Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n grond-skok
Nog 'n grond-skok [boodskap #97065] Vr, 20 Augustus 2004 16:57 na volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nóg 'n grondeis-skok - groter as dié van Magoebaskloof - tref boere in
Limpopo met die afkondiging Vrydag van vier eise op 518 plase in die
Hoedspruit-gebied.

Die georganiseerde landbou het aangedui dat talle van die eienaars
hulle waarskynlik tot die grondeisehof gaan wend.

Die gebied wat geëis word is die grootste tot nog toe in Limpopo en
sluit in van die grootste vrugte- en groenteplase in die land, talle
vakansie-oorde en bekende wildplase en natuurreservate.

Baie geld uit die buiteland is oor die jare in talle van dié eiendomme
belê.

Mnr. Mashile Mokono, grondeisekommissaris van Limpopo, het Woensdag ná
'n gespanne vergadering oor die Magoebaskloof-grondeise in Tzaneen gesê
die jongste eise word Vrydag in die Staatskoerant afgekondig.

Dr. Theo de Jager, dagbestuurslid van Agri Letaba, het gesê luidens die
konsep-Staatskoerant word die betwiste gebied begrens deur die
Tzaneen/Hoedspruit-pad, die Klaserie-reservaat en die Klaserie- en
Olifantsrivier.

Volgens hom het drie groepe, die Maroba-stam, die Chiloane- en die
Moletele-gemeenskap saam vier eise vir die gebied ingestel. Hulle het
glo op 29 Julie as die Lekaung-gemeenskap saamgesmelt.

De Jager het gesê kommer bestaan - soos met die Magoebaskloof-eis -
omdat die nuus oor die eise die grondeienaars nou eers bereik, terwyl
die sperdatum jare gelede al verstryk het.

Hul grootste beswaar is dat die grondeisekommissie of die departement
van grondsake geen kosteberekenings rakende 'n eis doen voordat dit in
die Staatskoerant afgekondig word nie.

"In Hoedspruit, soos in Magoebaskloof, beteken dit die gebied se
ekonomie word in onsekerheid gedompel. Daarmee saam word investering
gedemp," het hy gesê.

"Die eiendomsmark gaan ook heeltemal bevries word totdat die eis
afgehandel is, terwyl geen bank grond as sekuriteit vir
produksielenings aanvaar nie."

Volgens hom moet die kommissie samesprekings voer met die
georganiseerde landbou om 'n strategie te ontwikkel vir die hantering
van grondhervorming.

mfou...@beeld.com

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Nog 'n grond-skok [boodskap #97074 is 'n antwoord op boodskap #97065] Sa, 21 Augustus 2004 06:41 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
P_65 wrote:

> Nóg 'n grondeis-skok - groter as dié van Magoebaskloof - tref boere in
> Limpopo met die afkondiging Vrydag van vier eise op 518 plase in die
> Hoedspruit-gebied.
>
> Die georganiseerde landbou het aangedui dat talle van die eienaars hulle
> waarskynlik tot die grondeisehof gaan wend.
>
> Die gebied wat geëis word is die grootste tot nog toe in Limpopo en
> sluit in van die grootste vrugte- en groenteplase in die land, talle
> vakansie-oorde en bekende wildplase en natuurreservate.
>
> Baie geld uit die buiteland is oor die jare in talle van dié eiendomme
> belê.
>
> Mnr. Mashile Mokono, grondeisekommissaris van Limpopo, het Woensdag ná
> 'n gespanne vergadering oor die Magoebaskloof-grondeise in Tzaneen gesê
> die jongste eise word Vrydag in die Staatskoerant afgekondig.
>
> Dr. Theo de Jager, dagbestuurslid van Agri Letaba, het gesê luidens die
> konsep-Staatskoerant word die betwiste gebied begrens deur die
> Tzaneen/Hoedspruit-pad, die Klaserie-reservaat en die Klaserie- en
> Olifantsrivier.
>
> Volgens hom het drie groepe, die Maroba-stam, die Chiloane- en die
> Moletele-gemeenskap saam vier eise vir die gebied ingestel. Hulle het
> glo op 29 Julie as die Lekaung-gemeenskap saamgesmelt.
>
> De Jager het gesê kommer bestaan - soos met die Magoebaskloof-eis -
> omdat die nuus oor die eise die grondeienaars nou eers bereik, terwyl
> die sperdatum jare gelede al verstryk het.
>
> Hul grootste beswaar is dat die grondeisekommissie of die departement
> van grondsake geen kosteberekenings rakende 'n eis doen voordat dit in
> die Staatskoerant afgekondig word nie.
>
> "In Hoedspruit, soos in Magoebaskloof, beteken dit die gebied se
> ekonomie word in onsekerheid gedompel. Daarmee saam word investering
> gedemp," het hy gesê.
>
> "Die eiendomsmark gaan ook heeltemal bevries word totdat die eis
> afgehandel is, terwyl geen bank grond as sekuriteit vir produksielenings
> aanvaar nie."
>
> Volgens hom moet die kommissie samesprekings voer met die georganiseerde
> landbou om 'n strategie te ontwikkel vir die hantering van grondhervorming.
>
> mfou...@beeld.com
>

Hoe gaan die ou liedjie nou weer? Vat jou goed en trek Ferreira,
anderkant die bult wag 'n klompie perde...

Tragies.

Groete
Plato
Vorige onderwerp: Herero's se Duitse verskoning
Volgende onderwerp: ANC huil omdat "wittes" medaljes wen!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 08:40:36 MGT 2024