Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Waatlemoen" deur D.J. OPPERMAN
" Waatlemoen" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #99365] Di, 12 Oktober 2004 02:15
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
WAATLEMOEN (uit "Kroniek van Kristien.")
D.J. Opperman

In die tyd van geestelike dronkenskap
is haar lyf gevul met die rooi sap
wat van die geel son en die soet fontein
in haar liggaam gis en borrel soos jong wyn;
en daarvan het sy uitermate groot geswel
sodat haar lyf verby haar lede wel
en sy, volkome deur haarself omsluit,
net kommer oor: "Wat kom daar uit my uit?
In die groot honger is die kwaad
gesaai reeds met die strooiing van die saad
wat ek vermenigvuldig wek in my."
Sy voel in haar hoe roer die rye:
"Is die pitte swart of bruin of wit?"
Dan het sy om haar sondes weer gebid.
Sy word ten volste van die groot verwag
en weet nou breek die uur aan van die slag,
en op 'n warm somerdag het sy gedwee
haar met die loop van die vrugwaters oorgegee...
en half verstrooi sien sy hoe om haar staan
wit, bruin en swart, 'n halwe maan,
en onbesorg eet hulle skyf na skyf
die wyn en brood van haar bros lyf.
Vorige onderwerp: Uit " Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:29:52 MGT 2024