrikaans, maar moet nie ons ou groepie vergat met
vuiltaal nie.
Re: Help gou gou. [boodskap #99642 is 'n antwoord op boodskap #99626] Wo, 20 Oktober 2004 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Natuurlik ja! Wil jy vir my sê as 'n onderwerp vir jou van belang is, gaan
jy weier om dit te lees net omdat dit in Engels geskryf is? Daar is ook
baie ex-SA'ers in die buiteland wat nie meer so sterk in Afrikaans is nie en
hom goed kan lees, maar nie so lekker meer skrywe nie. Tog het hulle nog
belangstelling in SA en wat die Afrikaners doen....en jy wil hulle wegjaag?
Jou logika [as jy so iets het!] laat jou sleg in die steek. Jy haal nou
dieselfde soort van streke uit wat jou groot held PW gedoen het.......weier
om met iemand te praat wat nie met jou wil Afrikaans praat nie? Dis tog
stront, en jy weet dit. Jou houding oor Afrikaans en van die wat hul taal
so voorop druk, het die definitiewe tekens van verloorders. Afrikaans is
sterk genoeg om te oorleef sonder dat julle nog wroeg ook daaroor!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:r9qdnas48cgjjejcRVn-3Q@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Hierdie ng was gestig om bydrae te gee
>> van dinge wat in Afrikaanssprekendes se belang is, nie noodwendig in
>> Afrikaans nie
>
> Nou hoe het ek dit nou. Dinge wat in Afrikaans-
> sprekendes se belang is? Maar dit kan maar in
> Engels wees?
>
> Tant Hessie vir 'n tweetalige Namibië.
>
Re: Help gou gou. [boodskap #99648 is 'n antwoord op boodskap #99629] Wo, 20 Oktober 2004 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

> Wat verstaan tannie nie?
>
> Penkop van die Derde Republiek

Hoe mense soos kinders raak as hulle oud word.
Re: Help gou gou. [boodskap #99652 is 'n antwoord op boodskap #99642] Wo, 20 Oktober 2004 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Daar is ook
> baie ex-SA'ers in die buiteland wat nie meer so sterk in Afrikaans is nie en
> hom goed kan lees, maar nie so lekker meer skrywe nie. Tog het hulle nog
> belangstelling in SA en wat die Afrikaners doen....en jy wil hulle
wegjaag?

Luister, ou Suidwester. Mens verloor nooit jou
moedertaal nie, tensy jy dit wil verloor. En ek
sou nooit iemand veroordeel wat gebroke
Afrikaans op die nuusgroep besig nie. Veral
as hulle vertel dat hulle al baie lank in die
buiteland is. Maar ek weier om hierdie nuusgroep,
wat gestig is om AFRIKAANS te bevorder, 'n
Engelse nuusgroep te laat word. En dit sal
baie maklik gebeur as mens dit oorlaat aan
julle klomp. Veral ons mense in die buiteland
hou daarvan om Afrikaans op hierdie nuusgroep
te skryf, want dit gee ons die kans om elke dag
bietjie Afrikaans te lees en te skryf. Ek dink
mense soos Ellie en Katryn en Basjan sal met
my saamstem.

Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99653 is 'n antwoord op boodskap #99633] Wo, 20 Oktober 2004 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - die woord is kaelnael .....
Ek gaan nie die vraag antwoord nie - maar ek moet dit sê: ...daar is 'n
verskil tussen streak en vloek. (Maar ek verpes dit as mans streak.)

(Ek het die toneel gemis - was die man darem goed bedeeld - indien wel kan
dit familie wees.)
Re: Help gou gou. [boodskap #99655 is 'n antwoord op boodskap #99652] Wo, 20 Oktober 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Veral ons mense in die buiteland
> hou daarvan om Afrikaans op hierdie nuusgroep
> te skryf, want dit gee ons die kans om elke dag
> bietjie Afrikaans te lees en te skryf. Ek dink
> mense soos Ellie en Katryn en Basjan sal met
> my saamstem.

Beslis.
Re: Help gou gou. [boodskap #99663 is 'n antwoord op boodskap #99653] Wo, 20 Oktober 2004 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 06:30:55 -0700, "Jonas" wrote:

> DD - die woord is kaelnael .....
> Ek gaan nie die vraag antwoord nie - maar ek moet dit sê: ...daar is 'n
> verskil tussen streak en vloek. (Maar ek verpes dit as mans streak.)
>
> (Ek het die toneel gemis - was die man darem goed bedeeld - indien wel kan
> dit familie wees.)
>

ek weet, Jonas, ek weet, maar ek het net 'n grand woord vir 'n
onbeskaafde daad gebruik omdat ek, nr. 1 nooit my taal mix nie,
en nr. 2 .... uh... nee, ek kan nie nou aan nòg 'n ongeldige
verskoning dink nie.

Jy het gescore deur dit te mis. Ek het ook gescore dus. My rede
is die feit dat ek nie genoeg belangstelling in rugby het, om daarna
te sit en kyk terwyk ek iets kreatiefs kan doen nie. Dit is tyd wat ek
kan gebruik om foto's te neem, 'n muur te verf, 'n afspraak te maak
met die girl op die onderste vloer... alles soveel meer opwindend.

Die foto was in 'n dagblad. Waar hy heel bekaf deur die poelieste
vasgehou word. En die volgende dag met 'n das aan in die hof
probeer versagting kry.

Wanneer gaan jy en ek 'n bier by Thirsty's drink?

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99664 is 'n antwoord op boodskap #99652] Wo, 20 Oktober 2004 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Suidwester" skryf
>
> Daar is ook
>> baie ex-SA'ers in die buiteland wat nie meer so sterk in Afrikaans is nie
> en
>> hom goed kan lees, maar nie so lekker meer skrywe nie. Tog het hulle nog
>> belangstelling in SA en wat die Afrikaners doen....en jy wil hulle
> wegjaag?
>

Bouwer antwoord toe sò:
(Gemerk 1,2,&3 deur my ter wille van interessantheid)

1.
> Luister, ou Suidwester. Mens verloor nooit jou
> moedertaal nie, tensy jy dit wil verloor.

2.
> Maar ek weier om hierdie nuusgroep,
> wat gestig is om AFRIKAANS te bevorder, 'n
> Engelse nuusgroep te laat word.

3.
> En dit sal baie maklik gebeur as mens dit oorlaat aan
> julle klomp.
>
> Gloudina
>
>

as jy Bouwer, die moed het, vertel vir Suidwester
watter taal die Afrikaanssprekende jý en jou Afrikaanssprekende man,
met mekaar praat.

Heelwaarskynlik gaan jy hierdie brief
òf ignoreer,
òf met 'n heel 'off topic' tema beantwoord
of lieg.

Jy hoef nie my te antwoord nie, want ek glo nie dat jy
genoeg liefde vir my het daarvoor nie. Maar, jy skuld
die res van die groep 'n antwoord. As jy daarop aandring
sal ek nie jou antwoord lees nie. Jy sal egter mooi moet vra.

Watter taal praat jy en jou man met mekaar?

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99669 is 'n antwoord op boodskap #99664] Wo, 20 Oktober 2004 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Watter taal praat jy en jou man met mekaar?

Dit het niks te doen met die feit dat hierdie 'n nuusgroep
is wat spesifiek geskep is om Afrikaans en stukke oor
Afrikaans en SA geleenthede te bevorder nie. 'n Stuk
in Afrikaans oor die Amerikaanse verkiesing is in orde.
'n Stuk in Engels oor dinge in Zimbabwe of Australië
is nie in orde nie. 'n Stuk in Afrikaans oor die
Amerikaanse verkiesing verryk Afrikaans. 'n Stuk
in Engels oor dinge in Australië verkrag die nuus-
groep, wat gestig is om Afrikaans te bevorder.
Mag ek jou vra. Van wanneer af is jy so 'n voorvegter
vir Engels en die vrye gebruik van Engels selfs op
plekke waar mens Afrikaans sou verwag. Was jy nie
een van daardie ouens wat destyds so gesit en mor
het omdat daar nou so min Afrikaans op die radio
en TV in SA is nie?

Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99673 is 'n antwoord op boodskap #99669] Wo, 20 Oktober 2004 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 16:14:28 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> Watter taal praat jy en jou man met mekaar?
>
> Dit het niks te doen met die feit dat hierdie 'n nuusgroep
> is bla bla bla...

> Mag ek jou vra. Van wanneer af is jy so 'n voorvegter
> vir Engels en die vrye gebruik van Engels selfs op
> plekke waar mens Afrikaans sou verwag. Was jy nie
> een van daardie ouens wat destyds so gesit en mor
> het omdat daar nou so min Afrikaans op die radio
> en TV in SA is nie?
>
> Gloudina
>

Natuurlik mag jy my vra. En ek gaan nie jou vraag omseil
soos jy myne omseil het nie. Ek is nié 'n voorvegter vir
die gelyke regte vir Engels op hierdie groep nie.
Inderwaarheid gun ek Engels geen reg hier nie.

Die morrery oor te min Afrikaans op radio en TV in Suid Afrika
kan ek nie onthou nie, maar dat ek die klaers sou ondersteun
in so 'n geval, is die waarheid. So ek kon een van hulle gewees het.
Huidiglik (bestaan daar so 'n woord?) het een van die gewildste TV
aanbieders, E-TV, gevra dat Afrikaans op TV ingekort word, ter wille
van ander minder gebruikte tale. Daar is nie gevra dat Engels ook 'n
deel van die tyd moet verskaf nie, maar slegs Afrikaans, wat reeds 'n
baie kort tydsgleuf geniet. Natuurlik sal die anc regering dit met 'n
plesier doen.

Mag ek jou vra, waarom jy van ander mense verwag om te doen wat jy nie
bereid is om te doen nie?

1.
> Luister, ou Suidwester. Mens verloor nooit jou
> moedertaal nie, tensy jy dit wil verloor.

Met ander woorde, ìn jou huis wou jy dit verloor.
Jou woorde, nie myne nie.

2.
> Maar ek weier om hierdie nuusgroep,
> wat gestig is om AFRIKAANS te bevorder, 'n
> Engelse nuusgroep te laat word.

Maar jou tuiste, wat die tuiste was van Afrikaanssprekendes,
het jy verander in 'n huis waar Engels heers.

3.
> En dit sal baie maklik gebeur as mens dit oorlaat aan
> julle klomp.

Om Afrikaans te eer en te behou, was oorgelaat aan julle klomp.
Julle het Afrikaans by die agterdeur uitgesmyt, omdat dit oorgelaat
was aan julle klomp.

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99674 is 'n antwoord op boodskap #99673] Wo, 20 Oktober 2004 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Mag ek jou vra, waarom jy van ander mense verwag om te doen wat jy nie
> bereid is om te doen nie?

Jou vraag hierbo is 'n klomp wind. Van wanneer
af is ek nie bereid om Afrikaans op hierdie
nuusgroep te besig en te respekteer nie? Wat
in my eie huishouding in Kanada tusssen
Kanadese burgers aangaan, het niks met jou
te doen nie en ek vra jou nou weer meer mooi
om jou neus uit my sake te hou. Onder
bespreking is óf Engels maar liberaal op
hierdie nuusgroep moet toegelaat word.
Dit het alles te doen met hierdie nuusgroep
en die stand van Afrikaans. Niks met my
huishouding nie.

Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99675 is 'n antwoord op boodskap #99674] Wo, 20 Oktober 2004 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 17:27:47 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> Mag ek jou vra, waarom jy van ander mense verwag om te doen wat jy nie
>> bereid is om te doen nie?
>
> Jou vraag hierbo is 'n klomp wind. Van wanneer
> af is ek nie bereid om Afrikaans op hierdie
> nuusgroep te besig en te respekteer nie?

> Gloudina
>

vertel aan hierdie groep wat jou huistaal is (punt)

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99676 is 'n antwoord op boodskap #99675] Wo, 20 Oktober 2004 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Oct 2004 23:34:34 +0200, DD wrote:

> On Wed, 20 Oct 2004 17:27:47 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>

>> "DD" skryf

>>> Mag ek jou vra, waarom jy van ander mense verwag om te doen wat jy nie
>>> bereid is om te doen nie?

>> Jou vraag hierbo is 'n klomp wind. Van wanneer
>> af is ek nie bereid om Afrikaans op hierdie
>> nuusgroep te besig en te respekteer nie?
>
>> Gloudina

>
> vertel aan hierdie groep wat jou huistaal is (punt)
>
> DD
>

Dit is middernag. Ek gaan nou afskakel
en jy hoef nie meer te antwoord as wat jy
reeds het nie. Want vir enige nuweling op
die groep, het jy reeds volledig geantwoord.

Goeie nag

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99677 is 'n antwoord op boodskap #99653] Do, 21 Oktober 2004 00:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
As die streaker na jou toe hardloop, dan is dit kaelnael.
Maar as hy weg van jou hardloop, dan is dit kaalhol.

Bosvark

"Jonas" skryf in boodskap news:cl4pno$gf7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
DD - die woord is kaelnael .....
Ek gaan nie die vraag antwoord nie - maar ek moet dit sê: ...daar is 'n
verskil tussen streak en vloek. (Maar ek verpes dit as mans streak.)

(Ek het die toneel gemis - was die man darem goed bedeeld - indien wel kan
dit familie wees.)
Re: Help gou gou. [boodskap #99678 is 'n antwoord op boodskap #99663] Do, 21 Oktober 2004 04:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - die storie van jou wat nie so graag rugby kyk nie is nagenoeg dieselfde
as myne as dit by gholf kom. Ek hou vol dat ek baie van gholf hou a.g. dit
die kans bied om by die gholfspelers se vrouens te kuier ... (Speel die ou
op die eerste vloer ook graag gholf ...)
Lyk my ek gaan "Thirsty's" nie gou in sy huidige vorm sien nie - die tanne
het hier weer in die pap geval en Durbs sal my nie gou sien nie. Maar wie
weet - in my lewe gebeur dinge sonder waarskuwing en veral plotselings - so,
hou hierdie spasie dop vir 'n dop uitnodiging ....
Re: Help gou gou. [boodskap #99681 is 'n antwoord op boodskap #99674] Do, 21 Oktober 2004 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Met ander woorde dit is ENGELS !

"@rogers.com" skryf in boodskap news:UImdnekce8CtSuvcRVn-sQ@rogers.com...
>
> "DD" skryf
>
>> Mag ek jou vra, waarom jy van ander mense verwag om te doen wat jy nie
>> bereid is om te doen nie?
>
> Jou vraag hierbo is 'n klomp wind. Van wanneer
> af is ek nie bereid om Afrikaans op hierdie
> nuusgroep te besig en te respekteer nie? Wat
> in my eie huishouding in Kanada tusssen
> Kanadese burgers aangaan, het niks met jou
> te doen nie en ek vra jou nou weer meer mooi
> om jou neus uit my sake te hou. Onder
> bespreking is óf Engels maar liberaal op
> hierdie nuusgroep moet toegelaat word.
> Dit het alles te doen met hierdie nuusgroep
> en die stand van Afrikaans. Niks met my
> huishouding nie.
>
> Gloudina
>
Re: Help gou gou. [boodskap #99682 is 'n antwoord op boodskap #99652] Do, 21 Oktober 2004 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:B6-dnZtAi4P2wuvcRVn-1Q@rogers.com...
Maar ek weier om hierdie nuusgroep,
> wat gestig is om AFRIKAANS te bevorder,
----maar jy het dit mis, ou antie. Die ng was nie gestig om Afrikaans te
bevorder nie. Hoeveel keer het die mense nie al die aanvanklike
doelstellings hier gepos nie en jy ignoreer dit eenvoudig soos 'n
vrouebestuurder 'n stopteken ignoreer! Dit is wel gestig om
Afrikaanssprekendes wêreldwyd 'n geleentheid te gee om te kommunikeer, maar
dis nooit gesê dit moet noodwendig in Afrikaans wees nie. JY is die een
wat op Afrikaans aandring. Jy maak nou soos jou gabba PW wat jou taal
probeer afdwing op almal. As jy tyd het om aanhalings uit die Engels te
vertaal voor jy dit pos, is jy welkom....ander het nie. Al hierdie maak
nie saak nie....nie jy of ek kan enigiemand op hierdie ng voorsê nie.

>
Re: Help gou gou. [boodskap #99688 is 'n antwoord op boodskap #99655] Do, 21 Oktober 2004 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:0htcn0tdktvruqtfshrpe6279t6icmt8en@4ax.com...
> "@rogers.com" skryf:
>
>> Veral ons mense in die buiteland
>> hou daarvan om Afrikaans op hierdie nuusgroep
>> te skryf, want dit gee ons die kans om elke dag
>> bietjie Afrikaans te lees en te skryf. Ek dink
>> mense soos Ellie en Katryn en Basjan sal met
>> my saamstem.

Ek stem saam. Ek geniet die geklets in Afrikaans op die groep baie, maar ek
kan in VOLLE eerlikheid sê dat nie geafronteerd is as iemand in Engels skryf
nie. Ek hoor veel eerder PRESIES wat jy wil sê, as om jou te forseer om
jouself verkeerdelik in 'n vreemde taal uit te druk.

My pa het my eenkeer vertel van 'n (Afrikaanse) kortverhaal waar gesels word
oor 'n swart leerling wat opdrag kry in sy (geforseerde) Afrikaanse klas om
van sy droomvakansie te vertel. Hy sit en dink toe oor die pragtige
goudbruin strand, die aanloklike vrou met 'n heuningby-lyf wat vir hom 'n
stroopsoet drankie in 'n uitgeholde pynappel bring. Hy droom verder oor die
son wat lig oor sy vel dans en die golwe wat soos perde oor die sand gallop
en runnik. En so aan en so aan.

Wat skryf hy toe?

Iets soos: Die vakansie ek was op hom die plaas. Ek het hom by die ouma en
oupa gekuier. Ek het hom die baie lekker gekuier. Ek denk dat hom die
plaas is goeie plek. Dit is plek waar hom die oupa en ouma bly. (Of so
iets)

(Ek dink die skrywer was Chris Barnard, maar ek is nie seker nie)

Taal is soos 'n kern. In Afrikaans droom ek, dink ek, speel ek, vry ek,
leer ek my kind. Om my te forseer om in 'n ander taal te praat, droom ek
minder, dink ek minder reguit, speel ek minder, vry ek slegter, leer ek my
kind skeef. So ek glo jy moet jou uitdruk in die taal wat jou eie is. Ek
wil hoor wat jy dink, nie wat jy kan uitdruk nie.

Ek stem saam dat jy nie moet "fancy" kom rondgooi op die nuusgroep nie, maar
as 'n artikel in Engels is, gun ek jou dit om nie alles (semi-verkeerdelik)
hoef oor te vertaal nie.

maar my siening - Basjan
Re: Help gou gou. [boodskap #99691 is 'n antwoord op boodskap #99682] Do, 21 Oktober 2004 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

As jy tyd het om aanhalings uit die Engels te
> vertaal voor jy dit pos, is jy welkom....ander het nie. Al hierdie maak
> nie saak nie....nie jy of ek kan enigiemand op hierdie ng voorsê nie.

En veroordeel ek ooit aanhalings uit Engels? Al
waarteen ek beswaar maak is as Frikkie
Potgieter ellelange stukke strooi in Engels op
die nuusgroep pos. Ek maak beswaar as iemand
grappe met Australiese strekking op die nuusgroep
pos. Ek maak beswaar as 'n Nederlander sy
gebroke Engels op die nuusgroep kom toets
liewer as om Nederlands op die Afrikaanse
nuusgroep te gebruik. Ensovoorts. En ek
wonder hoekom julle almal so vrééslik
agiteer vir Engels op hierdie nuusgroep.
Is dit omdat julle oortuig is daarvan dat hierdie
nuusgroep óóp moet wees vir Engels. ( Wat
gewoonlik in Afrikaanse kringe gebeur,
sodra een mens Engels praat, praat al die
Afrikaners saam Engels. Dis 'n siekte.)
Of is dit omdat julle my wil aanval? In
watter geval julle jul in die toon skiet. En
Afrikaans se kanse op 'n voortbestaan in
die kuberruimte verswak.

Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99699 is 'n antwoord op boodskap #99681] Do, 21 Oktober 2004 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Oct 2004 09:45:18 +0200, "Riaan" wrote:

> Met ander woorde dit is ENGELS !
>
>
>

korrek Riaan, hulle het die gebruik van Afrikaans uit hul huis verban.
'n Paar briewe verder sê sy:

> ( Wat gewoonlik in Afrikaanse kringe gebeur,
> sodra een mens Engels praat, praat al die
> Afrikaners saam Engels. Dis 'n siekte.)

> Gloudina

" 'n Siekte" noem sy dit wanneer die Afrikaners
saam Engels praat wanneer een Engels praat.
Wat noem jy dit wanneer 'n Afrikaanssprekende egpaar
met mekaar Engels gesels? En hul huistaal na Engels verander?
Én dàn, dit 'n siekte noem wanneer ànder Afrikaners Engels praat
met, let wel, Engelssprekendes?

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99701 is 'n antwoord op boodskap #99699] Do, 21 Oktober 2004 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Wat noem jy dit wanneer 'n Afrikaanssprekende egpaar
> met mekaar Engels gesels? En hul huistaal na Engels verander?
> Én dàn, dit 'n siekte noem wanneer ànder Afrikaners Engels praat
> met, let wel, Engelssprekendes?

Jy vergeet natuurlik die ander deel van die
storie. Dat my man geweier het om Afrikaans
te praat omdat die manne wat die strate
van Soweto met kaspirs gepatrolleer het,
Afrikaans met mekaar gepraat het.
En wanneer mense ophou Afrikaans as
hulle huistaal gebruik en begin Engels
praat, dan is hulle nie meer Afrikaans-
sprekend nie maar Engelssprekend.
Ek vra jou nou weer mooi. Bly uit
my man en my gesin se gesig uit. Ek
kritiseer nooit jou familie nie. Ek
probeer jou ook nie bel nie.

Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99702 is 'n antwoord op boodskap #99701] Do, 21 Oktober 2004 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Oct 2004 14:59:51 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> Wat noem jy dit wanneer 'n Afrikaanssprekende egpaar
>> met mekaar Engels gesels? En hul huistaal na Engels verander?
>> Én dàn, dit 'n siekte noem wanneer ànder Afrikaners Engels praat
>> met, let wel, Engelssprekendes?
>

> Jy vergeet natuurlik die ander deel van die
> storie. Dat my man geweier het om Afrikaans
> te praat
>
> Gloudina
>

I rest my kys:-)

DD
Re: Help gou gou. [boodskap #99708 is 'n antwoord op boodskap #99701] Vr, 22 Oktober 2004 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoe ek ook al na dit kyk is daar volgens my net een ding wat ek daarvan kan
sê en dit is "Hel maar dit is nou vir jou 'n kak redenasie". 'n Goeie
sielkundige ..............>

Ek neem aan jou man swem ook nie in die see nie want daar het al 'n paar
Afrikaans sprekendes in die see gepiepie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:obGdnRZrn-WZm-XcRVn-gA@rogers.com...
>
> Jy vergeet natuurlik die ander deel van die
> storie. Dat my man geweier het om Afrikaans
> te praat omdat die manne wat die strate
> van Soweto met kaspirs gepatrolleer het,
> Afrikaans met mekaar gepraat het.

> Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99715 is 'n antwoord op boodskap #99691] Vr, 22 Oktober 2004 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil nie betrokke raak by die geveg nie, maar Afrikaners praat Engels as
daar ander Engelse mense om hulle is, bloot uit goeie maniere! Ek het 'n
vriend wat van Engeland af kom, hy kan nie Afrikaans praat of verstaan nie,
nou die dag het ons 'n braai en almal, insluitende sy vrou, is Afrikaans.
Almal praat ewe ongeskik Afrikaans en my tjom kan nie saam praat nie omdat
hy niks verstaan nie!! Ek was na 'n ruk rooi van ergenis gewees en het oor
en oor vir die mense gesê om Engels te praat sodat my pel saam kan gesels.
Later het ons maar so op ons eis soos twee skoolkinders wat uit die kliek
geskop is gesit en gesels.

Op Universiteit het ons een Engelse vriend gehad, wat Afrikaans goed kon
verstaan, maar nie altyd die begrippe kon "grasp" nie, met hom het ons ook
Engels gepraat, al het hy altyd gesê dis nie nodig nie. Dis bloot prakties
om 'n taal te praat wat almal goed kan verstaan in geselskap waar daar
verskillende "taalpraters" is. Jy noem dit 'n siekte, ek noem dit goeie
maniere.

Elaine

"@rogers.com" wrote:
( Wat
> gewoonlik in Afrikaanse kringe gebeur,
> sodra een mens Engels praat, praat al die
> Afrikaners saam Engels. Dis 'n siekte.)
>
> Gloudina
>
Re: Help gou gou. [boodskap #99717 is 'n antwoord op boodskap #99715] Vr, 22 Oktober 2004 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

Jy noem dit 'n siekte, ek noem dit goeie
> maniere.

Goeie maniere moet natuurlik altyd die basis
vir jou handel en wandel wees. Maar ek dink
tog dat daar 'n ongesonde neiging is onder
Afrikaners om altyd Engels-praat voorrang
te gee in die geselskap, selfs al is dit nie
nodig nie, soos jy hierbo wel illustreer deur
Engels te praat voor die Engelse vriend wat
sê dit is nie nodig nie.
Ek dink die Engels-praat het sy wortel
in die geslag van my ma se tyd, wat Engels
op skool gehad het vroeg in die twintigste
eeu, en wat dus amper in Engels moes
dink. My ma moes altyd haar vermenigvuldig-
tafels in Engels sê. (Ek moet myne weer altyd
in Afrikaans sê.)
Ek sien ook 'n neiging in SA om te verengels,
selfs onder basies Afrikaanse families. Ek het
'n swaer, wat met 'n Suid-Afrikaanse Duitser
getroud is ( wat Engels in die huis gepraat het
as hulle nie Duits gepraat het nie.) Nou, in
minder as 'n geslag, is die hele familie verengels,
seker omdat beide hulle skoonseuns Engels
is. Maar ek vind dit tog snaaks om met mense
in Engels te praat, al is hulle Afrikaans baie
beter as hulle Engels.
Ek kan natuurlik nie kritiseer nie. My eie
familie het verengels.

Gloudina
Re: Help gou gou. [boodskap #99729 is 'n antwoord op boodskap #99717] Sa, 23 Oktober 2004 11:18 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, jy het miskien 'n punt daar beet, maar die Engelse "vang" nie altyd ons
begrippe nie. Vandag kom hier weer twee mense wat in SA groot geword het,
en hier skool gegaan het. Hulle verstaan seker woorde in Afrikaans, maar
hulle kan nie die begrip agter sekere sinne snap nie. Baie Engelse is so,
so nou praat ons in Afrikaans, en elke tweede begrip moet in Engels
verduidelik word - dis makliker en meer prakties om net Engels van die begin
af te praat. Ek was in 'n dubbel-medium skool waar die voertaal Afrikaans
en Engels was. As die onderwysers in Engels klas gegee het, het jy nie een
enkele Afrikaner 'n vraag sien vra nie, sodra hy oorgeslaan het Afrikaans
toe, het die Engelse so een na die ander hand opgesteek en gevra vir Engelse
verduidelikings. "They just don't get it". Wat is die oplossing gewees?
Praat eenvoudig Engels van die begin af - anders mors jy tyd.

Ek veralgemeen, nie alle Engelse is so stadig wanneer dit by Afrikaans kom
nie, baie van hulle probeer regtig hard. My ma se beste vriendin was
Engels, ek en haar seun (wat 'n jaar ouer as ek is) het mekaar so oor en
weer Afrikaans en Engels geleer.

Die punt wat ek probeer maak, is eenvoudig. Ek's lief vir Afrikaans, dis 'n
lekker taal om te gesels, en 'n lekker taal om in te skryf. Maar dis al wat
dit is, 'n taal, 'n kommunikasie-middel en as ek hardegat wil wees en net
Afrikaans wil praat, gaan ek my gat sien, want Afrikaans is 'n inheemse,
etniese taal wat net deur 'n handjievol mense gepraat word. Of ek nou
Engels, Afrikaans, Zoeloe, Xhosa, Noors of Russies moet praat om my boodskap
oor te bring, so be it. Dan gaan leer ek die taal en dra my boodskap oor.

Elaine

"@rogers.com" wrote:>

> Goeie maniere moet natuurlik altyd die basis
> vir jou handel en wandel wees. Maar ek dink
> tog dat daar 'n ongesonde neiging is onder
> Afrikaners om altyd Engels-praat voorrang
> te gee in die geselskap, selfs al is dit nie
> nodig nie, soos jy hierbo wel illustreer deur
> Engels te praat voor die Engelse vriend wat
> sê dit is nie nodig nie.
> Ek dink die Engels-praat het sy wortel
> in die geslag van my ma se tyd, wat Engels
> op skool gehad het vroeg in die twintigste
> eeu, en wat dus amper in Engels moes
> dink. My ma moes altyd haar vermenigvuldig-
> tafels in Engels sê. (Ek moet myne weer altyd
> in Afrikaans sê.)
> Ek sien ook 'n neiging in SA om te verengels,
> selfs onder basies Afrikaanse families. Ek het
> 'n swaer, wat met 'n Suid-Afrikaanse Duitser
> getroud is ( wat Engels in die huis gepraat het
> as hulle nie Duits gepraat het nie.) Nou, in
> minder as 'n geslag, is die hele familie verengels,
> seker omdat beide hulle skoonseuns Engels
> is. Maar ek vind dit tog snaaks om met mense
> in Engels te praat, al is hulle Afrikaans baie
> beter as hulle Engels.
> Ek kan natuurlik nie kritiseer nie. My eie
> familie het verengels.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: auto-ongeval in Namibië,
Volgende onderwerp: Re: 'My building has been hijacked'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 14:29:14 MGT 2024