Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die sosialisme van die NP
Die sosialisme van die NP [boodskap #97882] |
Wed, 08 September 2004 14:20  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net in geval iemand vergeet het hoe sosialisties die NP was.
Boere mag net geplant het wat die kooperasie (in volle staatsbesit- en
beheer) hulle toestemming voor gegee het.
Boere mag hul produkte net deur daardie kooperasies bemark het.
Daardie kooperasies het kwotas toegeken van wat verbou mag word.
Vleis mag ook net deur die kooperasies verkoop word en die kwotas van
beeste wat gelewer word, is deur die kooperasies vasgestel.
Net Telkom mag telefoondienste aangebied het.
Telkom self het dit onwettig gemaak om 'n verleng-koord vir jou foon
te besit. Die koppelinge in die muurprop was van 'n unieke groote en
net Telkom mag dit verkoop het - en hulle het geweier om dit aan die
publiek te verkoop. Jy kon dus nie jou eie verlengstuk maak nie.
Net die staatsbeheerde en staatsbesitte SAUK mag radio en later TV
uitgesaai het. Die enigste stasie wat nie in daardie beheer was nie,
het op kortgolf vanuit die destydse LM in Mosambiek uitgesaai.
Net Yskor mag staal gemaak het en dit was in volle staatsbesit en
bestuur.
Net die staatsbesitte en beheerde SA Spoorwee mag vrag oor lang
afstande vervoer het.
Kafees mag nie enige kruideniersware verkoop het nie. Net
kruidenierswinkels mag dit gedoen het. Hulle het lisensies nodig gehad
daarvoor.
Winkels mag nie Saterdagmiddag en Sondae oop gewees het nie.
Openbare swembaddens mag nie Sondae oop gewees het nie.
Woonstelle ouer as 'n sekere aantal jare, mag net teen tariewe verhuur
word wat deur die staat vasgestel is.
Dit was enkele van die werklikhede van daardie tyd.
Dit sal dalk dien as bietjie opvoeding vir die wat so maklik praat van
die "sosialistiese" regering wat ons nou het.
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #97992 is 'n antwoord op boodskap #97882] |
Thu, 09 September 2004 19:56   |
Paul
Boodskappe: 163 Geregistreer: November 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit is heel duidelik dat die Beeld nie veel ondersoekende joernaliste het
nie.Seker dat hy reeds vanaf die jare '70 'n skewe beeld aan die Afrikaner
voorgehou het en dit dan as waarhede in ons kele wou afdruk.
Gelukkig het ek reeds in April 1982 besluit dat ek nooit die ding sal koop
nie.Vandag nog huldig ek daardie gevoel jeens die klomp skewe-sewes!Ek sal
veel eerder 'n swart koerant koop, aangesien ek weet wat om van so 'n
koerant te verwag.
Dus ,Ferdie hoekom doen jy jouself 'n onguns en praat van dinge waarvan jy
niks weet nie.
Ek stem saam dat die NP van destyds erg sosialisties was, maar soms is dit
nodig ten einde jou eie te beskerm...,ongeag watter regering aan bewind
is.Jy gebruik sekere maatreels ten goede van jou land en sy mense.Vandag
word daardie maatreels misbruik om 'n paar skatryk swart skelms te
bevoordeel.
Baie van jou "feite", is 'n klomp twak wat jy uit jou duim suig.
Bv. Die regering van destyds het geen kooperasie bedryf nie.Lede kom
bymekaar en besluit dan dat hulle 'n kooperasie wil stig ens..
Daardie lede trek almal gelyke voordeel uit enige winste wat die kooperasie
behaal(en nie die ou NP's nie).Gaan doen ondersoek daaromtrent.As jy al
gehoor het van Bedryfsekonomie,kan jy dit in enige st.8/9 of 10, handboek
kry.Jy het geen geleerdheid in Joernalistiek daarvoor nodig nie!Jy hoef nie
eens 'n ondersoekende joernalis van die pienk Beeld te wees nie.
Verder het geen kooperasie "Vleis" gereguleer nie, maar dit was gedoen deur
die Vleisraad.Boere het deur middel van agente laat slag by Abbatoirs en hul
vleis is dan deur daardie agente bemark.Daar was 'n minimum vloerprys en
vleis is nooit onder daardie prys verhandel nie.Dit was geskoei op die
selfde prinsiep as die Johannesburg Vars Produkte Mark.
Wat Telkom en die Sauk betref,gee ek jou gelyk.Maar niks het sedert daardie
dae verander nie aangesien onafhanklike radio stasies soos Radio
Pretoria,Radio Springbok,Radio Volkstem en Radio Roepstem steeds nie
gelisensieerd is nie omdat hulle kwansuis nou rassisties sou wees omdat
hulle nie mense van kleur in hulle diens het nie.Maar sou 'n Muslim wat 'n
Muslim stasie bedryf
dan aan 'n behoudende Konserwatiewe Afrikaner of 'n Christen in sy diens
neem?Dis nie rassisties omdat hulle nie dit sou doen nie.
Dis ook nie rassisties vir 'n Zoeloe stasie om nie 'n Afrikaner in sy diens
te neem nie.Wat moet 'n Afrikaner stasie met 'n Zoeloe op sy lugruim maak?Of
met 'n Muslim?
Wat jou kennis betref omtrent kaffees en kruidenierswinkels gaan my verstand
te bowe!
Het jy dan nie geweet dat jy vandag nog 'n handels-lisensie benodig om 'n
besigheid te bedryf nie?
Wat Yskor aangaan, is die plek met Afrikaner inisiatief en geld begin.Dit
sou dus logies wees om die bedryf te beskerm sou dit dan wees met sosialisme
of kommunisme.Ek sou reken dat jy daardie monopolie wat deur insig en "guts"
begin is vir so ongeveer 40-50jaar moet beskerm alvorens jy enige
kompeterende groep 'n geleentheid gun om deel te word van so 'n ekonomiese
bedryf..
Dit is ook logies dat enige huurder beskerm moet word teen uitbuiters.Gaan
sit maar en dink aan hoe Hillbrow
'n krot-buurt geword het.Dit is nou besig om te gebeur
in die hele Suide van Johannesburg wat ondermeer insluit:
Turffontein,Rosettenville,Chrisville,Bellavista,Booysens ens..
Dus meneer,sou ek aanbeveel dat jy seker maak dat jou kwansuise feite, in
werklikheid feite is en nie die klomp "hogwash" wat jy aan ons te vertelle
het nie.
Feite bly steeds maar net feite!
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:7g4uj0pbbiv5sjnh10b79082cq9rk99u75@4ax.com...
>
> Net in geval iemand vergeet het hoe sosialisties die NP was.
>
>
> Boere mag net geplant het wat die kooperasie (in volle staatsbesit- en
> beheer) hulle toestemming voor gegee het.
>
> Boere mag hul produkte net deur daardie kooperasies bemark het.
> Daardie kooperasies het kwotas toegeken van wat verbou mag word.
>
> Vleis mag ook net deur die kooperasies verkoop word en die kwotas van
> beeste wat gelewer word, is deur die kooperasies vasgestel.
>
> Net Telkom mag telefoondienste aangebied het.
>
> Telkom self het dit onwettig gemaak om 'n verleng-koord vir jou foon
> te besit. Die koppelinge in die muurprop was van 'n unieke groote en
> net Telkom mag dit verkoop het - en hulle het geweier om dit aan die
> publiek te verkoop. Jy kon dus nie jou eie verlengstuk maak nie.
>
> Net die staatsbeheerde en staatsbesitte SAUK mag radio en later TV
> uitgesaai het. Die enigste stasie wat nie in daardie beheer was nie,
> het op kortgolf vanuit die destydse LM in Mosambiek uitgesaai.
>
> Net Yskor mag staal gemaak het en dit was in volle staatsbesit en
> bestuur.
>
> Net die staatsbesitte en beheerde SA Spoorwee mag vrag oor lang
> afstande vervoer het.
>
> Kafees mag nie enige kruideniersware verkoop het nie. Net
> kruidenierswinkels mag dit gedoen het. Hulle het lisensies nodig gehad
> daarvoor.
>
> Winkels mag nie Saterdagmiddag en Sondae oop gewees het nie.
>
> Openbare swembaddens mag nie Sondae oop gewees het nie.
>
> Woonstelle ouer as 'n sekere aantal jare, mag net teen tariewe verhuur
> word wat deur die staat vasgestel is.
>
> Dit was enkele van die werklikhede van daardie tyd.
>
> Dit sal dalk dien as bietjie opvoeding vir die wat so maklik praat van
> die "sosialistiese" regering wat ons nou het.
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98015 is 'n antwoord op boodskap #97992] |
Fri, 10 September 2004 10:11   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 9 Sep 2004 21:56:26 +0200, "Paul" wrote:
> Dus ,Ferdie hoekom doen jy jouself 'n onguns en praat van dinge waarvan jy
> niks weet nie.
> Ek stem saam dat die NP van destyds erg sosialisties was,
My fok! Daar stem jy nou saam met wat ek gese het!
So wat is jou probleem?
> Baie van jou "feite", is 'n klomp twak wat jy uit jou duim suig.
Noem hulle dan.
> Bv. Die regering van destyds het geen kooperasie bedryf nie.Lede kom
> bymekaar en besluit dan dat hulle 'n kooperasie wil stig ens..
> Daardie lede trek almal gelyke voordeel uit enige winste wat die kooperasie
> behaal(en nie die ou NP's nie).Gaan doen ondersoek daaromtrent.
Miskien moet jy bietjie gaan navorsing doen.
Die werklikheid op die grond vir boere was soos ek dit geskryf het.
As jy al
> gehoor het van Bedryfsekonomie,kan jy dit in enige st.8/9 of 10, handboek
> kry.Jy het geen geleerdheid in Joernalistiek daarvoor nodig nie!Jy hoef nie
> eens 'n ondersoekende joernalis van die pienk Beeld te wees nie.
> Verder het geen kooperasie "Vleis" gereguleer nie, maar dit was gedoen deur
> die Vleisraad.
En waarheen het die beheer van die Vleisraad gegaan?
Vrye mark?
Die Staat?
Boere het deur middel van agente laat slag by Abbatoirs en hul
> vleis is dan deur daardie agente bemark.
Kon hulle agente kies?
Kon hulle buite hul gebiede gaan bemark?
Kon hulle laat slag soveel soos hulle wou?
Daar was 'n minimum vloerprys en
> vleis is nooit onder daardie prys verhandel nie.
Ja!!!
En dit noem ons prysbeheer deur die staat en dit is sosialisme!
Dit was geskoei op die
> selfde prinsiep as die Johannesburg Vars Produkte Mark.
Alle boerdery was so beheer deur pryse en streng beheerde kanale
waardeur bemark kon word.
Jy bevestig alles wat ek gese het.
> Wat Telkom en die Sauk betref,gee ek jou gelyk
Inderdaad. Ek praat dus nie kak nie.
.Maar niks het sedert daardie
> dae verander nie aangesien onafhanklike radio stasies soos Radio
> Pretoria,Radio Springbok,Radio Volkstem en Radio Roepstem steeds nie
> gelisensieerd is nie omdat hulle kwansuis nou rassisties sou wees omdat
> hulle nie mense van kleur in hulle diens het nie.Maar sou 'n Muslim wat 'n
> Muslim stasie bedryf
> dan aan 'n behoudende Konserwatiewe Afrikaner of 'n Christen in sy diens
> neem?Dis nie rassisties omdat hulle nie dit sou doen nie.
> Dis ook nie rassisties vir 'n Zoeloe stasie om nie 'n Afrikaner in sy diens
> te neem nie.Wat moet 'n Afrikaner stasie met 'n Zoeloe op sy lugruim maak?Of
> met 'n Muslim?
Dis 'n ander argument. Ek het geen waardeoordeel oor die verlede se
sosialistiese stelsel uitgespreek nie. Ek het mense bloot aaraan
herinner wat ons in der waarheid baie sosialisties was in SA.
En dan het ons nog nie eers by werksafbakening gekom nie.
> Wat jou kennis betref omtrent kaffees en kruidenierswinkels gaan my verstand
> te bowe!
> Het jy dan nie geweet dat jy vandag nog 'n handels-lisensie benodig om 'n
> besigheid te bedryf nie?
Jou onkunde aangaande die werklikheid buite jou huis gaan my verstand
weer te bowe.
Vandag kan jy kruideniersware in enige kafee op enige tyd koop.
Onder die NP mag die kafees dit nie verkoop het nie. Alles volgens
staatsregulasies.
Vandag kan winkels op Sondae oop wees. Selfs flieks.
Onder die NP mag winkels nie Sondae oop gewees het nie. Alles volgens
regulasies van die staat.
Dit is streng beheer van die handel deur die staat en dit noem ons
sosialisme.
> Wat Yskor aangaan, is die plek met Afrikaner inisiatief en geld begin.Dit
> sou dus logies wees om die bedryf te beskerm sou dit dan wees met sosialisme
> of kommunisme.Ek sou reken dat jy daardie monopolie wat deur insig en "guts"
> begin is vir so ongeveer 40-50jaar moet beskerm alvorens jy enige
> kompeterende groep 'n geleentheid gun om deel te word van so 'n ekonomiese
> bedryf..
Ek maak geen waarde oordeel oor Yskor nie. Stem dalk nog saam met wat
jy daaroor se.
Al wat ek se is ons moet nie vergeet hoe sosialisties SA onder die NP
was nie. Ek keur dit nie af of goed nie. Se net - onthou dit.
> Dit is ook logies dat enige huurder beskerm moet word teen
uitbuiters.
Ja. Ek het dit self ondersteun.
Ek se net - onthou dit.
Dit was sosialisme.
Gaan
> sit maar en dink aan hoe Hillbrow
> 'n krot-buurt geword het.Dit is nou besig om te gebeur
> in die hele Suide van Johannesburg wat ondermeer insluit:
> Turffontein,Rosettenville,Chrisville,Bellavista,Booysens ens..
> Dus meneer,sou ek aanbeveel dat jy seker maak dat jou kwansuise feite, in
> werklikheid feite is en nie die klomp "hogwash" wat jy aan ons te vertelle
> het nie.
Maar jy stem dan saam!!!!!
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98016 is 'n antwoord op boodskap #97996] |
Fri, 10 September 2004 10:15   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ha,ha!!
Jy het vergeet om jou naam te verander vir die nagemaakte respons!
Of jy praat met jouself!!
IN die eerste geval, wel, jy is dan 'n shyster.
IN die tweede geval is jy bietjie gek!
Se bietjie wat al die name is waaronder jy pos.
On Thu, 09 Sep 2004 23:38:15 +0200, DD wrote:
> On Thu, 09 Sep 2004 23:36:37 +0200, DD wrote:
>
>> On Thu, 9 Sep 2004 21:56:26 +0200, "Paul"
>> wrote:
>
>>> Dus meneer,sou ek aanbeveel dat jy seker maak dat jou kwansuise feite, in
>>> werklikheid feite is en nie die klomp "hogwash" wat jy aan ons te vertelle
>>> het nie.
>>> Feite bly steeds maar net feite!
>>
>
>> Somtyds loer ek bietjie in by die Engelse groep, Paul.
>> En daar is hy net so ongewild as hier. Tye gelede het
>> hy hiervandaan gevlug na hulle, gebrainwash met die
>> redelik algemene idee dat die Engelssprekendes 'n
>> tuiste is vir die liberaliste en komuniste.
>> En verras gewees.
>
> mm:-)
>
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98030 is 'n antwoord op boodskap #98019] |
Fri, 10 September 2004 14:05   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lank.
Demokrasie staan sterk in SA en daar is geen teken dat die strukture
afgebreek word nie.
Demokrasie is op twee fondamente gebou - die grondwet en die
grondwetlike hof.
Die parlement kan die grondwet verander met 2/3 meerderheid. Die ANC
het reeds so 'n meerderheid vir 2 jaar en het nog net die grondwet
ondersteun.
Elke uitspraak van die grondwetlike hof is ook gerespekteer.
Wat die SAKP betref - hulle het pretty pro-demokrasie geraak van die
val van die Oos-blok. Hulle het guts uitgeryg en besluit die rede
hoekom kommunisme in Oos-Europa nie geslaag het nie, was omdat die
bevolking nie 'n werklike seggenskap gehad het nie. Dus kon die in mag
naderhand gedoen het wat hulle wou.
Die SAKP se teenwoordigheid in die ANC/SAKP/Cosatu/NNP-alliansie is in
elk geval oorskat. daar is getalle-gewys nie soveel kommies soos mense
soms vrees nie terwyl baie van die wat daar is, nie regtig meer as
kommuniste in naam is nie. Hulle het duidelik begin hou van die geld
en die karre.
Verder omdat die natuurlike rigting waarin die SA politiek beweeg, is
'n split in die alliansie met die ANC en die NNP aan die een kant en
Cosatu en die SAKP aan die ander kant wat 'n arbeidersparty vorm
teenoor die liberale demokrate wat die ANC, NNP en selfs die DA en IVP
is.
So 'n split sal ons soos Brittanje en die VSA maak - in essensie 'n
twee party-demokrasie.
Kommuniste teenwoordig in 'n regering beteken histories ook nie dat
die regering noodwendig anti-demokrasie is nie. Daar is voorbeelde aan
albei kante.
Lande wat in die afgelope dekade kommuniste/sosialiste-regerings gehad
het (verkose en weer uitgestem) is Italie, Spanje en Frankryk.
Frankryk is - as ek dit reg het - vandag nog sosialistiese beheerd.
Voor Berlusconi was Italie deur die kommuniste regeer.
Die sosialiste regeer tans ook Spanje.
Dit is 'n heel ander "brand" van kommunisme as die soort wat uit die
Russiese revolusie in die USSR gegroei is en op Oos-Europese lande
afgedwing is. Daardie brand het 'n vreemde siening van demokrasie
gehad wat op die einde daarop neergekom het dat dir eintlik net in
naam demokrasie was. Die USSR het bv. gereeld verkiesings gehad, maar
net die kommunistiese party was wettig.
Die vraag is dus watter soort kommuniste het ons? Daar was die
Staliniste soos Harry Gwala maar die meerderheid lyk volgens uitsprake
en optrede oor 'n dekade meer soos die Italiaanse soort. Hulle het
byvoorbeeld die grondwet help skryf wat ons tans het.
Wat Harry Gwala betref, is dit interessant om te onthou dat hy en die
kern van die ANC se top-bestuur geensins om dieselfde idelogiese tafel
gesit het nie. Daar was bitter verskille wat bv tussen hom en Mandela
opgevlam het.
Dus - ek dink ons demokrasie is veilig en ek dink nie die kommuniste
in die ANC -alliansie bedreig dit nie. EErstens omdat hulle eerder
pro-demokratiese kommuniste is en tweedens omdat hul invloed baie
oorskat word. Mbeki is 'n kapitalis aan die regterkant van
sentristies.
Demokrasie en sosialisme/kommunisme in Suid-Afrika het toevallig in
geskiedenis wat interessant ver terug gaan. IN die jare 20 wat daar
baie wit Afrikaanse kommunisme en vakbond-leiers (iets wat vandag weer
gebeur met Solidariteit en Cosatu was in koalisie is) en hulle was ook
pro-demokrasie.
Soos uitgewys is deur my en Paul (hoewel hy gedink het hy verskil met
my) in die thread, was die NP destyds ook eerder sosialisties as
kapitalisties/Mark-gerig en was terselfdertyd binne wit verband
demokrasties.
Het jy geweet dat die NP voor 1948 verkiesing geveg het op die belofte
dat die myne en groot besighede genasionaliseer sal word?
'n Interessanter vraag vir my is watter gevolge het demokrasie as jy
dit met onderskeidelik sosialisme of kapitalisme meng in situasies
soos ons s'n.
Op die oomblik meng ons demokrasie en die mark in SA en dit lei onder
meer tot die oormatige bemagtiging van baie swart sakemanne terwyl die
massas ontstellend arm bly. Dis nie vreemd nie. Dit gebeur ook in die
VSA op die oomblik, hoewel rykdom daar histories meer en beter
verspreid oor die bevolking is.
On Fri, 10 Sep 2004 12:44:15 +0200, "Riaan" wrote:
> Dit is reg met my, ek wag dus in spanning vir jou antwoord
>
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>
>> Ek sal dit antwoord as jy die volgende een sal antwoord - Hoe lank
>> dink jy gaan die demokrasie nog in Frankryk aanhou wat nou jare reeds
>> 'n sosialistiese regering het?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98054 is 'n antwoord op boodskap #98016] |
Fri, 10 September 2004 20:29   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 10 Sep 2004 12:15:27 +0200, Ferdi Greyling wrote:
>>>
>>
>
>>> Somtyds loer ek bietjie in by die Engelse groep, Paul.
>>> En daar is hy net so ongewild as hier. Tye gelede het
>>> hy hiervandaan gevlug na hulle, gebrainwash met die
>>> redelik algemene idee dat die Engelssprekendes 'n
>>> tuiste is vir die liberaliste en komuniste.
>>> En verras gewees.
>> mm:-)
>
> Ha,ha!!
> Jy het vergeet om jou naam te verander vir die nagemaakte respons!
> Of jy praat met jouself!!
>
> IN die eerste geval, wel, jy is dan 'n shyster.
> IN die tweede geval is jy bietjie gek!
>
> Se bietjie wat al die name is waaronder jy pos.
>
ag nee, Ferdi. Jy is onosel verby.
Eers dog ek jy dink ek is Paul. Ek dink Gloudina
het Plato beskuldig van Paul wees en Katryn het Lou beskuldig van
Paul wees, en nou beskuldig jy my. Nog eer hulle aan Plato en Lou
verskoning kon vra:-)
Toe, Ferdi, raak my smile breër:
Nie een van jou twee raaiskote is toe reg nie,
en dat jy nie die rede vir die tweede brief kon sien nie, is sta'adig.
Net na ek my brief gepos het, en dit gelees het, het ek gesien dat ek
kommunis met een 'm' geskryf het. Meer waarskynlik het net een 'm'
geregistreer.
Toe voorkom ek 'n Gloudina regstelling deur my eie brief weer te plaas
met slegs twee M'e onder die brief, om te sê 'kay o'kay, ek weet dat
dit twee M'e moet wees. Gaan lees albei weer.
Behalwe dat jy jouself nou poppey gemaak het, het jy ook klem gelê
op my brief(x2) wat jy op 'n tipiese gloudiaanse manier op 'n ander
manier probeer aanval het, en die mense wat dit nog nie gelees het
nie, gaan dit nou lees, en sien dat ek gesê het dat jy nie eens op
die Engelse ng aanvaar word nie.
> Se bietjie wat al die name is waaronder jy pos.
Slegs onder DD en dit is ook algemene kennis dat
my naam Dave Du Plessis is.
DD
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98058 is 'n antwoord op boodskap #98054] |
Fri, 10 September 2004 20:50   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So jy is bietjie gek!
On Fri, 10 Sep 2004 22:29:47 +0200, Dave Du Plessis wrote:
> On Fri, 10 Sep 2004 12:15:27 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>
>
>
>>>>
>>>
>>
>>>> Somtyds loer ek bietjie in by die Engelse groep, Paul.
>>>> En daar is hy net so ongewild as hier. Tye gelede het
>>>> hy hiervandaan gevlug na hulle, gebrainwash met die
>>>> redelik algemene idee dat die Engelssprekendes 'n
>>>> tuiste is vir die liberaliste en komuniste.
>>>> En verras gewees.
>
>>> mm:-)
>
>> Ha,ha!!
>> Jy het vergeet om jou naam te verander vir die nagemaakte respons!
>> Of jy praat met jouself!!
>> IN die eerste geval, wel, jy is dan 'n shyster.
>> IN die tweede geval is jy bietjie gek!
>> Se bietjie wat al die name is waaronder jy pos.
>
> ag nee, Ferdi. Jy is onosel verby.
> Eers dog ek jy dink ek is Paul. Ek dink Gloudina
> het Plato beskuldig van Paul wees en Katryn het Lou beskuldig van
> Paul wees, en nou beskuldig jy my. Nog eer hulle aan Plato en Lou
> verskoning kon vra:-)
> Toe, Ferdi, raak my smile breër:
> Nie een van jou twee raaiskote is toe reg nie,
> en dat jy nie die rede vir die tweede brief kon sien nie, is sta'adig.
>
> Net na ek my brief gepos het, en dit gelees het, het ek gesien dat ek
> kommunis met een 'm' geskryf het. Meer waarskynlik het net een 'm'
> geregistreer.
> Toe voorkom ek 'n Gloudina regstelling deur my eie brief weer te plaas
> met slegs twee M'e onder die brief, om te sê 'kay o'kay, ek weet dat
> dit twee M'e moet wees. Gaan lees albei weer.
>
> Behalwe dat jy jouself nou poppey gemaak het, het jy ook klem gelê
> op my brief(x2) wat jy op 'n tipiese gloudiaanse manier op 'n ander
> manier probeer aanval het, en die mense wat dit nog nie gelees het
> nie, gaan dit nou lees, en sien dat ek gesê het dat jy nie eens op
> die Engelse ng aanvaar word nie.
>
>> Se bietjie wat al die name is waaronder jy pos.
>
> Slegs onder DD en dit is ook algemene kennis dat
> my naam Dave Du Plessis is.
>
> DD
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98068 is 'n antwoord op boodskap #98057] |
Fri, 10 September 2004 21:50   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 10 Sep 2004 22:48:48 +0200, Ferdi Greyling wrote:
> On Fri, 10 Sep 2004 22:40:08 +0200, Dave Du Plessis wrote:
>
> > Verdomp onrealisties optimisties.
>> Miskien, sal ons, as die ANC die
>> verkiesing verloor, wens dat hulle
>> dit nie verloor het nie. Nie dat hulle
>> waardig is om daar te wees nie, maar
>> omdat ek dit slegs erger as nou kan voorstel,
>> en defnislis nie meer konserwatief nie.
>
> Haal diep asem en probeer weer.
> Wat probeer jy se?
dat ek dink dat 'n vervangingsregering
slegs erger, en nie beter kan wees.
Want die groot stemgros neiging in die land is
of ANC of PAC
DD
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98082 is 'n antwoord op boodskap #98055] |
Sat, 11 September 2004 09:06   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave Du Plessis wrote:
> On Fri, 10 Sep 2004 16:17:23 +0200, Plato
> wrote:
>
>
>> Net todat die ANC en kie nie meer ingestem word nie. Dan sal ons die
>> ware klere van die slang sien. As ek moet raai sal dit so 3 of 4
>> verkiesings weg wees...
>
>
> jy is ongelooflik optimisties, Plato.
> Verdomp onrealisties optimisties.
> Miskien, sal ons, as die ANC die
> verkiesing verloor, wens dat hulle
> dit nie verloor het nie. Nie dat hulle
> waardig is om daar te wees nie, maar
> omdat ek dit slegs erger as nou kan voorstel,
> en defnislis nie meer konserwatief nie.
>
> DD
>
>
Ja, ek dink baie mense hier is onrealisties optimisties oor Suid Afrika
se toekoms. Dit is een ding om dit voorspoed toe te wens, maar toetaal
'n ander besigheid om dit waar te maak. Ek mag dalk self optimisties
wees met my skrewe in die vorige pos.
Groete
Plato
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Apr 02 18:32:24 UTC 2025
|