Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vêrkykers
Vêrkykers [boodskap #97206] |
Tue, 24 August 2004 09:40  |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
vergroting. Voor-/nadele?
Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
|
|
|
|
|
|
Re: Vêrkykers [boodskap #97224 is 'n antwoord op boodskap #97206] |
Tue, 24 August 2004 14:28   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit gaan alles oor die 'optics' en die manier waarop dit die lig deur die
verkyker dra. Die ou tipe is die groteres waar die lig deur die hoog lens
gaan en dan weerkaats word deur prismas om die lig by jou oë te kry. Die
nuwer tipe van klein verkykertjie wat ook redelik kragtig is, is 'n
'roof-prism' as ek dit reg onthou en dit buig die lig. As jy wil voëls of
wild wil kyk en die verkyker baie en aanhoudend gaan gebruik, hou in my
opinie by die ou tipe van verkyker want dit maak nie jou oë so moeg nie.
As jy wil gaan sport kyk en nie so 'n groot ding wil rondsleep nie, is die
kleintjie dalk goed genoeg.
Die 7x, ens staan vir die aantal keer wat dit vergroot. Die x40 of x50
staan vir die grootte van die voorste lens.....die een wat die lig inlaat.
Hoe groter, hoe helderder is jou beeld. As jy voëls gaan soek in die
skemer dan is 'n x50 'n moet.
Net soos kameras, is daar nie eintlik so 'n ding soos 'n goeie, goedkoop
verkyker nie. Tasco is nie goed genoeg nie. As jy na kwaliteit kyk, dan
is dit ten minste Nikon of Swarofski, Leica, of so iets.
"Max" skryf in boodskap news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
|
|
|
|
|
Re: Vêrkykers [boodskap #97237 is 'n antwoord op boodskap #97206] |
Tue, 24 August 2004 19:16   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Max,
Ek weet nie wat webwerwe wat deur ander hier geplaas is, als te sê het
nie, maar hier's 'n paar stukkies praktiese raad. Eers 'n paar los
definisies:
1) Die objektieflens is die groot lens(e) aan die voorkant van die verkyker.
2) Die "ocular" (okulêr?) is die een wat jy by oog hou.
3) Die sterkte gee vir jou 'n idee hoeveel keer die ding waarna jy kyk
"vergroot" gaan word.
4) Verkykergroottes word gewoonlik gegee in die vorm 7x42. Die "7" is
die vergroting, "42" is die deursnit van die objektieflens in mm.
Hoe kies mens 'n verkyker? Soos Suidwester sê, dit hang af van wat jy
wil doen.
1) 'n Groter objektief beteken meer lig kan ingelaat word in die
verkyker, maw jy kan in vroegoggend en skemer na iets kyk.
2) Meer vergroting beteken jy kan "verder" sien, maar jy moet die
verkyker stewig kan vashou - te veel bewerasie gaan die prentjie bederf.
Groot verkykers behoort aan 'n driepoot vasgemaak kan word.
3) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar hoe ouer mens word, hoe moeiliker
kan jou oogpupille aanpas by die ligsterkte en die fokusafstand. Een
gevolg is dat jou pupille nie meer vreeslik klein kan trek nie. As jy
die objektieflensgrootte (42 in die voorbeeld) deur die vergroting deel
(7) kry jy die sg. "exit pupil diameter" (maw 6 vir ons voorbeeld) As
jou oog se pupil nie meer kleiner as 6 mm kan trek nie, gaan jy 'n
kleiner prentjie in die verkyker sien, met sulke swart rande om. Vir my
is 'n 7x42 die kleinste verkyker wat nog vir my oë werk. Dit help ook
nie ek koop 'n verkyker groter as 7x vergroting vir dieselfde
objektieflens nie. Die volgende grootte is gewoonlik 7x50 of 8x50, maar
dan begin gewig 'n rol speel. Duimreël: as jy ouer as 40 is, maak seker
die "exit pupil" is groter as 7mm, onder 40 kan jy met gemak afgaan
tot 5mm
4) Gewig speel 'n rol as jy in die veld gaan loop (veral voëlkykery).
Baie moderne verkykers word met polikarbonaat (plastiek!) lense gemaak,
wat hulle baie lig maak om te dra. 'n Baie goeie ligte verkyker met
uitstekende optiese kwaliteit is byv Bushnell se Birding Series.
Swarovski maak uitstekende verkykers met glaslense, teen 'n vreeslike
prys - volgens my net vir jappies. Lynx maak ook uitstekende verkykers
teen redelike pryse. Tasco is so-so. Nikon is ook uitstekend, maar
vrekduur. Zeiss, as jy hom kan kry, is seker die koning van verkykers.
5) Oppervlaklagies op die lense help om UV strale uit te hou en sny
gewoonlik die dynserigheid ook - maw jy kry 'n skerper beeld. Indien
die interne lensoppervlaktes ook bedek is, des te beter
6) Gasgevulde verkykers verbeter ook die beeld
7) Gewoonlik, hoe meer interne lense daar is, hoe beter.
8) Dit is gewoonlik so in die optiese wêreld dat duurder = beter. Die
vraag is natuurlik hoeveel beter jy elke keer kry vir die duurder!
9) As jy 'n ernstige voëlkyker is, kyk na 'n "spotting scope".
Max wrote:
> Wat is die beste vêrkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vêrkykers [boodskap #97282 is 'n antwoord op boodskap #97237] |
Thu, 26 August 2004 11:54   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie vir al jou moeite. Ek het nou die kennis wat ek nodig het. Sal
saterdag gou winkels toe gaan en gaan kyk wat daar is... Dis moeilik, want
ek koop die kyker vir iemand as geskenk en ek weet nie waarvan hy die meeste
sal hou nie...
"knersus" skryf in boodskap news:cgg462$a55$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Max,
>
> Ek weet nie wat webwerwe wat deur ander hier geplaas is, als te sê het
> nie, maar hier's 'n paar stukkies praktiese raad. Eers 'n paar los
> definisies:
> 1) Die objektieflens is die groot lens(e) aan die voorkant van die verkyker.
> 2) Die "ocular" (okulêr?) is die een wat jy by oog hou.
> 3) Die sterkte gee vir jou 'n idee hoeveel keer die ding waarna jy kyk
> "vergroot" gaan word.
> 4) Verkykergroottes word gewoonlik gegee in die vorm 7x42. Die "7" is
> die vergroting, "42" is die deursnit van die objektieflens in mm.
>
> Hoe kies mens 'n verkyker? Soos Suidwester sê, dit hang af van wat jy
> wil doen.
> 1) 'n Groter objektief beteken meer lig kan ingelaat word in die
> verkyker, maw jy kan in vroegoggend en skemer na iets kyk.
> 2) Meer vergroting beteken jy kan "verder" sien, maar jy moet die
> verkyker stewig kan vashou - te veel bewerasie gaan die prentjie bederf.
> Groot verkykers behoort aan 'n driepoot vasgemaak kan word.
> 3) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar hoe ouer mens word, hoe moeiliker
> kan jou oogpupille aanpas by die ligsterkte en die fokusafstand. Een
> gevolg is dat jou pupille nie meer vreeslik klein kan trek nie. As jy
> die objektieflensgrootte (42 in die voorbeeld) deur die vergroting deel
> (7) kry jy die sg. "exit pupil diameter" (maw 6 vir ons voorbeeld) As
> jou oog se pupil nie meer kleiner as 6 mm kan trek nie, gaan jy 'n
> kleiner prentjie in die verkyker sien, met sulke swart rande om. Vir my
> is 'n 7x42 die kleinste verkyker wat nog vir my oë werk. Dit help ook
> nie ek koop 'n verkyker groter as 7x vergroting vir dieselfde
> objektieflens nie. Die volgende grootte is gewoonlik 7x50 of 8x50, maar
> dan begin gewig 'n rol speel. Duimreël: as jy ouer as 40 is, maak seker
> die "exit pupil" is groter as 7mm, onder 40 kan jy met gemak afgaan
> tot 5mm
> 4) Gewig speel 'n rol as jy in die veld gaan loop (veral voëlkykery).
> Baie moderne verkykers word met polikarbonaat (plastiek!) lense gemaak,
> wat hulle baie lig maak om te dra. 'n Baie goeie ligte verkyker met
> uitstekende optiese kwaliteit is byv Bushnell se Birding Series.
> Swarovski maak uitstekende verkykers met glaslense, teen 'n vreeslike
> prys - volgens my net vir jappies. Lynx maak ook uitstekende verkykers
> teen redelike pryse. Tasco is so-so. Nikon is ook uitstekend, maar
> vrekduur. Zeiss, as jy hom kan kry, is seker die koning van verkykers.
> 5) Oppervlaklagies op die lense help om UV strale uit te hou en sny
> gewoonlik die dynserigheid ook - maw jy kry 'n skerper beeld. Indien
> die interne lensoppervlaktes ook bedek is, des te beter
> 6) Gasgevulde verkykers verbeter ook die beeld
> 7) Gewoonlik, hoe meer interne lense daar is, hoe beter.
> 8) Dit is gewoonlik so in die optiese wêreld dat duurder = beter. Die
> vraag is natuurlik hoeveel beter jy elke keer kry vir die duurder!
> 9) As jy 'n ernstige voëlkyker is, kyk na 'n "spotting scope".
>
> Max wrote:
>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?
>>
>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
|
|
|
|
|
Re: Vêrkykers [boodskap #97435 is 'n antwoord op boodskap #97251] |
Mon, 30 August 2004 12:35  |
P65
Boodskappe: 126 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
P_65 gebruikte zijn klavier om te schrijven :
> Max heeft ons zojuist aangekondigd :
>> Wat is die beste vêrkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van Åœn 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?
>> Is daar Åœn maak wat nou "in" is in SA?
>
> Ek gebruik al jare een 7x42 Swarowski;lewenslange garantie,nie goedkoop nie
> maar loepsuiwer en tamelik kompakt;vir mij die beste wat op die markt is
Dit is die van my
http://store.birdwatching.net/stores/Birdwatching/catalog/sw ar_7x42_200.jpg
--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:41:59 UTC 2025
|