Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » IDIOOM: Yebo go-go!
IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9387] |
Mon, 19 May 1997 00:00  |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Idioom: Yebo go-go!
Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
dit iets soos - Ja, ouma!
Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
'n plakaat by die finale rugbywedstryd.
Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
lyn van: alles is bakgat!
Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
omloop is?
--
Stefan Harms @ S.E.
|
|
|
Re: IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9402 is 'n antwoord op boodskap #9387] |
Tue, 20 May 1997 00:00   |
Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Stefan...@ANTISPAMmbnet.mb.ca says...
>
> Idioom: Yebo go-go!
>
> Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
> Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
> gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
> TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
> dit iets soos - Ja, ouma!
> Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
> 'n plakaat by die finale rugbywedstryd.
>
> Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
> lyn van: alles is bakgat!
>
> Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
> omloop is?
>
> --
> Stefan Harms @ S.E.
Hallo Stefan
Ek het nou nooit daaraan as 'n idioom gedink nie! Ja dit word nog vrylik
gebruik en daar is natuurlik een of twee opvolg advertensies gemaak.
Hulle word terloops net soveel geniet soos die oorspronklike een.
Dit word meestal met selfone geasosieer.
As jy nou mooi wil uitvind hoe Yebo go-go ingespan word, moet jy oor
etenstyd by enige watergat 'n koue biertjie gaan drink, en luister.
Byvoorbeeld: Piet kom terug van die krip af en vra "waar is Jan dan nou?"
"Buite op sy Yebo go-go" of "Hy praat met go-go" met 'n gebaar wat buite
toe wys. Almal weet hy praat buite op sy selfoon.
As iemand se selfoon lui, sê so paar ouens gelyk "yebo go-go". Nogal
interrisant hoe meeste ouens buitentoe storm as die ding lui, en hom eers
antwoord as hy veilig buite is. Dis nou sodat Mammie (of die baas) nie
kan hoor hy is alweer in die kroeg en nie by 'n kliënt nie.
Groete
Alwyn
|
|
|
|
|
Re: IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9632 is 'n antwoord op boodskap #9387] |
Sat, 31 May 1997 00:00  |
pigf...
Boodskappe: 33 Geregistreer: July 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koos wrote
> Die eerste TV advertensies wat werklik impak gemaak het, was 'n
> Vodacom een.
in alle fairness koos, mtn se radio ads het in daardie tyd darem ook die
land in stitches gehad. so beide selmaatskappye het gescore op hulle
reklame budgets.
Leon.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:19:48 UTC 2025
|