Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC
Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96293] So, 08 Augustus 2004 05:44 na volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
NNP sink finaal
EUGENE GUNNING

Die NNP het gister formeel boedel oorgegee aan die ANC. Ná byna vyf
dekades waarin die party die politiek in Suid-Afrika oorheers het, gaan
die naam NNP nooit weer op 'n stembrief in Suid-Afrika verskyn nie.

Die NNP gaan voortaan onder die vaandel van die ANC aan verkiesings
deelneem. NNP-ampsdraers in die parlement, die provinsies en plaaslike
besture moet in die oorlooptydperke vanjaar en aanstaande jaar na die
ANC oorloop waar 'n spesiale bedeling vir hulle geskep gaan word.

Dié verreikende besluite is gister geneem op 'n vergadering van die NNP
se federale raad in Johannesburg wat bygewoon is deur mnr. Mosiuoa
Lekota, nasionale voorsitter van die ANC. Vyf van die 54 lede van die
federale raad het teenstemme uitgebring en een het buite stemming gebly.

Die besluit kom in effek neer op die ontbinding van die party. "Dit is
'n roemlose, oneervolle einde," het prof. Willie Breytenbach, politieke
wetenskaplike van Stellenbosch, gister gesê.

Gister se voorstelle maak voorsiening vir dubbele lidmaatskap met die
ANC in die tydperk terwyl die samesmelting deurgevoer word.

Rapport verneem dit was veral Vrystaatse lede wat vasgeskop het teen die
samesmelting met die ANC. Drie van die teenstemme was van Vrystaters.

Ingevolge die ooreenkoms sal stadsraadslede in die oorlooptyd in
September vanjaar by die ANC kan aansluit en hul setels behou. NNP-LP's
en NNP-LUR's sal aanstaande jaar in die oorlooptydperk op dié
regeringsvlakke by die ANC kan aansluit. NNP-lede wat by die ANC
aansluit, sal ANC-koukusvergaderings bywoon en hulle sal onder die
dissipline van die ANC val.

Vir die 2005/'06- munisipale verkiesing sal die ANC se kandidatelys
voldoende voorsiening maak vir NNP-verteenwoordigers in 'n ooreengekome
proses.

Mnr. Daryl Swanepoel, sekretaris-generaal van die NNP, het ná die
vergadering gesê geen finale besluit is al geneem oor die ontbinding van
die party nie. NNP-lede sal as individue by die ANC aansluit.

Op die vraag of die party as 'n regsentiteit sal voortbestaan, het hy
geantwoord: "Daardie besluit sal later geneem word."

Mnr. Inus Aucamp, Vrystaatse leier van die NNP, het egter gesê die
werklike betekenis van gister se besluit is dat die NNP gaan ontbind.

Hy het bevestig dat hy teen die voorstelle gestem het. "Soos ek dit
sien, sal die NNP nooit weer op 'n stembrief verskyn nie en daar sal
nooit weer 'n NNP-kandidatelys wees nie. Ek het daarteen gestem omdat ek
oortuig bly dat dit nie 'n waardige en eervolle wyse is om met die
realiteit te handel nie.

"My besluit het niks met samewerking met die ANC te doen nie. Wit en
swart moet steeds saamwerk om nasiebou en versoening te bewerkstellig en
die probleme van die land op te los."

Breytenbach het gesê die NNP se einde het sommer in 'n konferensiesaal
gekom. Dit was nie eens op 'n slagveld nie.

"Dis ontbinding, ongeag watter woorde gebruik word. Daar is geen visie
vir 'n afsonderlike bestaan nie. Dis 'n geskiedkundige dag, die
afsluiting van 'n era."

Oudmin. Pik Botha het in sy reaksie gesê die NNP behoort behoorlik te
ontbind en aan sy kiesers te sê hulle moet vir die ANC stem. "Dan weet
ons almal wat aan die gang is. Gister se gebeure is simptomaties van die
besluiteloosheid wat die party die laaste paar jaar gekenmerk het."
Me. Helen Zille, DA-woordvoerder, het gesê dis die finale spyker in
die NNP se doodskis. NNP-kiesers gaan die partyleiding nie volg nie
omdat hulle nie wil help dat Suid-Afrika 'n eenpartystaat word nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van VF Plus, het gesê die NNP se rol is klaar
gespeel en mnr. Marthinus van Schalkwyk het net homself gered.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96322 is 'n antwoord op boodskap #96293] So, 08 Augustus 2004 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kortbroek het mos nie verniet al daai jare op Die Eiland saam met
Madiba gesit nie, held van die struggle wat hy is.

On Sun, 08 Aug 2004 07:44:15 +0200, Plato wrote:

> NNP sink finaal
> EUGENE GUNNING
>
>
> Die NNP het gister formeel boedel oorgegee aan die ANC. Ná byna vyf
> dekades waarin die party die politiek in Suid-Afrika oorheers het, gaan
> die naam NNP nooit weer op 'n stembrief in Suid-Afrika verskyn nie.
>
> Die NNP gaan voortaan onder die vaandel van die ANC aan verkiesings
> deelneem. NNP-ampsdraers in die parlement, die provinsies en plaaslike
> besture moet in die oorlooptydperke vanjaar en aanstaande jaar na die
> ANC oorloop waar 'n spesiale bedeling vir hulle geskep gaan word.
>
> Dié verreikende besluite is gister geneem op 'n vergadering van die NNP
> se federale raad in Johannesburg wat bygewoon is deur mnr. Mosiuoa
> Lekota, nasionale voorsitter van die ANC. Vyf van die 54 lede van die
> federale raad het teenstemme uitgebring en een het buite stemming gebly.
>
> Die besluit kom in effek neer op die ontbinding van die party. "Dit is
> 'n roemlose, oneervolle einde," het prof. Willie Breytenbach, politieke
> wetenskaplike van Stellenbosch, gister gesê.
>
> Gister se voorstelle maak voorsiening vir dubbele lidmaatskap met die
> ANC in die tydperk terwyl die samesmelting deurgevoer word.
>
> Rapport verneem dit was veral Vrystaatse lede wat vasgeskop het teen die
> samesmelting met die ANC. Drie van die teenstemme was van Vrystaters.
>
> Ingevolge die ooreenkoms sal stadsraadslede in die oorlooptyd in
> September vanjaar by die ANC kan aansluit en hul setels behou. NNP-LP's
> en NNP-LUR's sal aanstaande jaar in die oorlooptydperk op dié
> regeringsvlakke by die ANC kan aansluit. NNP-lede wat by die ANC
> aansluit, sal ANC-koukusvergaderings bywoon en hulle sal onder die
> dissipline van die ANC val.
>
> Vir die 2005/'06- munisipale verkiesing sal die ANC se kandidatelys
> voldoende voorsiening maak vir NNP-verteenwoordigers in 'n ooreengekome
> proses.
>
> Mnr. Daryl Swanepoel, sekretaris-generaal van die NNP, het ná die
> vergadering gesê geen finale besluit is al geneem oor die ontbinding van
> die party nie. NNP-lede sal as individue by die ANC aansluit.
>
> Op die vraag of die party as 'n regsentiteit sal voortbestaan, het hy
> geantwoord: "Daardie besluit sal later geneem word."
>
> Mnr. Inus Aucamp, Vrystaatse leier van die NNP, het egter gesê die
> werklike betekenis van gister se besluit is dat die NNP gaan ontbind.
>
> Hy het bevestig dat hy teen die voorstelle gestem het. "Soos ek dit
> sien, sal die NNP nooit weer op 'n stembrief verskyn nie en daar sal
> nooit weer 'n NNP-kandidatelys wees nie. Ek het daarteen gestem omdat ek
> oortuig bly dat dit nie 'n waardige en eervolle wyse is om met die
> realiteit te handel nie.
>
> "My besluit het niks met samewerking met die ANC te doen nie. Wit en
> swart moet steeds saamwerk om nasiebou en versoening te bewerkstellig en
> die probleme van die land op te los."
>
> Breytenbach het gesê die NNP se einde het sommer in 'n konferensiesaal
> gekom. Dit was nie eens op 'n slagveld nie.
>
> "Dis ontbinding, ongeag watter woorde gebruik word. Daar is geen visie
> vir 'n afsonderlike bestaan nie. Dis 'n geskiedkundige dag, die
> afsluiting van 'n era."
>
> Oudmin. Pik Botha het in sy reaksie gesê die NNP behoort behoorlik te
> ontbind en aan sy kiesers te sê hulle moet vir die ANC stem. "Dan weet
> ons almal wat aan die gang is. Gister se gebeure is simptomaties van die
> besluiteloosheid wat die party die laaste paar jaar gekenmerk het."
> Me. Helen Zille, DA-woordvoerder, het gesê dis die finale spyker in
> die NNP se doodskis. NNP-kiesers gaan die partyleiding nie volg nie
> omdat hulle nie wil help dat Suid-Afrika 'n eenpartystaat word nie.
>
> Dr. Pieter Mulder, leier van VF Plus, het gesê die NNP se rol is klaar
> gespeel en mnr. Marthinus van Schalkwyk het net homself gered.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96337 is 'n antwoord op boodskap #96293] So, 08 Augustus 2004 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf in boodskap news:...
> NNP sink finaal
> EUGENE GUNNING
>
>
> Die NNP het gister formeel boedel oorgegee aan die ANC. Ná byna vyf
> dekades waarin die party die politiek in Suid-Afrika oorheers het, gaan
> die naam NNP nooit weer op 'n stembrief in Suid-Afrika verskyn nie.
>


> Mnr. Inus Aucamp, Vrystaatse leier van die NNP, het egter gesê die
> werklike betekenis van gister se besluit is dat die NNP gaan ontbind.
>
> Hy het bevestig dat hy teen die voorstelle gestem het. "Soos ek dit
> sien, sal die NNP nooit weer op 'n stembrief verskyn nie en daar sal
> nooit weer 'n NNP-kandidatelys wees nie. Ek het daarteen gestem omdat ek
> oortuig bly dat dit nie 'n waardige en eervolle wyse is om met die
> realiteit te handel nie.
>
> "My besluit het niks met samewerking met die ANC te doen nie. Wit en
> swart moet steeds saamwerk om nasiebou en versoening te bewerkstellig en
> die probleme van die land op te los."

DOH!!! Was dit nie waarvoor ons in die referendum gestem het nie? Dit
is nou 12 (?) jaar later ... twyfel iemand nog daaroor?
>
> Dr. Pieter Mulder, leier van VF Plus, het gesê die NNP se rol is klaar
> gespeel en mnr. Marthinus van Schalkwyk het net homself gered.

Ou Pietertjie kan baie nonsens praat maar hier slaan hy die spyker op
die kop.

Geluk aan die ANC ... geniet kortbroek en sy ja broers. Aan kortbroek
- wanneer laas het jy met Carl Niehaus gepraat? Gee hom 'n lui ...
terloops wanneer word jy ambasadeur?
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96345 is 'n antwoord op boodskap #96337] So, 08 Augustus 2004 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf

> Geluk aan die ANC

Nouja. Laat ons nou weer hoor hoe dom
die ANC is. Hoe hulle nie die struggle gewen
het nie. Ek sou dink hulle is een van die mees
gesofistikeerde politieke entiteite op die aardbol
vandag.

Gloudina
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96347 is 'n antwoord op boodskap #96345] So, 08 Augustus 2004 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com heeft ons zojuist aangekondigd :
> "Lou" skryf
>
>> Geluk aan die ANC
>
> Nouja. Laat ons nou weer hoor hoe dom
> die ANC is. Hoe hulle nie die struggle gewen
> het nie. Ek sou dink hulle is een van die mees
> gesofistikeerde politieke entiteite op die aardbol
> vandag.
>
> Gloudina

Is het daarom dat er zoveel werkloosheid,criminaliteit en aids is

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96356 is 'n antwoord op boodskap #96345] Ma, 09 Augustus 2004 03:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
>> Geluk aan die ANC
>
> Nouja. Laat ons nou weer hoor hoe dom
> die ANC is. Hoe hulle nie die struggle gewen
> het nie. Ek sou dink hulle is een van die mees
> gesofistikeerde politieke entiteite op die aardbol
> vandag.
>
> Gloudina

Jy dink verkeerd - maar dan - jy is die meeste van die tyd - dit is
nou as jy nie spelling tjek nie - verkeerd.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96361 is 'n antwoord op boodskap #96322] Ma, 09 Augustus 2004 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wel, die sot Kortbroek (wat hopelik nooit daardie naam sal afleef nie)
sal beslis nie in die geskiedenis afgaan as briljante staatsman nie. Hy
kan wel 'n boek skryf wat goed sal verkoop: Tien eenvoudige stappe om 'n
party mee die grond in te stuur.

Cheers
Plato

Ferdi Greyling wrote:

>
> Kortbroek het mos nie verniet al daai jare op Die Eiland saam met
> Madiba gesit nie, held van die struggle wat hy is.
>
>
>
>
> On Sun, 08 Aug 2004 07:44:15 +0200, Plato wrote:
>
>
>> NNP sink finaal
>> EUGENE GUNNING


>> Die NNP het gister formeel boedel oorgegee aan die ANC. Ná byna vyf
>> dekades waarin die party die politiek in Suid-Afrika oorheers het, gaan
>> die naam NNP nooit weer op 'n stembrief in Suid-Afrika verskyn nie.

>> Die NNP gaan voortaan onder die vaandel van die ANC aan verkiesings
>> deelneem. NNP-ampsdraers in die parlement, die provinsies en plaaslike
>> besture moet in die oorlooptydperke vanjaar en aanstaande jaar na die
>> ANC oorloop waar 'n spesiale bedeling vir hulle geskep gaan word.

>> Dié verreikende besluite is gister geneem op 'n vergadering van die NNP
>> se federale raad in Johannesburg wat bygewoon is deur mnr. Mosiuoa
>> Lekota, nasionale voorsitter van die ANC. Vyf van die 54 lede van die
>> federale raad het teenstemme uitgebring en een het buite stemming gebly.

>> Die besluit kom in effek neer op die ontbinding van die party. "Dit is
>> 'n roemlose, oneervolle einde," het prof. Willie Breytenbach, politieke
>> wetenskaplike van Stellenbosch, gister gesê.

>> Gister se voorstelle maak voorsiening vir dubbele lidmaatskap met die
>> ANC in die tydperk terwyl die samesmelting deurgevoer word.

>> Rapport verneem dit was veral Vrystaatse lede wat vasgeskop het teen die
>> samesmelting met die ANC. Drie van die teenstemme was van Vrystaters.

>> Ingevolge die ooreenkoms sal stadsraadslede in die oorlooptyd in
>> September vanjaar by die ANC kan aansluit en hul setels behou. NNP-LP's
>> en NNP-LUR's sal aanstaande jaar in die oorlooptydperk op dié
>> regeringsvlakke by die ANC kan aansluit. NNP-lede wat by die ANC
>> aansluit, sal ANC-koukusvergaderings bywoon en hulle sal onder die
>> dissipline van die ANC val.

>> Vir die 2005/'06- munisipale verkiesing sal die ANC se kandidatelys
>> voldoende voorsiening maak vir NNP-verteenwoordigers in 'n ooreengekome
>> proses.

>> Mnr. Daryl Swanepoel, sekretaris-generaal van die NNP, het ná die
>> vergadering gesê geen finale besluit is al geneem oor die ontbinding van
>> die party nie. NNP-lede sal as individue by die ANC aansluit.

>> Op die vraag of die party as 'n regsentiteit sal voortbestaan, het hy
>> geantwoord: "Daardie besluit sal later geneem word."

>> Mnr. Inus Aucamp, Vrystaatse leier van die NNP, het egter gesê die
>> werklike betekenis van gister se besluit is dat die NNP gaan ontbind.

>> Hy het bevestig dat hy teen die voorstelle gestem het. "Soos ek dit
>> sien, sal die NNP nooit weer op 'n stembrief verskyn nie en daar sal
>> nooit weer 'n NNP-kandidatelys wees nie. Ek het daarteen gestem omdat ek
>> oortuig bly dat dit nie 'n waardige en eervolle wyse is om met die
>> realiteit te handel nie.

>> "My besluit het niks met samewerking met die ANC te doen nie. Wit en
>> swart moet steeds saamwerk om nasiebou en versoening te bewerkstellig en
>> die probleme van die land op te los."

>> Breytenbach het gesê die NNP se einde het sommer in 'n konferensiesaal
>> gekom. Dit was nie eens op 'n slagveld nie.

>> "Dis ontbinding, ongeag watter woorde gebruik word. Daar is geen visie
>> vir 'n afsonderlike bestaan nie. Dis 'n geskiedkundige dag, die
>> afsluiting van 'n era."

>> Oudmin. Pik Botha het in sy reaksie gesê die NNP behoort behoorlik te
>> ontbind en aan sy kiesers te sê hulle moet vir die ANC stem. "Dan weet
>> ons almal wat aan die gang is. Gister se gebeure is simptomaties van die
>> besluiteloosheid wat die party die laaste paar jaar gekenmerk het."
>> Me. Helen Zille, DA-woordvoerder, het gesê dis die finale spyker in
>> die NNP se doodskis. NNP-kiesers gaan die partyleiding nie volg nie
>> omdat hulle nie wil help dat Suid-Afrika 'n eenpartystaat word nie.

>> Dr. Pieter Mulder, leier van VF Plus, het gesê die NNP se rol is klaar
>> gespeel en mnr. Marthinus van Schalkwyk het net homself gered.
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96372 is 'n antwoord op boodskap #96356] Ma, 09 Augustus 2004 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
As Gloudina werklik kan dink die ANC is gesofistikeerd dan is die aarde
seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
goed.

Cheers
Plato

Lou wrote:

> "@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
>> "Lou" skryf


>>> Geluk aan die ANC

>> Nouja. Laat ons nou weer hoor hoe dom
>> die ANC is. Hoe hulle nie die struggle gewen
>> het nie. Ek sou dink hulle is een van die mees
>> gesofistikeerde politieke entiteite op die aardbol
>> vandag.

>> Gloudina
>
>
> Jy dink verkeerd - maar dan - jy is die meeste van die tyd - dit is
> nou as jy nie spelling tjek nie - verkeerd.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96381 is 'n antwoord op boodskap #96372] Ma, 09 Augustus 2004 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato"

> As Gloudina werklik kan dink die ANC is gesofistikeerd dan is die aarde
> seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
> met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
> goed.

Wat ek sien, is dat die ANC nie net die struggle
gewen het nie, maar nou ook hulle ou teenstander
soos 'n boaslang insluk. As dít darem nou nie 'n
coup is nie, wat is?

Gloudina
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96383 is 'n antwoord op boodskap #96381] Ma, 09 Augustus 2004 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja nee Gloudina, jy is reg. Dit is fantasties. Die wêreld is wonderlik,
geen honger en dors nie. Die ANC is die antwoord op SA se probleme, dit
is gewis. Kyk na ons fantastiese infrastruktuur. Kyk na al die paaie en
hospitale wat ons nie voor 1994 gehad het nie! As dit nie was vir Nelson
Mandela nie, het ons nooit die brug in Newtown Johannesburg wat na hom
vernoem is gehad nie. As dit nie vir hom was nie, was daar nie 'n straat
in Pretoria wat toevallig ook sy naam dra nie. Die Kaapstadse biblioteek
sou ook nie daar gewees het nie.

Waar sou SA gewees het as dit nie vir die ANC was nie? Ons ekonomie was
mos nie die grootste in Afrika voor 94 nie, was dit? Ons het mos ons
telekommunikasie netwerk na 94 so groot gekry. Telkom is mos vandag met
die ANC se beheer mos die vriendelikste en mees gemeenskap gesentreerde
maatskappy in ons geskiedenis.

Eskom is mos 'n ANC stigting en ek kan nie onthou wanneer laas ek 'n
krag onderbreking gehad het nie. Voor 94 was dit mos elke 3de dag uit.
Ek dink ons moet die helde akker in Pretoria opgrawe en 'n nuwe een met
'n meer gepaste Xhoza naam skep waar mense soos Mugabe, Mandela en
Nujoma in die naam van ons redding begrawe kan word ter nagedagtenis aan
ons vryheid van lyding en verdrukking.

Viva ANC! Viva!

Groete Gloudina my "comrade"!

Plato

@rogers.com wrote:
> "Plato"
>
>
>> As Gloudina werklik kan dink die ANC is gesofistikeerd dan is die aarde
>> seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
>> met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
>> goed.
>
>
> Wat ek sien, is dat die ANC nie net die struggle
> gewen het nie, maar nou ook hulle ou teenstander
> soos 'n boaslang insluk. As dít darem nou nie 'n
> coup is nie, wat is?
>
> Gloudina
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96385 is 'n antwoord op boodskap #96383] Ma, 09 Augustus 2004 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato"
.
>> Waar sou SA gewees het as dit nie vir die ANC was nie? Ons ekonomie was
> mos nie die grootste in Afrika voor 94 nie, was dit?

Jong, ek moet nie my tyd mors met mense soos jy nie.
Julle sit en gorrel maar net dieselfde cliché's oor en oor.
Praat asof alles voor 1994 'n bed van rose was. Miskien
was dit vir julle wit ouens wat langs die vleespotte gesit
het, maar vir die grootste gros van die inwoners van SA
was dit 'n hel op aarde: saamgedruk in bantustans wat
geen ekonomiese vooruitsigte gehad het nie, of geteister
deur kaspirs in die strate van die krotgebiede waarin
hulle afgesonder is.
Buitendien, enigiemand wat enigsins eerlik is, sal toegee
dat die huidige regering in SA 'n baie konserwatiewe
maar suksesvolle fiskale beleid volg. Iets wat die
mense wat jy so bewonder nie gedoen het nie. Jy wil
maar net sit en agiteer teen die ANC. Maar niemand
luister meer na julle nie. Selfs vorige Nasionale Party
lede het nou al die lig gesien.

Gloudina
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96396 is 'n antwoord op boodskap #96385] Ma, 09 Augustus 2004 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoe val jy my dan so aan Gloudina? Ek stem dan saam met jou mens.
Dis wonderlik wat hier aan die gebeur is. Fantasties! Van Schalkwyk het
die lig gesien ja. Hy is een van die mees eerbare politici wat ons land
in jare gesien het. Hy sluit beslis aan by 'n eerbare wenspan. Ek het
die lig gesien! Dis helder soos daglig. Ek kan nie glo ek het van jou
verskil nie Gloudina, hoe kon ek tog so dom gewees het. Die ANC is Suid
Afrika se redding! Viva! Sê my "comrade" Gloudina, dink jy ook dat die
swart mense van hierdie land wat nou gered is uiteindelik tot die rykdom
en lewensstandaard wat hulle sou gehad het sonder die inmenging van die
blanke kolonialistiese Apartheidsvarke sal styg? Ek dink so! Die res van
Afrika is hemel op aarde sonder die koloniale varke! Ons almal kan nou
'n TV, BMW en huis kry! Viva! Viva ANC!!!! VIVA!!!

P.

@rogers.com wrote:

> "Plato"
> .
>
>>> Waar sou SA gewees het as dit nie vir die ANC was nie? Ons ekonomie was

>> mos nie die grootste in Afrika voor 94 nie, was dit?
>
>
> Jong, ek moet nie my tyd mors met mense soos jy nie.
> Julle sit en gorrel maar net dieselfde cliché's oor en oor.
> Praat asof alles voor 1994 'n bed van rose was. Miskien
> was dit vir julle wit ouens wat langs die vleespotte gesit
> het, maar vir die grootste gros van die inwoners van SA
> was dit 'n hel op aarde: saamgedruk in bantustans wat
> geen ekonomiese vooruitsigte gehad het nie, of geteister
> deur kaspirs in die strate van die krotgebiede waarin
> hulle afgesonder is.
> Buitendien, enigiemand wat enigsins eerlik is, sal toegee
> dat die huidige regering in SA 'n baie konserwatiewe
> maar suksesvolle fiskale beleid volg. Iets wat die
> mense wat jy so bewonder nie gedoen het nie. Jy wil
> maar net sit en agiteer teen die ANC. Maar niemand
> luister meer na julle nie. Selfs vorige Nasionale Party
> lede het nou al die lig gesien.
>
> Gloudina
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96447 is 'n antwoord op boodskap #96396] Di, 10 Augustus 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bliksem Plato! Jy moet oppas! Netnou kom die ou dier terug! Hy speel
antie, hy speel!

"Plato" skryf in boodskap news:o_OdnW7eTvo5BIrcRVn-pA@is.co.za...
> Nou hoe val jy my dan so aan Gloudina? Ek stem dan saam met jou mens.
> Dis wonderlik wat hier aan die gebeur is. Fantasties! Van Schalkwyk het
> die lig gesien ja. Hy is een van die mees eerbare politici wat ons land
> in jare gesien het. Hy sluit beslis aan by 'n eerbare wenspan. Ek het
> die lig gesien! Dis helder soos daglig. Ek kan nie glo ek het van jou
> verskil nie Gloudina, hoe kon ek tog so dom gewees het. Die ANC is Suid
> Afrika se redding! Viva! Sê my "comrade" Gloudina, dink jy ook dat die
> swart mense van hierdie land wat nou gered is uiteindelik tot die rykdom
> en lewensstandaard wat hulle sou gehad het sonder die inmenging van die
> blanke kolonialistiese Apartheidsvarke sal styg? Ek dink so! Die res van
> Afrika is hemel op aarde sonder die koloniale varke! Ons almal kan nou
> 'n TV, BMW en huis kry! Viva! Viva ANC!!!! VIVA!!!
>
> P.
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Plato"
>> .
>>
>>>> Waar sou SA gewees het as dit nie vir die ANC was nie? Ons ekonomie was
>
>>> mos nie die grootste in Afrika voor 94 nie, was dit?
>>
>>
>> Jong, ek moet nie my tyd mors met mense soos jy nie.
>> Julle sit en gorrel maar net dieselfde cliché's oor en oor.
>> Praat asof alles voor 1994 'n bed van rose was. Miskien
>> was dit vir julle wit ouens wat langs die vleespotte gesit
>> het, maar vir die grootste gros van die inwoners van SA
>> was dit 'n hel op aarde: saamgedruk in bantustans wat
>> geen ekonomiese vooruitsigte gehad het nie, of geteister
>> deur kaspirs in die strate van die krotgebiede waarin
>> hulle afgesonder is.
>> Buitendien, enigiemand wat enigsins eerlik is, sal toegee
>> dat die huidige regering in SA 'n baie konserwatiewe
>> maar suksesvolle fiskale beleid volg. Iets wat die
>> mense wat jy so bewonder nie gedoen het nie. Jy wil
>> maar net sit en agiteer teen die ANC. Maar niemand
>> luister meer na julle nie. Selfs vorige Nasionale Party
>> lede het nou al die lig gesien.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96470 is 'n antwoord op boodskap #96347] Di, 10 Augustus 2004 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Aug 2004 19:41:58 GMT, P_65 wrote:

> Is het daarom dat er zoveel werkloosheid,criminaliteit en aids is

Ja man, al die Suid-Afrikaners het moerse goeie jobs gehad. Elke liewe
een. Toe kom die ANC en fire die helfte. Net om aspris naar te wees.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96471 is 'n antwoord op boodskap #96372] Di, 10 Augustus 2004 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 09 Aug 2004 13:50:18 +0200, Plato wrote:

> As Gloudina werklik kan dink die ANC is gesofistikeerd dan is die aarde
> seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
> met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
> goed.

Whatever hulle is, hulle het die NP en die BBond koudgesit.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96477 is 'n antwoord op boodskap #96470] Wo, 11 Augustus 2004 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, jy praat van 'n simptoom waarvan ons nie 100% seker is van die
oorsaak nie. Die vraag is of dit anders sou gewees het sonder Apartheid.
Ek sien nie SA as afsonderlik van Afrika nie. As ek dinge so kyk sou
dit nie anders gewees het nie.

Groete
Plato

Ferdi Greyling wrote:
> On Sun, 08 Aug 2004 19:41:58 GMT, P_65 wrote:
>
>
>
> Ja man, al die Suid-Afrikaners het moerse goeie jobs gehad. Elke liewe
> een. Toe kom die ANC en fire die helfte. Net om aspris naar te wees.
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96478 is 'n antwoord op boodskap #96471] Wo, 11 Augustus 2004 04:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee Ferdi, die sanksies het. Wie het die sanksies toegepas? Hoogheiliges?

Groete
Plato

Ferdi Greyling wrote:

> On Mon, 09 Aug 2004 13:50:18 +0200, Plato wrote:
>
> aarde
>
>> seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
>> met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
>> goed.
>
>
> Whatever hulle is, hulle het die NP en die BBond koudgesit.
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96483 is 'n antwoord op boodskap #96477] Wo, 11 Augustus 2004 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 2004 06:11:21 +0200, Plato wrote:

> Ferdi, jy praat van 'n simptoom waarvan ons nie 100% seker is van die
> oorsaak nie. Die vraag is of dit anders sou gewees het sonder Apartheid.
> Ek sien nie SA as afsonderlik van Afrika nie. As ek dinge so kyk sou
> dit nie anders gewees het nie.
>
> Groete
> Plato

Interressante rubriek deur Flip Buys van Solidariteit. Dit was vandag
in Sake Beeld.

-----------------------------

Woensdag 11 Augustus 2004 bl. 14
Beeld
Johannesburg Finaal
Sake Beeld
Sake-siening
Marx se nagmerrie word waar
'Kapitalisme vernietig homself deur spiraal van mededinging'
Flip Buys

Telkom se aankondiging dat nóg 4 200 werkers afgedank gaan word nadat
byna 30 000 van sy oorspronklike 61 000 werkers die afgelope vyf jaar
afgedank is, volg op soortgelyke massa-afdankings die afgelope dekade
deur Iscor en die meeste groot maatskappye in Suid-Afrika.

Dié afdankings het omtrent 'n miljoen werkloses op straat geplaas en
'n groot rol gespeel om die werkloosheidskoers op 'n skrikwekkende 43%
te staan te bring.

Genadelose mededinging

Dié gety van afdankings word gedryf deur globalisering en die
tegnologiese revolusie wat tot genadelose mededinging tussen sakereuse
gelei het.

Dit het 'n groot rol daarin gespeel dat werkloosheid nou die hoogste
sedert die nywerheidsrevolusie is.

'n Miljard van die wêreld se drie miljard ekonomies aktiewe mense is
sonder werk.

Dit kan die kapitalisme voor sy grootste toets nóg te staan bring, sê
die bestuurskonsultant Peter Drucker.

In Suid-Afrika kan die klaarblyklike mislukking van die regering se
makro-ekonomiese beleid om werkloosheid te verminder, tot druk vir nóg
groter staatsinmenging in die ekonomie lei.

Dié massavernietiging van werk het sy oorsprong in 'n revolusie in
bedryfsdoeltreffendheid wat in die jare 70 en 80 in Japan begin het.

Bestuurstegnieke soos deurlopende verbetering, totale gehaltebestuur
en stroombelynde produksieprosesse het Japannese sakelui in staat
gestel om met dramatiese kostebesparings en gehalteverbeterings 'n
groot voorsprong bo hul mededingers in ander lande te kry.

Dit het nie lank geduur vir navorsers en bestuurskonsultante om die
Japannese suksesresep na te boots nie.

'Bedryfsdoeltreffendheid'

Die gevolg was 'n revolusie in bestuurstegnieke en produktiwiteit.

Onder die banieropskrif van bedryfsdoeltreffendheid was die nuwe
bestuursmantras nou onder meer plooibare produksie, beste praktyke,
veranderingsbestuur, prosesherontwerp, uitkontraktering, net-betydse
aflewering en klantediens. Die fokus was tweeledig: kostevermindering
en bedryfsdoeltreffendheid. 'n Stroom verslappings van arbeidswette
het gevolg op sakelui se aandrang op buigsamer wetgewing om al die
nuwe bestuurspraktyke toe te pas.

Dié totale aanslag op koste en gehalte om teen die Japannese tornado
te oorleef, het gelei tot die grootste personeelafskalings wat die
wêreld nóg beleef het.

Die invoer van nuwe tegnologie, die optimalisering van
produksieprosesse en 'n fokus op wesensbedrywighede het wêreldwyd tot
die afskaffing van miljoene poste gelei.

Die resultaat van dié omwenteling was dramaties.

Maatskappye het hul mededingendheid herstel, produktiwiteit het
opgeskiet, produkgehalte het verbeter, klantediens het deel van die
ondernemingskultuur geword en alle aanwysers van
bedryfsdoeltreffendheid het boontoe gewys.

Magsbalans swaai

En - as bonus vir sakeleiers -het die magsbalans geswaai van
georganiseerde arbeid na bestuur vanweë krimpende werkmagte en nuwe
tegnologie wat werkers se beheer oor die produksieproses verminder
het.

Maatskappybesture, aandeelhouers en verbruikers het in die proses
gewen, saam met die gelukkiges wat hul werk behou het en nou in die
nuwe vergoedingspraktyke wat ingestel is, kon deel. Maar die prys van
dié ommeswaai, ook in Suid-Afrika, was ontsettend hoog. Miljoene
werkloses moes daarvoor betaal.

As die verhaal hier geëindig het, kon dit dalk nog gelukkig gewees
het.

Maar gemeet aan die oorspronklike doel van groter winsgewendheid, het
dit tragies genoeg nie geslaag nie.

Die meeste sakereuse kon nie hul nuwe bedryfsdoeltreffendheid
volhoubaar in groter winste omskep nie.

Inteendeel, die druk op maatskappywinste het gróter geword namate
mededingers dieselfde produktiwiteitsvlakke met dieselfde
bestuursgereedskap bereik het.

Vernietigende mededinging

Toe bedryfsdoeltreffendheid teen optimale produktiwiteitsgrense begin
stuit het, het maatskappye in 'n spiraal van wedersyds vernietigende
mededinging beland.

Maatskappye het byna almal dieselfde geword, namate dieselfde resepte
tot dieselfde doeltreffendhede gelei het.

Nuwe oplossings moes wéér gevind word.

Skaalvoordele is dié keer as die antwoord beskou, en groter het nou
beter beteken.

'n Wêreldwye vloedgolf van samesmeltings, oornames en verkrygings het
gevolg. Nóg miljoene poste is afgeskaf om nóg koste te bespaar.

Super-kapitalisme

'n Onverwagse bonus was die platval van die kommunistiese stelsel as
mededingende ideologie.

Dit het die weg gebaan vir die opkoms van 'n super- Amerikaanse
kapitalisme, wat winste en aandeelhouers voor belanghouers soos
werkers sou plaas en momentum aan die nuwe bestuursrevolusie sou
besorg.

Maar steeds was dit nie genoeg nie. Minder rolspelers het net op
gróter hiper-mededinging uitgeloop, en tot 'n vólgende golf afdankings
gelei in 'n poging om winsgrense te handhaaf en mededingendheid te
verbeter.

Selfs Japan, waar alles begin het, het in 'n langtermyn-kwynsiklus
inbeweeg. Waar sou die redding hierdie keer vandaan kom?

Meer van dieselfde

Wéér het die bestuurslui na Japannese tegnokrate vir 'n antwoord
gekyk. En weer is hulle nie teleurgestel nie. Die antwoord het vinnig
gekom: net meer van dieselfde was nodig.

Selfs groter bedryfsdoeltreffendheid, meer optimalisering, en nog
kleiner arbeidsmagte moes nagestreef word.

En die finale oplossing . . . ? Die wêreld se eerste werkerlose
fabriek het in Japan verskyn. Die "einde van werk" het nou teoreties
as 'n finale moontlikheid aangebreek.

Robotagtige nabootsing

Maar helaas - die tyd sal leer dat selfs dï t nie sal help nie.

Namate mededingers dieselfde produktiwiteitsgrense gaan bereik met
dieselfde optimale bedryfsdoeltreffendheid met dieselfde tegnologie en
bestuurspraktyke, sal die wedloop na die bodem met robotagtige
nabootsing weer van voor af begin.

Met dié verskil - dié keer is die einde van die pad bereik - en Karl
Marx se voorspelling dat die kapitalisme homself gaan vernietig deur
'n spiraal van al hoe groter mededinging sal waar word, al is dit
nadat Marx se alternatief self gesneuwel het.

Gedryf deur genadelose wêreldwye mededinging en getrek deur megawinste
vir aandeelhouers wat die nuwe super-kapitalisme vereis, het die
strewe na bedryfsdoeltreffendheid die plaasvervanger van
bestuurstrategie geword.

Dit lei tot 'n permanente fokus op kostebesparings weens die gebrek
aan groeistrategieë.

Die eindresultaat is dat die hele familie bestuurspraktyke wat die
volmaakte bedryfsdoeltreffendheid moes bewerk, bloot wapens van
massa-afdankings geword het. Dit is hoekom ekonomiese groei werklose
groei geword het en nie nuwe poste skep nie. Dit is hoekom
werkloosheid in Suid-Afrika eerder nog groter as kleiner gaan word.

En dit is hoekom die kapitalisme - ook in Suid-Afrika - sy eie
grootste gevaar geword het. 'n Toestand waar byna die helfte van 'n
land se mense sonder werk sit, is niks anders nie as 'n maatskaplike
tydbom wat die mooiste makro-ekonomiese beleid sal wegblaas.

Strategie

Daarom is dit tyd dat die eeueoue kuns en wetenskap van strategie weer
opgediep en nagevors word. Doeltreffendheid bly noodsaaklik, maar dit
gee net 'n tydelike voorsprong - totdat almal jou naboots. Die
oplossing is eerder om 'n strategies volhoubare mededingende voordeel
na te streef deur ánders te wees as al die ander .

Uiteindelik bestaan die ekonomie tog vir die mens, en nie die mens vir
die ekonomie nie.

• Buys is uitvoerende hoof van Solidariteit .
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96484 is 'n antwoord op boodskap #96478] Wo, 11 Augustus 2004 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Aug 2004 06:12:14 +0200, Plato wrote:

> Nee Ferdi, die sanksies het. Wie het die sanksies toegepas? Hoogheiliges?
>
> Groete
> Plato

Wie het die sanksies gevra? Die wereld oortuig om dit toe te pas?

Ek weet die NP het hulle gat af geprobeer om die wereld te oortuig om
NIE sanksies toe te pas nie.

Vergeet wie reg of verkeerd was (as dit ooit moontlik sou wees) en kyk
na die ding as 'n taktiese stryd.

Iemand het gewen en iemand het verloor.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96487 is 'n antwoord op boodskap #96483] Wo, 11 Augustus 2004 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling"

> Interressante rubriek deur Flip Buys van Solidariteit. Dit was vandag
> in Sake Beeld.

> Dié massavernietiging van werk het sy oorsprong in 'n revolusie in
> bedryfsdoeltreffendheid wat in die jare 70 en 80 in Japan begin het.

Dankie vir die pos van hierdie artikel. Baie interessant.
Die bedryfsdoeltreffendheid-beweging van in Japan
begin het, was glo die toepassing van een of ander
Amerikaner se teorieë, waarmee hy nie mense in die
VSA kon oortuig nie. Kan enigiemand onthou wat
sy naam was?
Darem eienaardig hoe dinge in siklusse gaan. Ons
het verskeie Japannese vriende hier, deels omdat
my man geinteresseerd is in Japannees. Dit was
interessant om te sien hoe hulle funksioneer terwyl
die yen so hoog was teen die Kanadese dollar, en
hoe hulle styl nou gekrimp het.
As mens so kyk na die uiteinde van suiwer
kapitalisme, dan wéét mens meer en meer dat
die oplossing 'n delikate balans is tussen staats-
inmenging en privatisasie. En 'n gesonde politieke
gesprek tussen dié se voorstanders. Dit gebeur
nou hier in Ontario. Nadat die Conservatives in
Ontario alles voor die voet wou privatiseer, in-
sluitende elektrisiteits-verskaffing, het die nuwe
Liberale regering 'n stop daaraan gesit.

Gloudina
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96489 is 'n antwoord op boodskap #96484] Wo, 11 Augustus 2004 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dit is presies wat ek doen Ferdi. Ek sal later meer verduidelik. Ek het
tans nie tyd nie.

Groete
Plato

Ferdi Greyling wrote:
> On Wed, 11 Aug 2004 06:12:14 +0200, Plato
> wrote:
>
> Hoogheiliges?
>
>> Groete
>> Plato
>
>
> Wie het die sanksies gevra? Die wereld oortuig om dit toe te pas?
>
> Ek weet die NP het hulle gat af geprobeer om die wereld te oortuig om
> NIE sanksies toe te pas nie.
>
> Vergeet wie reg of verkeerd was (as dit ooit moontlik sou wees) en kyk
> na die ding as 'n taktiese stryd.
>
> Iemand het gewen en iemand het verloor.
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96528 is 'n antwoord op boodskap #96345] Do, 12 Augustus 2004 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
stil meid

"@rogers.com" wrote in message
news:sDuRc.394$gh.392@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> "Lou" skryf
>
>> Geluk aan die ANC
>
> Nouja. Laat ons nou weer hoor hoe dom
> die ANC is. Hoe hulle nie die struggle gewen
> het nie. Ek sou dink hulle is een van die mees
> gesofistikeerde politieke entiteite op die aardbol
> vandag.
>
> Gloudina
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96529 is 'n antwoord op boodskap #96356] Do, 12 Augustus 2004 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
lol lou

"Lou" skryf in boodskap news:bfb75562.0408081920.3802ba57@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
> news:...
>> "Lou" skryf

>>> Geluk aan die ANC

>> Nouja. Laat ons nou weer hoor hoe dom
>> die ANC is. Hoe hulle nie die struggle gewen
>> het nie. Ek sou dink hulle is een van die mees
>> gesofistikeerde politieke entiteite op die aardbol
>> vandag.

>> Gloudina
>
> Jy dink verkeerd - maar dan - jy is die meeste van die tyd - dit is
> nou as jy nie spelling tjek nie - verkeerd.
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96530 is 'n antwoord op boodskap #96385] Do, 12 Augustus 2004 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
jislaaik die houtkoppe kan mos nou maar bietjie uitspring en met hul
kultuurvaardighede vir ons wys hoe om die ding te doen.
Waarvoor wag vir die witman en dan die witman se besighede deel , begin hul
eie, hulle is mos nou nou so forken slim en al

"@rogers.com" wrote in message
news:S7MRc.1585421$Ar.181781@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Plato"
> .
>>> Waar sou SA gewees het as dit nie vir die ANC was nie? Ons ekonomie was
>> mos nie die grootste in Afrika voor 94 nie, was dit?
>
> Jong, ek moet nie my tyd mors met mense soos jy nie.
> Julle sit en gorrel maar net dieselfde cliché's oor en oor.
> Praat asof alles voor 1994 'n bed van rose was. Miskien
> was dit vir julle wit ouens wat langs die vleespotte gesit
> het, maar vir die grootste gros van die inwoners van SA
> was dit 'n hel op aarde: saamgedruk in bantustans wat
> geen ekonomiese vooruitsigte gehad het nie, of geteister
> deur kaspirs in die strate van die krotgebiede waarin
> hulle afgesonder is.
> Buitendien, enigiemand wat enigsins eerlik is, sal toegee
> dat die huidige regering in SA 'n baie konserwatiewe
> maar suksesvolle fiskale beleid volg. Iets wat die
> mense wat jy so bewonder nie gedoen het nie. Jy wil
> maar net sit en agiteer teen die ANC. Maar niemand
> luister meer na julle nie. Selfs vorige Nasionale Party
> lede het nou al die lig gesien.
>
> Gloudina
>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96531 is 'n antwoord op boodskap #96478] Do, 12 Augustus 2004 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Plato moet jou nie aan die drel steur nie, hy het sy tyd nodig om anner
mense se werk te vertaal en "Onder redaksie " te publiseer in die grootste
font in die Beeld

o" skryf in boodskap news:Q72dnbPpu6cLAYTcRVn-ug@is.co.za...
> Nee Ferdi, die sanksies het. Wie het die sanksies toegepas? Hoogheiliges?
>
> Groete
> Plato
>
> Ferdi Greyling wrote:
>
>> On Mon, 09 Aug 2004 13:50:18 +0200, Plato wrote:

>> > aarde
>>> seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
>>> met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
>>> goed.


>> Whatever hulle is, hulle het die NP en die BBond koudgesit.


>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96546 is 'n antwoord op boodskap #96531] Do, 12 Augustus 2004 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nog 'n sleg lafaard.
Skaam vir jou ma se naam, of hoe?

On Thu, 12 Aug 2004 18:59:58 +0200, "soforkenwhat" wrote:

> Plato moet jou nie aan die drel steur nie, hy het sy tyd nodig om anner
> mense se werk te vertaal en "Onder redaksie " te publiseer in die grootste
> font in die Beeld
>
>
>
>
>
> o" wrote in message
> news:Q72dnbPpu6cLAYTcRVn-ug@is.co.za...
>> Nee Ferdi, die sanksies het. Wie het die sanksies toegepas? Hoogheiliges?

>> Groete
>> Plato

>> Ferdi Greyling wrote:

>>> On Mon, 09 Aug 2004 13:50:18 +0200, Plato wrote:
>
>>> >> aarde
>>>> seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om dit
>>>> met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee verskillende
>>>> goed.
>
>
>>> Whatever hulle is, hulle het die NP en die BBond koudgesit.
>
>

>
Re: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC [boodskap #96621 is 'n antwoord op boodskap #96546] Sa, 14 Augustus 2004 07:25 Na vorige boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
stil drol

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:lklnh0lhcqbh990i4i1tb9l93bd5iam1ei@4ax.com...
>
> Nog 'n sleg lafaard.
> Skaam vir jou ma se naam, of hoe?
>
>
>
> On Thu, 12 Aug 2004 18:59:58 +0200, "soforkenwhat" wrote:
>
>> Plato moet jou nie aan die drel steur nie, hy het sy tyd nodig om anner
>> mense se werk te vertaal en "Onder redaksie " te publiseer in die grootste
>> font in die Beeld





>> o" wrote in message
>> news:Q72dnbPpu6cLAYTcRVn-ug@is.co.za...
>>> Nee Ferdi, die sanksies het. Wie het die sanksies toegepas?
>>> Hoogheiliges?
>
>>> Groete
>>> Plato
>
>>> Ferdi Greyling wrote:
>
>>>> On Mon, 09 Aug 2004 13:50:18 +0200, Plato wrote:
>>
>>>> >>> aarde
>>>> >seker maar plat. Gloudina, jy lewe in 'n skyn wêreld dier. Jammer om
>>>> >dit
>>>> >met jou mee te deel. Dit wat jy sien en dit was is, is twee
>>>> >verskillende
>>>> >goed.
>>
>>
>>>> Whatever hulle is, hulle het die NP en die BBond koudgesit.
>>
>

>
Vorige onderwerp: Die Afrikaner
Volgende onderwerp: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 12:24:49 MGT 2024