Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mons Mensa
Mons Mensa [boodskap #99501] Sa, 16 Oktober 2004 05:41
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
" Table Mountain is the only geographical feature on earth to be represented
by a constelation in the night sky, the constelation Mons Mensa ( mensae)"

Dis nou volgens die plaatjie in Iziko by die planetarium.
Mens kan dit natuurlik net sien as mens in die Suidelike halfrond is, en die
suiderkruis kan sien.
Hoe kry mens dit? - soos Esmé en Jan sou vra.
1) Kry Alpha Centauri ( die naaste ster aan die aarde) en Beta Centauri (
die twee merkers na die Suiderkruis)
2) Kry die ( werklike ) Suiderkruis, en op die lang balk, meet 41/2 lengtes
af weg van die horison en trek 'n lyn op hierdie rigting.
3) Trek dan 'n lyn van die middel tussen die twee centaris op na die
suiderkruislyn, en waar die twee ontmoet, is die Suidelike Selestale Pool
( die suidpool in die ruimte)
4) Trek nou 'n lyn reg op van hierdie pool. en jy kry 'n vae wolkie sterre
( dis nie deel van die melkweg nie - die suiderkruis is in die melkweg).
Hierdie wolkie sterre is die wolkie op die hemelse Tafelberg. Hierdie wolkie
sterre is 'n ander "galaxy", nl "Large Magellanic Cloud".
Onder die wolkie is Mons Mensa - weergegee deur drie driehoeke, en een ster
is 'n rooi ster , in die volgende vorm:
wolkie
* *
* * * *

*( hierdie ster is die grootste)
--
Groetnis
Annette
Vorige onderwerp: Re: George Bush en Kanada
Volgende onderwerp: Re: Dit is oud.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:01:49 MGT 2024