Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vêrkykers
Vêrkykers [boodskap #97206] Di, 24 Augustus 2004 09:40 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
vergroting. Voor-/nadele?

Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
Re: Vêrkykers [boodskap #97208 is 'n antwoord op boodskap #97206] Di, 24 Augustus 2004 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Volgens die tieners, is LG die beste - ek weet egter nie of hulle verkykers
maak nie:)))
--
Groetnis
Annette

"Max" skryf in boodskap news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97209 is 'n antwoord op boodskap #97206] Di, 24 Augustus 2004 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
So baie keuses by www.binoculars.com maar geen advies nie. Daar is wel 'n
oulike keuse "Browse by use" wat help om hul volgens toepassing te sorteer.

Vir voelkykers kyk en lees baie hier:
www.birdwatching.com/optics/binoculars1.html

Ek's self 'n Tasco gebruiker, maar meeste make is in SA verkrygbaar.

:-)

TJ

"Max" skryf in boodskap news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97213 is 'n antwoord op boodskap #97209] Di, 24 Augustus 2004 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die site, TJ. Genugtig maar die goed is duur! Ek weet nog steeds
nie wat ek nou eintlik moet koop nie. Dit lyk my elke ou moet maar self kyk
wat vir hom die lekkerste werk...

"TJ" skryf in boodskap news:cgf4au$5oc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So baie keuses by www.binoculars.com maar geen advies nie. Daar is wel 'n
> oulike keuse "Browse by use" wat help om hul volgens toepassing te sorteer.
>
> Vir voelkykers kyk en lees baie hier:
> www.birdwatching.com/optics/binoculars1.html
>
> Ek's self 'n Tasco gebruiker, maar meeste make is in SA verkrygbaar.
>
> :-)
>
> TJ
>
> "Max" wrote in message
> news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?
>>
>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>>
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97224 is 'n antwoord op boodskap #97206] Di, 24 Augustus 2004 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit gaan alles oor die 'optics' en die manier waarop dit die lig deur die
verkyker dra. Die ou tipe is die groteres waar die lig deur die hoog lens
gaan en dan weerkaats word deur prismas om die lig by jou oë te kry. Die
nuwer tipe van klein verkykertjie wat ook redelik kragtig is, is 'n
'roof-prism' as ek dit reg onthou en dit buig die lig. As jy wil voëls of
wild wil kyk en die verkyker baie en aanhoudend gaan gebruik, hou in my
opinie by die ou tipe van verkyker want dit maak nie jou oë so moeg nie.
As jy wil gaan sport kyk en nie so 'n groot ding wil rondsleep nie, is die
kleintjie dalk goed genoeg.
Die 7x, ens staan vir die aantal keer wat dit vergroot. Die x40 of x50
staan vir die grootte van die voorste lens.....die een wat die lig inlaat.
Hoe groter, hoe helderder is jou beeld. As jy voëls gaan soek in die
skemer dan is 'n x50 'n moet.
Net soos kameras, is daar nie eintlik so 'n ding soos 'n goeie, goedkoop
verkyker nie. Tasco is nie goed genoeg nie. As jy na kwaliteit kyk, dan
is dit ten minste Nikon of Swarofski, Leica, of so iets.

"Max" skryf in boodskap news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97226 is 'n antwoord op boodskap #97213] Di, 24 Augustus 2004 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jammer, maar ek gaan nie als in Afrikaans vertaal nie:

Die Australiers gee heelwat inligting by:
www.tasco.com.au/information/binoguide.ehtml
en die belangrike goed is natuurlik:
"The Optical Tripod - Magnification, Brightness and Resolution"

Hiers nog 'n paar skakels met meer inligting:
www.tasco.com/binoculars/factors_consider.shtml
www.tasco.com/binoculars/choosing_right.shtml

Het ek dalk genoem dat ek Tasco gebruik vir skietgoed en LVL in die toring.

:-)

TJ

"Max" skryf in boodskap news:412b266b$0$48933$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dankie vir die site, TJ. Genugtig maar die goed is duur! Ek weet nog steeds
> nie wat ek nou eintlik moet koop nie. Dit lyk my elke ou moet maar self kyk
> wat vir hom die lekkerste werk...
>
> "TJ" wrote in message
> news:cgf4au$5oc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> So baie keuses by www.binoculars.com maar geen advies nie. Daar is wel 'n
>> oulike keuse "Browse by use" wat help om hul volgens toepassing te sorteer.
>>
>> Vir voelkykers kyk en lees baie hier:
>> www.birdwatching.com/optics/binoculars1.html
>>
>> Ek's self 'n Tasco gebruiker, maar meeste make is in SA verkrygbaar.
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>> "Max" wrote in message
>> news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>>> vergroting. Voor-/nadele?
>>>
>>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>>>
>>
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97231 is 'n antwoord op boodskap #97226] Di, 24 Augustus 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Max

By daai com.au werf sal jy ook 'n tabel kry en sien dat die "compact" seker
die meeste kolle tref en nie jou sak sal ruk nie.

Waarvoor gaan jy die ding gebruik - as jy vir buurvrou wil loer soek jy dalk
'n teleskoop? Nog 'n ander storie ...

:-)

TJ

"TJ" skryf in boodskap news:cgfk1a$po4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jammer, maar ek gaan nie als in Afrikaans vertaal nie:
>
> Die Australiers gee heelwat inligting by:
> www.tasco.com.au/information/binoguide.ehtml
> en die belangrike goed is natuurlik:
> "The Optical Tripod - Magnification, Brightness and Resolution"
>
> Hiers nog 'n paar skakels met meer inligting:
> www.tasco.com/binoculars/factors_consider.shtml
> www.tasco.com/binoculars/choosing_right.shtml
>
> Het ek dalk genoem dat ek Tasco gebruik vir skietgoed en LVL in die toring.
>
> :-)
>
> TJ
>
> "Max" wrote in message
> news:412b266b$0$48933$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Dankie vir die site, TJ. Genugtig maar die goed is duur! Ek weet nog steeds
>> nie wat ek nou eintlik moet koop nie. Dit lyk my elke ou moet maar self kyk
>> wat vir hom die lekkerste werk...
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:cgf4au$5oc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> So baie keuses by www.binoculars.com maar geen advies nie. Daar is wel 'n
>>> oulike keuse "Browse by use" wat help om hul volgens toepassing te sorteer.
>>>
>>> Vir voelkykers kyk en lees baie hier:
>>> www.birdwatching.com/optics/binoculars1.html
>>>
>>> Ek's self 'n Tasco gebruiker, maar meeste make is in SA verkrygbaar.
>>>
>>> :-)
>>>
>>> TJ
>>>
>>> "Max" wrote in message
>>> news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>>>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>>>> vergroting. Voor-/nadele?
>>>>
>>>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>>>>
>>>
>>
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97237 is 'n antwoord op boodskap #97206] Di, 24 Augustus 2004 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Max,

Ek weet nie wat webwerwe wat deur ander hier geplaas is, als te sê het
nie, maar hier's 'n paar stukkies praktiese raad. Eers 'n paar los
definisies:
1) Die objektieflens is die groot lens(e) aan die voorkant van die verkyker.
2) Die "ocular" (okulêr?) is die een wat jy by oog hou.
3) Die sterkte gee vir jou 'n idee hoeveel keer die ding waarna jy kyk
"vergroot" gaan word.
4) Verkykergroottes word gewoonlik gegee in die vorm 7x42. Die "7" is
die vergroting, "42" is die deursnit van die objektieflens in mm.

Hoe kies mens 'n verkyker? Soos Suidwester sê, dit hang af van wat jy
wil doen.
1) 'n Groter objektief beteken meer lig kan ingelaat word in die
verkyker, maw jy kan in vroegoggend en skemer na iets kyk.
2) Meer vergroting beteken jy kan "verder" sien, maar jy moet die
verkyker stewig kan vashou - te veel bewerasie gaan die prentjie bederf.
Groot verkykers behoort aan 'n driepoot vasgemaak kan word.
3) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar hoe ouer mens word, hoe moeiliker
kan jou oogpupille aanpas by die ligsterkte en die fokusafstand. Een
gevolg is dat jou pupille nie meer vreeslik klein kan trek nie. As jy
die objektieflensgrootte (42 in die voorbeeld) deur die vergroting deel
(7) kry jy die sg. "exit pupil diameter" (maw 6 vir ons voorbeeld) As
jou oog se pupil nie meer kleiner as 6 mm kan trek nie, gaan jy 'n
kleiner prentjie in die verkyker sien, met sulke swart rande om. Vir my
is 'n 7x42 die kleinste verkyker wat nog vir my oë werk. Dit help ook
nie ek koop 'n verkyker groter as 7x vergroting vir dieselfde
objektieflens nie. Die volgende grootte is gewoonlik 7x50 of 8x50, maar
dan begin gewig 'n rol speel. Duimreël: as jy ouer as 40 is, maak seker
die "exit pupil" is groter as 7mm, onder 40 kan jy met gemak afgaan
tot 5mm
4) Gewig speel 'n rol as jy in die veld gaan loop (veral voëlkykery).
Baie moderne verkykers word met polikarbonaat (plastiek!) lense gemaak,
wat hulle baie lig maak om te dra. 'n Baie goeie ligte verkyker met
uitstekende optiese kwaliteit is byv Bushnell se Birding Series.
Swarovski maak uitstekende verkykers met glaslense, teen 'n vreeslike
prys - volgens my net vir jappies. Lynx maak ook uitstekende verkykers
teen redelike pryse. Tasco is so-so. Nikon is ook uitstekend, maar
vrekduur. Zeiss, as jy hom kan kry, is seker die koning van verkykers.
5) Oppervlaklagies op die lense help om UV strale uit te hou en sny
gewoonlik die dynserigheid ook - maw jy kry 'n skerper beeld. Indien
die interne lensoppervlaktes ook bedek is, des te beter
6) Gasgevulde verkykers verbeter ook die beeld
7) Gewoonlik, hoe meer interne lense daar is, hoe beter.
8) Dit is gewoonlik so in die optiese wêreld dat duurder = beter. Die
vraag is natuurlik hoeveel beter jy elke keer kry vir die duurder!
9) As jy 'n ernstige voëlkyker is, kyk na 'n "spotting scope".

Max wrote:
> Wat is die beste vêrkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Vêrkykers [boodskap #97249 is 'n antwoord op boodskap #97209] Wo, 25 Augustus 2004 03:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
try ook www.nabytrekkers.co.za

"TJ" skryf in boodskap news:cgf4au$5oc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So baie keuses by www.binoculars.com maar geen advies nie. Daar is wel 'n
> oulike keuse "Browse by use" wat help om hul volgens toepassing te
> sorteer.
>
> Vir voelkykers kyk en lees baie hier:
> www.birdwatching.com/optics/binoculars1.html
>
> Ek's self 'n Tasco gebruiker, maar meeste make is in SA verkrygbaar.
>
> :-)
>
> TJ
>
> "Max" wrote in message
> news:412b0efc$0$78279$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv
>> wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?

>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?


>
Re: Vêrkykers [boodskap #97251 is 'n antwoord op boodskap #97206] Wo, 25 Augustus 2004 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Max heeft ons zojuist aangekondigd :
> Wat is die beste vêrkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van Åœn 7x, 8x, 10x
> vergroting. Voor-/nadele?
>
> Is daar Åœn maak wat nou "in" is in SA?

Ek gebruik al jare een 7x42 Swarowski;lewenslange garantie,nie goedkoop
nie maar loepsuiwer en tamelik kompakt;vir mij die beste wat op die
markt is

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Vêrkykers [boodskap #97280 is 'n antwoord op boodskap #97251] Do, 26 Augustus 2004 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mooi spulle, die Swarowski?s! Maar vir ¤1000!!! Bietjie duur vir my...

"P_65" skryf in boodskap news:mn.cad07d488349d3f9.14359@hotmail.com...
> Max heeft ons zojuist aangekondigd :
>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?
>>
>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
> Ek gebruik al jare een 7x42 Swarowski;lewenslange garantie,nie goedkoop
> nie maar loepsuiwer en tamelik kompakt;vir mij die beste wat op die
> markt is
>
> --
> Dit is een automatische handtekening van MesNews.
> Site : http://mesnews.no-ip.com
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97281 is 'n antwoord op boodskap #97249] Do, 26 Augustus 2004 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mooi site, het jy dit gemaak?
(Die res van julle hoef nie te gaan kyk nie, die site bestaan nie!)

"soforkenwhat"
> try ook www.nabytrekkers.co.za
Re: Vêrkykers [boodskap #97282 is 'n antwoord op boodskap #97237] Do, 26 Augustus 2004 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir al jou moeite. Ek het nou die kennis wat ek nodig het. Sal
saterdag gou winkels toe gaan en gaan kyk wat daar is... Dis moeilik, want
ek koop die kyker vir iemand as geskenk en ek weet nie waarvan hy die meeste
sal hou nie...

"knersus" skryf in boodskap news:cgg462$a55$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Max,
>
> Ek weet nie wat webwerwe wat deur ander hier geplaas is, als te sê het
> nie, maar hier's 'n paar stukkies praktiese raad. Eers 'n paar los
> definisies:
> 1) Die objektieflens is die groot lens(e) aan die voorkant van die verkyker.
> 2) Die "ocular" (okulêr?) is die een wat jy by oog hou.
> 3) Die sterkte gee vir jou 'n idee hoeveel keer die ding waarna jy kyk
> "vergroot" gaan word.
> 4) Verkykergroottes word gewoonlik gegee in die vorm 7x42. Die "7" is
> die vergroting, "42" is die deursnit van die objektieflens in mm.
>
> Hoe kies mens 'n verkyker? Soos Suidwester sê, dit hang af van wat jy
> wil doen.
> 1) 'n Groter objektief beteken meer lig kan ingelaat word in die
> verkyker, maw jy kan in vroegoggend en skemer na iets kyk.
> 2) Meer vergroting beteken jy kan "verder" sien, maar jy moet die
> verkyker stewig kan vashou - te veel bewerasie gaan die prentjie bederf.
> Groot verkykers behoort aan 'n driepoot vasgemaak kan word.
> 3) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar hoe ouer mens word, hoe moeiliker
> kan jou oogpupille aanpas by die ligsterkte en die fokusafstand. Een
> gevolg is dat jou pupille nie meer vreeslik klein kan trek nie. As jy
> die objektieflensgrootte (42 in die voorbeeld) deur die vergroting deel
> (7) kry jy die sg. "exit pupil diameter" (maw 6 vir ons voorbeeld) As
> jou oog se pupil nie meer kleiner as 6 mm kan trek nie, gaan jy 'n
> kleiner prentjie in die verkyker sien, met sulke swart rande om. Vir my
> is 'n 7x42 die kleinste verkyker wat nog vir my oë werk. Dit help ook
> nie ek koop 'n verkyker groter as 7x vergroting vir dieselfde
> objektieflens nie. Die volgende grootte is gewoonlik 7x50 of 8x50, maar
> dan begin gewig 'n rol speel. Duimreël: as jy ouer as 40 is, maak seker
> die "exit pupil" is groter as 7mm, onder 40 kan jy met gemak afgaan
> tot 5mm
> 4) Gewig speel 'n rol as jy in die veld gaan loop (veral voëlkykery).
> Baie moderne verkykers word met polikarbonaat (plastiek!) lense gemaak,
> wat hulle baie lig maak om te dra. 'n Baie goeie ligte verkyker met
> uitstekende optiese kwaliteit is byv Bushnell se Birding Series.
> Swarovski maak uitstekende verkykers met glaslense, teen 'n vreeslike
> prys - volgens my net vir jappies. Lynx maak ook uitstekende verkykers
> teen redelike pryse. Tasco is so-so. Nikon is ook uitstekend, maar
> vrekduur. Zeiss, as jy hom kan kry, is seker die koning van verkykers.
> 5) Oppervlaklagies op die lense help om UV strale uit te hou en sny
> gewoonlik die dynserigheid ook - maw jy kry 'n skerper beeld. Indien
> die interne lensoppervlaktes ook bedek is, des te beter
> 6) Gasgevulde verkykers verbeter ook die beeld
> 7) Gewoonlik, hoe meer interne lense daar is, hoe beter.
> 8) Dit is gewoonlik so in die optiese wêreld dat duurder = beter. Die
> vraag is natuurlik hoeveel beter jy elke keer kry vir die duurder!
> 9) As jy 'n ernstige voëlkyker is, kyk na 'n "spotting scope".
>
> Max wrote:
>> Wat is die beste verkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van 'n 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?
>>
>> Is daar 'n maak wat nou "in" is in SA?
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: Vêrkykers [boodskap #97298 is 'n antwoord op boodskap #97281] Do, 26 Augustus 2004 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
shit Max ek het nie regtig gedink iemand sal die skakel probeer oopmaak nie

"Max" skryf in boodskap news:412dd067$0$43451$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Mooi site, het jy dit gemaak?
> (Die res van julle hoef nie te gaan kyk nie, die site bestaan nie!)
>
> "soforkenwhat"
>> try ook www.nabytrekkers.co.za
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97304 is 'n antwoord op boodskap #97298] Vr, 27 Augustus 2004 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As iemand wat nog nooit in verkykers belang gestel het nie, het ek nou baie
daaroor hier geleer.
Dankie.
--
Groetnis
Annette

"soforkenwhat" skryf in boodskap news:cgl5cm$b4v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> shit Max ek het nie regtig gedink iemand sal die skakel probeer oopmaak nie
>
>
> "Max" wrote in message
> news:412dd067$0$43451$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Mooi site, het jy dit gemaak?
>> (Die res van julle hoef nie te gaan kyk nie, die site bestaan nie!)
>>
>> "soforkenwhat"
>>> try ook www.nabytrekkers.co.za
>>
>
Re: Vêrkykers [boodskap #97435 is 'n antwoord op boodskap #97251] Ma, 30 Augustus 2004 12:35 Na vorige boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
P_65 gebruikte zijn klavier om te schrijven :
> Max heeft ons zojuist aangekondigd :
>> Wat is die beste vêrkyker om te koop? Kan mens dieselfde koop vir bv wilde
>> diere kyk, voëls kyk en rugby kyk? Hulle praat van Åœn 7x, 8x, 10x
>> vergroting. Voor-/nadele?

>> Is daar Åœn maak wat nou "in" is in SA?
>
> Ek gebruik al jare een 7x42 Swarowski;lewenslange garantie,nie goedkoop nie
> maar loepsuiwer en tamelik kompakt;vir mij die beste wat op die markt is

Dit is die van my
http://store.birdwatching.net/stores/Birdwatching/catalog/sw ar_7x42_200.jpg

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Vorige onderwerp: Suidwes se Wille Perde
Volgende onderwerp: Re: South African Army collapses under Third World rule
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 16:48:25 MGT 2024