Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dit is oud.
Re: Dit is oud. [boodskap #99440] Do, 14 Oktober 2004 06:06 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As hulle nou net daai tou mense na die kabelkarre kon korter
maak................

"Annette" skryf in boodskap news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
> Alpe - 22
> Himalayas - 29 ( ek dink)
> Rockies - het vergeet
> Andes - 250
> Tafelberg - 260
>
> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim
>
> Terloops - die wat die Kaap se toeristeplekke lank laas besoek het, gaan
> bietjie verras wees.
> 1) Bo- op Tafelberg is daar nou oral interessante inligtingsborde wat by
> die
> uitkykplekke aangebring is, en daar is om 10 en 12 gratis gidstoere - die
> twee roetes wat geneem kan word is die klein sirkel en die groot sirkel.
> 2) By Kirstenbosch se ou ingang het hulle nou so verander dat mens glad
> verdwaal - 'n inligtingsentrum, groot en wye pad en 'n nuwe restaurant
> waar
> die oue was maak alles aangenaam bietjie anders. Verder is daar ook
> interessante inligtingsbordjies by elke afdeling aangebring, en al die
> plante en bome se name op die plaatjies word aangedui in die Latynse naam,
> Engelse naam, Afrikaanse naam en of Zoeloe of Xhosa naam.
> 3) By Kaappunt is daar nou net een restaurant - dis die een waarna ek nog
> altyd gegaan het - so ek weet nie wat ek mis omdat die ander een nie meer
> daar is nie.
> By Kaappunt, by die treindingetjie by Kaappunt, sowel as by Tafelberg, kan
> pensionarisse wat in die Kaap bly goedkoper ingaan.
> By Kaappunt word nou slegs toegang per persoon gevra, en niks vir die
> voertuig nie.
>
> Groetnis
> Annette
>
Re: Dit is oud. [boodskap #99442 is 'n antwoord op boodskap #99440] Do, 14 Oktober 2004 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"

> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim

Wat bedoel jy deur te sê dat Tafelberg die enigste
natuurkonstruksie is wat "vernoem is in die hemelruim."

Gloudina
Re: Dit is oud. [boodskap #99443 is 'n antwoord op boodskap #99440] Do, 14 Oktober 2004 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Oct 2004 06:04:17 +0200, "Annette" wrote:

> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop,

So, hoe oud is die Swartberge?
En die Drakensberge?
En die HottentotsHolland-berge?
En die outenikwa-berge?

Mense loop gereeld daarop ook rond.
Hulle word bergklimmers en voetslaners genoem. Of sommer mense wat
stilhou om te piepie as hulle oor die passe ry.
Re: Dit is oud. [boodskap #99445 is 'n antwoord op boodskap #99440] Do, 14 Oktober 2004 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het hulle daar gesê hoe oud is die Allegheny-gebergtes (of wat daarvan
oorgebly het) en het hulle dalk gesê hoe oud is die Barbertonse berge
(Ek dink nie hulle het 'n naam daarvoor nie) Kom ons probeer die
Uralberge. In Australië kry ons die Olgas en Uluru. Almal reste van
berge wat Tafelberg baie jonk laat lyk. Die probleem met die statistiek
is ook deels omdat Tafelberg uit sedimentêre gesteentes bestaan en die
ander almal plooiingsberge is, wat as 'n reël altyd baie jonk is in
geologiese tyd gemeet. So is byv. die ander Kaapse bergreekse almal
plooiingsberge en baie jonger as Tafelberg.

Ek verstaan nie die verwysing na "die enigste natuurkonstruksie wat
vernoem is in die hemelruim". Brei bietjie daarop uit, aub.

Tafelberg bly vir my een van die mooiste plekke in die Kaap.

Annette wrote:
> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
> Alpe - 22
> Himalayas - 29 ( ek dink)
> Rockies - het vergeet
> Andes - 250
> Tafelberg - 260
>
> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Dit is oud. [boodskap #99446 is 'n antwoord op boodskap #99445] Do, 14 Oktober 2004 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het iemand die berge se jaarringe getel?

"knersus" skryf in boodskap news:ckmd9e$17p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het hulle daar gesê hoe oud is die Allegheny-gebergtes (of wat daarvan
> oorgebly het) en het hulle dalk gesê hoe oud is die Barbertonse berge
> (Ek dink nie hulle het 'n naam daarvoor nie) Kom ons probeer die
> Uralberge. In Australië kry ons die Olgas en Uluru. Almal reste van
> berge wat Tafelberg baie jonk laat lyk. Die probleem met die statistiek
> is ook deels omdat Tafelberg uit sedimentêre gesteentes bestaan en die
> ander almal plooiingsberge is, wat as 'n reël altyd baie jonk is in
> geologiese tyd gemeet. So is byv. die ander Kaapse bergreekse almal
> plooiingsberge en baie jonger as Tafelberg.
>
> Ek verstaan nie die verwysing na "die enigste natuurkonstruksie wat
> vernoem is in die hemelruim". Brei bietjie daarop uit, aub.
>
> Tafelberg bly vir my een van die mooiste plekke in die Kaap.
>
> Annette wrote:
>> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
>> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
>> Alpe - 22
>> Himalayas - 29 ( ek dink)
>> Rockies - het vergeet
>> Andes - 250
>> Tafelberg - 260
>>
>> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
>> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
>> hemelruim
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: Dit is oud. [boodskap #99448 is 'n antwoord op boodskap #99442] Do, 14 Oktober 2004 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Oct 2004 08:54:17 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "Annette"
>
>> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
>> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
>> hemelruim
>
> Wat bedoel jy deur te sê dat Tafelberg die enigste
> natuurkonstruksie is wat "vernoem is in die hemelruim."
>
> Gloudina
>

Is daar dan 'n ster na Tafelberg vernoem, Annette?
As ek moet raai, sou ek sê dat dit daai ster is wat so plat is bo-op.

DD
Re: Dit is oud. [boodskap #99455 is 'n antwoord op boodskap #99440] Vr, 15 Oktober 2004 02:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As jy sorg dat jy daar is teen 8vm, of soontoe gaan na 12nm, dan sal jy nie
in 'n lang ry staan nie. Die toerbusmense en skoolgroepe gaan almal vroeg in
die oggend wat die lang rye veroorsaak.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:416e1778.0@news1.mweb.co.za...
> As hulle nou net daai tou mense na die kabelkarre kon korter
> maak................
> "Annette" wrote in message
> news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
>> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
>> Alpe - 22
>> Himalayas - 29 ( ek dink)
>> Rockies - het vergeet
>> Andes - 250
>> Tafelberg - 260
>>
>> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
>> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
>> hemelruim
>>
>> Terloops - die wat die Kaap se toeristeplekke lank laas besoek het, gaan
>> bietjie verras wees.
>> 1) Bo- op Tafelberg is daar nou oral interessante inligtingsborde wat by
>> die
>> uitkykplekke aangebring is, en daar is om 10 en 12 gratis gidstoere - die
>> twee roetes wat geneem kan word is die klein sirkel en die groot sirkel.
>> 2) By Kirstenbosch se ou ingang het hulle nou so verander dat mens glad
>> verdwaal - 'n inligtingsentrum, groot en wye pad en 'n nuwe restaurant
>> waar
>> die oue was maak alles aangenaam bietjie anders. Verder is daar ook
>> interessante inligtingsbordjies by elke afdeling aangebring, en al die
>> plante en bome se name op die plaatjies word aangedui in die Latynse naam,
>> Engelse naam, Afrikaanse naam en of Zoeloe of Xhosa naam.
>> 3) By Kaappunt is daar nou net een restaurant - dis die een waarna ek nog
>> altyd gegaan het - so ek weet nie wat ek mis omdat die ander een nie meer
>> daar is nie.
>> By Kaappunt, by die treindingetjie by Kaappunt, sowel as by Tafelberg, kan
>> pensionarisse wat in die Kaap bly goedkoper ingaan.
>> By Kaappunt word nou slegs toegang per persoon gevra, en niks vir die
>> voertuig nie.
>>
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Dit is oud. [boodskap #99456 is 'n antwoord op boodskap #99448] Vr, 15 Oktober 2004 05:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is 'n sterrekonstelasie na Tafelberg vernoem - Mons ? - sal my pamflet
daaroor iewers opdiep en vir julle mooi presies vertel. - en ja, die berg is
plat bo-op:))
Noudiedag neem ek Ian se niggie bergop - en ek vat haar op 'n staptoggie van
die kabelstasie tot by Platteklip gorge - en heeltyd vra sy my: When do we
get to the flat part of Table Mountuin?:)))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

"DD" skryf in boodskap news:l4mtm09pdtsjv5teanstetckvdsklk7t1o@4ax.com...
> On Thu, 14 Oct 2004 08:54:17 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Annette"
>>
>>> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
>>> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
>>> hemelruim
>>
>> Wat bedoel jy deur te sê dat Tafelberg die enigste
>> natuurkonstruksie is wat "vernoem is in die hemelruim."
>>
>> Gloudina
>>
>
>
> Is daar dan 'n ster na Tafelberg vernoem, Annette?
> As ek moet raai, sou ek sê dat dit daai ster is wat so plat is bo-op.
>
> DD
Re: Dit is oud. [boodskap #99466 is 'n antwoord op boodskap #99440] Vr, 15 Oktober 2004 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
N.a.v. jou ouderdomstorie het ek gaan kyk in 'n pragtige geologiese
handleiding oor ons land en die probleem met die ouderdom van 'n berg is
natuurlik van wanneer tot wanneer meet jy dit? Volgens die dame wat die
boek geskryf het, begin berge se [formasie in ons land] sover soos 1 800
miljoen jaar terug en die dinge gebeur maar so deur die jare in stadiums
[wat elk 'n klomp miljoene jare vat] tot jy amper by die uiteindelike berg
uitkom soos wat ons hom nou sien en daarvolgens is vele van die bergreekse
in ons land veel meer as 300m jaar oud.
Dis egter baie interessant! Sy reken dat een van die stabielste
rotsformasies op die aarbol aan die noordkus van Namibië geleë is [die rede
hoekom die VSA, Kanada, Duitsland, Frankryk, ens. bereid is om baie miljarde
dollars te betaal as Nam sou bereid wees om hul kernafval daar te begrawe]
en dat die Godwana sekwensie juis sy ontstaan daar gehad het.

"Annette" skryf in boodskap news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
> Alpe - 22
> Himalayas - 29 ( ek dink)
> Rockies - het vergeet
> Andes - 250
> Tafelberg - 260
>
> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim
>
Re: Dit is oud. [boodskap #99471 is 'n antwoord op boodskap #99466] Vr, 15 Oktober 2004 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> en dat die Godwana sekwensie juis sy ontstaan daar gehad het.

Kan jy meer praat oor die "Gondwana-sekwensie."
As ek reg onthou, was Gondwanaland 'n vasteland (?)
wat ongeveer daar waar Madagascar vandag is, bestaan
het gedurende die tyd toe die aarde nog ander se� en
ander vastelande gehad het. 'n Stuk daarvan het afgebreek
en noordwaarts beweeg en is vandag die suidelike deel
van die Indiese subkontinent. Dis dan ook daar waar van
die oudste rotse in die wêreld is. As ek reg onthou is die
Malabar Hills deel daarvan. ( Dis by die Malabar Hills
waar die storie Passage to India van E.M. Howard
afspeel, en waar, dink ek, die film gemaak is.)

Hier in Kanada het ons die "Canadian Shield,"
pre-kambriese rots wat meestal onder die grond
begrawe is hier in Oos-Ontario, maar net hier en
daar na bo kom as pragtige geel-rooi rots. Toe
ek die eerste keer in Oos-Ontario gekom het,
het ek dit vreemd gevind dat die mense altyd
"Canadian Shield" gemompel het elke keer as
mens by 'n stuk verbykom. Nou doen ek dit
self.

Gloudina
Re: Dit is oud. [boodskap #99503 is 'n antwoord op boodskap #99471] Sa, 16 Oktober 2004 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Oor die geologie weet ek nie veel nie, maar lees dinge wat toepassing het op
my land. So wat ek nou vir jou skryf, is uit 'n bron uit:
Die Godwanavasteland het bestaan ongeveer 560m jaar gelede. Dit het
bestaan uit die huidige vastelande van Afrika, Suid-Amerika, Australië,
Antartika, Madagaskare en Indië. Ongeveer 300m jaar gelede het die vierde
ontwikkelingsstadium in die vorming van die aarde se oppervlak plaasgevind
en dit het sy ontstaan in Namibië gehad toe die kontinente van mekaar af
begin weg beweeg het. Dis interessant om te sien dat Afrika se westekant
en die oostekant van Suid-Amerika nogal inmekaar pas. Antartica was
gekoppel aan die oostekant van Afrika en onder dit Australië. Indië het in
die noordoosterlike hoek tussen Afrika en Antartika ingepas. Toe besluit
die spul hulle skuif uitmekaar........
Na aanleiding van Annette se ou berge van die wêreld het ek net
gewonder hoe oud is die berge van ons land? Nou kan mens seker nie sê 'n
berg is 'n spesifieke aantal jare oud nie, maar daar is darem 'n indikasie
van wanneer dit gevorm is:
Khomas Hochland berge..............1000 miljoen jaar gelede.
Auas berge........................................750m
Maanlandskap hier by Swakopmund..........540m
Waterberge.........................300m
Brandberg............................135m
Sptizkuppe...........................135m
Namibwoestyn....................5m

"@rogers.com" skryf in boodskap news:lsKdnQ5p14LkevLcRVn-tA@rogers.com...
>
Re: Dit is oud. [boodskap #99505 is 'n antwoord op boodskap #99503] Sa, 16 Oktober 2004 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou hoe kan die Bybel so verkeerd wees?:))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:4170be54.0@news1.mweb.co.za...
> Oor die geologie weet ek nie veel nie, maar lees dinge wat toepassing het op
> my land. So wat ek nou vir jou skryf, is uit 'n bron uit:
> Die Godwanavasteland het bestaan ongeveer 560m jaar gelede. Dit het
> bestaan uit die huidige vastelande van Afrika, Suid-Amerika, Australië,
> Antartika, Madagaskare en Indië. Ongeveer 300m jaar gelede het die vierde
> ontwikkelingsstadium in die vorming van die aarde se oppervlak plaasgevind
> en dit het sy ontstaan in Namibië gehad toe die kontinente van mekaar af
> begin weg beweeg het. Dis interessant om te sien dat Afrika se westekant
> en die oostekant van Suid-Amerika nogal inmekaar pas. Antartica was
> gekoppel aan die oostekant van Afrika en onder dit Australië. Indië het in
> die noordoosterlike hoek tussen Afrika en Antartika ingepas. Toe besluit
> die spul hulle skuif uitmekaar........
> Na aanleiding van Annette se ou berge van die wêreld het ek net
> gewonder hoe oud is die berge van ons land? Nou kan mens seker nie sê 'n
> berg is 'n spesifieke aantal jare oud nie, maar daar is darem 'n indikasie
> van wanneer dit gevorm is:
> Khomas Hochland berge..............1000 miljoen jaar gelede.
> Auas berge........................................750m
> Maanlandskap hier by Swakopmund..........540m
> Waterberge.........................300m
> Brandberg............................135m
> Sptizkuppe...........................135m
> Namibwoestyn....................5m
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:lsKdnQ5p14LkevLcRVn-tA@rogers.com...
>>
>
Re: Dit is oud. [boodskap #99516 is 'n antwoord op boodskap #99505] Sa, 16 Oktober 2004 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sal nie weet nie, seker oor die mens dit geskrywe het?

"Annette" skryf in boodskap news:ckqgfl$lkd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou hoe kan die Bybel so verkeerd wees?:))
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:4170be54.0@news1.mweb.co.za...
>> Oor die geologie weet ek nie veel nie, maar lees dinge wat toepassing het
> op
>> my land. So wat ek nou vir jou skryf, is uit 'n bron uit:
>> Die Godwanavasteland het bestaan ongeveer 560m jaar gelede. Dit het
>> bestaan uit die huidige vastelande van Afrika, Suid-Amerika, Australië,
>> Antartika, Madagaskare en Indië. Ongeveer 300m jaar gelede het die
> vierde
>> ontwikkelingsstadium in die vorming van die aarde se oppervlak
>> plaasgevind
>> en dit het sy ontstaan in Namibië gehad toe die kontinente van mekaar af
>> begin weg beweeg het. Dis interessant om te sien dat Afrika se
>> westekant
>> en die oostekant van Suid-Amerika nogal inmekaar pas. Antartica was
>> gekoppel aan die oostekant van Afrika en onder dit Australië. Indië het
> in
>> die noordoosterlike hoek tussen Afrika en Antartika ingepas. Toe
>> besluit
>> die spul hulle skuif uitmekaar........
>> Na aanleiding van Annette se ou berge van die wêreld het ek net
>> gewonder hoe oud is die berge van ons land? Nou kan mens seker nie sê
>> 'n
>> berg is 'n spesifieke aantal jare oud nie, maar daar is darem 'n
>> indikasie
>> van wanneer dit gevorm is:
>> Khomas Hochland berge..............1000 miljoen jaar gelede.
>> Auas berge........................................750m
>> Maanlandskap hier by Swakopmund..........540m
>> Waterberge.........................300m
>> Brandberg............................135m
>> Sptizkuppe...........................135m
>> Namibwoestyn....................5m

>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:lsKdnQ5p14LkevLcRVn-tA@rogers.com...
>>>


>
Re: Dit is oud. [boodskap #99518 is 'n antwoord op boodskap #99503] Sa, 16 Oktober 2004 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Ongeveer 300m jaar gelede het die vierde
> ontwikkelingsstadium in die vorming van die aarde se oppervlak plaasgevind
> en dit het sy ontstaan in Namibië gehad toe die kontinente van mekaar af
> begin weg beweeg het. Dis interessant om te sien dat Afrika se westekant
> en die oostekant van Suid-Amerika nogal inmekaar pas.

Dankie. Dis baie interessant.
'n Stuk van Noord-Afrika sit glo hier in die Maritimes
vas. As mens van Fredericton na Saint John ( in New
Brunswick ry - sowat honderd kilometers) dan ry jy
glo van die een oorspronklike vasteland na 'n stuk
van die ander.

Gloudina
Re: Dit is oud. [boodskap #99519 is 'n antwoord op boodskap #99505] Sa, 16 Oktober 2004 10:54 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Nou hoe kan die Bybel so verkeerd wees?:))

Wat is daar in die Bybel wat nie strook
hiermee nie?

Gloudina
Vorige onderwerp: Mons Mensa
Volgende onderwerp: VSA debat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 00:56:28 MGT 2024