Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grondkwessie: Namibia
Grondkwessie: Namibia [boodskap #96214] Vr, 06 Augustus 2004 07:02
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nog onlangs het die betrokke minister by Grondsake en ook Swapo aangewysde
kandidaat om in Sam Nujoma se skaduwee te staan en te dien as 'token'
president vir Sam se 'vierde' termyn, minister Pohamba, die partye betrokke
by die probleem van plaasgrond genooi om te kom met voorstelle en idees van
hoe 'n vreedsame oplossing gevind kan word. Een van dié, Henk Mudge, is
die Voorsitter van die Republikeinse Party en seun van Dirk Mudge,
mede-skrywer van die grondwet en ook een van die suksesvolste boere in ons
land, het sy party se bydrae geformuleer en toe die minister Pohamba laat
weet dat hulle soek 'n afspraak by hom sodat hulle die voorlegging vir hom
en sy departement kan kom maak.
'n Doodste stilte het oor die betrokke departement gedaal en uiteindelik
het 'n verkorte weergawe van die voorstel in 'n koerant verskyn om vir die
publiek te wys dat hul party wel werk aan die probleem en dalk moontlike
oplossings het. Dit staan heel binne die reg van die betrokke ministerie
om die voorlegging af te maak as 'n klomp twak, maar die feit dat dit
heeltemal geïgnoreer word, sê ongelukkig presies dit wat ons almal betrokke
al lankal weet: Die regering van Namibië is nie ernstig met hul pogings om
'n sinvolle oplossing vir die probleem te kry nie. Dis bloot 'n politieke
speelbal om stemme mee te behou in die eerste plek, en ook om waardevolle en
ontwikkelde eiendomme goedkoop te bekom vir die politieke breedsitters van
Swapo. Mugabe is sê trots op sy protegé Sam Nujoma!
Vorige onderwerp: Jan Smuts se " Holism and Evolution "
Volgende onderwerp: Idaho
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:17:38 MGT 2024