Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Help gou gou.
Help gou gou. [boodskap #99618] |
Tue, 19 October 2004 08:10  |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
is van die SA kultuur nie?
Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99619 is 'n antwoord op boodskap #99618] |
Tue, 19 October 2004 08:17   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Man, die ouvrou is nie lekker nie. Hierdie ng was gestig om bydrae te gee
van dinge wat in Afrikaanssprekendes se belang is, nie noodwendig in
Afrikaans nie....maar probeer dit nou in haar kop inkry!
"Max" skryf in boodskap news:4174cbfb$0$78749$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
> Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
> VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
> is van die SA kultuur nie?
>
> Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
> nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?
>
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99624 is 'n antwoord op boodskap #99618] |
Tue, 19 October 2004 10:09   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 19 Oct 2004 10:10:07 +0200, "Max" wrote:
> Ek wil graag weet, wat is die mees aanvaarbare, om op hierdie groep in
> Engels te praat oor SA sake, of om in Afrikaans te praat oor
> VSA/Kanada/Rusland politiek... budda, of wat ookal, wat heeltemal nie deel
> is van die SA kultuur nie?
>
> Hierdie is 'n publieke groep, maak nie 'n varkdrol saak wie dit gestig het
> nie, hy behoort ewe veel aan ons almal. Of het ek dit mis?
Indeedio. Talk the language you want en fokken praat waaroor jy wil.
Wie gaan wat aan jou doen?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99663 is 'n antwoord op boodskap #99653] |
Wed, 20 October 2004 17:56   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 20 Oct 2004 06:30:55 -0700, "Jonas" wrote:
> DD - die woord is kaelnael .....
> Ek gaan nie die vraag antwoord nie - maar ek moet dit sê: ...daar is 'n
> verskil tussen streak en vloek. (Maar ek verpes dit as mans streak.)
>
> (Ek het die toneel gemis - was die man darem goed bedeeld - indien wel kan
> dit familie wees.)
>
ek weet, Jonas, ek weet, maar ek het net 'n grand woord vir 'n
onbeskaafde daad gebruik omdat ek, nr. 1 nooit my taal mix nie,
en nr. 2 .... uh... nee, ek kan nie nou aan nòg 'n ongeldige
verskoning dink nie.
Jy het gescore deur dit te mis. Ek het ook gescore dus. My rede
is die feit dat ek nie genoeg belangstelling in rugby het, om daarna
te sit en kyk terwyk ek iets kreatiefs kan doen nie. Dit is tyd wat ek
kan gebruik om foto's te neem, 'n muur te verf, 'n afspraak te maak
met die girl op die onderste vloer... alles soveel meer opwindend.
Die foto was in 'n dagblad. Waar hy heel bekaf deur die poelieste
vasgehou word. En die volgende dag met 'n das aan in die hof
probeer versagting kry.
Wanneer gaan jy en ek 'n bier by Thirsty's drink?
DD
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99664 is 'n antwoord op boodskap #99652] |
Wed, 20 October 2004 18:11   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>
> "Suidwester" skryf
>
> Daar is ook
>> baie ex-SA'ers in die buiteland wat nie meer so sterk in Afrikaans is nie
> en
>> hom goed kan lees, maar nie so lekker meer skrywe nie. Tog het hulle nog
>> belangstelling in SA en wat die Afrikaners doen....en jy wil hulle
> wegjaag?
>
Bouwer antwoord toe sò:
(Gemerk 1,2,&3 deur my ter wille van interessantheid)
1.
> Luister, ou Suidwester. Mens verloor nooit jou
> moedertaal nie, tensy jy dit wil verloor.
2.
> Maar ek weier om hierdie nuusgroep,
> wat gestig is om AFRIKAANS te bevorder, 'n
> Engelse nuusgroep te laat word.
3.
> En dit sal baie maklik gebeur as mens dit oorlaat aan
> julle klomp.
>
> Gloudina
>
>
as jy Bouwer, die moed het, vertel vir Suidwester
watter taal die Afrikaanssprekende jý en jou Afrikaanssprekende man,
met mekaar praat.
Heelwaarskynlik gaan jy hierdie brief
òf ignoreer,
òf met 'n heel 'off topic' tema beantwoord
of lieg.
Jy hoef nie my te antwoord nie, want ek glo nie dat jy
genoeg liefde vir my het daarvoor nie. Maar, jy skuld
die res van die groep 'n antwoord. As jy daarop aandring
sal ek nie jou antwoord lees nie. Jy sal egter mooi moet vra.
Watter taal praat jy en jou man met mekaar?
DD
|
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99673 is 'n antwoord op boodskap #99669] |
Wed, 20 October 2004 20:45   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 20 Oct 2004 16:14:28 -0400, "@rogers.com" wrote:
>
> "DD" skryf
>
>> Watter taal praat jy en jou man met mekaar?
>
> Dit het niks te doen met die feit dat hierdie 'n nuusgroep
> is bla bla bla...
> Mag ek jou vra. Van wanneer af is jy so 'n voorvegter
> vir Engels en die vrye gebruik van Engels selfs op
> plekke waar mens Afrikaans sou verwag. Was jy nie
> een van daardie ouens wat destyds so gesit en mor
> het omdat daar nou so min Afrikaans op die radio
> en TV in SA is nie?
>
> Gloudina
>
Natuurlik mag jy my vra. En ek gaan nie jou vraag omseil
soos jy myne omseil het nie. Ek is nié 'n voorvegter vir
die gelyke regte vir Engels op hierdie groep nie.
Inderwaarheid gun ek Engels geen reg hier nie.
Die morrery oor te min Afrikaans op radio en TV in Suid Afrika
kan ek nie onthou nie, maar dat ek die klaers sou ondersteun
in so 'n geval, is die waarheid. So ek kon een van hulle gewees het.
Huidiglik (bestaan daar so 'n woord?) het een van die gewildste TV
aanbieders, E-TV, gevra dat Afrikaans op TV ingekort word, ter wille
van ander minder gebruikte tale. Daar is nie gevra dat Engels ook 'n
deel van die tyd moet verskaf nie, maar slegs Afrikaans, wat reeds 'n
baie kort tydsgleuf geniet. Natuurlik sal die anc regering dit met 'n
plesier doen.
Mag ek jou vra, waarom jy van ander mense verwag om te doen wat jy nie
bereid is om te doen nie?
1.
> Luister, ou Suidwester. Mens verloor nooit jou
> moedertaal nie, tensy jy dit wil verloor.
Met ander woorde, ìn jou huis wou jy dit verloor.
Jou woorde, nie myne nie.
2.
> Maar ek weier om hierdie nuusgroep,
> wat gestig is om AFRIKAANS te bevorder, 'n
> Engelse nuusgroep te laat word.
Maar jou tuiste, wat die tuiste was van Afrikaanssprekendes,
het jy verander in 'n huis waar Engels heers.
3.
> En dit sal baie maklik gebeur as mens dit oorlaat aan
> julle klomp.
Om Afrikaans te eer en te behou, was oorgelaat aan julle klomp.
Julle het Afrikaans by die agterdeur uitgesmyt, omdat dit oorgelaat
was aan julle klomp.
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99688 is 'n antwoord op boodskap #99655] |
Thu, 21 October 2004 09:37   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:0htcn0tdktvruqtfshrpe6279t6icmt8en@4ax.com...
> "@rogers.com" skryf:
>
>> Veral ons mense in die buiteland
>> hou daarvan om Afrikaans op hierdie nuusgroep
>> te skryf, want dit gee ons die kans om elke dag
>> bietjie Afrikaans te lees en te skryf. Ek dink
>> mense soos Ellie en Katryn en Basjan sal met
>> my saamstem.
Ek stem saam. Ek geniet die geklets in Afrikaans op die groep baie, maar ek
kan in VOLLE eerlikheid sê dat nie geafronteerd is as iemand in Engels skryf
nie. Ek hoor veel eerder PRESIES wat jy wil sê, as om jou te forseer om
jouself verkeerdelik in 'n vreemde taal uit te druk.
My pa het my eenkeer vertel van 'n (Afrikaanse) kortverhaal waar gesels word
oor 'n swart leerling wat opdrag kry in sy (geforseerde) Afrikaanse klas om
van sy droomvakansie te vertel. Hy sit en dink toe oor die pragtige
goudbruin strand, die aanloklike vrou met 'n heuningby-lyf wat vir hom 'n
stroopsoet drankie in 'n uitgeholde pynappel bring. Hy droom verder oor die
son wat lig oor sy vel dans en die golwe wat soos perde oor die sand gallop
en runnik. En so aan en so aan.
Wat skryf hy toe?
Iets soos: Die vakansie ek was op hom die plaas. Ek het hom by die ouma en
oupa gekuier. Ek het hom die baie lekker gekuier. Ek denk dat hom die
plaas is goeie plek. Dit is plek waar hom die oupa en ouma bly. (Of so
iets)
(Ek dink die skrywer was Chris Barnard, maar ek is nie seker nie)
Taal is soos 'n kern. In Afrikaans droom ek, dink ek, speel ek, vry ek,
leer ek my kind. Om my te forseer om in 'n ander taal te praat, droom ek
minder, dink ek minder reguit, speel ek minder, vry ek slegter, leer ek my
kind skeef. So ek glo jy moet jou uitdruk in die taal wat jou eie is. Ek
wil hoor wat jy dink, nie wat jy kan uitdruk nie.
Ek stem saam dat jy nie moet "fancy" kom rondgooi op die nuusgroep nie, maar
as 'n artikel in Engels is, gun ek jou dit om nie alles (semi-verkeerdelik)
hoef oor te vertaal nie.
maar my siening - Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99715 is 'n antwoord op boodskap #99691] |
Fri, 22 October 2004 09:25   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil nie betrokke raak by die geveg nie, maar Afrikaners praat Engels as
daar ander Engelse mense om hulle is, bloot uit goeie maniere! Ek het 'n
vriend wat van Engeland af kom, hy kan nie Afrikaans praat of verstaan nie,
nou die dag het ons 'n braai en almal, insluitende sy vrou, is Afrikaans.
Almal praat ewe ongeskik Afrikaans en my tjom kan nie saam praat nie omdat
hy niks verstaan nie!! Ek was na 'n ruk rooi van ergenis gewees en het oor
en oor vir die mense gesê om Engels te praat sodat my pel saam kan gesels.
Later het ons maar so op ons eis soos twee skoolkinders wat uit die kliek
geskop is gesit en gesels.
Op Universiteit het ons een Engelse vriend gehad, wat Afrikaans goed kon
verstaan, maar nie altyd die begrippe kon "grasp" nie, met hom het ons ook
Engels gepraat, al het hy altyd gesê dis nie nodig nie. Dis bloot prakties
om 'n taal te praat wat almal goed kan verstaan in geselskap waar daar
verskillende "taalpraters" is. Jy noem dit 'n siekte, ek noem dit goeie
maniere.
Elaine
"@rogers.com" wrote:
( Wat
> gewoonlik in Afrikaanse kringe gebeur,
> sodra een mens Engels praat, praat al die
> Afrikaners saam Engels. Dis 'n siekte.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99717 is 'n antwoord op boodskap #99715] |
Fri, 22 October 2004 11:54   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" skryf
Jy noem dit 'n siekte, ek noem dit goeie
> maniere.
Goeie maniere moet natuurlik altyd die basis
vir jou handel en wandel wees. Maar ek dink
tog dat daar 'n ongesonde neiging is onder
Afrikaners om altyd Engels-praat voorrang
te gee in die geselskap, selfs al is dit nie
nodig nie, soos jy hierbo wel illustreer deur
Engels te praat voor die Engelse vriend wat
sê dit is nie nodig nie.
Ek dink die Engels-praat het sy wortel
in die geslag van my ma se tyd, wat Engels
op skool gehad het vroeg in die twintigste
eeu, en wat dus amper in Engels moes
dink. My ma moes altyd haar vermenigvuldig-
tafels in Engels sê. (Ek moet myne weer altyd
in Afrikaans sê.)
Ek sien ook 'n neiging in SA om te verengels,
selfs onder basies Afrikaanse families. Ek het
'n swaer, wat met 'n Suid-Afrikaanse Duitser
getroud is ( wat Engels in die huis gepraat het
as hulle nie Duits gepraat het nie.) Nou, in
minder as 'n geslag, is die hele familie verengels,
seker omdat beide hulle skoonseuns Engels
is. Maar ek vind dit tog snaaks om met mense
in Engels te praat, al is hulle Afrikaans baie
beter as hulle Engels.
Ek kan natuurlik nie kritiseer nie. My eie
familie het verengels.
Gloudina
|
|
|
Re: Help gou gou. [boodskap #99729 is 'n antwoord op boodskap #99717] |
Sat, 23 October 2004 11:18  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, jy het miskien 'n punt daar beet, maar die Engelse "vang" nie altyd ons
begrippe nie. Vandag kom hier weer twee mense wat in SA groot geword het,
en hier skool gegaan het. Hulle verstaan seker woorde in Afrikaans, maar
hulle kan nie die begrip agter sekere sinne snap nie. Baie Engelse is so,
so nou praat ons in Afrikaans, en elke tweede begrip moet in Engels
verduidelik word - dis makliker en meer prakties om net Engels van die begin
af te praat. Ek was in 'n dubbel-medium skool waar die voertaal Afrikaans
en Engels was. As die onderwysers in Engels klas gegee het, het jy nie een
enkele Afrikaner 'n vraag sien vra nie, sodra hy oorgeslaan het Afrikaans
toe, het die Engelse so een na die ander hand opgesteek en gevra vir Engelse
verduidelikings. "They just don't get it". Wat is die oplossing gewees?
Praat eenvoudig Engels van die begin af - anders mors jy tyd.
Ek veralgemeen, nie alle Engelse is so stadig wanneer dit by Afrikaans kom
nie, baie van hulle probeer regtig hard. My ma se beste vriendin was
Engels, ek en haar seun (wat 'n jaar ouer as ek is) het mekaar so oor en
weer Afrikaans en Engels geleer.
Die punt wat ek probeer maak, is eenvoudig. Ek's lief vir Afrikaans, dis 'n
lekker taal om te gesels, en 'n lekker taal om in te skryf. Maar dis al wat
dit is, 'n taal, 'n kommunikasie-middel en as ek hardegat wil wees en net
Afrikaans wil praat, gaan ek my gat sien, want Afrikaans is 'n inheemse,
etniese taal wat net deur 'n handjievol mense gepraat word. Of ek nou
Engels, Afrikaans, Zoeloe, Xhosa, Noors of Russies moet praat om my boodskap
oor te bring, so be it. Dan gaan leer ek die taal en dra my boodskap oor.
Elaine
"@rogers.com" wrote:>
> Goeie maniere moet natuurlik altyd die basis
> vir jou handel en wandel wees. Maar ek dink
> tog dat daar 'n ongesonde neiging is onder
> Afrikaners om altyd Engels-praat voorrang
> te gee in die geselskap, selfs al is dit nie
> nodig nie, soos jy hierbo wel illustreer deur
> Engels te praat voor die Engelse vriend wat
> sê dit is nie nodig nie.
> Ek dink die Engels-praat het sy wortel
> in die geslag van my ma se tyd, wat Engels
> op skool gehad het vroeg in die twintigste
> eeu, en wat dus amper in Engels moes
> dink. My ma moes altyd haar vermenigvuldig-
> tafels in Engels sê. (Ek moet myne weer altyd
> in Afrikaans sê.)
> Ek sien ook 'n neiging in SA om te verengels,
> selfs onder basies Afrikaanse families. Ek het
> 'n swaer, wat met 'n Suid-Afrikaanse Duitser
> getroud is ( wat Engels in die huis gepraat het
> as hulle nie Duits gepraat het nie.) Nou, in
> minder as 'n geslag, is die hele familie verengels,
> seker omdat beide hulle skoonseuns Engels
> is. Maar ek vind dit tog snaaks om met mense
> in Engels te praat, al is hulle Afrikaans baie
> beter as hulle Engels.
> Ek kan natuurlik nie kritiseer nie. My eie
> familie het verengels.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 02:34:02 UTC 2025
|