Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dit is oud.
| Re: Dit is oud. [boodskap #99440] |
Do., 14 Oktober 2004 06:06  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
As hulle nou net daai tou mense na die kabelkarre kon korter
maak................
"Annette" skryf in boodskap news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
> Alpe - 22
> Himalayas - 29 ( ek dink)
> Rockies - het vergeet
> Andes - 250
> Tafelberg - 260
>
> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim
>
> Terloops - die wat die Kaap se toeristeplekke lank laas besoek het, gaan
> bietjie verras wees.
> 1) Bo- op Tafelberg is daar nou oral interessante inligtingsborde wat by
> die
> uitkykplekke aangebring is, en daar is om 10 en 12 gratis gidstoere - die
> twee roetes wat geneem kan word is die klein sirkel en die groot sirkel.
> 2) By Kirstenbosch se ou ingang het hulle nou so verander dat mens glad
> verdwaal - 'n inligtingsentrum, groot en wye pad en 'n nuwe restaurant
> waar
> die oue was maak alles aangenaam bietjie anders. Verder is daar ook
> interessante inligtingsbordjies by elke afdeling aangebring, en al die
> plante en bome se name op die plaatjies word aangedui in die Latynse naam,
> Engelse naam, Afrikaanse naam en of Zoeloe of Xhosa naam.
> 3) By Kaappunt is daar nou net een restaurant - dis die een waarna ek nog
> altyd gegaan het - so ek weet nie wat ek mis omdat die ander een nie meer
> daar is nie.
> By Kaappunt, by die treindingetjie by Kaappunt, sowel as by Tafelberg, kan
> pensionarisse wat in die Kaap bly goedkoper ingaan.
> By Kaappunt word nou slegs toegang per persoon gevra, en niks vir die
> voertuig nie.
>
> Groetnis
> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dit is oud. [boodskap #99455 is 'n antwoord op boodskap #99440] |
Vr., 15 Oktober 2004 02:27   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
As jy sorg dat jy daar is teen 8vm, of soontoe gaan na 12nm, dan sal jy nie
in 'n lang ry staan nie. Die toerbusmense en skoolgroepe gaan almal vroeg in
die oggend wat die lang rye veroorsaak.
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:416e1778.0@news1.mweb.co.za...
> As hulle nou net daai tou mense na die kabelkarre kon korter
> maak................
> "Annette" wrote in message
> news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
>> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
>> Alpe - 22
>> Himalayas - 29 ( ek dink)
>> Rockies - het vergeet
>> Andes - 250
>> Tafelberg - 260
>>
>> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
>> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
>> hemelruim
>>
>> Terloops - die wat die Kaap se toeristeplekke lank laas besoek het, gaan
>> bietjie verras wees.
>> 1) Bo- op Tafelberg is daar nou oral interessante inligtingsborde wat by
>> die
>> uitkykplekke aangebring is, en daar is om 10 en 12 gratis gidstoere - die
>> twee roetes wat geneem kan word is die klein sirkel en die groot sirkel.
>> 2) By Kirstenbosch se ou ingang het hulle nou so verander dat mens glad
>> verdwaal - 'n inligtingsentrum, groot en wye pad en 'n nuwe restaurant
>> waar
>> die oue was maak alles aangenaam bietjie anders. Verder is daar ook
>> interessante inligtingsbordjies by elke afdeling aangebring, en al die
>> plante en bome se name op die plaatjies word aangedui in die Latynse naam,
>> Engelse naam, Afrikaanse naam en of Zoeloe of Xhosa naam.
>> 3) By Kaappunt is daar nou net een restaurant - dis die een waarna ek nog
>> altyd gegaan het - so ek weet nie wat ek mis omdat die ander een nie meer
>> daar is nie.
>> By Kaappunt, by die treindingetjie by Kaappunt, sowel as by Tafelberg, kan
>> pensionarisse wat in die Kaap bly goedkoper ingaan.
>> By Kaappunt word nou slegs toegang per persoon gevra, en niks vir die
>> voertuig nie.
>>
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
| Re: Dit is oud. [boodskap #99456 is 'n antwoord op boodskap #99448] |
Vr., 15 Oktober 2004 05:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar is 'n sterrekonstelasie na Tafelberg vernoem - Mons ? - sal my pamflet
daaroor iewers opdiep en vir julle mooi presies vertel. - en ja, die berg is
plat bo-op:))
Noudiedag neem ek Ian se niggie bergop - en ek vat haar op 'n staptoggie van
die kabelstasie tot by Platteklip gorge - en heeltyd vra sy my: When do we
get to the flat part of Table Mountuin?:)))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
"DD" skryf in boodskap news:l4mtm09pdtsjv5teanstetckvdsklk7t1o@4ax.com...
> On Thu, 14 Oct 2004 08:54:17 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Annette"
>>
>>> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
>>> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
>>> hemelruim
>>
>> Wat bedoel jy deur te sê dat Tafelberg die enigste
>> natuurkonstruksie is wat "vernoem is in die hemelruim."
>>
>> Gloudina
>>
>
>
> Is daar dan 'n ster na Tafelberg vernoem, Annette?
> As ek moet raai, sou ek sê dat dit daai ster is wat so plat is bo-op.
>
> DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dit is oud. [boodskap #99505 is 'n antwoord op boodskap #99503] |
Sa., 16 Oktober 2004 06:34   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou hoe kan die Bybel so verkeerd wees?:))
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:4170be54.0@news1.mweb.co.za...
> Oor die geologie weet ek nie veel nie, maar lees dinge wat toepassing het op
> my land. So wat ek nou vir jou skryf, is uit 'n bron uit:
> Die Godwanavasteland het bestaan ongeveer 560m jaar gelede. Dit het
> bestaan uit die huidige vastelande van Afrika, Suid-Amerika, Australië,
> Antartika, Madagaskare en Indië. Ongeveer 300m jaar gelede het die vierde
> ontwikkelingsstadium in die vorming van die aarde se oppervlak plaasgevind
> en dit het sy ontstaan in Namibië gehad toe die kontinente van mekaar af
> begin weg beweeg het. Dis interessant om te sien dat Afrika se westekant
> en die oostekant van Suid-Amerika nogal inmekaar pas. Antartica was
> gekoppel aan die oostekant van Afrika en onder dit Australië. Indië het in
> die noordoosterlike hoek tussen Afrika en Antartika ingepas. Toe besluit
> die spul hulle skuif uitmekaar........
> Na aanleiding van Annette se ou berge van die wêreld het ek net
> gewonder hoe oud is die berge van ons land? Nou kan mens seker nie sê 'n
> berg is 'n spesifieke aantal jare oud nie, maar daar is darem 'n indikasie
> van wanneer dit gevorm is:
> Khomas Hochland berge..............1000 miljoen jaar gelede.
> Auas berge........................................750m
> Maanlandskap hier by Swakopmund..........540m
> Waterberge.........................300m
> Brandberg............................135m
> Sptizkuppe...........................135m
> Namibwoestyn....................5m
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:lsKdnQ5p14LkevLcRVn-tA@rogers.com...
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dit is oud. [boodskap #99519 is 'n antwoord op boodskap #99505] |
Sa., 16 Oktober 2004 10:54  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" skryf
> Nou hoe kan die Bybel so verkeerd wees?:))
Wat is daar in die Bybel wat nie strook
hiermee nie?
Gloudina
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 13:38:02 UTC 2026
|