Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN
" Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #99520] Sa, 16 Oktober 2004 11:00 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kieselguhr-kleim
George Weideman

Troppe jare terug, in die stil oertyd,
het die see tot teen Rooilepel gespeel
Vandag haal ek my kieselguhr uit
waar die sand oor Gariep kom sifkaneel

Die swaarkry van die jare wat ons maar van lees
maak plooie aan die kante van my kleim
Maar dié stuk geskiedenis is lankal gewees
en ek het net oë vir die môres uit my myn

Vér oor die duine ry die trokke vragte
weg na Modderfontein en Somerset-Wes
Of bly daar soms van die kieselguhr agter,
sodat ek dit self kan sif en meng?

Miskien - dan brou ek snags onbewus
aan my droom se eie dinamiet;
begin om al singende stukke geskiedenis
uit gister se groeityd los te skiet.
Re: " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #99524 is 'n antwoord op boodskap #99520] Sa, 16 Oktober 2004 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5JWdnVJhh8ewY-3cRVn-iw@rogers.com...
Kieselguhr-kleim
George Weideman

Troppe jare terug, in die stil oertyd,
het die see tot teen Rooilepel gespeel
Vandag haal ek my kieselguhr uit
waar die sand oor Gariep kom sifkaneel

Die swaarkry van die jare wat ons maar van lees
maak plooie aan die kante van my kleim
Maar dié stuk geskiedenis is lankal gewees
en ek het net oë vir die môres uit my myn

Vér oor die duine ry die trokke vragte
weg na Modderfontein en Somerset-Wes
Of bly daar soms van die kieselguhr agter,
sodat ek dit self kan sif en meng?

Miskien - dan brou ek snags onbewus
aan my droom se eie dinamiet;
begin om al singende stukke geskiedenis
uit gister se groeityd los te skiet.

------------
Mooi.

Jammer vir die Engels, maar daar is geen manier dat ek dit sal kan vertaal
nie ;-)

"Kieselguhr, a diatomaceous earth (diatomite) is a form of silica composed
of the siliceous shells of unicellular aquatic plants of microscopic size.
Kieselguhr is heat resistant and has been used as an insulator, as a
component in toothpaste and as an abrasive in metal polishes. In the
chemical industry, it is also used as a filter to clarify syrups and sugar
and as a filling material in paper, paints, ceramics, soap and detergents ".
Re: " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #99526 is 'n antwoord op boodskap #99524] Sa, 16 Oktober 2004 13:53 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie"skryf

> "Kieselguhr, a diatomaceous earth (diatomite) is a form of silica composed
> of the siliceous shells of unicellular aquatic plants of microscopic size.

Wat natuurlik bewys dat waar hulle nou die kieselguhr myn,
daar miljoene jare gelede 'n see was.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Waatlemoen" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Son op jou tong " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:59:01 MGT 2024