Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Krieket in die kerk (Was: SA English vs Afrikaans)
Krieket in die kerk (Was: SA English vs Afrikaans) [boodskap #9749] |
Mon, 09 June 1997 00:00 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Wilhelm Nel
Boodskappe: 12 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
> On 3 Jun 1997 12:34:35 GMT, wrote:
>
> he,he,he
>
> > Hi, ek was in Huis-de-Villiers baie lank
>> gelede.Lekker plek, behalwe in die winter. Daai ander woorde geknip...
>> Van 'n naamlose Kanadese oud-Matie.>>>
>
Pollux se vriend Sarel Snyman vertel in Sondag se Rapport:
"Die Studentekerk op Stellenbosch het 'n hele paar leraars.
Een van hulle is bekend vir sy uitermatige gebruik van gebare
tydens sy preke. Twee manskoshuise (daar was na die tyd
dissiplinêre stappe teen hulle geneem en ek noem hulle dus
koshuis A en koshuis B) daag mekaar toe uit vir 'n "eendaagse
krieketwedstryd" tydens die diens. As die predikant sy hand
sywaarts swaai, word 'n vier aangeteken. As hy sy hand slegs
sywaarts uitsteek, is dit 'n bylopie, beide hande sywaarts is
'n wydloper, hande bo die kop is 'n ses en 'n vermanende
vinger is 'n paaltjie wat val.
Vooraf is besluit dat twee tokkelokke, een van elke koshuis en
manne wat genoeg van krieket weet, saam as tellinghouers sal
optree, met 'n regte kriekettellingboek. Koshuis A se manne het
die linkerblok op die gallery volgepak en koshuis B die regterblok.
Die tellinghouers het in die middel gesit. Daar is geloot en
koshuis A het eeste gekolf. Almal was uit met die telling op 183.
Soos enige eendagwedstryd was dit gou duidelik dat die wedstryd
op 'n spannende einde afstuur. Met koshuis B se telling op vir
179 vir 9, kon enige span wen. Die telling is kort-kort na beide
kante toe aangegee en almal het asem opgehou oor wat die
dominee volgende sou wys. Toe hy driftig sy hande bo sy kop
uitsteek om 'n punt ernstig oor te bring, vlieg koshuis B se
manne soos een man op en tjeer vir 'n vale!"
Net gedink die oud-Maties hierbo sal dit geniet...
Wilhelm
|
|
|
|
Re: Krieket in die kerk (Was: SA English vs Afrikaans) [boodskap #9760 is 'n antwoord op boodskap #9749] |
Thu, 12 June 1997 00:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9 Jun 1997 12:41:35 GMT, w...@nac.ac.za wrote:
> In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
>> On 3 Jun 1997 12:34:35 GMT, wrote:
>>
>> he,he,he
>>
>> >> Hi, ek was in Huis-de-Villiers baie lank
>>> gelede.Lekker plek, behalwe in die winter.
> Daai ander woorde geknip...
>>> Van 'n naamlose Kanadese oud-Matie.>>>
>>
>
> Pollux se vriend Sarel Snyman vertel in Sondag se Rapport:
>
> "Die Studentekerk op Stellenbosch het 'n hele paar leraars.
> Een van hulle is bekend vir sy uitermatige gebruik van gebare
> tydens sy preke. Twee manskoshuise (daar was na die tyd
> dissiplinêre stappe teen hulle geneem en ek noem hulle dus
> koshuis A en koshuis B) daag mekaar toe uit vir 'n "eendaagse
> krieketwedstryd" tydens die diens.
Ja, ek is nie verbaas oor hierdie dinge wat in die Studentekerk
aangegaan het nie. In my dae is dit ook as modeparade gebruik.
Ek was so afgestoot daardeur dat ek altyd verskonings probeer
soek het om nie kerk toe te gaan nie. Vir 'n Christelike meisie
was dit effens moeilik in daardie Afrikaner-bastion. Dus het ek
uitgegaan Sondagoggende na die hospitaal vir tuberkulose
wat buitekant Stellenbosch was met 'n groep CSV lede en daar
met die mense gesels. Ek dink dit was 'n baie slegte fase in die
lewe van die Afrikaner - waar die kerk 'n soort geldigheid aan
allerhande dinge gegee het wat niks met liefde vir jou naaste
te doen gehad het nie.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:36:35 UTC 2025
|