Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina)
Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96418] Di, 10 Augustus 2004 05:26 na volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE VERLEIDING VAN ONS VOLKSTROU

Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die
ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie.

Ons het nie hier plek vir politieke diskussies nie. Maar 'n
mens moet jou voorbeelde in jou eie omgewing soek, sodat die skrywer
mag weet waarvan hy skryf en die leser verstaan wat hy lees. Ons
Afrikaners het meer aanleiding om renegate te word as enige andere
nasie onder die son. Ons volk woon meeste op die platteland en die
ander ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede. Wat die
inwendige karakter betref, kan jy in vele opsigte aan die platteland
die voorkeur gee. Daar is minder roekeloosheid, minder wellus, minder
gewinsoekery, minder mode-nastrewery, minder konkurensie-naywer; meer
liefderykheid. Maar in uiterlike opsigte is die voorregte van die
stadbewoner onbetwisbaar. Die kuns en wetenskap is tot sy beskikking;
al die hulpbronne van geleerdheid en kultuur is in sy onmiddellike
bereik; hy kom in aanraking met die hoogste produkte van die
beskawing; hy is beter gewas en gekam en gekleed; ey geesteskring is
ruimer, sy taal verhewener. En die uiterlike skyn het die neiging om
die buiteman aan te trek , om die dorpsman as 'n meerdere te beskou.

Dan weer, die spreektaal van ons volk het nog geen literatuur
nie: hy geniet nie eens die eer van Staat of Kerk of Skool·erkentenis
nie.* Dit noodsaak alweer 'n gevoel van minder·waardigheid - van
minagting van die eie en verering van die vreemde - afgesien van die
aanlokkelikheid van die fyne wêreldstaal aan die ander kant en sy
invloed op die gedagtetrant en standpunt van diegene van ons wat hom
lees omdat dié tot nog toe skrale voortbrengsels van hulle eie nie aan
hulle verstandelike behoeftes kan voldoen nie.

Daarom by die prysenswaardige strewe om oor te neem al wat
beste is van die ander kant, is daar die gevaar dat ons deur snobbery
op al wat edel aan ons kant is neersien; dat ons deur aanhoudende
na-apery ons vir nagemaakte Engelse aanstel. Ongelukkig, ons sal maar
nagemaak wees. Ons kan ál ons ou volksgewoontes, die beste met die
slegste, weggooi; ons kan ons by die vreemde kerk aansluit; maar die
nuwe kring waaronder ons inkruip sal nie deur die namaaksel bedroë
word nie. Hulle sal ons verag omdat ons, in die éen opsig waar ons ons
minder gewaan het, ons minderheid behou. Die donkie had sy eer totdat
hy die leeu·vel omgesit het: toe was hy veragtelik. Maar wat sou jy
van 'n donkie dink wat 'n ander donkie·vel aantrek? En wat sou jy van
'n leeu dink wat 'n donkie·vel aantrek? Maar diegene wat lostrek van
ons af is nie die leeus onder ons nie, en dié wat vir hulle verwelkom
is nie die leeus onder die ander ras nie.
_______

* Ek laat hierdie staan soos hy oorspronklik geskryf is in
1914. Maar ons het in agt jaar meer gevorder as ander nasies in
taggentig. (Voetnota deur C.J. Langenhoven by herpublikasie van die
oorspronklike werk.)

____________________________________________________________ ____________________

Ook in CJ Langenhoven se 'Versamelede Werke' gepubliseer.
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96462 is 'n antwoord op boodskap #96418] Di, 10 Augustus 2004 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf
...
> DIE VERLEIDING VAN ONS VOLKSTROU
>
> Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die
> ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie.
>
> Ons het nie hier plek vir politieke diskussies nie. Maar 'n
> mens moet jou voorbeelde in jou eie omgewing soek, sodat die skrywer
> mag weet waarvan hy skryf en die leser verstaan wat hy lees. Ons
> Afrikaners het meer aanleiding om renegate te word as enige andere
> nasie onder die son. Ons volk woon meeste op die platteland en die
> ander ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede. Wat die
> inwendige karakter betref, kan jy in vele opsigte aan die platteland
> die voorkeur gee.

Nouja, Lou. Kom ons kyk nou wat Langenhoven hier te sê het.
Ek wonder of jy vir my kan verduidelik wat hy hier met "die ander
ras" bedoel. In vandag se konteks sal mens seker dink dat hy die
nie-blankes bedoel, maar ek dink nie so nie. Vir sover dit Langenhoven
aangaan, bestaan hulle seker nie as iets wat in ag geneem moet word
nie. Nou is daar twee ander moontlikhede. Hy praat van die "ander
ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede." Mens wil
amper aanneem dat hy van die Engelssprekendes praat, alhoewel
hulle darem nou nie eintlik 'n ander ras is nie. Maar dit kan ook wees
dat hy oor die Hollanders of Hollands-sprekers praat. Want
Langenhoven se grootste geveg in daardie dae was teen die gebruik
van Nederlands in die kerke en skole. As jy in die Kannemeyer-
biografie van Langenhoven lees, was daar 'n baie bitter stryd tussen
dié twee kampe - die ouens wat Nederlands wou behou en die
ouens wat Afrikaans as offisiële taal wou invoer.
As mens nou sy biografie lees (wat ek ongelukkig vir iemand
anders geleen het en dit nou nie hier by my het om na te slaan nie)
dan vind jy uit dat hy tot baie laat in sy jong dae nog van Engels as
voertaal gebruik het. Sy eerste liefdesbriewe aan Vroutjie was almal
in Engels. Hy het dit nie soseer teen Engels gehad nie, maar teen
Nederlands.
Nou lees mens weer die bostaande stukkie. Wat bedoel hy
deur te sê "ons Afrikaners het meer aanleiding om renegate te
word as enige nasie onder die son." Wat bedoel hy deur "aanleiding."
Bedoel hy "versoeking"? Word Afrikaners meer in die versoeking
geplaas om iets te wees wat hulle nie is nie?
Mens moet ook nou onthou dat hierdie stukkie in 1914 geskryf
is, midde in 'n baie harde taalgeveg tussen die voorstanders van om
Nederlands as offisiële taal te behou, en die voorvegters van Afrikaans.
Dus dink ek hy sinspeel hier beide op dié geveg, en miskien ook op
die feit dat die Engelse in SA ook nou nie eintlik 'n duit kon omgee
wat gebeur nie.
In alle geval, Lou, dankie dat jy dit geplaas het. Miskien kan
jy meer prekies hier plaas.

Gloudina
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96476 is 'n antwoord op boodskap #96462] Wo, 11 Augustus 2004 03:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
> ...
>> DIE VERLEIDING VAN ONS VOLKSTROU
>>
>> Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die
>> ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie.
>>
>> Ons het nie hier plek vir politieke diskussies nie. Maar 'n
>> mens moet jou voorbeelde in jou eie omgewing soek, sodat die skrywer
>> mag weet waarvan hy skryf en die leser verstaan wat hy lees. Ons
>> Afrikaners het meer aanleiding om renegate te word as enige andere
>> nasie onder die son. Ons volk woon meeste op die platteland en die
>> ander ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede. Wat die
>> inwendige karakter betref, kan jy in vele opsigte aan die platteland
>> die voorkeur gee.
>
> Nouja, Lou. Kom ons kyk nou wat Langenhoven hier te sê het.

Jou interpretasie dus - nie ons interpretasie nie ... juffrou.

> Ek wonder of jy vir my kan verduidelik wat hy hier met "die ander
> ras" bedoel.

Duidelik die Englse ...



> Nou lees mens weer die bostaande stukkie. Wat bedoel hy
> deur te sê "ons Afrikaners het meer aanleiding om renegate te
> word as enige nasie onder die son." Wat bedoel hy deur "aanleiding."
> Bedoel hy "versoeking"? Word Afrikaners meer in die versoeking
> geplaas om iets te wees wat hulle nie is nie?

Hmm of ons is agv on minderwaardigheid komplekse geneig om ons eie te
versaak en iets ander aan te hang - dus donkievelle aan te trek.
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96485 is 'n antwoord op boodskap #96476] Wo, 11 Augustus 2004 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf

> Hmm of ons is agv on minderwaardigheid komplekse geneig om ons eie te
> versaak en iets ander aan te hang - dus donkievelle aan te trek

Ek vervies my altyd so vir mense wat so neerbuigend van
Afrikaners praat. "Ons minderwaardigheidskomplekse."
Dierbaarheid, ek dink nie Afrikaners het minderwaardig-
heidskomplekse nie. Ek dink eerder ons neig na die
arrogante toe. Kyk net wat die Afrikaner doen as hy
nie hou van die Britse regering nie. Hy trek weg. Kyk
wat hy doen na die twee Boere-republieke hulle
vryheid verloor. Binne ag jaar toe word daar 'n Unie
van vorige verskillende state geskep, en is twee
boeregeneraals van die boere-republieke in beheer.
Kyk net wat doen Afrikanernasionaliste as hulle
die mag in hande kry in 1948.

Gloudina
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96491 is 'n antwoord op boodskap #96485] Wo, 11 Augustus 2004 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Elke nasie op aarde is arrogant Gloudina. Ons lewe in 'n vals wêreld as
ons dink ander wil nie hê wat jy het nie. Dit is maar 'n natuurkrag wat
'n noodsaaklike dinamika aan die gang hou. Dit is wanneer ons sonder
skade uit die natuur kan uitstyg wat ons kan sê die mens het die
volgende vlak betree. Ek dink die weste is op daardie vlak. Die vlak
waar mens buite die glas bottel kyk waarin ons gehou was en die wêreld
daar buite van beloer het. Die probleem is dat nie alle beskawings reg
is vir dit nie. Die weste het alles wat homself sterk gemaak het
uitgevoer na die res van die wêreld om die hele wêreld reg te kry vir
dit maar dit het die teenoorgestelde effek. Dit is hoekom die VN 'n
plank geword het waarmee die 3de wêreld die weste mee slaan. Die lys van
newe effekte gaan aan en aan. Dit is hoekom ek sê die ander
beskawings/kulture noem dit wat jy wil, kan nie menseregte ensovoorts
hanteer nie, omdat dit nie vanuit hulleself kom nie.

Dit lei tot gaos en smart in daardie lande want hulle kulture kan nie
die wanbalans wat geskep word deur gevorderde orde hanteer nie. Ons was
arrogant om te dink ons kon die res van die wêreld verwesters.

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Lou" skryf
>
>
>> Hmm of ons is agv on minderwaardigheid komplekse geneig om ons eie te
>> versaak en iets ander aan te hang - dus donkievelle aan te trek
>
>
> Ek vervies my altyd so vir mense wat so neerbuigend van
> Afrikaners praat. "Ons minderwaardigheidskomplekse."
> Dierbaarheid, ek dink nie Afrikaners het minderwaardig-
> heidskomplekse nie. Ek dink eerder ons neig na die
> arrogante toe. Kyk net wat die Afrikaner doen as hy
> nie hou van die Britse regering nie. Hy trek weg. Kyk
> wat hy doen na die twee Boere-republieke hulle
> vryheid verloor. Binne ag jaar toe word daar 'n Unie
> van vorige verskillende state geskep, en is twee
> boeregeneraals van die boere-republieke in beheer.
> Kyk net wat doen Afrikanernasionaliste as hulle
> die mag in hande kry in 1948.
>
> Gloudina
>
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96493 is 'n antwoord op boodskap #96491] Wo, 11 Augustus 2004 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Dit is hoekom ek sê die ander
> beskawings/kulture noem dit wat jy wil, kan nie menseregte ensovoorts
> hanteer nie, omdat dit nie vanuit hulleself kom nie.
>
> Dit lei tot gaos en smart in daardie lande want hulle kulture kan nie
> die wanbalans wat geskep word deur gevorderde orde hanteer nie.

En hierdie soort snert kom nou van die mond van 'n
sogenaamde "westerling, " wie se "westerlinge"
verantwoordelik was vir die onheilige orde van
die nazi's en die onheilige orde van die apartheids-
varke. Hoe durf jy so praat, wanneer jy daarteen
moet opweeg die onwesterse deernis met die
mensdom wat daar kom uit die kulture van die
Indiese subkontinent en die kultuur van die
Noord-Amerikaanse Eerste Nasies. Hoe durf
jy, jou "westerling" so praat nadat al die gruwelikhede
van apartheid geantwoord is deur die ubuntu van
die kultuur van die Afrikaan. Jou arrogante
"westerling." Wat aanhoudend snert praat.

Gloudina
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96502 is 'n antwoord op boodskap #96485] Wo, 11 Augustus 2004 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
>> Hmm of ons is agv on minderwaardigheid komplekse geneig om ons eie te
>> versaak en iets ander aan te hang - dus donkievelle aan te trek
>
> Ek vervies my altyd so vir mense wat so neerbuigend van
> Afrikaners praat. "Ons minderwaardigheidskomplekse."

Dit is tog wat Langenhoven sê in sy prekie? Die Afrikaner wat dink
dat die Engels man beter is as hy - wat homself in 'n kwasi-engels man
verander waarna hy nog afrikaners nog ingelsman is.

> Dierbaarheid, ek dink nie Afrikaners het minderwaardig-
> heidskomplekse nie. Ek dink eerder ons neig na die
> arrogante toe. Kyk net wat die Afrikaner doen as hy
> nie hou van die Britse regering nie. Hy trek weg.

Ek dink eerder om elek keer weg te hol is tekenend van 'n
minderwaardigheids gevoel.
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96503 is 'n antwoord op boodskap #96502] Wo, 11 Augustus 2004 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf

Die Afrikaner wat dink
> dat die Engels man beter is as hy - wat homself in 'n kwasi-engels man
> verander waarna hy nog afrikaners nog ingelsman is.

Langenhoven het dus al in 1914, dus negentig jaar gelede,
al van onse Frikkie gepraat?

Tant Hessie op die tremspoor
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96504 is 'n antwoord op boodskap #96502] Wo, 11 Augustus 2004 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf
>
> Ek dink eerder om elek keer weg te hol is tekenend van 'n
> minderwaardigheids gevoel.

Nee, ek as Afrikaner het protes aangeteken oor
wat 'n klomp boewe in die naam van die Afrikaner
in SA gedoen het. En laat ek jou verseker, hierdie
protes het draagkrag gehad. Om as Afrikaner in
die buiteland duidelik te maak dat wat in SA aangaan,
nie die toestemming van alle Afrikaners dra nie, het
duidelik die naam van die Afrikaner in die oë van
baie mense versterk. Iets waarvan jy vandag
nog spore sien. As jy meeste swart SAers hier in
Ottawa vertel wat jou van is, dan breek daar 'n
glimlag uit, want hulle ken amper almal een van
ons seuns, wat nie alleen regswerk vir die
Hoë Kommissie doen nie, maar ook hard werk
om fondse in te samel vir SA-projekte.

Gloudina
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96506 is 'n antwoord op boodskap #96504] Do, 12 Augustus 2004 02:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>>
>> Ek dink eerder om elek keer weg te hol is tekenend van 'n
>> minderwaardigheids gevoel.
>
> Nee, ek as Afrikaner het protes aangeteken oor
> wat 'n klomp boewe in die naam van die Afrikaner
> in SA gedoen het. En laat ek jou verseker, hierdie
> protes het draagkrag gehad. Om as Afrikaner in
> die buiteland duidelik te maak dat wat in SA aangaan,
> nie die toestemming van alle Afrikaners dra nie, het
> duidelik die naam van die Afrikaner in die oë van
> baie mense versterk.

Ek het die lyn bo nie teen jou as sulks bedoel nie, maar jou
verdedigende reaksie getuig tog van 'n gevoel dat jy die Afrikaner se
naam moet beter maak, dat dit nie is wat dit moet wees nie? Hoelo,
moet ons elke keer aan die werled iets bewys?
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96511 is 'n antwoord op boodskap #96502] Do, 12 Augustus 2004 04:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Lou wrote:
> Ek dink eerder om elek keer weg te hol is tekenend van 'n
> minderwaardigheids gevoel.

Ek kan nie saamstem nie Lou. Ek dink nie mens kan enige afleidings maak
nie. As hulle gebly het, kon dit as minderwaardig gesien word. Net omdat
hulle trek beteken nie die teenoorgestelde nie. Is 'n kind wat uit die
huis wil trek meerderwaardig omdat hy uit sy ouerhuis wil uit? Ek
gebruik nie die voorbeeld omdat ek die engelse as ouer figuur sien nie,
maar ek wil net wys dat dit nie tekenend is van enige
meerderwaardigheids gevoel nie.

Ek dink daar mag haat gewees het a.g.v sekere geskiedkundige faktore
maar meerderwaardigheid sou ek nie inbring nie. Haat lei mos maar
daartoe dat mens ander slegsê, nie waar nie?

Groete
Plato
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96518 is 'n antwoord op boodskap #96506] Do, 12 Augustus 2004 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf
>
> Ek het die lyn bo nie teen jou as sulks bedoel nie, maar jou
> verdedigende reaksie getuig tog van 'n gevoel dat jy die Afrikaner se
> naam moet beter maak, dat dit nie is wat dit moet wees nie? Hoelo,
> moet ons elke keer aan die werled iets bewys?

Lou, ek weet jy sal dit nie glo nie, maar ek het
grootgeword in 'n tydperk toe die Suid-Afrikaners
baie gerespekteerd was, veral in die Engelse
wêreld. Generaal Smuts het omtrent die status
gehad wat Mandela vandag het. Nie net is hy
gehuldig as 'n groot staatsman binne SA nie
(behalwe onder die Nasionaliste), maar hy was
deel van die Engelse oorlogskabinet gedurende
die Tweede Wêreldsoorlog en ook gehuldig
as een van die stigtersleiers van die VVO.
Afrikaners kon hulle kop bo hou, oral oor.
Ons hoef niks aan die wêreld te bewys het
nie, maar toe sleep die apartheidsvarke ons
naam deur die modder.

Gloudina
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96556 is 'n antwoord op boodskap #96493] Vr, 13 Augustus 2004 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Goeie dag

Ek het dit al vantevore genoem Gloudina, en ek noem dit weer. Die
weserse beskawing is nie volmaak nie, maar dit is die mees volmaakte
beskawing/kultuur op aarde op die oomblik.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Dit is hoekom ek sê die ander
>
>> beskawings/kulture noem dit wat jy wil, kan nie menseregte ensovoorts
>> hanteer nie, omdat dit nie vanuit hulleself kom nie.

>> Dit lei tot gaos en smart in daardie lande want hulle kulture kan nie
>> die wanbalans wat geskep word deur gevorderde orde hanteer nie.
>
>
> En hierdie soort snert kom nou van die mond van 'n
> sogenaamde "westerling, " wie se "westerlinge"
> verantwoordelik was vir die onheilige orde van
> die nazi's en die onheilige orde van die apartheids-
> varke. Hoe durf jy so praat, wanneer jy daarteen
> moet opweeg die onwesterse deernis met die
> mensdom wat daar kom uit die kulture van die
> Indiese subkontinent en die kultuur van die
> Noord-Amerikaanse Eerste Nasies. Hoe durf
> jy, jou "westerling" so praat nadat al die gruwelikhede
> van apartheid geantwoord is deur die ubuntu van
> die kultuur van die Afrikaan. Jou arrogante
> "westerling." Wat aanhoudend snert praat.
>
> Gloudina
>
Re: Uit 'Honder Kort Prekies' - CJ Langenhoven. (Vir Gloudina) [boodskap #96658 is 'n antwoord op boodskap #96485] So, 15 Augustus 2004 08:25 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-hie-haaa-haaa! Sjit antie, dat jy my dag so kon ophelder! JY blameer
die Afrikaner omdat hy wegtrek van sy probleme af? Wat het jy en jou ou
man gedoen? Daar was net so 'n bruin strontstreep oor die water na Kanada
toe om weg te kom.....dis nou half of die antie 'n bleddie tweegesig is, of
hoe? Of tel die Afrikaner waarvan jy praat net vir witgesigte?
"@rogers.com" wrote in message
news:cvoSc.373336$rCA1.125740@news01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
Kyk net wat die Afrikaner doen as hy
> nie hou van die Britse regering nie. Hy trek weg. > Gloudina
>
Vorige onderwerp: Kortbroek red sy eie bas en loop oor na ANC
Volgende onderwerp: Wysheid van Tony Leon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 19:17:39 MGT 2024